KLAPPER HOPIES

 choc and coconut clusters
KLAPPER HOPIES
2 koppies suiker
½ koppie melk
125g botter
½ koppie kakao

Gooi bogemelde in kastrol, smelt en kook vir 5 minute
Haal van plaat af
Roer 1 teelepel vanilje by
Roer 3 koppies oats by
Roer 1 koppie klapper by
Roer goed deur en maak bollejies
Pak op ‘n skinkbord en laat afkoel.




MIKROGOLF ‘POPCORN’ KARAMELSTROOP

MIKROGOLF ‘POPCORN’ KARAMELSTROOP
250 ml suiker (1 koppie)
62,5 ml Water (1/4 koppie)
12.5 Stork margarien (1 eetlepel)
2 ml kremetart (Knippie)
5 ml karamelessens (1 teelepel)
2 ml sout ( knippie)
2.5 ml asyn (1/2 teelepel)

Kook vir 7 minute saam in mikrogolf op hoog, roer ‘n paar keer.
Gooi Karamelessens in.
Roer springmielies by sous in.

Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie




DONKER SJOKOLADE TRUFFLES

truffles
DONKER SJOKOLADE TRUFFLES
300 g donkersjokolade gekap
30 ml botter
180 ml dik room
15 ml koffie geursel
Conjac of ander geursel(opsioneel)ek het sommer sterk koffie gebruik
donker onversoete kakao om in te rol, of vervang met klapper, neute, sjokolade vermicilli of wat jy ook al wil.
Plaas sjokolade in ‘n hittebestande glasbak. Plaas botter en room in ‘n kastrol en bring geleidelik tot kookpunt. Verwyder van hitte sodra die roommengsel begin borrel, roer geursel by.
Giet roommengsel oor sjokolade, laat dit vir ‘n paar minute staan tot die hitte van die mengsel die sjokolade smelt. Roer liggies totdat die sjokolade in die mengsel ingesmelt is en ‘n ganache vorm.
Plaas die ganache vir minstens 4 ure in yskas om te stol.
Vorm ‘n gladde bal(enigiets tussen die grootte van ‘n albaster en gholbal) en plaas dit in ‘n bakkie met jou bedekking.
Rol heen en weer totdat die truffel heeltemal bedek is.
Bêre vir tot 2 weke in lugdigte houer in yskas.
Resep getoets en foto: Leilanie Claassens




BRUNHILDA SE MIKROGOLF FUGDE

2013-10-09-fudgetested
BRUNHILDA SE MIKROGOLF FUGDE
500 g witsuiker
1 blik kondensmelk
125 ml margarien/botter
5 ml vanilla/karamel
Meet suiker af in bak. Gooi kondensmelk bo oor. Snipper botter bo oor. Mikro vir 5 minute op hoog. Roer goed deur. Mikro verder tussen 10 -18 minute afhangend van jou mikrogolf. Dit moet n mooi diepbruin wees en as jy bietjie afkoel frummelrige tekstuur he. Gooi in gesmeerde bak sny blokkies voor heeltemal afgekoel.

Brunhilda – My eie aangepaste resep




SJOKOLADE BESKUITJIE FUDGE

1385556_3317745278393_1865901631_n
SJOKOLADE BESKUITJIE FUDGE
250 g margarien (botter werk die beste of goeie bak margarien)
1 pak versiersuiker 500 g
70 ml kakao
1 eier
2 pak mariebeskuitjies fyn gebreek
1 teelepel vanilla

Smelt margarine.
Voeg versiersuiker en kakao by botter en roer tot opgelos is.
Klits eier en vanilla en voeg by warm mengsel, sit weer terug vir 2 minute op stoof verwyl jy roer.
Maak beskuitjies fyn, nie te fyn nie en sit by warm mengsel. Ek gebruik my masher om mee fyn te maak.
Skep in gesmeerde bak, maak gelyk en sny sodra koud.

