VARKREPIES VIR DIE KOSBLIK

VARKREPIES VIR DIE KOSBLIK
Varkrepies:
400 g varkfilet of lendeskyf in repies gesny
sout en peper
olie
1-2 eetlepels knoffel en gemmerpasta
2 eetlepels sojasous
¼ koppie soet brandrissiesous
Paar druppels vissous
1-2 lemmetjies se sap en skil
250 g vermicelli-rysnoedels

Groente:
250 kool en wortel repies
60 ml elk gekapte sprietuie, vars ment en vars koljander blare
Grondboontjies vir bo-oor sprinkel

Geur die vark vleis met sout en peper.
Roerbraai die vleis in ‘n bietjie olie saam met die knoffel en gemmerpasta tot net gaar. Voeg die sojasous, soetbrandrissiesous, vissous en die lemmetjiesap en skil by. Meng en laat afkoel.
Giet kookwater oor die rysnoedels en hou eenkant tot sag. Dreineer en voeg by die vark repies. Skep in houer en laat afkoel.
Meng die vleis en groente net voor opdiening en sprinkel die grondbone oor.
Ps. Moet nie soos ek maak en 2 suurlemoene se sap by voeg nie. As jy dit oorkom sit net meer soetrissiesous by.
Resep geplaas deur Liezel Van der Merwe
Foto Liezel Van der Merwe




DROEVRUGTE STAFFIES

DROEVRUGTE STAFFIES
250 g Droe vrugte fruitmix
Gooi in blender en blend fyn.
Gooi dit in tupper bakkie wat uitgele is met glad wrap.
Druk dit styf vas in bakkie en vries,
Dit vries nie kliphard nie ek eet dit sommer so uit die vrieskas uit/
Resep en foto :Meisie van der Colff




NO BAKE CHOCOLATE BARS

 

NO BAKE CHOCOLATE BARS
Photo by Retha Collett
FOOD LOVERS RECIPES
Made with coconut oil and honey instead of sugar!
1 cup peanut butter
½ cup honey
½ cup coconut oil
2 cups dry oats (not instant)
1 cup  coconut
½ cup chopped walnuts (optional)
1 ¼ cups dark chocolate chips or disks
1 teaspoon vanilla essence
Melt peanut butter, honey and coconut oil over medium-low heat. Once melted, remove from heat and add oats, coconut, chocolate chips and vanilla. Stir until chocolate is entirely melted. Pour into a 9×13 pan and cool in the fridge. When it’s set, cut into bars and enjoy. Store in the fridge. If they last that long!

Nota:Retha Collett
Die oats is nogal baie en maak dit lekker. Ek het daardie dark chocolate disks gebruik. Sal volgende keer bietjie 99% Lindt bysit om dit bitterder te maak. Dis lekker soet! My man en seuns is mal oor die blokkies. Sal dit verseker weer maak!




HEUNING, DADEL, OATS EN AMANDEL VIERKANTE

HEUNING, DADEL, OATS EN AMANDEL VIERKANTE
2 koppies geroosterde grof gekapte amandels (Ek het rou heel amandels gebruik, in pan gerooster en in voedselverwerker grof gekap)
3 koppies gerolde oats
2 koppies sagte dadels sonder pitte
2 teelepels vanilla geursel
1 ml sout
½ koppie heuning
½ koppie grondboontjiebotter
Smeer vierkantige of reghoekige pan van min of meer 20 x 30 cm, voer uit met bakpapier.
Plaas amandels en oats in mengbak (Ek het Kenwood menger gebruik).
Plaas dadels in voedselverwerker en kap tot fyn stukke. Voeg by oatmengsel.
Plaas vanilla, sout, heuning en grondboontjiebotter in mikrogolfbak en kook vir 3 minute, roer elke 30 sekondes. Maak seker dit begin lekker opkook en borrel – dan is dit gereed!
Voeg by die oatmengsel en meng baie goed saam (voedselverwerker maak dit maklik).
Skep uit op voorbereide bakplaat en druk plat met ferm hand – ongeveer 5mm dik.
Plaas in yskas vir ongeveer 2-3 ure tot ferm. Sny in vierkante. Verpak in lugdigte houer met waspapier tussenin.
Resep en foto: Retha Collett




APPLE PIE BREAKFAST OAT BISCUITS

APPLE PIE BREAKFAST OAT BISCUITS
Ingredients:
2 cups apple finely chopped with skin
1 large egg room temperature
1 cup old fashion rolled oats
1 cup whole grain oats (or you can use 2 cups of above)
3/4 unsweetened applesauce
1/3 cup runny honey or maple syrup
2 tbs maple syrup (yes more used separately 😊)
1/2 tsp baking soda
1 tsp cinnamon
1 tsp mix spices
1/2 tsp nutmeg
1 cup oat flour (make tour own by taking a heaped cup of oats of your choice and processing in good processor till fine)
1/2 tsp salt
2 tsp vanilla extract
1/2 cup ground flaxseed
1/4 cup unsalted butter melted
Method:
Preheat oven to 190 bake.
In a small pot slowly cool apple, mix spices and 2 tbs maple syrup till apple is soft.
In a large bowl mix together the remaining dry ingredients.
In a small bowl mix together all remaining wet ingredients.
Pour wet ingredients in dry ingredients and mix through.
Stir through apple and any sauce in the pot.
Scoop 1/4 cups onto baking paper on baking sheet and bake for 12 to 14 min.
This is handy breakfast on the run or snack as it is quite filling.
Keep in airtight container in fridge for up to 6 days or in freezer for 2 months.

