MARIETJIE SE NARTJIE KONFYT

MARIETJIE SE NARTJIE KONFYT
1½ kg mooi nartjies, skoon afgewas
1½ kg suiker

Skil die vrugte en sny die vrugte fyn op. (verwyder soveel moontlik pitte)
Gebruik die helfte van al die nartjies se skil en sny dit in baie dun repies.
Pak vrugte en skil in lae met suiker in pot, en laat staan oornag.
Begin vrugte kook oor lae hitte, tot al die suiker opgelos is.
Voeg een suurlemoen gesny in dik skywe by.
Kook nou oor hoë hitte tot konfyt reg is. (toets op koue piering)
Verwyder die suurlemoen voor warm gebottel word.
Foto en resep: Marietjie Groenewald




GEMENGDE SITRUSVRUGTE KONFYT

GEMENGDE SITRUSVRUGTE KONFYT
Sny 16 sitrus vrugte soos lemoen, naartjies, suurlemoene, lemmetjies in skywe . Gooi water oor sodat die skywe onder water is. Laat staan oornag . Dreineer die volgende dag en giet nuwe water oor en kook tot die skywe sag is. Neem een koppie skywe met bietjie water wat ook saam geskep word met een koppie suiker en meet dan so af,  1 koppie vrug op 1 koppie suiker.
Laat staan so tien min dat suiker smelt.
Bring tot kookpunt en verlaag dan die hitte en prut stadig tot stroop taai word. Bottel warm.
Resep geplaas deur Leandri Potgieter
Foto: Leandri Potgieter




AARBEI EN PAPPINO KONFYT

AARBEI EN PAPPINO KONFYT
650 g aarbei
650 g pappinos
1.3 kg suiker
4 eetlepels suurlemoen sap

Maak vrugte skoon en spoel mooi af. Sny in stukke en versap. Sit in pot met suiker en suurlemoen sap.
Kook stadig tot suiker opgelos is. Kook nou viniger vir so 45 minute, toets met koue piering uit vrieskas.
As jy jou vinger deur trek en hy rippel, is hy reg.
Bottel warm in gesteriliseerde bottels.
Heerlik. En dit ruik fantasties as dit kook.
Foto en Resep: Christine Cotter




NARTJIEKONFYT


NARTJIEKONFYT
Hier is my nartjiekonfyt amper smeer.
1 kg geskilde nartjies, in stukkies gesny
1 kg suiker
1 suurlemoen, in stukkies gesny

Alles saam gekook.
Suiker eers laat oplos en toe vinnig gekook omtrent driekwartuur.
Warm gebottel. Dit het baie mooi uitgekom.
Resep en foto: Dorothy Albertskruger




JOHAN SE LITCHI KONFYT

JOHAN SE LITCHI KONFYT
Skil die doppe van die litchies af.
Vir dié resep het ek 5 kg litchies en 5 kg suiker gebruik. Geen water nie, omdat die vrug sy eie vloeistof het.
As jy 5 kg litchies moet afdop dan raak jou vingers naderhand gevoelig en seer van die growwe doppe. So weet maar van die begin af dat daar pyn is voor jy heerlik kan weglê aan heerlike konfyt.
Ontpit nou eers al die litchies.
Berei die litchies voor:
En laag litchies en een laag suiker. (Meet byvoorbeeld ‘n laag van 4 koppies litchies af en dan ‘n laag van 4 koppies suiker bo-oor in ‘n emmer of kastrol. Wissel jou hoeveelheid af in lae.
Laat staan oornag.

Volgende oggend op die stoof met ‘n lae hitte laat die suiker en litchies stadig tot kookpunt kom.
Moenie dat mengsel op kookpunt kom voordat die suiker heeltemaal opgelos het nie, anders kan konfyt later versandsuiker.
Belangrik om te weet is dat Litchies baie laag in pektien is. So gel-staduim kan ‘n uitdaging wees met die konfyt.
Om die pektienvlak te verhoog het ek met die 5 kg litchies, 3 Golden delishes appels in klein blokkies opgesny en by die litchi en suiker mengsel gekook.
Ek het óók 2 suurlemoene se sap in die mengsel uitgedruk sowel al die pitte. (Suurlemoensap help met die gel van jou konfyt en verhoed ook dat konfyt na ‘n paar maande versandsuiker).
Ek het die 2 uitgedrukte suurlemoene, skil en al by die litchies en suiker gegooi om saam sag te kook.

