SONJA’S SAVOURY MUFFINS

savory muffinstested
SONJA’S SAVOURY MUFFINS
500 g snowflake easy mix savoury muffins
2/3 cup vegetable oil plus little extra for frying
1½ cup water
2 x-large eggs
250 g bacon, chopped
200 g mushrooms, chopped
1 medium green pepper, finely diced
1 medium onion, finely diced
1 cup grated cheddar cheese
good dash of mustard powder
good dash of red pepper
good dash of black or white pepper


Preheat oven to 180 ºC (170 in fan oven)
Spray muffin pans with Spray and Cook or grease them with a little bit of butter.
In a little oil fry the onions and green pepper until onions are golden brown, add the mushroom and fry till mushrooms have colour. Scoop out into separate bowl.
Fry the bacon in the same pan but not crispy. Add this to the onion mix. Let this cool down
Beat the eggs with the water and oil, add this to the bacon and onion mixture. Now add the Muffin Mix, mustard and pepper and mix thoroughly but not too much
Scoop into muffin pans, sprinkle cheese over and bake on middle rack for 20 min
Let it cool down for a couple of minutes before removing them from the pan
Photo:   Sonja Young




ONTBYTSTAFIES ALA RENEE

vrugte stafies renee 1tested

ONTBYTSTAFIES ALA RENEE
250 ml hawermout
375 ml rice krispies
3 Weetbix gekrummel
250 ml klapper
187 ml vrugtekoekmengsel
187 ml bruinsuiker
125 ml gouestroop
125 ml gladde grondboontjie botter of 125 g wit bak sjokolade
125 g botter
Meng eerste 5 bestanddele saam.
Verhit volgende 4 bestanddele oor lae hitte tot suiker begin oplos. Stel hitte hoër en kook vir ± 3 min. Verwyder van hitte
Roer die twee mengsels bymekaar tot gemeng. Druk vas op bakplaat 20cm x 30cm wat met bakpapier gevoer is.
Plaas in yskas om ferm te word en sny in stafies.




BEEF OLIVES ALA RINA

beef olives gesnybeef olives 1tested

BEEF OLIVES ALA RINA

Ons vat more weer die lang pad en ek het sommer vir ons saam met die ander padkos lekker Beef Olives gemaak… Sny die fillet steak lekker skywe kap dit lekker met die vleis hammer plat, maar nie te veel nie. Maak ‘n mengsels van rou maalvleis met kruie en speserye, sout en peper, nie te sout nie.. en sit op die steak, rol op. Steek vas met tandestokkie. Braai sommer lekker vinnig ‘n warm steak pan om te seel en dan stadiger dat die maalvleis net gaarword. Haal af en laat rus. Ek het dit heel gaar gemaak omdat ons dit as padkos gaan eet, in lekker wielietjies gesny, maar as jy dit sou bedien saam met groente.. kan jy ‘n lekker sampioen- of pepersous daarby bedien.

Foto en idee:  Rina Kleinhans




SAMPIOEN EIERBAKKIES

eierbakkiestested

SAMPIOEN EIERBAKKIES
Vir 4 mense
15 ml botter
15 ml olyfolie
200 g sampioene, opgesny
250 g blad spek of ham
4 – 6 eiers
½ klein uitjie, fyn gekap
1 wiel feta kaas
sout en vars gemaalde swart peper na smaak

Verhit oond tot 180°C.
Bespuit 4 – 6 muffinpan bakkies.
Verhit botter en olie en braai sampioene en uie tot gaar en mooi gekleur.
Voer die muffin pannetjie uit met de spek sodat dit ‘n bakkie vorm.
Verdeel die sampioen/uie mengsels tussen die bakkies, breek die feta oor die sampioene mengsels.
Breek versigtig ‘n eier in elke holte.
Sit bietjie sout en swart peper oor, pasop vir te veel die spek en feta is reeds sout.
Bak vir 15 min in verhitte oond.
Haal uit maak versigtig los en haal uit, sit op ‘n gespuite bakplaat en bak nog 5 min.
Haal uit en bedien. Kan ook laat afkoel en in die kosblik pak.
Nota: jy kan ook spinasie by die sampioene insit, blansjeer dit eers dat al die water verdamp het.

