


HEATHER SE BESTE FUDGE
1 kg suiker
1 koppie vars melk nie ultra mel
5 teelepels goue stroop
¼ teelepel sout
125 g stork bake
1 blikkie kondensmelk
Smelt als baie stadig op die stoof, ek stel wekker elke 5 minute en dan roer ek deeglik. Ek werk op gas, ken nie elektriese stoof, maar op gas sit ek so plaat in wat ek onder pot sit om hitte te verminder, smeltproses moet omtrent 30 minute neem!
As begin prut, haal ek die plaat onder pot uit (sal ongeveer 100 grade c wees)en dan prut mengsel rustig vir 6 minute sonder om te roer,
Na 6 minute roer die blikkie kondensmelk lekker in, dan word dit nie weer geroer vir die volgende 17 minute nie……baie belangrik.(grade gaan dan 110 sagtebalstadium wees)
Dan gooi ek die kokende mengsel in my kenwood se mengbak in en laat staan vir 3 minute, dan gooi ek vanilla by en klits tot begin fudge word(Nie meer toffee)1 minuut of so op hoog met kenwood.
Gooi dan uit in pannetjie met Spesiale waspapier (koop by pick en pay)Gewone waspapier werk nie!!!!!!
Druk drukker in na 7 minute in die fudge in. Ek het Panneman se fudge pannetjie. Ek het na hom toe gery op Reddersburg en my eie pannetjie laat maak. Die Heather pannetjie. Bietjie groter as sy pannetjie. Sy pannetjie werk ook,maar baie vol.
kontak my gerus as jul sukkel,want ek maak letterlik honderde fudge en dis heerlik.
Heather Strumpher
Vir sjokolade fudge, roer 3t kakao aangemaak met 100 ml kookmelk ‘n minuut voor fudge moet afkom, in die fudgemengsel in,maar moet asb nie die bodem roer nie,jy wil nie aanbrandsel losroer….
Nota:
Kan jy asb die volgende verander op my fudge resep: die regte grade waarop fudge van stoof af verwyder moet word om geklits te word is 110grade C op die koper candy thermometer!
Niemand hoef ooooit weer te sukkel om hul fudge reg te maak nie…. ek hoop dit help letterlik duisende mense en dat almal hierdie week Fudge gaan maak. Laat weet my asb gerus😜 dan ook die volgende tips.
1. Maak fudge in koel tye in somer soos vroegoggend. In winter enige tyd.
2. Suiker MOET smelt voor dit kook.
3. Gooi stroop saam met kondensmelk in fudgemengsel.
4. Klits tot nie meer “blink” nie. As jy lank klits, kan jy n harder fudge verwag.
5. As jy fudge lank wil laat hou, gooi 1 t asyn by voor klits saam met vanilla.
Fudge groete uit Botswana
BRON- HEATHER STRUMPHER