JOLANDI SE TAMATIE KONFYT

JOLANDI SE TAMATIE KONFYT
Weeg af 8 kg tamaties
Gooi kookwater oor die tamaties en trek die skilletjies af, sny in klein blokkies
Gooi 5kg suiker daarby en kook op stoof.
Ek nie mal oor soet konfyt nie.
Ek het nie die skuim afgeskep nie maar ‘n eetlepel stork margarien ingeroer.
Dis eintlik 1 kg tamaties vir 1 kg suiker.
Kook stadig tot piering toets onsuksesvol is.
Bottel warm.
Resep en Foto: Jolandi Greyling




UIE, RISSIE EN GEMMER KONFYT

UIE, RISSIE EN GEMMER KONFYT
180 ml olyf olie
16 uie in dun skyfies gesny,(ek gebruik my mandolin,)
4 duimgrote vars gemmer geskil en fyn gekap
4 brand rissies onpit en fyn gekap,(as jy dit sterker wil hê los ban pitte in)
4 lourierblare
2 koppies water
30 ml sout
4 koppies suiker
320 ml rooiwynasyn

Verhit olyf olie in kastrol en soteer uie tot sag en deurskynend,hitte moet matig wees sodat uie stadig kan braai en verkieslik nie verkleur nie
Voeg die gemmer en brandrissie by en roer braai vir nog ‘n minuut of 2.
Voeg water en lourierblare by en laat prut todat al die water verdamp het.
Voeg sout, suiker en rooiwynasyn by, en laat konfyt sonder deksel prut vir +30 tot 45 minute, todat dit verdik het.
Skep uit in gesteriliseerde bottels, gebruik by vleisdisse, kaas borde, pastas pizzas,
Resep geplaas deur Alta Gunter Van Dyk




WILMA SE DIABETIESE 4-VRUG MARMELADE

WILMA SE DIABETIESE 4-VRUG MARMELADE
6 nartjies
6 lemoene
4 geelskil pomelos
4 suurlemoene
2.5 kg xylitol
2 liter gesteriliseerde water

Sny en kerf al die vrugte baie fyn op. Plaas die vrugte en water in ‘n groot pot en kook vir ‘n uur. Voeg nou die xylitol by en kook op medium hitte tot die vrugteskille sag is en meeste water weggekook het. Dit neem so 3 ure. PASOP VIR AANBRAND!!! Skep in skoon gesteriliseerde flesse, seël en bêre. Ek het 14.5 flesse marmelade uitgekry.
Resep en foto: Wilma Josey Venter

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.




LEMOEN MARMELADE

LEMOEN MARMELADE
Resep geplaas deur Adéle Coetzee
Sny lemoene in dun repe. Gebruik 3 pinte water (1 pint -500 ml) vir elke pond vrugte ( 1 pond- 500 g) kook tot sag en voeg  1 pond (450 g) suiker vir elke pond vrugte by. Kook tot dit jellie vorm. Roer voordurend.

Marmelade
5 suurlemoene
5 soetlemoene
9 bottels water
9 lb suiker (450 g x 9)

Was die lemoene skoon. Snipper met skil en al.
Haal pitte uit en gooi water daarop. Laat staan vir 24 uur.
Kook op en laat staan weer vir 24 uur.
Gooi suiker in en kook tot mooi helder en jellierig.
Sit ‘n bietjie wynsteensuur by ‘n rukkie voor dit afgehaal word.
Skep in warm bottels.




RAAD VIR MARMALADE


RAAD VIR MARMALADE

Joyce Woodley  (FOTO BO)
Ek gebruik ‘n julienne skiller om die skil in repies te kry, en druk die sap uit. Die pitte, sap en skille meet ek. As daar byvoorbeeld vier koppies is, dan voeg ek vier koppies water by. Week die mengsel oornag, en kook dit die volgende dag vir ‘n halfuur. Dan meet ek weer hoeveel koppies daar is en voeg dan soveel koppies suiker en ‘n paar stukkies gemmer by.Bring dit stadig tot kookpunt sodat die suiker kan smelt. Kook dit dan vinnig. Wanneer die mengsel soos lava begin kook is jou marmelade reg. Laat dit afkoel sodat die skilletjies nie afsak in die marmelade nie. Moenie dikwels roer nie, dit maak die marmelade troebel. Marmelade moet in klein hoeveelhede gekook word sodat dit vinnig kan kook.

Petro Borchard
Ek kook die hele lot saam tot sag genoeg om vleis maklik uit te krap en sny die skil in repies. Daarna kook ek die skil apart indien nog nie sag genoeg en gooi daarna die lot bymekaar en kook tot gereed
Beteken “die lot bymekaar”, dus dat jy die vleis benut in die Marmelade ?
Ja ek doen. Wanneer ek lemoen marmelade doen gooi ek nog van daai lemoen konsentraat (soos Minute Maid) by om die smaak te konsentreer.

