FIVE FANTASTIC BABY FOOD RECIPES

FIVE FANTASTIC BABY FOOD RECIPES
Below are five of her recipes, all of them suitable for children from six months old.

Chicken purée with carrots and apple
1/2tbsp. olive oil
1/2 small onion, peeled and chopped
350g carrots, peeled and sliced
250ml unsalted chicken stock or use water with a bay leaf
1 chicken breast (approx. 125g)
1 small apple, cored, peeled and chopped

Method
Heat the olive oil in a saucepan and sauté the onion till softened. Add the sliced carrots, pour over the chicken stock or water and bay leaf and bring to the boil. Reduce the heat, then cover and cook for 10 minutes.
Cut the chicken into pieces and add to the carrots, together with the chopped apple, and continue to cook for 10 minutes. Remove the bay leaf if necessary. Purée in a blender. Freeze the remainder in individual portions.

Beef and sweet potato
20g butter
1 leek, washed and sliced (approx. 150g)
125g braising steak, cut into cubes
1 tablespoon flour
100g button mushrooms, sliced
275g sweet potato, peeled and chopped
250ml chicken stock
Juice of 1 orange (about 120 ml)
Method
Melt the butter in a flameproof casserole and sauté the leek for about 4 minutes until softened. Roll the meat in the flour; add to the leek and sauté until browned. Add the mushrooms and sauté for 1 minute. Add the sweet potato, stock and orange juice. Bring to the boil and transfer to an oven preheated to 180°C for 1½ hours or until the meat is tender. Blend to the desired consistency using as much of the cooking liquid as necessary.

Leek, sweet potato and cauliflower purée
12g unsalted butter
25g leek, washed and sliced
Half a small sweet potato cut into chunks (150g peeled weight)
250ml boiling water
75g cauliflower cut into florets
30g grated cheddar cheese
Method
Heat the butter in a pan and add the leek. Sauté gently for about 3 minutes until softened. Add the sweet potato, pour over the boiling water and cook for 5 minutes. Add the cauliflower, cover and continue to cook for 5 minutes. Blend the vegetables in a blender, together with the grated cheese.

Peach, apple and strawberry purée
1 apple, peeled, cored and chopped
2tbsp. apple juice or water
115g ripe strawberries, hulled
1 ripe peach, skinned, stoned and sliced
1tbsp. baby rice
Method
Put the chopped apple into a saucepan with 2tbsp. water or apple juice. Cover and simmer for 5 minutes. Add the strawberries and peaches and cook for 2 to 3 minutes. Blend until smooth and stir in the baby rice.

Apple and plum with berries
2 sweet eating apples (e.g. Pink Lady)
2 ripe plums, skinned, stoned and diced
55g blueberries
2tbsp. water or pure apple juice
Method
Put the apples, plums and blueberries in a saucepan with the water or juice. Heat until bubbling, reduce the heat and simmer for 7 to 8 minutes until really tender, adding a spoonful more water or juice if necessary. Blend the fruit to a purée in a food processor, or place in a bowl and use a hand blender. Freeze in individual portions.




BOTTERSKORSIE-EN-APPELPUREE

BOTTERSKORSIE-EN-APPELPUREE
‘n Heerlike soetsoutpuree wat ryk is aan vitamiene A en C. Hierdie puree ‘n goeie basis om te gebruik wanneer jy nuwe smake en speserye in jou baba se dieet wil inbring. Geskik vir ‘n baba tussen op 6 maande.
(Maak 300 – 500 ml)
3 koppies geskilde en fyngekapte botterskorsie
1-2 appels, geskil en gerasper
100 ml water

Bring die botterskorsie en appel tot kookpunt in die water. Verminder die hitte en prut 20 minute tot sag. Laat effens afkoel en verpulp in ‘n voedselverwerker tot gladderig.
WENK:
Die resep is geskik om te bevries in geseelde bakkies. Wanneer hard, sit in ‘n plastieksakke en merk duidelik . Moenie langer as 3 maande vries nie.
Bron onbekend-het die resepte al baie lank

KARLIEN JACOBS




KOOL, BROCCOLI EN MURGPAMPOEN

KOOL, BROCCOLI EN MURGPAMPOEN

Teen die ouderdom van 7-9 maande kan jy begin om nuwe smake en teksture aan jou baba bekend te stel. Maaltye is nou ‘n tyd vir nuwe ervarings en hierdie resep het ‘n growwer tekstuur, is hoog in vesel en vitamiene en maklik om te maak.
(Maak 300-500 ml)
1 k gekapte groenkool
1 k gekapte broccoli
1 k gekapte murgpampoen
2 e roomkaas
Prut die groente 10 minute in 4 eetlepels water tot sag. Laat effens afkoel en meng die roomkaas by met ‘n vurk.
WENK:
Die resep is geskik om te bevries in geseelde bakkies. Wanneer hard, sit in ‘n plastieksakke en merk duidelik . Moenie langer as 3 maande vries nie.

