TAMATIE EN BRANDRISSIE KONFYT

brineel se tamatie konfyt

TAMATIE EN BRANDRISSIE KONFYT
1.2 kg suiker
1.2 kg ryp pruimtamaties en die lengte deurgesny
2-6 middelslag brandrissies ontpit en in skyfies gesny
2 granny smith appels geskil en gerasper
2 cm stuk vars gemmer in kort repe gesny
sap van 1 suurlemoen

Plaas alles in groot bak en laat 20 min staan, gooi dan in groot kastrol, verhit stadig en roer tot suiker opgelos is.
Prut stadig tot dikte van konfyt bereik het, roer af en toe. en skep die skuim af terwyl dit prut.
Skep in flesse en verseel onmiddelik. As jy nie rissie wil bygooi nie los net uit.

Zelda se resep.baie lekker




SANDSUIKER BY KONFYTE

SANDSUIKER BY KONFYTE

Konfyt word sandsuiker as die vrugte geroer word voor die stroop kook, so ook as die stroop kook voor al die suiker opgelos is.
Om sandsuiker te voorkom kan op 3-4 kg vrugte wat nie suur is nie, die sap van een suurlemoen, of 2,5ml sitroen of wynsteensuur, of 5ml(1tl) kremetart byvoeg.
Om seker te maak dat jou suiker opgelos is voor die stroop kook, kook dit stadig en op ‘n laer hitte tot jou suiker opgelos is.
Erika Henn

Estelle Oosthuyse
Baie belangrik, die suiker moet eers alles gesmelt wees voor begin kook. die ongesmelte suiker word sandsuiker. Getoets
SANDSUIKER

Lynette Thessner Van Vuuren – I can suggest some things; she’ll just have to try them out to see how they work.
Gently re-warm the jam (don’t boil) and add a little acid (citric acid powder, ascorbic acid powder or lemon juice) to prevent dissolved crystals from re-crystallizing.
Extra “insurance” to prevent re-crystallization is to add a tablespoon or so of corn syrup, golden syrup or mild honey. You need a different form of sugar to interfere with the binding of sugar crystals.
Depending upon the size of the batch, I’d be inclined to add a tablespoon of lemon juice and a tablespoon of corn syrup, stir in and gently re-warm until crystals are dissolved. It may take a while.

SANDSUIKER BY KOOK VAN KONFYT:
VOORKOMEND:
• Konfyt word sandsuiker as die vrugte geroer word voor die stroop kook, so ook as die stroop kook voor al die suiker opgelos is.
• Om sandsuiker te voorkom kan op 3-4 kg vrugte wat nie suur is nie, die sap van een suurlemoen, of 2,5ml sitroen of wynsteensuur, of 5ml (1tl) kremetart byvoeg.
• Om te voorkom, gooi ¼ teel wynsteensuur (Tartaric Acid) vir elke kg vrugte in konfyt net voor jy dit van stoof verwyder om te bottel. (As daar reeds suurlemoensap in konfyt is, hoef jy nie wynsteensuur by te voeg nie.)
• Om seker te maak dat jou suiker opgelos is voor die stroop kook, kook dit stadig en op ‘n laer hitte tot jou suiker opgelos is.
• Baie belangrik, die suiker moet eers alles gesmelt wees voor begin kook. Die ongesmelte suiker word sandsuiker.

REEDS SANDSUIKER
• Gooi konfyt weer in kastrol, maak ¼ teel Wynsteensuur in ½ kop water aan vir elke 1kg konfyt en bring konfyt oor stadige hitte net tot by kookpunt. Bottel dadelik.

Jy roer dit in die begin oor lae hitte tot suiker opgelos is en dan gooi ek gewoonlik suurlemoensap in om te voorkom dat dit sandsuiker maak. Het ongelukkig ni raad om dit te fix ni

Jyt dit telank gekook! Jy mut water by sit en weer kook jy kan gemmer wortwl in sit of bietjie suurlemoen sap
Verskaf deur: Lynette Thessner Van Vuuren

Riana van der Merwe – Mikrogolf dit so 3 -5minute en sit n bakkie kookwater ook in mikrogolf apart

Foto:  Adele Berndt




LEMOENSKIL ROLLETJIES IN STROOP


LEMOENSKIL ROLLETJIES IN STROOP

Was eers die lemoene baie mooi, sny skil van bo na onder in ewe groot wiggies deur en trek af.
moenie nie oranje skil laat breek nie, sny nou soveel moontlik van die wit in die skil af.
rol op en steek met stokkie vas.
Kook in water, vuurhoutjie moet deur die skil kan druk dan is dit gaar.
Dreineer.
Maak stroop van:
125 ml water
100 g wit suiker
10 ml suurlemoensap
Kook die stroop goed, sit die skille in en kook verder tot sag.
Bottel in voorbereide flesse.
Ek het dit verlede jaar gedoen en is baie lekker.
Resep: Anne-Marie Jansen van Vuuren
Foto:  Wilma Josey Venter