Foto: Rina Kleinhans




HEIBRE SE MAALVLEISPOFFERS

katkoppe frikadelle in deegtested
HEIBRE SE MAALVLEISPOFFERS
Klits saam:
2 Eiers
125ml Olie (halwe koppie)
Voeg by bogenoemde:
250ml Koekmeel (een koppie)
10ml Bakpoeier (twee teelepels)
2ml Sout
2ml Fondor
Metode:
Deeg is baie slap.
Bespuit of smeer kolwyntjie pannetjies.
Skep eers bietjie deeg onder in, dan bietjie maalvleis en dan weer deeg bo-oor.
Bak in oond by 232 grade celseus tot goudbruin.
Maak maalvleis, of enige ander vulsel ( tuna, spinasie en kaas, bacon, mushrooms, ens) eers gaar voordat jy begin met deeg. Daar kan ook kaas bo-oor gestrooi word voor jy dit in die oond sit.
Baie lekker en maklike resep vir kosblik of funksie as jy ietsie te ete moet saamvat.
(Bron: onbekend) die resep is by my ma gekry en sy het dit weer iewers gekry….

BRON: Heibre Schronen




MINI PIZZA AND HOTDOGS FOR BAKE SALE

 

PIZZA EN WORSROLLEtested
MINI PIZZA AND HOTDOGS FOR BAKE SALE
My kids have bake sale today I made mini pizza and hotdogs with the 2 ingredient dough, 2 cups self raising flour and 1 cup yoghurt.
For the pizza you roll the dough out and cut into circles top with a topping of your choice and bake at 180 degrees for 10 to 15 minutes.
For the hotdogs you roll the dough and cut rectangles that is big enough to wrap around the vienna sausages. I glazed mine with some egg wash and sprinkled some black and white sesame seeds over before baking, then bake at 200 for 10 to 15 minutes.
I packed them in individual bags to make it easy for my kids to handle while selling, I also think its better because no one wants to eat something lots of little hands has touched.

IDEA AND PHOTO FROM Chantelle Venter




KEER GESNYDE APPEL OM BRUIN TE WORD


KEER GESNYDE APPEL OM BRUIN TE WORD

Janieta Nell Sny die appel in skyfies, en “bind dan weer vas” met ‘n rekkie om. Die appel verkleur nie.

Rina Kleinhans Spoel die appel af onder die water nadat dit gesny is en bind dit weer vas soos Janieta Nell se of sit in ‘n lugdigte sakkie ek vat die zip lock sakkies en druk dan al die lug uit. Dit is die metaal van die mes wat die appel verkleur en dit help om dit af te spoel is my ondervinding.

Michelle Joubert So paar druppels suurlemoensap in die sakkie! Skud, en viola!! Kan lekker in die kosblik gebere word sonder om bruin te word

Carlien Grobler Dip die gesnyde appel in Mountain Dew koeldrank vir paar sekondes….




TOEBROODJIE IDEES

TOEBROODJIE IDEES
Almal gaan terug werke en skole toe.
Tyd om die hasie uit die hoed te ruk!!
Probeer gerus van die heerlike toebie idees hieronder:

Sardientjiesmeer
100 g botter/margarien
106 g sardientjies, gedreineer en fyngedruk 10 ml suurlemoensap
25 ml fyngerasperde ui
5 ml worcestersous
1 ml sout
1 ml peper
Meng alles deeglik saam.
Tunaroomsmeer
200 g tuna, dreineer + vlok
5 ml ansjovissous
200 ml mayonnaise
250 ml room, geklits
2 eierwitte, styfgeklits
20 soutbeskuitjies

Meng tuna met ansjovissous en mayonnaise tot glad en fyn. Vou die room by die styfgeklitste eierwitte in. Vou die roommengsel by die tunamengsel in. Skep dit op beskuitjies en verkoel dit voor bediening.

