RHUBARB KONFYT

RHUBARB KONFYT
2 kg rhubarb [in blokkies gesny en nie gehaar nie]
2 kg suiker
50 g gerasperde vars gemmer
2 suurlemoene met gerasperde skil

Meng rhurbarb stukkies met jou suiker en gemmer en gerasperde skil en laat staan oornag
Kook volgende oggend vir so 20min en gooi jou suurlemoensap by
Kook nog vir so 20min en skep die skuim af
Bottel warm!!!




SUURLEMOENMARMELADE

suurlemoene driestested

SUURLEMOENMARMELADE
Weeg 12 pas ryp suurlemoene se gewig in wit suiker af. Halveer die suurlemoene, druk die sap uit en sit eenkant. Week die pitte in 250ml koue water. Bedek die suurlemoendoppe met koue water, verhit dit tot kookpunt en kook dit totdat dit sag is sodat daar ‘n vuurhoutjie maklik deur gesteek kan word. Dreineer die doppe, verwyder die albedo en gooi dit weg. Sny die doppe in kort, smal strokies. Verhit die suiker, suurlemoensap en die water waarin die pitte geweek het stadig saam tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is. Kook dit tot effens stroperig. Voeg die repies skil by die stroop en kook dit taamlik vinnig tot die regte dikte, roer die mengsel af en toe. Wanneer ‘n klein bietjie van die stroop jel op ‘˜n koue piering getoets word, en dit rimpels stoot met die vinger is dit gereed om gebottel te word. Skuim die marmalade af indien nodig en laat ‘n rukkie afkoel. Bottel dit warm en verseël dit wanneer afgekoel.

 




MARMALADE IN THE MICROWAVE

tested
MARMALADE IN THE MICROWAVE
3 large lemons (or mixture of citrus fruit)
1 ½ cups of water
2 cups sugar

Squeeze lemons and discard pips.
Chop lemon shells with juice in food processor or blender.
Place into deep, heat proof dish.
Add water and cook on high for approximate 15 -18 min.
Test for setting. (on cool saucer)
Cook longer if necessary.
Pour into hot sterile jars.
Allow to cool then store in the fridge.
Photo and recipe: Marie Dumas Jennings




SPANSPEKKONSERF

SPANSPEKKONSERF
Halveer en ontpit 1 kg halfryp spanspek in klein blokkies gesny.
Strooi 500 g wit suiker oor die blokkies.
Bedek en laat oornag staan om stroop te vorm.
Voeg die pulp van 20 ryp granadillas, die sap van 2 suurlemoene en die fyn gerasperde skil van 1 suurlemoen by die spanspek.
Verhit die mengsel vinnig tot kookpunt en roer aanhoudend.
Verhit nog 500 g witsuiker tot sterk lou en roer geleidelik by die vrugtemengsels.
Hou aan roer totdat al die suiker opgelos is.
Kook die konserf ongeveer ‘n halfuur lank vinnig tot dik en roer gereeld.
Skuim die konserf af, indien nodig, bottel dit warm en verseël dit dadelik.

 

 

 

 




JAM IN THE BREAD MACHINE

tested

JAM IN THE BREAD MACHINE
Use apricots, peaches or strawberries
6 fresh apricots de-stoned and chopped
60 ml water
20 g jam sugar
1 tablespoon fresh lemon juice.

Rest of the recipe the same than strawberry jam. https://www.foodloversrecipes.com/2013/04/strawberry-jam-in-bread-maker/
Roughly chop or mash the fruit and place into the bread maker pan with the other ingredients. Set program on Jam and press start.
Once the cycle has ended, open the lid and remove the pan BE CAREFUL THE PAN IS VERY, VERY HOT AND A LOT OF STEAM WILL BE EMITTED.
Very carefully ladle the jam into clean, dry jars, cover and allow to cool before storing.

TAKE NOTE
Never be tempted to double or increase the quantities given in the recipe, the sugar and fruit get extremely hot, large quantities may lead to bubbling up and cause the jam to spill over onto the element causing damage.
Jam sugar is widely available. Ordinary sugar can be used in the recipe but some liquid pectin will have to be added to ensure the jam to set. Use approx 1 tablesp. of pectin to every 500 g of sugar.
Resep posted by Benhet Nieuwenhuis
Foto: Adele Berndt
Adele’s note: Chutney and strawberry jam made for the next year. Rina Kleinhans, the recipe for the jam in the bread maker is a real winner




UIE MARMELADE


UIE MARMELADE
Hierdie een is die naaste wat jy aan Woolies se uie marmelade kan kry!
Heerlik saam met kaas en braai vleise !!!!!

1 kg uie, in dik skywe gesny
½ koppie balsamiese asyn
½ koppie bruin asyn
3 koppie bruin suiker
¼ koppie heuning
1 koppie vars uitgedrukte lemoensap, met die vessel
1 bay leaf
1 teelepel sout
¼ koppie olyf olie

Giet alles in ‘n groot genoeg kastrol.
Plaas op stoof en kook baie stadig vir 3 ure.
Met deksel op roer gereeld en haal deksel laaste halfuur af.
Laat oop kook totdat stropie lekker dik begin word, toets in ‘n piering tot reg.
Onthou net om te roer !!!
Bottel warm.
Heerlik!!!
Resep geplaas deur Hannalie Kitshoff




PIESANGKONFYT IN DIE MIKROGOLF

PIESANGKONFYT IN DIE MIKROGOLF
Lewer ongeveer 1,2 liter.
Jy kan hierdie vir baie goed gebruik in tertdoppies, vulsel vir laagkoek ens.
Skil die piesangs eers voordat jy dit weeg.

1 kg geskilde piesangs
800 ml witsuiker
75 ml suurlemoensap

Sny die piesangs in skyfies en plaas in diep 3,5 liter bak.
Mikrogolf vir ongeveer 22 minute oop by volle krag tot taamlik dik en roer dit gereeld.
Skep die warm konfyt in gesteriliseerde flesse, vol  tot teenaan die rand.
Plaas ‘n stukkie waspapier bo-op en draai die deksels styf vas.

Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie




TAMATIE EN RISSIEKONFYT IN DIE MIKROGOLF


TAMATIE EN RISSIEKONFYT IN DIE MIKROGOLF
In ‘n groot, diep mikrogolf oondbak:
1 kg gekapte konfyt tamaties en 1 gekapte brandrissie
Plaas in mikrogolf oond op hoog vir 10 minute.
Dit sal nou sag wees.
Voeg volgende bestanddele by:
¾ kg suiker, (ongeveer 3.75 koppies)
1 teelepel fyn gemmer
½ teelepel sout

Roer deur en plaas terug in mikrogolf.
Kook vir 30 minute op hoog, maar roer elke 10 minute.
Skep in gesteriliseerde botteltjies en merk.
Resep geplaas deur Martha de Lange