FOTO:   Marie Rheeder Troskie

Nicolene Pienaar  – Ek wil net een ding noem, ek sit my plaat op 2, dan sit ek solank die botter in om te smelt, dan sif ek gou die droë bestanddele, en krummel die koekies, dan is die botter al gesmelt as ek klaar is, en as jy die eier ingooi, haal jou pot van die plaat af en roer dit vinnig in, anders word die eier gaar en maak stukkies eier in die fudge, dit was my heel eerste baksel se probleem maar het uit my fout uit geleer.




OUTYDSE TOFFIE

toffee

OUTYDSE TOFFIE
Het jy gesien jy kan hom minder kook vir ‘n sagter toffie.
Toe ons kinders was, het ons net suiker en water gebruik. Ouma het ons geleer.
Ek maak ‘n lekker toffie van:
1 klein blikkie Ideal melk
2 eetlepels botter
1 koppie suiker
5 ml karamel geursel
Plaas alles saam in ‘n pot op die stoof en meduim hitte.
Kook en roer aanhoudend tot die verlangde dikte.
Keer uit in ‘n voorbereide pan en sny of breek voor dit te hard is.

Foto:  Neville Sidney De Reuck




TOFFIE MET ROOM EN SJOKOLADE

toffee 2

TOFFIE MET ROOM EN SJOKOLADE
1 eetlepel gouestroop [15 ml]
1 koppie room [ 250 ml]
1 eetlepel botter [15 ml-15 g]
1 eetlepel gerasperde sjokolade [15 ml]
1 ¾ koppie bruinsuiker [425 ml]
1 teelepel suurlemoensap [5 ml]
Meng stroop, room, botter en sjokolade in kastrol en roer oor lae hitte totdat botter smelt is.
Voeg bruinsuiker en suurlemoensap by en roer tot opgelos.
Kook mengsel vir 30 min. Roer gedurig.
Keer uit in gesmeerde pan en merk in vierkante voordat mengsel verhard




HEIDI SE DADELBOLLETJIES

602954_10152230314473012_1932684641_ntested

HEIDI SE DADELBOLLETJIES
450 g gesnipperde dadels
¾ koppie suiker
113 g margarien
3 koppies Rice Krispies
1 eier
klapper om bolletjies in te rol

Smelt margarien en suiker, voeg die geklitste eier by.
Sny dadels fyn, meng in en laat sag stoom.
As dit sag is, haal af van stoof en laat koud word.
Voeg Rice Krispies by en roer goed deurmekaar.
Maak ronde, lang of vierkantige bolletjies.
Rol in klapper.

Heidi Rowe




ONGEKOOKTE KLAPPERYS


ONGEKOOKTE KLAPPERYS RESEP

1 blikkie kondensmelk
200 g klapper
500 g versiersuiker

Meng alles saam( effe styf) maar meng net goed en as wil kleursel byvoeg kan jy so 3 ml bysit.
as goed gemeng is, druk mooi vas in gesmeerde bak. Sit in yskas vir so 15 min haal uit en sny in blokkie.

BRON- Marina Wilken van Dyk
foto:  Doreen J Visser‎




KARAMEL KRAKELING

caramel
KARAMEL KRAKELING
Resep: Elda Lombard
FOOD LOVERS RECIPES
60 g sjokolade
175 ml kondensmelk
25 ml stroop
250 ml geroosterde grondboontjies

Smelt die sjokolade in ‘n swaarboom pan of kastrol.
Voeg die kondensmelk en stroop by die sjokolade en roer oor lae hitte totdat die mengsel die taaistadium bereik.
Voeg die grondboontjies by, meng goed en giet die mengsel in ‘n gesmeerde bakplaat of glasbak en druk die mengsel vas op die bodem.
Wanneer die mengsel effens afgekoel het, merk en sny dit in blokkies so groot soos verkies.
Breek die krakelinge in stukkies voor bediening.