KARLIEN JACOBS




MANGO, AVOKADO EN JOGURT

MANGO, AVOKADO EN JOGURT

Hierdie resep is geskik vir ‘n baba tussen 7 en 9 maande.
(Maak 75-100 ml)
½ mango, in blokkies gesny
½ avokado, in repies gesny
2 e jogurt
Kombineer die mango en avokado op ‘n bord. Druk fyn met ‘n vurk en skep die jogurt bo-oor.

KARLIEN JACOBS




PEER-EN-RYSPUREE

PEER-EN-RYSPUREE

Ideaal vir babas tussen die ouderdom van 7 en 9 maande wanneer nuwe teksture en smake aan baba bekend gestel moet word. (Maak 75-100 ml)
2 groot pere, geskil en in blokkies gesny
1 koppie gekookte Thai-rys

Prut die pere in 2 eetlepels water vir 10 minute tot sag. Laat effens afkoel. Meng die gekookte pere en rys met ‘n vurk.
WENK:
Die resep is geskik om te bevries in geseëlde bakkies. Wanneer hard, sit in ‘n plastieksakke en merk duidelik . Moenie langer as 3 maande vries nie.

KARLIEN JACOBS




SOETPATAT-EN-PIESANGPUREE

SOETPATAT-EN-PIESANGPUREE

Hoog in potassium en vitamiene C.(Maak 300-500 ml)

2 middelslag soetpatats, geskil en in blokkies gesny
50 ml water
1 piesang, geskil en opgesny

Prut die patat 20 minute tot sag in 4 eetlepels water. Laat effens afkoel en verpulp met die piesang in ? voedselverwerker.
WENK:
Die resep is geskik om te bevries in geseelde bakkies. Wanneer hard, sit in ‘n plastieksakke en merk duidelik . Moenie langer as 3 maande vries nie.

 

KARLIEN JACOBS




WORTEL-EN-SKORSIEPUREE

WORTEL-EN-SKORSIEPUREE

Dit is hoog in vitamiene, foliensuur en betakaroteen wat baie goed is vir baba se ontwikkeling. Geskik vir baba op 6 maande.(Maak 300-500 ml)

2 wit wortels, geskil en gerasper
2 geel wortels, geskil en gerasper
2 gaar skorsies se vleis

Prut die wortels 10 tot 15 minute in 4 eetlepels water tot sag. Laat effens afkoel en verpulp met die skorsievleis.
WENK:
Die resep is geskik om te bevries in geseelde bakkies. Wanneer hard, sit in ‘n plastieksakke en merk duidelik . Moenie langer as 3 maande vries nie.

 

Karlien Jacobs




KOS IDEES VIR BABAS

KOS IDEES VIR BABAS

Mara Nieuwoudt
Kook sy kossies apart. bv skorsie, wortel, aaartappel, kan ook n vleisie ingooi en lekker sag kook. Ek het so masjientjie gehad wat jy so draai en dan maak dit die vleis ens lekker fyn, kan later een van die groentes ‘n bietjie growwer laat soos hy ouer word. Speel maar met verskillende groentes bv butternut of pampoen ens. Nie baie sout ingooi nie.

Christine Oosthuizen
Wanneer avokadopeer beskikbaar is, sny ‘n avokado half deur en maak sommer in die skil fyn tot verlangde tekstuur, sonder sout of suiker. Ons een seun het van piesang gehou, dan het ek ‘n klein stukkie piesang ingemeng. Indien piesang te suur is, kan mens papaja inmeng, dit is baie gesond en lekker in die somer.
Suzette Van der Merwe
Bruinrys, pasta, hoenderborsies, lean steak in repies gesny, butternut, spinasie, wortels, aartappels, baby marrows, chicken stock in stoompot tot als sag en gaar is – versap als so sag/grof soos hy/sy dit verkies. En vries in porsie bakkie.
Ann Adam Gilfillan
Ek het altyd butternut, wortels, aartappels en so klein bietjie hoender saam opgekook. Dan het ek bietjie soppoeier ingegooi vir smaak. Ek het dan alles in my voedselverwerker fyn gemaak sodat dit dieselfde “consistency” het as purity. Ek het porsies in klein bakkies opgedeel en gevries, dan die oggend uitgehaal soos ek nodig kry. My babas was mal daaroor en dis baaaaiiieee goedkoper as purity.

Sureta Olivier
Enige groente kan jy maak, fyn maak. Moet net nie sout byvoeg nie, ‘n baba tot omtrent so ‘n jaar kan nog nie smake proe nie. Ek het altyd die groente gekook in ys houers gesit, plastiek sakkie oor getrek en gevries dan het ek uit gehaal onvries en vir my dogters gegee. Hulle het seker so op 10% purity groot geword die res was alles home cooked. Soos babatjie ouer word kan my vleis sous by gooi. My girls is vandag 13 en 14 en eet alle groente en vrugte, toe hulle peuters was toe het hulle gevriesde brussels sprouts ge-eet. Onthou ook klein kinders raak na so 5 keer se proe aan ‘n kos gewoond, so moenie net na eenkeer besluit ‘oh well my kind hou nie van dit of dat nie” Partykeer hou eet hulle iets en ‘n ander keer weer nie, fiemies word aan geleer, kinders word nie met dit gebore nie.
Brenda Bester
Custard en vrugte
Karlien Jacobs
Patat, skorsie, wortel en bietjie butternut. Kook in stoompot met bietjie stock blokkie. Verwerk in voedselverwerker met homp marg/botter en teelepel bovril of marmite. Laat afkoel en skep in bakkies. Heerlik!
Gebruik verskillende groente met fyn aartappel en vries, werk soos bom.
Avo en piesang kan mens net so fyn druk en gee.
Kook appels en pere met min water tot sag en druk fyn. Hang af hoe oud baba is-meng met custard of yoghurt.