Photo: Elizna Willemse Tinone




LEDE SE KOSBLIK IDEES

LEDE SE KOSBLIK IDEES
Connie Bingwa-Legoshe
Hi help asb, ek nodig ideas vir lunch, my kind se lunch is vervelig.

Anna Marie Vd Berg
Simba chips op ‘n toebroodjie.

Hendrina Naylor
How old? Cut up carrot strips/cucumber strips with humus. Vetkoek with mince, tuna/mayo sandwich/hard boiled egg mashed with ketchup sandwich.

Jaco Wessels
Ek is ‘n enkelouer en my seuns was klein en elkeen wou sy eie goed vir sy kosblik hê.
So ek het die laaste naweek van ‘n vakansie al die kos gemaak vir hulle kosblikke vir die kwartaal.
Ek het:
Visvingers gekoop en in oond gaar gemaak. Dan 4 in Ziploc sakkie gesit. En gevries.
Ek het die kaas en gemengde groente nuggets van KFC gemaak. Gevries in pakkies met 4 in.
Hoender nuggets gekoop en soos visvingers gaar gemaak en gevries in porsies van 6.
Ek het kaas en mielie samosas gemaak en gevries in sakkies met porsies van 4.
Ek het vetkoeke gebak. Sommer so 5 kg meel s’n op ‘n slag. Gelos om koud te word en dan geseël in plastiek sakkie.
Jaffles gemaak met kerrie en groente maalvleis. So 4 of 5 brode s’n. Geseël en gevries.
Dan het ek by Makro ‘n boks klein pakkies tamatiesous gekoop vir goed soos visvingers ens. En by McD daai soet en suur nugget sousies gekoop.
So elke oggend kon elkeen self besluit waarvoor hy lus is vir sy kosblik. Dit net so uit die vrieskas haal en insit. Teen pouse is dit ontdooi. Het hulle hele laerskool loopbaan daarmee weggekom.
Nou is hulle Gr 12 en 10 en te “cool” vir kosblikke.
Maar dit het my bitter baie tyd en oggend chaos gespaar toe hulle in laerskool was.

Dalene Wright Laing
Sny ham of worsies in stukkies, klits eier en melk. Meng alles saam, spuit kolwyntjie pan en skep mengsel in elke holte, bak in oond by 180 grade tot eier gestol is. Sprinkel kaas oor en laat afkoel in pan gooi dan uit. Lekker vir kosblik. Jy kan dit met gemengde groente ook doen of dit kombineer. Gooi sout en peper by vir smaak.

Geraldene Camons Cartwright
Sit ‘n hawermout stafie in saam met toebroodjie.

Sonja Beukes Oosthuizen
Ek koop ‘n kosblik met kompartemente van sistema – dan sit ek verskillende goedjies in, pretzels, kaas wiggies, appel, neute, droë vrugte, brood, olywe, en elke week koop ek die week se goedjies wat ek gaan insit, so dit verskil elke week.

Cecille Scheepers
Jaco jou idees is ongelukkig 20 jaar te laat, sou dit def probeer het. Ek het daai ‘sweet treat’ so oorleef. Koop groot pakke lekkers, chips, boksies sap deel alles in 7 dae sakkies vir 4 weke. Die ewige gekla oor lekkers gou stop gesit. My kind kon elke oggend ‘n sappie, ‘n pakkie chips en ‘n sakkie lekkers kies en as die week se lekkers al teen Woensdag op is, is dit taboo. Hy het vinnig geleer om spaarsaam met sy ‘treats’ te werk want ek koop net 1 keer ‘n maand.

