TINA SE BANTING BROODJIE

Tina se broodjietested

TINA SE BANTING BROODJIE
1 koppie amandel/klapper meel
1 koppie gemengde saadjies
60 ml psyllium husks
10 ml bakpoeier
1 teelepel of minder sout
6 eiers
1 koppie Griekse/Bulgaarse (ek het double cream gebruik) jogurt
saadjies vir bo-op

Meng droë bestanddele.
Voeg eiers by en meng goed.
Voeg Jogurt by en meng goed.
Sit bakpapier in pan, smeer goed, gooi deeg in pan.
Gooi bietjie saadjies oor en druk effens vas.
Bak teen 180°C vir 45 – 55 min.
Nota:
Ek het dit by my niggie se dogter gekry, maar self 2 gebak, een met klappermeel en besluit om van my Double Cream Jogurt te gebruik. Die Klappermeel ene se deeg was bietjie fermer as die Amandelmeel s’n. Dis ongelooflik vullend. Baie lekker, maar my man wil dit nie eet nie – te grof vir hom!

Foto en resep:  Tina Botha




1 MINUUT FRIKKADELLETJIES


1 MINUUT FRIKKADELLETJIES
Makliker en vinniger kry jy nie! Geen LowCarber behoort sonder ‘n groot voorraad van hierdie frikkadelletjies in die yskas te wees nie. Dit is die ideale tussen-in happie wanneer jy lus voel om aan iets te knibbel. Die resep kry net 3 bestanddele in en dit super vinnig om te maak.

250 g bees maalvleis
30 ml parmessaan kaas, gerasper
10 ml barbeque speserye

Meng alles goed saam en vorm klein bolletjies uit die mengsel. Pak dit ‘n entjie uitmekaar op ‘n mikrogolfvaste bord. Bedek dit met ‘n mikrogolf “splatter plate”. Mikrogolf die bolletjies op HOOG vir 1 minuut. (Indien jou mikrogolf ‘n grill het, kan jy die bolletjies ook vinnig gaar grill.)




KLAPPER MAYONNAISE

Klapper mayo stefaanstested
KLAPPER MAYONNAISE
Vleisland se BANTING Mayonnaise…(Klapperolie)
1 en ½ koppie suiwer Klapperolie olie.. (Sommer by DISCHEM gekoop)
1 Jumbo hoender eier
3 eetlepels suurlemoensap, of appel asyn
1 teelepel mostertpoeier
½ teelepel sout (Alle bestanddele MOET teen kamer temperatuur wees)
Plaas die eier, in ‘n mengskottel saam met die sout, peper, mostertpoeier, en suurlemoensap en ‘n ½ koppie van die Klapperolie.
Klits nou met ‘n elektriese klitser op vining, totdat dit begin stol.
Giet nou die res van die olie baie stadig by terwyl aanhou klits, na al die olie ingegooi is, klits vir nog 20 seckondes op vining.
Laat staan oornag in die yskas en geniet ‘n lekker gesonde Klapper Mayonaise.

Resep:  Stefaans Blaauw




LEANNE SE BANTING BOBOTIE

banting boboti leannetested
LEANNE SE BANTING BOBOTIE

Ek het 1 groot ui fyngekap en gebraai in botter en toe knoffel bygesit en gebraai.
Het so 3 eetlepels mild kerrie poeier en ‘n teelepel borrie bygegooi en gebraai.
Toe so paar goeie drukke suurlemoensap bygesit en gebraai, 1 kg maalvleis bygevoed en gebraai.
Ek het banting brood gebruik so 2 snye en ‘n koppie room en 2 eiers bygevoeg. Diabetiese konfyt en blatjang bygevoeg.

Geur met sout en peper.
Gooi alles in ‘n oondbak en bak vir ‘n halfuur.
Meng nou room en eiers en gooi oor die gebakte bobotie en bak verder tot goudbruin kors vorm.
O ja ek het bobotie op 180 grade gebak.

Foto en resep:  Leanne Thurston Coetzer




BOERE BANTING BURGER

2015-02-16-burgertested
BOERE BANTING BURGER
Boere Bunting Burger…Broodloos
Braai uie met so bietjie Masala
Braai so 4 skywe ryp Mango
Sny so 8 skywe lekker Cheddar kaas
Braai 2 Burger patties…+/- 200 g elk
Bak 2 eiers
Pak nou ‘n bed met tamatieskywe in die bord.
Strooi bietjie sout en growwe swart peper.
Dan die gebraaide burger patties.
Dan kom die kaas.
Dan pak mens die gebraaide Mangoes.
Dan die gebraaide uie.
EN DAN kom top mens alles op met n lekker gabakte eier.
Foto en resep: Stefaans Blaauw‎




CAULIFLOWER SALAD WITH EGG

CAULIFLOWER SALAD WITH EGG
I love potato salad. but I hate all those carbs. so I made a low carb potato salad / with cauliflower instead. It was SOOOO good.
1 head of cauliflower, steamed or boiled until tender in bite size pieces
6 boiled eggs (when done peel eggs, rinse and separate yokes into a bowl. Then mash the yolk and cut the whites into small bite size pieces then blend together.
1/3 cup (appx) miracle whip or mayonnaise (don’t use light it has more carbs)
3 tablespoons of mustard
3 tablespoon of pickle relish
1/8 cup of chopped onion (uncooked) can use more if you prefer
salt/pepper to taste
Mix all together and you can garnish with egg slices and parsley.
chill over night ( 1 cup of cauliflower is only 3 carbs vs 1 cup of potato is 37!!)
Recipe posted by Petro Collinet