SUURLEMOENMARMELADE
Weeg 12 pas ryp suurlemoene se gewig in wit suiker af. Halveer die suurlemoene, druk die sap uit en sit eenkant. Week die pitte in 250ml koue water. Bedek die suurlemoendoppe met koue water, verhit dit tot kookpunt en kook dit totdat dit sag is sodat daar ‘n vuurhoutjie maklik deur gesteek kan word. Dreineer die doppe, verwyder die albedo en gooi dit weg. Sny die doppe in kort, smal strokies. Verhit die suiker, suurlemoensap en die water waarin die pitte geweek het stadig saam tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is. Kook dit tot effens stroperig. Voeg die repies skil by die stroop en kook dit taamlik vinnig tot die regte dikte, roer die mengsel af en toe. Wanneer ‘n klein bietjie van die stroop jel op ‘˜n koue piering getoets word, en dit rimpels stoot met die vinger is dit gereed om gebottel te word. Skuim die marmalade af indien nodig en laat ‘n rukkie afkoel. Bottel dit warm en verseël dit wanneer afgekoel.




JENNEFIR’S MULBERRY JAM


JENNEFIR’S MULBERRY JAM
500 g fruit
400 g castor sugar
1 teaspoon lemon juice

In heavy bottomed pot, add the fruit and crush with a potato masher. Add sugar and lemon juice. Gently heat until sugar has melted. Bring to the boil on high heat and boil until temperature reaches 105ºC. Let cool and place in sterilized jars.
Recipe: Jennifer Weir




CHARMAINE’S MAKATAAN “KARKOER” JELLY

CHARMAINE’S MAKATAAN “KARKOER” JELLY
1 medium shamba, peeled, seeded and diced
500 ml (¾ pt) water
500 g (1 lb) groundnut (peanut) paste
salt or sugar to taste

Boil the shamba in the water until cooked thoroughly. It should be very soft, ready to mash. Drain away excess water. Stir in the groundnut (peanut) paste. Mash both thoroughly to form a creamy, smooth paste.
Depending on your taste, add sugar or salt to make it sweet or savory. Serve hot or cold as a lunch. When cold, it sets to a jelly-like mass.
Source: Charmaine Mai Brayden Mataga




DIABETIESE MAKETAANKONFYT

DIABETIESE MAKETAANKONFYT
4 kg maketaan skil skywe (nie witvleis nie)
1.5 kg xylitol
5 ml sout
3 duimpie grootte stukkies vars gemmer, opgesny in klein stukkies.
4.5 liter gesuiwerde water (still)
2 eetlepels huishoudelike kalk

Skil die waatlemoenskywe baie dun af (ek het my aartappelskiller gebruik). Prik goed aan beide kante en laat lê in gewone kraanwater waarby die kalk gevoeg is, vir 2 dae. Spoel baie baie goed af, sny in happie-grootte stukkies en hou eenkant.
In ‘n groot pot; gooi water, sout en xylitol in die pot en laat borrel-kook op baie hoë hitte. Voeg nou die maketaanstukkies bietjie vir bietjie by terwyl die water aanhou kook. Voeg die gemmer by, roer deur en kook op medium hitte tot die stroop begin verdik en jy ‘n vuurhoutjie se agterkant deur die maketaanstukkies kan druk.
Skep die vrugte in skoon gesteriliseerde bottels en gooi van die stroop in die bottels tot die vrugte bedek is. Indien daar lugborrels gevorm het, druk ‘n skoon sosatiestokkie teen die kant van die bottel om die lugborrels op te breek en seël dadelik. Laat heeltmal afkoel, merk en bêre
Resep en foto: Wilma Josey Venter.

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.




CARAMELISED ONION AND CHILLI JAM

CARAMELISED ONION AND CHILLI JAM
Ingredients
1 tbsp olive oil
1 tbsp butter
1kg red onions, finely chopped
4 clove garlic, finely chopped
5-6 red chillies, deseeded and very finely chopped
2 bay leaves
1 tbsp tomato purée
1 tbsp worcestershire sauce
50ml balsamic vinegar
250ml red wine vinegar
400g jam sugar
season to taste
Instructions
Sterilise your empty jars
In a large, deep saucepan melt the butter with the oil on a medium heat and fry the onions until softened and translucent.
Add your garlic and chillies and continue to cook for a few minutes.
Stir in the tomato puree, worcestershire sauce and seasoning until all combined.
Add the bay leaves, vinegars and sugar and allow the sugar to dissolve.
Bring to a high boil for around 10 minutes, checking every now and again that the onions aren’t catching at the bottom.
Leave to simmer 15-20 minutes, stirring occasionally, your jam should have thickened by now and be ‘jam-like’.
Pour into your sterilised jars and seal whilst they’re still hot.
Source and Photo: Renée Adams




MARIETTE SE PEPPERSOUSIE-KONFYT

MARRIETTE SE PEPPERSOUSIE/KONFYT
1 elk rooi, geel en groen medium tot groot Peppers
1 kop Suiker
Haal pitte uit peppers en sny baie fyn, ek doen dit sommer in die twista
Plaas in bak en strooi suiker bo-oor.
Laat staan oornag of vir ten minste 3 ure.
Gooi volgende oggend in kastrol en kook.
Myne het ek vir 15 min gekook, want ek wil dit souserig he.
As langer kook, raak dit soos konfyt.
Eet op broodjie of saam lekker braaivleisie.
Ek het so 2 teel van die pitte ook bygevoeg.
Gaan volgende keer prober met paar brand rissies by.

Resep en foto: Mariëtte Kellerman