WAATLEMOEN KONFYT

WAATLEMOEN KONFYT
My eerste probeer slag.
1.5 kg waatlemoen, die rooi vleis
1 kg suiker
vars gemmer stukke wat jy insit en weer kan uithaal
1 koppie water

Ek het waatlemoen opgesny en in 2 liter pot gesit.
Op lae hitte 1 koppie water bygevoeg en die suiker en gemmer bygesit.
Niks geroer nie net laat kook vir 2 ure, toe toets ek die stroop en dit maak mooi paadjie op die piering.
Ek maak toe die waatlemoen fyn met my hand stok menger. Ek bottel dit  warm.
Resep en foto: Meisie van der Colff




TANNIE ANS SE RYP VYEKONFYT

TANNIE ANS SE RYP VYEKONFYT
Ek het in die week vyekonfyt gekook. Ek het ‘n vriendin van my skoonma Tannie Ans van Zyl se resep gebruik. Tannie Ans was ‘n beoordeelaar van die VLU gewees. Sy het ‘n resepteboek saamgestel vir beginners.
Gebruik vye wat net ryp is maar nog ferm. Skil mooi dun af en prik met ‘n hoedespeld.
Laat lê nou in kalkwater oplossing nl:
560 ml water
2 teelepels gebluste kalk
Maak die kalk met ‘n bietjie water aan en gooi in die bak met water. Laat staan vir ongeveer 30 minute. Gooi boonste kalkwater deur een laag kaasdoek. Pak die vye in ‘n groot bak en gooi die kalkwater daaroor. Laat staan vir ten minste 5 – 6 ure.

Maak intussen stroop: vir 910 g vye
455 g suiker
2 suurlemoene se sap
8 – 9 koppies water
3 – 4 stukke droë gemmer (verkrygbaar by speserye winkels)
As vye gereed is, word dit met koue skoon water baie goed afgespoel en op ‘n doek effe drooggemaak. Pak in kokende stroop.
Sit deksel op en kook vir 20 minute. Haal af van die stoof en laat tot volgende dag.
Volgende dag:
Sit pot op stoof en verhit stadig. Sodra dit begin kook kan die plaat bietjie hoër gedraai word en deksel verwyder word. Skuim sal vorm, skep voortdurend af.
Na 40 minute of bietjie langer sal die skuim begin om boontoe te kom. Dit kan oorkook, wees bedag daarop. Skep nou bietjie stroop in ‘n piering en sit in vrieskas.
Draai intussen die stoof stadiger. Na 4-5 minute sal die piering se stroop koud wees. Hou die piering skeef, as ‘n roompie vorm, is die konfyt reg.
Die stroop moet ook kasterolie dikte wees. Hou in gedagte dat heel vrugte met vog gevul is en kan na ‘n paar dae wys dat die stroop dun is. (Tannie Ans se wenk – kook volgende keer die vye bietjie langer)
Pak in warm flesse en verseël.

Laat oornag om koud te word. As die gewone consul flesse gebruik word, kan die geel ringe nou afgedraai word en die flesse skoon gemaak word.
Draai weer die geel ring liggies op die plat metaal dekseltjie behoort na 5- 10 minute vanself in te duik, anders is die bottel nie geseël nie.
Foto: Elna Erasmus




PERSKE SNIPPER KONFYT

PERSKE SNIPPER KONFYT
4 kg geelperskes, gesnipper
3 kg suiker
2 koppies water (as dit gevrieste perskes is, geen water, die perskes maak sy eie water)
2 suurlemoene se sap

Pak perskes en suiker in lae en laat staan oornag.
Volgende dag begin op stadige hitte tot al die suiker gesmelt het, konfyt moenie kook voor suiker gesmelt is nie.
Smeer binne kant van kastrol met bietjie botter.
Kook vrugte tot deurskynend.
Toets bietjie konfyt,en kyk of jou stroop dik genoeg is.
Bottel in warm gesteriliseerde bottels en draai toe.
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk




MAKLIKE DRUIWE KONFYT

MAKLIKE DRUIWE KONFYT
400 g suiker vir elke 500 g druiwe.
Haal druiwe van stokkies af en was hulle mooi. Sit in die voedselverwerker tot dit fyn is.
Kook in ‘n diep pot saam suiker vir sowat ‘n uur (op my stoof vat dit ‘n uur maar hou dit net dop). Of tot ‘n druppel bly in ‘n glas koue water.
Bottel direk en seel.
Jy kan ‘n teelepel botter ingooi as dit begin kook. Dit help vir die erg skuim wat dit maak.
Fotot en Resep: Ryno En Zelda Herridge