Christa Erasmus
Toe ek is Swaziland gebly het en my seun graad 1 en 2 by een juffrou was, was sy baie streng wat ons in pak vir lunch. Ek het baie wortels wat gesny is, regte vrugte sap ingesit. En ons moes gesonde brood gebruik. Daarom het ons maar ingesit wat gesond was. Sy het hul laat sit by hul tafel en eet en dan kon hulle gaan speel. Moet noem private skool, min kinders. En al was dit ‘n pyn in die begin het dit tog gehelp. Kon kaas insit.
Maritza Stack
Klein tamaties. Kaas in vingers gesny. Opgerolde ham/polony. Olywe. Blokkies feta. Kerrie en rys. Noodles met tuna en mayo. Mac en cheese-lekker koud. Viennas opgesny. Yogurt. Kaas wiggies. En lemoen, nartjie in wiggies gebreek. Piesang. Appel. Spanspek. Melon. My kinders hou van droë 2 min noodles. Druiwe korrels. So ietsie van alles, elke dag ander vrug. Piesangbrood is ‘n wenner.
Foto’s: Ernestine Frick




WEETBIX ENERGY BARS

WEETBIX ENERGY BARS
Photo:  Meisie Van Der Colff
FOOD LOVERS RECIPES
12 Weetbix
3 tablespoons of cocoa powder
2 cups of dessicated coconut
1 tin of condensed milk
100 g of butter
1 teaspoon vanilla essence
In a large bowl, break the Weetbix into crumbs and add the rest of the dry ingredients. Pour the condensed milk and butter in a bowl and heat for one minute in the microwave, add to Weetbix mixture , add vanilla essence and stir with spoon . Line a tray with baking paper or cling wrap and spoon the mixture in tray, spreading it evenly with the back of the spoon and pressing it down as well to make it firm . Place in the fridge for a few hours . Remove and cut into squares




ANNELIZE SE MUESLI BARS

ANNELIZE SE MUESLI BARS
Bron en foto: Annelizle Botha
FOOD LOVERS RECIPES
Maak die volgende baie fyn:
100 g pampoen pitte
100 g sonneblom saad
100 g kasjoeneute
100 g bruin lynsaad
100 g rosyntjies
180 g mensel van rooi bosbessie/neute/sade
Meng daarby:
2 ½ koppies hawermout
1 koppie klapper
1 teelepel kaneel
knippie sout
Meng baie goed.
Smelt die volgende saam:
½ koppie grondboontjie botter
¾ koppie heuning
¾ koppie bruin suiker
1 teelepel vanilla geursel

Meng in by droë bestanddele, meng goed deur en druk vas in goed gesmeerde bakplaat.
Bak teen 160 ºC vir so tussen 25 en 35 minute.
Bak ‘n korter tyd vir ‘n meer taai tekstuur, vir meer krakerige tekstuur bak langer.
Sny in blokkies terwyl warm en laat afkoel in pan.




GRANOLA MET ‘N TWIS

GRANOLA MET ‘N TWIS
My tuisgemaakte Granola met ‘n twist. Dit is Siba Mtongana se resep met ‘n twist. Wil dit graag deel omdat dit altyd ‘n wenner is vir ontbyt, “snack” en as ‘n geskenk in ‘n glas bottel.
1 kop rolled oats
50 ml sonneblom saad
70 ml brazil neute
70 ml amandels
70 ml pekaneute
100 ml pampoen sade
20 gr wheatgerm (koringkiem by gesondheidswinkels en Dischem)
60 gr klapper
Kaneel
Ek sny die groot neute kleiner. Meng alles saam in oondpan en gooi bietjie kaneel en fyn gemmer oor na smaak. Bak in oond teen 180°C (vooraf verwarm) vir 10 min.
Intussen kook 50 gr donker suiker, 180 ml heuning, 90 gr botter en 1/2 t vanilla tot suiker opgelos is.
Gooi die warm stroop oor die mengsel in die pan en roer goed. Bak weer vir 10 min maar roer af en toe.
Laat afkoel maar roer gedurig sodat dit nie stol en vassit.
As dit goed afgekoel het voeg die volgende by.
1 k gedroogde piesang in stukke gebreek
1 k gedroogde cranberries
1/2 k gedroogde gemmer on stukkies gesny
Geniet
Resep en foto: Yolanda Kilian‎




MUESLI STAFIES

MUESLI STAFIES
625 ml muesli van jou keuse
125 ml rooi glanskersies, grof gekap
100 g gemaalde amandels
375 ml Rice Krispies
250 ml klapper
1 x 397 g blik kondensmelk
100 g botter

Meng die muesli, kersies, amandels, Rice Krispies en klapper goed.
Smelt die kondensmelk en botter saam tot glad oor baie lae hitte, wees versigtig, kondensmelk brand maklik aan en voeg by die droë bestanddele.
Roer goed tot deeglik gemeng.
Keer uit in ’n gesmeerde pan van sowat 20 x 25 cm en druk goed vas.
Maak seker die mengsel is egalig.
Verkoel tot stewig en sny in vingers.
Bêre in ’n lugdigte houer in die yskas. Lewer 20-25 stafies.

WENK: Ek het vanoggend die stafies vir so 20 minute in die oond gesit, ek wil kyk of hy nie beter set as hy so bietjie gebak het nie.
Hy set wel as hy in die yskas was maar ek sal daarvan hou as hy meer stewig is.
Resep en foto: Magda van Wyk