(Oorspronklik as jy so in die kastrol kyk en jy die appelstukke en suurlemoenskil helftes sien dink jy “yuk” dit lyk nie lekker nie. Ontspan. Die appelstukke kook fyn en verdwyn. Die skille word aan die einde uitgeskep en weggegooi)
Glo my, dié konfyt proe vreeslik lekker.
Die wit sagte spons gedeelte onder die suurlemoenskil is baie hoog in pektien. (So ook die pitte)
Die appel en die suurlemoen is om die pektien gehalte te verhoog sodat die konfyt sal gel wanneer die konfyt klaar gekook het.
Kook vir ongeveer 1 uur en 20 minute.
Die wit litchi se kleur sal mettertyd pienkerig verkleur soos die kookproses vorder.
Wanneer die konfyt so ‘n mooi “ryk glanskleur” bereik is die kookproses amper klaar. Skep enige skuim af met ‘n lepel.
Skep die suurlemoenpitte uit en gooi weg.
Druk die suurlemoenskille met ‘n gaatjieslepel teen die kant van die kastrol om al die oortollige pektien uit te druk.
Haal skille uit en gooi weg. Roer goed deur.
Die appel is ook nou sag gekook.

Neem ‘n gaatjieslepel en druk die sagte appel, pap teen die kant van die kastrol. Meng goed in.
Koel ‘n klein bordjie af in die yskas vir so 10 min.
Gooi so twee teelepels warm konfyt op die bordjie en laat staan vir 10 minute.
Trek jou vinger in die middel van die konfytkol deur.
As die konfyt òf ‘n skilletjie vorm wat opfrommel as jy jou vinger deurtrek, of die konfyt behou die getrekte vingerspasie vir ‘n rukkie na jy getrek het, dan is die gel staduim bereik en kan jy stoof afsit.
Laat die konfyt nou in die kastrol “rus” (laat dit net so staan sonder om te roer) vir so 10 minute voor jy begin bottel.
Die rede vir die stap is om te verhoed dat die litchi stukke en die stroop skei as jy die konfyt bottel.
Wat ek daarmee bedoel is dat die litchi stukkies dryf opwaarts en stroop bly onder voor die konfyt gel. Hulle skei dus. Dít wil jy verhoed.

Na 10 minute kan jy warm begin bottel.
Vul jou bottels tot so 1cm van bo af.
Nota oor bottel voorbereiding:
Om jou bottels te steriliseer, was jy die bottels in warm seepwater.
Spoel dan goed af met skoon water.
Plaas jou bottels in die oond en op hitte van 160 grade vir 30 minute.
Die bottels is nou gesteriliseer en jy kan bottel. Hulle is egter warm so wees versigtig met hantering.

Ek smelt altyd kerswas en seël die konfyt daarmee.
Dit is nie nodig nie. Maar dit is hoe ek verkies om dit te doen.
Die konfyt is nou reg om in die spens vir langer as 2 jaar te staan sonder om ‘n muflagie te vorm of te bederf. Onthou – sou daar ‘n muflagie oor ‘n periode vorm, al wat jy doen is skep daardie muflagie af en eet die res. Daar is niks fout met die konfyt nie.
Litchi konfyt het ‘n besonderse smaak en jy proe die vrug onmiddelik as jy daarvan eet….
Geniet die besonderse resep.
Resep en foto: Johan Maritz‎




