TAMARILLO, KOEJAWEL EN PEER KONFYT

TAMARILLO, KOEJAWEL EN PEER KONFYT (boomtamaties)

Die konfyt het n defnitiewe smaak van tamatie, ‘n ligte smaak van koejawel en net ietsie anders saam met die pere.  Baie lekker.
1 kg tamarillos (klaar uit die dop geskep)
1 kg koejawels fyn gerasper
4 groterige pere fyn gerasper
2 Granny Smith appels fyn gerasper
2,5 kg suiker
3 goeie spuite suurlemoensap

Meng alles met die suiker tot ‘n dik stroop vorm.
Kook op hoog vir 25 minute vanaf dit begin kook.
Bottel warm.
Bron en Foto: Petre Van Jaarsveld




TAMARILLO KONFYT (BOOM TAMATIE)

TAMARILLO KONFYT (BOOM TAMATIE)

4 kilo tamarillos
2 koppies water
6 kopies suiker
8 teelepels suurlemoen sap

Vrug moet donker rooi tot pers wees, ek het dit in kook water laat lê en velletjie trek dan maklik af, anders is skilletjie taai. Kap tamatie in stukkies, kook alles saam, plaas op stoof roer tot suiker op gelos, kook tot konfyt stadium, ek het my blender stick gebruik en fyn gemaak, pektien inhoud maar min, sal volgende keer 2 tot 3 granny smith appels by rasper, het gegoogle maar ook resep aan gepas volgens my smaak
Foto en Resep: Alta Gunter Van Dyk




ALTA SE MAKATAAN SKYWE INGELê


ALTA SE MAKATAAN SKYWE INGELê

Makataan
Sny in skywe, sny binnesagte stukke uit, prik baie goed met vurk of ‘n prikker, moet deurskynend wees, sny in blokkies, ek sny myne die groote van vuurhoudjie boxie.
Laat oornag in gebluste kalk lê, (kry by apteek) maak kalk aan vir +- 7 kg stukke, ek deel dit in 3 en ‘n halwe kilogram en plaas dit in 2 verskillende skottels, 4 Eetlepels kalk op 10 liters water, roer goed.
Laat die kalk afsak, gooi net die water oor die stukke, laat oornag staan in kalk water, volgende dag spoel stukke goed af onder lopende water.

In kastrol kook water en sodra kook sit stukke in, as dit begin kook, kook vir so 30 min.
Intussen kook stroop, 14 koppies suiker en 21 koppies water in elke kastrol (ek gebruik 2 groot kastrole en kook 3 en  ‘n half  kg in elkeen) in 2 kastrole ( elke kastrol kry dan 3 en ‘n half kilogram, en as stroop kook haal stukke versigtig uit water en sit in stroop, kook tot helder deur skynend en crispy, dit moet vinnig kook; bottel warm in gesteriliseerde bottels

Bron en Foto: Alta Gunter Van Dyk




ALTA SE APPELKOOSKONFYT

ALTA SE APPELKOOSKONFYT

8 kg appelkose ontpit en halveer
8 kg suiker
16 Eetlepels suurlemoen
3 stukke gemmer per 8 kg appelkose

Pak lae van suiker en appelkose, en laat oornag staan dat suiker kan oplos. Kook volgende dag, voeg vir elke kilogram 2 Eetlepel suurlemoen sap by , en so 3 stukke gekneuse gemmer stukke. As konfyt kook, skep aanhoudend skuim af, ek smeer my kastrol met bietjie botter al om rand van kastrol vir oorkook. As konfyt reg is, gebruik ek my stok blender om konfyt fyn te maak as jy n fyner konfyt wil hê. Bottel warm in gesteriliseerde flesse, ek steriliseer my flessies in oond,

Foto en resep: Alta Gunter Van Dyk

Kommentare:

Carlien Coetzee
Vir fynkonfyt versap ek sommer alles vooraf en roer die suiker by, dan is dit net vir kook en bottel die volgende more. Ek het so ‘n oulike emalje-bekertjie met ‘n lang steel, waarmee ek die konfyt skep. Minder kans vir brand so en dit gaan baie gouer as met ‘n soplepel. Lyk asof jy ook jou appelkose eers in die vrieskas gelos het tot jy kans gehad het om te kook? Ek versap myne ook, vries in 2 literbakke tot na die Kersseisoen.