FYN KOEJAWEL KONFYT

FYN KOEJAWEL KONFYT
Pak die koejawelstukke in ‘n kastrol en voeg genoeg water by om die vrugte te bedek. Verhit tot kookpunt en prut vir ongeveer 25 minute of tot die vrugte sag is. Gebruik ‘n staaf-versapper om die vrugte te verpulp of druk dit fyn met ‘n aartappeldrukker. Gooi die mengsel in ‘n sif (bo-oor ‘n groot maatbeker) en roer dit met ‘n houtlepel om soveel moontlik koejawelpuree uit die mengsel te kry. Kyk hoeveel milliliter puree in die maatbeker is en gooi dit in ‘n kastrol met dieselfde hoeveelheid suiker en 15 ml vars suurlemoensap vir elke koppie (250 ml) suiker wat jy gebruik. Verhit die mengsel stadig oor lae hitte, terwyl aanhoudend geroer word, tot ál die suiker opgelos is. Verhit tot kookpunt en kook tot die mengsel nie meer waterig lyk nie en totdat dit stol as jy ‘n klein bietjie daarvan op ‘n koue piering skep.

Skep in gesteriliseerde flesse en seël dadelik. Bêre op ‘n koel, droe plek. Sit voor met roosterbrood of botterbroodjies of gebruik om konfyttertjies mee te maak.
Lewer ongeveer 750 ml konfyt.
Foto: Pearly Whitehead




FOUR FRUIT HOUSEHOLD MARMALADE

FOUR FRUIT HOUSEHOLD MARMALADE
1 Grapefruit
1 Apple
1 lemon
2 Oranges
Peel and core apple.Squeese the other fruit and remove the seeds.Mince the peels and the apples and add mince to the juice. Pour 3 cups of water to each cup of pulp and juice.Leave overnight.
Next day Boil until tender then add 1 cup of sugar for 1 cup op pulp then cook gently untill done and bottle.
Recipe posted by Geane Jacobs




PERSKEKONFYT VAN GEBLIKTE PERSKES


PERSKEKONFYT VAN GEBLIKTE PERSKES
Ek het dit al gekook met geblikte perskes.
Ek het ‘n 3 kg blik gebruik.
Dreineer die peskes in die pot waarin jy dit gaan kook, voeg 4 koppies suiker, ‘n kwart koppie suurlemoensap en ‘n half teelepel sout by.
Kook tot ‘n baie dik stoop.
Intussen sny jou perskes lekker dun, voeg dit by die dik stroop en kook dit tot konfyt.
Dit kook nie fyn nie en is heerlik.

Resep en foto:  Engela van Rooyen




BLOUBESSIE KONFYT MET EKSTRA RAAD

BLOUBESSIE KONFYT MET EKSTRA RAAD
Cecile Mortimer van Greunen
Hallo. Ek het al in die verlede bloubessie konfyt gemaak en dan bly dit soos stroop, al sit ek pektien by. Enige raad? Kan daar net van ‘n sekere kultuvar konfyt gemaak word?
Adam Cloete
Cecile, ek en konfyt kook is nie maats nie, en ‘n mens weet nou ook nie hoe jou resep lyk nie. Miskien is daar te veel vloeistof in. So ons hoor maar wat die kenner te sê het. Vergelyk solank met hierdie een.

 http://www.foodloversrecipes.com/category/konfyt/?s=blou%20bessie

Cecile Mortimer van Greunen
Dit is eintlik net suiker en bessies. Ons boer met bloubessies en partykeer kom dit perfek en ander kere is dit soos stroop.

Elize de Kock
Wat ek weet is dat 6 koppies berries ‘n batch is as jy in groter batches jam met die berries maak set dit nie.

Cecile Mortimer van Greunen
Dankie, dit is nogal interessant. Ek het nie dit geweet nie. My resep sê 1 kg bloubessies. Ek wonder wat die gewig van 6 koppies is. Ek het dalk die resep verdubbel.