Janie Janse van Rensburg
Kook en in vrieskas pak werk 100, ek het my kind se appels en pere gekook en gevries en dit het perfek gewerk.
Erika Watson
Ek het altyd butternut, gems, patats ens gestoom en dan baie fyn gemaak en in ysblokkie houers gevries. Dan in sakkies gegooi en ontvries soos nodig. Vrugte ook gedoen – geen sout of suiker. Baie gesonder as purity.
Zelda Elizabeth Viljoen Turner
Ek het gaar kos wat met blender fyn gemaak is in ys blokkies gevries. Bv Mac and cheeses, apple etc.

Aneen Ferreira: Wel ek het 7 kleinkinders. Het vir hulle almal kos gemaak. Groente het ek so 3 wortels, 2 gems, 1 aartappel en halwe butternut met ‘n kwart stukkie hoender blokkie. Dit in masjien fyngemaak en in klein plasties bakkies so 4 tot 5 teelepels ingeskep.
Dan het ek so 6 appels en 6 pere gekook met 1 teelepel bruinsuiker. Dieselfde gedoen soos met groente. Dit vries baie goed.
Ek het bv groente in bakkies gesit met blou deksel en ander kleur vir vrugte. Dat die mammas weet.
Gerty Corbitt
My kinders en kleinkinders wou nie hul monde daaraan sit nie, MAAR het Purity ge-eet (sommiges). Die beste is om te wag tot baba begin eet op 6mnde, bietjie te maak en te kyk watse voorkeure hy het en dan ook net ‘n sekere hoeveelheid te maak… hulle proe en smaak verander soms oornag.
Sanet Salmon
Elke kind is maar anders. Ek het 4. Baba is nou 3 maande. My oudste wou niks weet van purity nie. My 2de was weer gek oor purity. (ek het soos hy groter geraak het sy tuis kossies in purity potjies begin skep) My 3de kind (dogtertjie) het weer ALLES wat eetbaar gelyk het, verorber. Purity, tuis kos enige iets! 😅 Hulle eet almal vandag enige kos wat ek voorsit. Van afval tot olywe ens.

Erika Watson: My dogter het die tuisgemaakte kossies in purity bottels gesit en toe eet die kleintjies te lekker daaraan. Bly altyd een stappie voor hulle🤣🤣
Cindy-lee Pretorius
Moet dit asb nie inlê nie, vries eerder. Tans is my baba 8 maande en ek kook net vir haar. Baie resepte online. Maar die gewone sweet potato carrots squashie en dan ‘n verskeidenheid groete saam is ‘n treffer vir ons kleintjie. Sy hou glad nie van my vrugte nie so well dit koop ons in die squeezy packets en ek meng dit met ‘n yogurt. Inlê vir ‘n baba is nie die beste nie, vries is 100 keer beter.
Heila Van Den Berg
Geur die groentes met tye. Meng ‘n skeppie smeerkaas of bovril daarmee.

Chrissie Williams: My dogtertjie is nou 11 maande en sy eet alles wat ons eet. Ek maak haar kos net fyn met ‘n vurk. Verder eet sy purity squishies. Op Sondae kook ek, dan vat ek van al die kosse, meng dit en sit dit in die vrieskas.
Susarie Fourie Geldenhuys
My niggie het alle soorte groente in groot porsies gaar gemaak, fyn gemaak en in ysbakkies gevries. So haal jy uit hoeveel jy nodig het en warm dit op in mikrogolfoond. Wolla maklik.
Elaine Loots
Ek het myne gestoom. Butternut en patat of murgpampoentjie. In blender gesit en in ysbakkies gevries dan in sakkies gesit. Ontdooi blikkies soos benodig. Sit patats by, dit gee die natuurlike soetheid.

Michelle Joubert
Stoom die groente of vrugte tot sag en sit in “blender” om fyn te maak. Skep in skoon ysbakkies en vries. Gooi die gevriesde blokkies in n ziplock sakkie en merk bv. Butternut, appels, murgpampoentjies, patats, ertjies, pere ens. Dan haal Mamma net die hoeveelheid blokkies uit wat baba sal eet. Ontvries en viola! Al twee my kinders so groot gemaak. Dit is baie goedkoper en gesonder as purity en my kinders is vandag nie “fussy” eters nie.
Riekie’s Insperasie Koeke
Stoom eerder ipv kook.