Egg-Muffin Madness
Ek het tamaties, worsies, komkommer in klein blokkies gesny en in muffin pannetjies gegooi. Toe eiers geklits en dit oorgegooi en in die oond gebak. Dit was REGTIG lekker.
Venita Nolte
Ek het tamaties, worsies, komkommer in klein blokkies gesny en in muffin pannetjies gegooi. Toe eiers geklits en dit oorgegooi en in die oond gebak. Dit was REGTIG lekker.
Venita Nolte
BREINKRAG KOSBLIK
In die kosblik van links af is aarbeie, groenboontjies, wortelstukkies, in die bakkies is rosyne en sonneblom saad en ander bakkie het dadels in, dan is daar Fry’s se Traditional Sausages in agt stukkies gesny en gebak in ‘n degie met krummels om, en dan cocktail tamatietjies. Saam met die kosblik, vrugtesap.
Meisie Hattingh
AARTAPPEL EN HAM PIEKNIEKKOEK
Jy kan hierdie piekniekkoek ook in ‘n swartpot of pan op die vuur maak. Braai eers alles in sarsies in die pot en pak dit dan in lae in ‘n gesmeerde pot voordat jy die eier oor giet. Jy sal nie sulke mooi wiggies kan sny nie, maar jy gaan steeds lekker eet!
4 soetrissies
6 eetpeleps botter
4 knoffelhuisies
1 ui gekap
2 teelepels roosmaryn
3 middelslag aartappels of soetpatats
250 g ham in skyfies gesny
8 eiers
1 suurlemoen se gerasperde skil en
1 eetlepel suurlemoensap
sout en swart peper
Voer losboomkoekpan (23 cm) se bodem uit met bakpapier of foelie (sodat dit nie lek nie) en voorverhit die ooond na 180 C.
Halveer die soetrissies verwyder die pitte en plaas vel na onder op bakplaat. Plaas dit in die warm oond om te rooster tot sag – ongeveer 20 minute. verwyder en verlaag die oond temp. na 160C.
Plaas 4 eetlepels botter, knoffel, uie en roosmaryn in ‘n pan oor lae hitte om sag te sweet – ongeveer 20 minute. Laat effens afkoel.
Sny die aartappels in baie dun skyfies, plaas in pot en bedek met kraanwater. Bring stadig tot kookpunt en prut liggies vir 5 minute tot die aartappel net-net gaar is. Die skyfies moet nie meer rou wees nie, maar nog ferm genoeg om dit te kan hanteer. Dreineer die water versigtig en spoel af met koue water (jy kan ook wegtrek met heel gaar oorskiet aartappels wat jy in skywe sny).
Meng die eiers met die uimengsel en geur dit met die suurlemoenskil, 1 t sout en peper en ‘n skeut suurlemoensap.
Smeer die bodem van die voorbereide pan met 2 e botter. Plaas ‘n lagie aartappels in die bodem van die pan en sprinkel ‘n bietjie sout daaroor. Volg met ‘n lagie soetrissie en ‘n lagie ham. Skep ‘n paar e van die eiermengsel daaroor. Herhaal totdat al die bestanddele gebruik is en giet die orige eiermengsel bo-oor.
Bak vir 40 – 50 minute of totdat die middel gestol het. As jy die koekpan verwyder en daar loop eier uit, moet dit terug in die oond! Laat effens afkoel en sny in skywe en bedien dadelik met groenslaai. Of laat die “koek” heeltemal afkoel, draai in foelie toe en bêre in yskas vir die volgende dag se piekniek.
foto: Petro Borchard
Naand julle. Ek het maar besluit om my kosblik van vanoggend vir julle te post. Ek het nou nie fancy goed in nie maar dit was lekker. Het julle al dop gehou op n Maandag wat bring almal in kosblikke werk toe. Gewoonlik dit wat oor gebly het van Sondag ete, Hoender, Rys, aartappels of Potjiekos en rys of Stukkies braai vleis en Braai broodjies.
Wel myne was van die afval en ek het gister mini broodjies gebak vir die wat nie stamp mielies wou eet nie. Ek het maar vir my van die broodjies in gesit saam met n tamatie om tamatie broodjie by die werk te maak want ek het geweet as mense daardie kosblik met afval sien dan gaan ek niks kry nie.
KOOS VAN DER MERWE