Alta Gunter Van Dyk
Ek vries elke jaar my vrugte omdat ons in Outshoorn bly en genoeg kry van als,kook ook baie vinnig gaar, ek skep ook myne met bekertjie,




FYN MAKETAANKONFYT MET PYNAPPEL

FYN MAKETAANKONFYT MET PYNAPPEL
Resep en foto: Petré Van Jaarsveld
FOODLOVERS RECIPES
3 kg maketaan (sagte deel) in klein blokkies gesny
3 medium pynappels fyn gemaal
2.5 kg suiker
½ teelepel sout
5 groterige stukke gemmer

Meng tot n dik stroop vor
Kook op hoog vir om en by 45 minute tot 1 uur.
Voeg 3 goeie spuite suurlemoensap by.
Kook tot konfyt begin skuim. Dit is dan reg. Bottel warm.

 




VOORKOM DAT KONFYT DONKER RAAK


VOORKOM DAT KONFYT DONKER RAAK

Gebruik ‘n mespunt Ascorbic acid op ongeveer 2kg. Ek gooi altyd so n groterige mespunt in my konfyt as dit so 3 tot 4kg is.

As die konfyt reeds gekook is en na ‘n tyd donker raak, gooi by kook weer ‘n bietjie dan kom dit mooi lig.

Wenk deur Mariaan Hartman
Foto: Stien




NARTJIE MARMELADE

NARTJIE MARMELADE
1.5 kg nartjies
2.5 liter water
2.9 kg suiker

Skil nartjies, vewyder soveel moontlik van die wit en sny skille in baie dun repies of kap grof met voedselverwerker.
Plaas skille in groot kastrol
Verpulp die vleis van die nartjies en gooi deur ‘n sif. Gooi die sap oor die skille en sit die pulp in melkdoek bind styf toe. Pitte ook in ‘n melkdoek en bind toe. Sit nou pulp en skille in kastrol.
Giet die water oor en laat vir 2 ure staan. Kook nou vir so 30min of tot die skille deurskynend word. Haal pulp sakkie en pitte nou uit
Voeg die suiker by. *Ek het nie al die 2.9 kg gebruk nie, die nartjies was soet. Roer suiker deur en laat oplos/smelt.
Jy kan nou marmelade kook maar ek los myne tot volgende oggend dan is die stroop klaar lekker lymerig en kook die marmelade klaar.
Skep in warm gesteriliseerde bottels en maak toe.
Laat koud word en geniet en gee bietjie weg.

Foto:  Mariette Visser
Resep getik deur Wian Swart




KAMMA-VYEKONFYT


KAMMA-VYEKONFYT
1 kg groen tamaties
1 heel stuk gemmer
8-10 vyeblare
Suiker
15 ml suurlemoensap opsioneel
Ontvel die tamaties e sny in klein stukkies,plaas in n kastrol saam met die gemmer e vyeblare. Kook die mengsel oor lae hitte totdat die tamaties sag is. Bietjie water kan bygevoeg word. Verwyder die vyeblare
Weeg die tamatiepulp eN voeg die selfse hoeveelheid suiker by. Suurlemoensap indien verkies
Roer gedurig oor lae hitte tot suiker gesmelt het. Kook dan oor stadige hitte tot konfyt redelik dik is,nie meer waterig
Skep op n piering tot afgekoel om t toets of dit dik genoeg is
Bottel warm
Lewer 500 ml

FOTO: Magteld Janse van Vuuren




GRANADILLA SKIL KONFYT

GRANADILLA SKIL KONFYT

Ek probeer hard om minder te mors of weg te gooi, so ek doen redelik navorsing hoe om dele wat ons gewoonlik weggooi te gebruik.
Vandag se eksperiment was granadilla skil konfyt.
Kook die granadilla doppe, nadat die geel “vleis” uitgeskep is, tot sag en die binneste wit deel wegtrek van die buitenste harde dop.
Skep dit uit, maak fyn en gebruik gelyke hoeveelheid suiker tot “vrug” en kook tot die dikte na eie keuse.
Roer ‘n klompie granadilla pitte en sap by die konfyt en bottel die konfyt in gestereliseerde bottels en verseel.
Die eindproduk laat my baie aan marmalade dink, ‘n effe bitter nasmaak.
Ek is seker van jul slim mense kan my resep verbeter en verander.

Resep getoets en fotos: Henriette Rossouw




WAATLEMOEN PINK VLEIS KONFYT

WAATLEMOEN PINK VLEIS KONFYT
1 kg waatlemoen (Pienk deel), in klein blokkies gesny
750 g suiker
¼ koppie suurlemoen sap
1 stukkie gekneusde gemmer

Kook stadig tot suiker opgelos is.
Kook dan vinnig tot konfyt.
Bottel warm.
Resep: William Smith
Resep geplaas deur Juanet Davel