JOHAN SE TAMATIE KONFYT

JOHAN SE TAMATIE KONFYT
Dié naweek was Tamatie Konfyt naweek.
Saterdag middag is gebruik om die skille van die Cherry Tamaties af te kry. (Al word daar gesê die velletjies kom maklik af, deur 9 kg gevrieste tamaties in water te sit sodat die velletjies bars, is dit steeds harde moeisame werk).
Daarna is die “kaal” tamaties in lae van tamaties en suiker gepak (byvoorbeeld 1 koppie tamaties en 1 koppie suiker)
Die voorbereiding is nou klaar en is dit oornag gelos om te “trou”.
Sondagoggend is die stoof op ‘n matige hitte geplaas sodat die suiker eers kan smelt voordat die mengsel kookpunt bereik.
Ek het nie die Cherry Tamaties versnipper nie.
Ek het hulle heel verwerk.
Ek het 3 suurlemoene se sap in die 9 kg mengsel uitgedruk.
Ek het al die suurlemoen pitte sommer ook in die kooksel laat saampraat.

Ek het die 3 uitgedrukte suurlemoene skil en al ook laat saamkook.
Ek het twee opgehoopte 2 eetlepels fyn gemmer bygesif en deur geroer.
Ek het so 40 min op matige hitte gereeld geroer en toe is die 9 kg op kookpunt.
Roer gereeld vir nog ‘n uur om te verhoed dat die konfyt onder in die kastrol aanbrand.
Mettertyd kom jy agter die tamatiemengsel se kleur raak so diep rooi, jy voel die lepel roer ook nou effens moeiliker as in die begin.
Daar kom ook ‘n mooi glanserige skynsel bo-op die kokende konfyt.
Ek het so twee teelepels van die warm konfyt op ‘n bordjie gegooi om af te koel.
Toe ek na 10 min my vinger deur die konfytkol trek en dit nie toevloei nie, het ek geweet die stollings staduim is bereik.

Ek het met ‘n gaaitjies lepel al die suurlemoen pitte uitgeskep en die halwe suurlemoene so teen die kant van die kastrol gedruk om al die sap en pektien in die konfyt te kry.
Daarna het ek die halwe suurlemoene en pitte weggegooi.
My bottels is skoongewas en in die oond op 130°C vir 20 minute gesteriliseer.
Die konfyt is warm gebottel.
Ek het kerswas gesmelt nadat die konfyt afgekoel het en elke bottel se konfyt daarmee geseël.
Die kerswas is nie nodig nie, maar dit is hoe ek dit wel verkies.
Die konfyt kan 3 jaar in die spens op die rak staan sonder om ‘n muf lagie te vorm.
Foto en Resep: Johan Maritz




TAMATIEKONFYT IN MIKROGOLF

TAMATIEKONFYT IN MIKROGOLF
1 kg tamaties
1 kg suiker
1 eetlepel suurlemoensap

Gooi kookwater oor tamaties.
Ek maak ‘n kruis met ‘n met op elke tamatie voor ek water oor gooi.
Laat rukkie lê en trek dan skille af.
Maak tamaties fyn in versapper.
Gooi in groot mikrogolf bak, (5 L roomys bak werk die beste) en gooi suiker en suurlemoensap by.
Kook op 100% krag vir 15 minute en roer elke 2 minute.
Kook vir ‘n verdere 50-60 minute, (afhangend van hoeveel sap die tamaties het) 10 minute op ‘n slag en roer sodra jy sien dit wil oorkook.
Toets op piering om te sien of dit styf genoeg is.
Indien jy nie seker is nie, laat heeltemal koud word en kyk dan.
Indien dit dik genoeg gekook het, sit net terug in mikrogolf om weer op te kook.
Indien dit nog te loperig is, kook dan net vir so 5 minute op ‘n slag totdat dit reg is.
Haal uit mikrogolf uit en skep in gesteriliseerde flesse.
Skroef toe, draai op sy deksel en laat afkoel.
Foto en resep geplaas deur Christine Cotter




VINNIGE 4 SITRUS MARMELADE

VINNIGE 4 SITRUS MARMELADE
2 Ruby pomelo’s
2 suurlemoene (dun skil)
2 naartjies
2 lemmetjies
1,5 kg suiker vir elke 500 g repies skil
1,7 liter water vir elke 500 g repies skil

Was die vrugte baie goed af. Sny die heel vrugte in dun ronde skywe. Sny elke skyf middeldeur en sny die skil af van die binnekant van vrug. Hou die dun repies skil apart en weeg. Meet suiker se gewig om 3x dit van die repies skil te wees. Hou die suiker eenkant maar moet nie met repies skil meng nie.