HOENDERVULSEL
Meng gemaalde, gaar hoendervleis met gerasperde pynappel en voeg slaaisous, sout en peper by soos nodig.

TAMATIESOUSVULSEL
Meng gerasperde kaas met tamatiesous. Geur met uiesap soos nodig.

ROOMKAASVULSEL
Meng roomkaas met een van die volgende: gekapte, gevulde olywe, gekapte neute, gekapte pietersielie, gerasperde pynappel, gekapte rosyne, fyngekapte ham of hoendervleis, gekapte gemmerkonfyt

GRONDBOONTJIEBOTTERVULSEL
Maak grondboontjiebotter klam met slaaisous en meng dit met gekapte dadels, rosyne of droë vye.
‘n Interessante soort brood maak gewone toebroodjies ekstra lekker. Probeer Ciabata of foccacia, rogbrood of volgraanrolletjies.
Vars roket, songedroogde tamaties, kaas en ontpitte olywe. Brosgebraaide spekvleis, uiemarmelade, brie en blaarslaai. Ham, pikantrissies en mosterdmayonnaise.

Koue geroosterde hoender, knoffelmayonnaise en bronkors. Tamatie, basielkruidblare en mozzarellaskywe.
Gerookte snoek of salm, skywe avokado, roomkaas of mayonnaise en slaaiblare.
Dun skyfies gebraaide filet, heelkorrelmosterd, roketblare, tamatie en gebraaide uie.
Dun skyfies skaapboud, hummus (kekerertjie-patee), tamatie en uie.
Kaas, olywe, basielblare en salami.
Dik skywe ham, perske- of mangoblatjang, edamkaas en blaarslaai.
Varkworsies, gebraaide uie, mosterdslaai en sterk tamatiesalsa

 




SAGTE TUNA PASTEITJIES-TUNA WASGOEDBONDELTJIES

SAGTE TUNA PASTEITJIES -TUNA WASGOEDBONDELTJIES
(Enige ander spek of maalvleis vulsel kan ook gebruik word.)
VULSEL
2 blikkies tuna, gedreineer en gevlok
2 ml mosterd
3 eetlepels vars pietersielie
sout, swart peper, paprika na smaak
½ koppie fyn gerasperde kaas
1 pakkie tamatie pasta
1 groot fyn gerasperde ui
Meng alles, hou gereed.

DEEG
4 koppies meelblom
4 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
250 g botter
yswater
Vryf smeer in droë bestanddele in, meng met yswater tot hanteerbare deeg.

Rol dunnerig uit.

Vir WASGOED BONDELTJIES:
Druk vierkantige vormpies uit deeg uit, skep lepel vulsel in middel, bring hoeke bymekaar en steek vas met ‘n heel naeltjie.
Bak in diep olie tot goudbruin en plaas op kombuispapier om te dreineer.

Vir PASTEITJIES:
Druk sirkel vormpies uit deeg uit, skep vulsel in middel en vou oor mekaar tot halfmaan pasteitjie, druk halfmaan kante goed met vurk vas, smeer bo-oor met geklopte eiergeel wat met gesmelte botter geklits is.

Bak in oond tot goudbruin OF ook in diep olie!!




SKOONSUS SE SPINASIE TERTJIES

SKOONSUS SE SPINASIE TERTJIES
Kors
500 ml meelblom
10 ml bakpoeier
80 ml olie
40 ml water
40 ml melk
1 eier

Meng goed en druk in kolwyntjiepannetjies

Vulsel:
500 ml gekookte spinasie
1 pak wit uiesop
250 ml roomkaas
Meng en gooi in rou kors.
Strooi 2 eetlepels gerasperde kaas of harde chips oor

Bak by 180 ºC

Heerlike bros spinasie tertjies en baie lekker om koud te eet.

Bron:  L Struwig
Geplaas deur Amanda Stuwig
Foto:  Alberta van Wyk