KLEUR VAN SPRINGMIELIES

2014-12-05-mielies
KLEUR VAN SPRINGMIELIES
500 ml suiker ( 2 koppies )
Geursel en kleursel
40 g margarien ( 2 eetlepels + 3 teelepels )
75 ml water ( 6 eetlepels )

Berei stroop van al die bestanddele deur dit in diep kastrol oor lae hitte te roer totdat dit begin kook.
Kook `n paar minute tot skuimerig.
Verwyder van hitte en voeg bereide springmielies by.
Roer vinnig deur om al die mielies met stroop te bedek.
Laat afkoel en droog word. ( Genoeg vir 190 ml ) ( 3/ 4 koppies ) ( ongespringde mielies. )
Geplaas deur Peter Harry




KLAPPER MALVALEKKERS

marshmellows elizabethtested
KLAPPER MALVALEKKERS
80 ml gelatine,
125 ml kouewater,
375 ml kookwater,
4 x 250 ml suiker,
2 eierwittte,
knypie sout,
5 ml geursel en voedsel kleursel.
Gebruik n groot mengbak. Week gelatine in die koue water. Voeg die kookwater by en roer tot op gelos. Voeg die suiker, eierwit en sout by. Klits vinnig vir 15 tot 20 minute totdat dit begin verdik. Verdeel en kleur en geur soos verkies. Sorg dat kleursel en geursel by mekaar pas. Bv pienk kleursel en aarbei geursel. Die mengsel kan in gesmeerde pan gegiet word om te stol. Sny in blokkies en rol in klapper indien verkies. Kan dit ook in roomys horinkies sit.

Fotos:  Elizabeth Haupt




HEERLIKE FUDGE

HEERLIKE FUDGEtested

HEERLIKE FUDGE
Kon nooit suksesvol fudge maak. Ook soos tameletjie. Toe kry ek hierdie by my skoonseun en dit is waarlik heerlik en nog nooit geflop nie.

1 kg Suiker
250 g Botter
250 ml Melk
1 e Stroop
1 Blik Kondensmelk

Smelt botter. Gooi melk, kondensmelk en stroop by. Roer tot voor kook. Gooi suiker by en kook oor lae hitte vir plus minus 45 min terwyl aanhoudend roer anders brand dit vas. Dit verkleur so ligbruin soos fudge lyk. Gooi in gesmeerde bak of pan en laat stol. Sny blokkies voor heeltemaal hard. Dit stol nogal vinnig.
Geniet dit.
Mwah!
BRON – Anet Edwards




CHARMAINE SE FUDGE

 


CHARMAINE SE FUDGE
BRON – Charmaine Harmse
FOOD LOVERS RECIPES
Probeer die een.
250 g Stork Bake margarien
500 g versiersuiker
1 blikkie kondensmelk
5 ml vanilla

Smelt die margarien oor medium hitte.
Sif die versiersuiker by en meng tot goed gemeng.
Voeg die blikkie kondensmelk by en meng goed.
Kook nou oor lae hitte vir ongeveer 20 minute vandat dit begin borreltjies vorm het, terwyl jy dit aanhoudend roer.
Dit is geneig om gou vas te brand. Maak seker jou hitte is nie te hoog nie want dan brand dit ook aan.
Verwyder van stoofplaat en roer die vanilla in.
Giet in gesmeerde bak en maak gelyk. Sny in blokkies.
Ek maak dit gereeld en het nog nooit ‘n floppie gehad met die resep nie.




CARAMEL POPCORN

karamel popcorntested
CARAMEL POPCORN
Yield: 9 cups popped corn
1 cup butter
2 cups white sugar
½ cup golden syrup
1 teaspoon salt
½ teaspoon baking soda
1 teaspoon vanilla extract
2/3 cup popcorn kernels
Preheat oven to 250 ºF (95 ºC). Place popcorn in a very large bowl.
In a medium saucepan over medium heat, melt butter. Stir in brown sugar, corn syrup and salt. Bring to a boil, stirring constantly. Boil without stirring 4 minutes. Remove from heat and stir in soda and vanilla. Pour in a thin stream over popcorn, stirring to coat.
Place in two large shallow baking dishes and bake in preheated oven, stirring every 15 minutes, for 1 hour. Remove from oven and let cool completely before breaking into pieces.

Picture:  Bernise Plaatjies




PEPPERMINT FUDGE

peppermint fudgetested

PEPPERMINT FUDGE

37,5 ml botter
500 ml suiker
1 blik kondensmelk
1 peppermint sjokolade (n slab)

Metode
Plaas botter en suiker in n glasbak en mikrogolf 2 min lank by 100/ krag en roer goed.
Voeg die kondensmelk by en meng baie goed mikrogolf 10-11 minute lank by 100/ krag.
Roer gereeld tydens die eerste helfte van die kook proses sodat die suiker heeltemal opgelos is voordat die mengsel begin kook, anders sal dit sandsuiker raak vee ook al die suikerkristalle van die kant af met n kwassie.
Roer daarna om te keer dat die mengsel oorkook.
Verwyder uit die oond en laat effens afkoel.
Rasper nou die sjokolade by en klop baie goed met n houtlepel totdat die mengsel dik en romerig is.
Giet uit in n gesmeerde bakplaat en laat omtrent heeltemal afkoel.
Sny dan in ewe groot blokkies.