Meet water af en gooi in kastrol saam met die binnekant van die vrugte, al die pitte* ingesluit en laat dit kook vir ongeveer 2 en half tot 3 ure tot die vrugte sag is. *Die pitte verskaf pektien wat die marmelade laat set. Ek het myne sommer in die stoompot gekook vir 30 min en dit was gaar. Dreineer die vloeistof en pulp in kolander oor ‘n bak om al die vloeistof op te vang. Druk soveel moontlik vloeistof uit met agterkant van groot lepel. Gooi daai vloeistof nou deur ‘n sif om die kleiner stukkies op te vang. Gooi die gekookte pulp en pitte in die sif weg.

Kook die repies skil in hierdie vloeistof tot die vloeistof verminder en die skilletjies sag is. Dit kook ongeveer 45 min. Verwyder van die hitte en gooi die suiker by. Roer tot gesmelt en kook dan 30 tot 60 min of tot die jellie set. Laat afkoel vir paar minute voordat dit in warm gesteriliseerde bottels geskep word. Maak vol tot bo, vee die bottels goed af met warm klam lap en draai skroefdeksel styf op. Ek het hierdie twee botteltjies uit die resep met my hoeveelheid sitrus vrugte gekry.

Nota: enige verskeidenheid van sitrus vrugte kan gebruik word vir hierdie resep.
Resep & fotos Elsabie Templeton




MARETA SE KOEJAWELKONFYT

MARETA SE KOEJAWELKONFYT
1 kg koejawels
125 ml suurlemoensap
1 kg suiker
klontjie botter

Skil koejawels en sny in kwarte.
Kook koejawels en  suurlemoensap in diep mikrogolfbak met deksel vir 15 min.
Voeg suiker en klontjie botter by
Roer suiker deur en kook vir 20 min in mikrogolf sonder deksel.
Vrugte kan na 15 min geroer en getoets word.
Bottel warm in gesteriliseerde flessies.
Foto en resep: Mareta Stodart




CHILLI MARMELADE

CHILLI MARMELADE
Excellent as a condiment on lamb instead of mint sauce or with just about any kind of meat, as well as with eggs. You can also try it with whole chillies. Just stem, seed and de-rib, or cut in half or quarters, making them more suitable for meat.
Makes 500 ml
Basic syrup:
750 ml castor sugar
750 ml water
30 ml fresh lemon juice, strained

EXTREMELY HOT VERSION
125 ml red habanero chillis, seeded, ribbed and chopped (for a mind blowing extra-extra hot, by all means includes ribs and seeds.

HOT VERSION
125 ml fresh red chillies, 1/2 habanero, 2 thia chillies, seeded, ribbed and finely chopped.

MILD VERSION
250 ml fresh red chillies and equal mix of serrano, jalapeno and pimento, seeded, ribbed and finely chopped.

EXTREMELY MILD VERSION
250 ml fresh red chillies, seeded, ribbed and finely chopped.

Place water and sugar in a non-reactive saucepan.
Stir to dissolve sugar over low heat.
Add lemon juice and chopped chillies.
Sweep the inside of the pot at intervals with a pastry brush to keep sugar from sticking to the sides.
Boil slowly until syrup is thick and chillies have become translucent.
Remove from heat.
Bottle in sterilised jars while still hot.
HINT
For a very thick chilli marmelade you can use equal amounts of chillies to sugar and water, but it will also intensify the chilli heat.
Recipe: Trudie Grobler