ONTBYT FRITATTA – BANTING

tested
ONTBYT FRITATTA – BANTING
Jy kan basies enige vleis, groente, kaas ens. gebruik. Maak seker dat jou pan in die oond kan ingaan.
Ek het gebruik:
In botter wat in die pan gesmelt is het ek sampioene en green peppers gebraai (jy kan rêrig enige groente na jou smaak gebruik – uie, tamaties, preie…) gebraai tot sag maar bros.
Ek het gisteraand se oorskiet blokkiesvleis en bone fyn gesny (jy kan spek, salami, ham, enige oorskiet vleis gebruik) en daarby geroer.
Intussen het ek 8 eiers geklits met sout en peper by.
Toe die vleis en groente deurwarm was het ek die eier bygegooi. Ek het een sirkel fetakaas bo-op gekrummel en gerasperde cheddarkaas opgesit.
Die plaat se temperatuur is verminder en ek het vir 5 minute ‘n deksel opgesit. Intussen het ek die oond aangesit op grill.
Na 5 minute is die pan in die oond gesit sodat hy van bo af kan gaar word – so 5 minute of tot hy brosbruin bo-op is.
Dit werk vir enige ete en hou ook goed in die yskas vir kosblikke. Is lekker warm en koud.
Hanta Henning NS – baie lekker as mens avo bo-op sit. Soos pizza!
Resep en foto: Hanta Henning




CYN’S MOCK POTATO CASSEROLE

mock potato dish esmetested
CYN’S MOCK POTATO CASSEROLE
You’ll never believe that this creamy, rich dish doesn’t have any potatoes! It’s also high in protein for a side with 10 grams per serving!
Number of Servings: 8
16 oz bag frozen cauliflower
2 tablespoons light butter with canola oil (like Land O Lakes brand spreadable)
4 oz cream cheese, softened
1 lb turkey bacon, cooked until crispy and crumbled
8 oz shredded sharp cheddar cheese, divided
2 tablespoons chopped green onions
2 tablespoons Water

Microwave cauliflower with 2 tablespoons water for 10-15 minutes until VERY soft, drain, then mash with potato masher.
Blend in butter and cream cheese.
Add the shredded cheese (reserving about ½ cup) and remaining ingredients, and stir together.
Put in a casserole dish and top with remaining shredded cheese.
Bake 350ºC for 20 minutes, until brown and bubbly.

Foto en aanpassing:    Esme Slabbert
Glo dit as jy wil, toe ek vanoggend by die kruidenierswinkel kom om ‘n pak gevriesde blomkool te kool was daar niks beskikbaar nie. Aangesien ek vandag nie op kantoor is nie, en nou die tyd het en in elke geval die meeste van die dag gaan bak en brou, besluit ek net daar en dan om ‘n vars middelslag grootte blomkool te koop en dit te stoom, want ek het dan nou tyd en ek wil dan nou hierdie reseppie maak vir aandete.

So, toe verwerk ek maar die vars kool, en stoom dit tot papsag en soos ek maar altyd doen, verander/tweak ek weer die reseppie so ietwat met die res van die bestanddele wat alreeds in die yskas is. Ek het “herb and garlic” cream cheese en wou toe nie nog ekstra koop nie, so gebruik dit toe in plaas van die gewone cream cheese. Ek het ook ‘n pakkie “Ready Crisp bacon” in die yskas so het dit in die plek van die turkey bacon gebruik.

Ek het twee grasuie fyn geknip en in die mengsel ingemeng en die derde een fyngeknip bo-oor die kaas as garnering.

So hier is die maaksel, reg om vannaand gebak te word. Ek sal later ‘n foto van die klaar gebakte produk ook plaas.




BANTING SEED RUSKS

banting ruskstested

BANTING SEED RUSKS
1 cup milled fluxseed
1 cup almond flour
1 cup desiccated coconut
½ cup poppy seeds
½ cup sesame seeds
¾ cup Solal Naturally Sweet sweetner
1 teaspoon salt
1 cup fresh cream
250 g butter
4 eggs beaten

Melt butter and mix with eggs and cream. Mix. Add all other ingredients and pour into rusk tray or bread pan. Bake for 25 min at 180ºC. Cut into retangles.. place on dry tray and dry over night or for 3 hours at 50-70ºC.. This is a banting friendly recipe and  this seed rusks taste very good

Recipe posted by Corinne Moore Gelderblom
Photo:  Dawie van den Heever




APPELKOEK

appelkoek yolandi 2tested

APPELKOEK
Appel koek van Food Lovers Recipes. Was so vinnig en maklik om te bak. Baie lekker n moet om te probeer….
2 eiers
1 koppies olie
2 koppies bruinsuiker of 1k wit suiker
2 koppies koekmeel
2 teelepels kaneel
2 teelepels bakpoeier
½  teelepel sout
410 g tert appels

Meng alles saam in mengbak sny tert appels kleiner.
Skep in ‘n voorbereide koek pan bak in 150ºC oond 30 tot 40 min of tot toetspen skoon uitkom
Resep en foto: Jolandi Greyling