



KAMMA SPAGHETTI VIR DIABETE
LowCarb Pasta is baie skaars in Suid-Afrika, en as jy dit in die hande kan kry – ook baie duur.
So wat maak ons as ons in die winter lus voel vir ‘n lekker pasta, of ‘n Stroganoff of Spaghetti Bolognaise?
Ons maak Kamma Spaghetti. Dis ook baie eenvoudig.
Kom ek vertel jou hoe:
Om Kamma Spaghetti te maak, het jy ‘n stukkie kombuisgereedskap nodig wat ‘n “julienne slicer” genoem word. Dit kan by meeste winkels gekoop word wat kombuisware aanhou, en sommige van die duurder voedselverwerkers het ook ‘n julienne bystuk.
Jy kan jou murgpampoentjies skil of net so met skil en al verwerk. Jy kan groot murgpamoene gebruik of kleintjies. Sny repies uit die murgpampoentjies met die julienne snyer.
Dit is baie belangrik dat jy van die een kant na die ander kant sny om lekker lang spaghetti te maak, en te stop sodra jy by die pitte kom.
Die pitte breek die spaghetti op, dus wil jy dit nie gebruik nie. Maak ‘n groot kastrol (afhangende van hoeveel noedels) halfvol water en bring dit tot kookpunt.
Voeg sout by. Die murgpampoentjies absorber die sout soos dit kook, dus geur dit ook die pampoentjies terwyl dit gaar word.
Plaas die spaghetti in die kokende water en kook stadig tot dit sag is, maar nie uitmekaar val nie. Die kooktyd sal afhang van hoe sag jy die spaghetti verkies, maar gewoonlik kook dit so tussen 5 en 10 minute.
Die belangrikste is om dit goed dop te hou sodat dit nie uitmekaar kook óf te gaar kook nie. Dreineer die spaghetti in ‘n vergiettes en roer versigtig 30ml olyfolie daardeur.
Hierdie spaghetti kan warm gebruik word as bykos in plaas van pasta, of ook koud in slaaie.
Per 100g * 68kJ * Total Fat 0.2g * Protein 1g * Total Carbs 3.4g * Net Carbs 2.3g
Foto: Alida Siebert
All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.
Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.