Cecile Mortimer van Greunen
Kan dit dalk te veel suiker wees? 1kg bloubessies met 800g suiker

Amanda Diamond
Ek laat al my bessies oornag lê in die suiker. As jy net bloubessies het maak dalk n snytjie in elkeen dat bietjie sap uitloop. Ek roer dit gereeld dan raak die suiker lekker deurdrenk van die bessiesap en is die konfyt baie geuriger. Gevriesde bessies werk soms beter

Amanda Diamond
Cecile ek het al baie meer bessies op ñ slag gekook gebruik ook minder suiker en sit vars suurlemoensap by




LEMOEN EN WHISKY MARMELADE


LEMOEN EN WHISKY MARMELADE
Ek kry vandag ‘n boodskap van ‘n vriend wat die laaste van sy voorraad van my lemoen en whiskey marmalade klaargemaak het :
Ode to Petro Marmalade
Wherefore art thou whisky jar
Breakfast is not without a scar
Supply so cherished
gone, and leaves one malnourished.
Breadbasket is now arid
Woolies interim pot added
Relief will surly not be brief
Citrus blossoms
wished for in volumes
Alas the wait protracted
until Wakkerstroom plantation allocated.
(ons beplan om in Wakkerstroom te gaan aftree – dis waar daai verwysing in pas)

LEMOEN EN WHISKY MARMELADE
Per gewig – 1 deel sitrus tot 1 deel suiker (bv 1 kg lemoene + 1 kg suiker).
Ek toets die smaak ek gebruik meestal 2/3 tot 3/4 maksimum suiker.
Moenie minder as die helfte suiker gebruik nie.
Genoeg water om die skille net net te bedek om in sag te kook)
Druk sap uit, hou pitte eenkant.
Gooi omtrent 2 koppies water om dit in te laat week, verkieslik oornag.
Jou pektien word uit die pitte verkry.
Bind die pitte in ‘n moeselien doekie toe.
Verwyder die vliese uit die doppe, prut die doppe in kookwater tot sag genoeg om vuurhoutjie se agterkant maklik deur te druk. Verwyder uit water, laat afkoel. Sny met ‘n baie skerp mes in dun repies. (*sien ander opsie onder aan)
Voeg die sap, water waarin die skille gekook het en die water waarin die pitte geweek het, asook die suiker en die gesnipperde skil in ‘n groot kastrol en verhit. (**lemoen konsentraat kan addisioneel bygevoeg word)
Konfyt moet nooit dieper as 5 cm in die kastrol wees nie, anders vat dit te lank om stolpunt te bereik.
Roer tot suiker opgelos is voor die mengsel tot kookpunt kom, anders sandsuiker dit. Na suiker opgelos is, verhoog hitte en laat vinnig kook. Roer af en toe die bodem sodat dit nie vasbrand nie. Kook tot stolpunt (of 105 ºC) bereik is. Skep skuim af en laat 10 minute staan voor bottel – dit verhoed dat die skil afsak in die bottels. Skep in warm gesteriliseerde bottels tot net onder die nek en gooi whiskey bo op (sowat 1 eetlepel op 250 ml marmalade), vee bek skoon, draai deksels op.
* kook klomp skil in genoeg water om dit te bedek in die stoompot tot dit sag is – dit gaan eintlik baie vinnig. Wanneer genoeg afgekoel om hanteerbaar te wees,sny in dun repies. Voeg by res van kooksel so halfpad deur sodat dit nie te pap kook nie.
** Gooi ‘n liter gekonsentreerde lemoensap (soos Minute Maid) by, proe of nog suiker benodig word en kook soos normal. Dit het ‘n baie intense lemoensmaak agv die konsentraat.
– my verwerking van die resep uit BOTTEL EN GEBRUIK
Foto: Petro Borchard




CARAMELISED ONION AND BACON JAM

CARAMELISED ONION AND BACON JAM
2 cups bacon, cut into 1 cm pieces
4 cups onion, chopped into chunks
¾ cup of coffee (boiling water + 1 teaspoon coffee powder)
3 tablespoons honey
½ teaspoon cumin
1 tablespoon balsamic vinegar

Fry bacon on medium heat until it begins to brown.
Remove the bacon from pan and transfer to a paper towel, set aside.
Keep the fat from bacon in pan and add onions.
Cook the onions until they begin to soften.
Reduce the heat to low, add coffee, honey, cumin, and bacon and simmer for 35-40 minutes or until mixture has begun to thicken and become jam like in consistency.
Add balsamic vinegar.
Transfer mixture to a food processor, pulse 3-4 times so the bacon is broken down into smaller pieces.
Don’t over do it as the jam should be chunky.
Transfer to airtight container and store in fridge for up to 3 weeks.
Photo and recipe posted by Charleen Nieuwenhuizen