



MAKLIKE HONEYCOMB
1 ½ koppie suiker
¼ koppie heuning
¼ koppie water
12.5 ml koeksoda
Spuit ‘n groot bakplaat met spray en cook (ek gebruik sommer my plat beskuitpan).
Gooi die heuning, suiker en water in ‘n kastrol en roer aanhoudend op stadige hitte tot die suiker gesmelt is. Sit plaat effens warmer en kook tot suikertermometer styg tot 148°C. Wees versigtig vir brand (dit brand maklik as plaat te warm is). Haal van plaat af en klits koeksoda vinnig by met ‘n draadklopper.
Keer pot uit op die bakplaat. Ek gebruik my metaal slaplemmes om soveel moontlik uit te krap en versprei oor die hele pan. Laat hard word en breek in stukke. Variasie: Smelt sjokolade in ‘n dubbelkoker en doop honeycomb daarin. Plaas terug op bakplaat tot gestol. Bêre in lugdigte houer in yskas/vrieskas.
Resep en foto: Gillian Vermeulen
Tweede foto: Nicolette Papas
Ek gooi dit in ‘n klein metaal oond pan wat gesmeer is met botter of gespuit is met spray and cook.
En maak seker jy kook die stroop lank genoeg. Paar mense wat die resep gesien het, kook dit hopeloos te kort dan maak hy nie die honeycomb nie. Ek kyk gewoonlik my stroop om te sien of dit reg is.
Maar het die gekry wat ook baie help vir die wat dit vir die eerste keer maak:
Cook, without stirring, for 5-7 minutes or until the syrup reaches crack stage (154°C) on a sugar thermometer. Remove from heat and set aside for bubbles to subside. Add the bicarbonate of soda and quickly stir with a wooden spoon until combined (mixture will bubble and foam).
3de Foto: Lelane van der Walt