Geplaas deur Corrie Joubert
Foto:  Rita Claassen




ROCKY ROAD FUDGE

 

ROCKY ROAD FUDGE

ROCKY ROAD FUDGE

Benodigdheden
1 blikje gecondenseerde melk (Friesche vlag)
400 gram chocolade (ik heb hazelnoot genomen)
60 gram pinda’s
75 gram walnoten
30 gr rozijnen
80 gr cranberries
40 gr amandelen
Vierkante ovenschaal of bakblik van 15 cm
Voorbereiden
Bekleed de bakvorm met bakpapier
Hak de noten grof
Hak de chocolade in stukjes
Bereiden
Doe de gecondenseerde melk en de chocolade in een pan en smelt ze al roerend ze tot een mooi geheel.
Haal de pan van het vuur en voeg de andere ingrediënten toe.
Roer alles goed door elkaar en stort het mengsel in de ovenschaal. Verdeel het mengsel over de bodem en strijk de bovenkant glad
Zet de fudge in de koelkast om op te stijven ( 2-4 uur)
Haal de plak fudge uit de schaal en snijdt ze in gelijke stukken (25 ongeveer)
Snijd de stukken niet te groot. De fudge is erg lekker maar ook erg machtig.
Je kunt elk soort noten gebruiken of chocolade gebruiken die je wilt
BRON- Annet Geelhoed




MERINGUE

skuimpies marie groblertested
MERINGUE
My meringue resep. Is altyd ‘n sukses.
1 eierwit van ‘n X-Groot eier
250 ml (210 g) strooisuiker
30 ml kookwater
15 ml asyn
2 ml bakpoeier

Voorverhit die oond tot 100°C.
Voer 2 bakplate met aluminium foelie uit, die blink kant bo.
Gooi die eierwit, strooisuiker, kookwater en asyn in ‘n mengbak en klits dit vinnig totdat die meringue stywe puntjies vorm as jy die klitser uitlig.
Vou die bakpoeier liggies in die meringue in.
Skep teelepelsvol meringue op die aluminium foelie of spuit sirkels daarop met behulp van ‘n versierbuis en -sak; die deursnee moet naastenby 4 cm in deursnee wees.
Bak die meringue 1 uur.
Skakel die oond af en haal hulle uit wanneer die oond byna koud is. (Ek haal hulle dadelik uit, omdat ek so baie op ‘n slag bak. Geen probleme sover gehad met meringues wat sag is in die middel nie)
Bewaar hulle in ‘n lugdigte houer.
Tips:
Ek strooi sommer sjokolade vermicilli oor of 100’s & 1000’s vir versiering.
Ek roer ook sommer 3 eetlepels van my gunsteling koffie poeier in sodra dit styf geklits is. En strooi dan sjokolade vermicilli oor. Almal is mal daaroor. Dan maak ek kleintjies en sit dit met gesmelte sjokolade aan mekaar vas.
Indien jy te veel eierwitte het nadat jy te veel van die vanilla koekies gebak het – kan jy die eierwitte een een of twee op ‘n slag in ‘n sakkie gooi en dan in die vrieskas gooi vir latere gebruik. Meringues hou vir omtrent 3 weke baie goed.
Geniet dit.
BRON – Esmarie Friedrichs
Foto: Marie Grobler




BAIE LEKKER FUDGE

tested
BAIE LEKKER FUDGE
8 koppies suiker
1 blikkie kondensmelk
250 gr margerien
2 koppies vars melk
1 eetlepel goue stroop
kwart teelepel kremetart
1 eetlepel asyn.
Plaas al die bestanddele behalwe die asyn in groot kastrol.

Meng baie goed en roer aanhoudend tot mengsel begin kook.
Wanner balletjies vorm in koue water en mengsel begin verkleur haal van stoof af.
Eerder bietjie langer kook as te kort.
Klits tot dik en aan kante begin vassit. Voor te dik klits 1 eetlepel asyn by.
Keer uit in ‘n rolkoek pan of vlak oondpan. Sny blokkies voor heeltemal koud. Dit is baie fudge en so heerlik dit smelt in jou mond.

BRON- Cecilia van Huyssteen

Hierdie resep het ek nog nie self gemaak nie maar het fudge geeet wat van dit gemaak is was heerlik

Foto:  Anmarie Watney




JENNY’S PEPPERMINT CREAMS

pepperment creamstested

JENNY’S PEPPERMINT CREAMS
Foto en resep:  Jenny Schneigansz
FOOD LOVERS RECIPES
225 g versiersuiker
1 eierwit
paar druppels groen kleursel, ek sit ook titsel geel by
pepperment geursel na smaak

Meng alles saam met jou hande tot ‘n lekker deeg.
Rol so ½ cm dik uit op waspapier wat bestrooi is met versiersuiker.
Druk vorms uit.
Laat staan bietjie om harder te word.
Doop in gesmelte sjokolade.
Pak apart in afsonderlike sakkies.