Pasella het in Citrusdal met sitrusvrugte gekook en hierdie heerlike resep by Hannah Janse van Rensburg gekry. Sy is bekend in die area vir haar bakwerk en hierdie konfyt maak ʼn aantreklike garnering vir koeke.
(Maak 1x 250ml bottel)
500 g lemoenskille, gewas
500 g suiker
3 koppies water
sap van 1 suurlemoen
Rasper die lemoene liggies om die olieselletjies te breek. Skil dan af deur eers die boonste sirkel en dan die onderste sirkel af te sny. Sny die lemoenskil in 4 lang repe aan die kante, net-net deur die vel, en skil versigtig af. Bedek nou die skille met koue water en kook tot sag. Toets deur ʼn vuurhoutjie in die skille te druk, as dit maklik deurkom, is dit reg. Dreineer, los om af te koel en sny of knip die lemoenstroke in smaller stroke. Rol elke strokie op en steek vas met ʼn tandestokkie.
Los nou die suiker in die water op en bring tot kookpunt. Plaas die opgerolde lemoenstroke in die stroop. Kook totdat die stroop dik is en die vrugte deurskynend is. (Maak nog stroop en voeg by indien nodig). Haal van die stoof af en roer die suurlemoensap by.
Bottel soos volg: haal lemoenskil uit stroop en verwyder tandestokkies. Pak in gesteriliseerde flesse van jou keuse. Skep kokende stroop oor gerolde skil tot bottel vol is, draai stewig toe en draai fles onderste-bo. Bottels kan nou afkoel, afgevee en weggepak word.
Martie Fourie Moolman
Julle kan probeer om die rolletjies dikker(groter) te maak om die lemoen in die rondte te skil en plaas van skyfies, deel dit dan in stukkies en ryg dit met ‘n stopnaald en gare rol op en maak ‘n knoop in die gare, wanner sag , sit in stroop en wanneeer bottel, trek net die gare uit.




FYN TAMATIEKONFYT

FYN TAMATIEKONFYT
Skil die tamaties en sny dit in stukkies op.
Weeg die hoeveelheid tamaties af.
Gebruik vir elke 1 kg tamatiestukke, 750g wit suiker, 20 ml suurlemoensap en’n paar knoetse gekneusde, gedroogte gemmerwortel wat in ‘n stukkie kaasdoek toegebind is.
Pak die tamaties en suiker in lae in die kastrol, voeg die suurlemoensap en gemmer by en laat dit ‘n paar uur lank of oornag so staan om stroop te vorm.
Verhit die mengsel daarna stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is.
Kook dit taamlik vinnig verder totdat die konfyt helder en die stroop dik is, roer dit gereeld en wees veral teen die einde versigtig dat dit nie aanbrand nie.
Verwyder die gemmersakkie en gooi dit weg.
Skuim die konfyt af, indien nodig, bottel dit warm in voorbereide flesse en verseël dadelik

 




OM PITTE IN DRUIWEKONFYT TE LAAT OPKOM

OM PITTE IN DRUIWEKONFYT TE LAAT OPKOM
En ook wenke vir geur.
Sit 15 ml asyn vir elke 500 g druiwe by, maar volgens my resep moet jy dit bygooi terwyl die konfyt kook, dan kom die pitte boontoe. Wanneer die konfyt klaar gekook het, kan jy die pot in ‘n bak koue water plaas, dan kom die pitte ook op na ‘n paar minute. Nog ‘n paar wenke, gooi 3-4 vye blare by, dit maak die geur baie baie lekker, en jy kan ook bietjie anys bysit vir ‘n lekker geur.

Annerise Augustyn –  Plaas warm kastrol op ‘n nat lap, dan spring pitte almal na oppervlak en kan afgeskep word met ‘n skuimspaan.
Foto:  Sonja du Toit – baie dankie die metode het gewerk… met sif geskep met water onder pot in wasbak!




GLIPPERTJIE DRUIWEKONFYT


GLIPPERTJIE DRUIWEKONFYT
Ek kook al my konfyt basies op dieselfde manier:

Vir elke 1 kg vrugte gebruik jy n driekwart kg suiker
Bietjie suurlemoensap en 1 teelepel Kremetart

Jellie vir skou:
Gebruik 1kg druiwe korrels sonder stammetjies afgeweeg (was skoon). Druk die druiwe stukkend met n masher.
Voeg 1k water by. Moenie nou die pitte en skille verwyder nie.
Plaas op lae hitte, wanneer dit prut roer aanhoedend, dit moenie brand nie.
Suig die sap deur n doek sodat daar nie pitte en skille in die jellie kom nie.
Voeg nou suiker by die sap en plaas op lae hitte tot suiker gesmelt het.
Kook vinnig en skep skuim af.
Toets gereeld of die jellie die regte struktuur bereik het.
Bottel warm in skoon gesteriliseerde bottels.

Konfyt – ek maak myne altyd op die manier:
1kg druiwe korrels skoon gewas
‘n Driekwart kg suiker
1 teelepel kremetart en bietjie suurlemoensap.
Voeg 1k water onder op die bodem van die pot.
Voeg nou suiker en vrugte in lae in die kastrol.
Voeg die ander bestanddele by.
Plaas op lae hitte tot suiker gesmelt het.
Wanneer begin kook, kook lekker vinnig, roer aanhoudend sodat dit nie brand nie. Skep skuim af.
Terwyl dit kook kom die pitte en skilletjies na bo, ek gebruik n growwe sif en druk die konfyt daardeur.
Ek wil die vleis van die druiwe in my konfyt he en net die pitte en doppies bly agter.
Sorg dat die konfyt warm is wanneer jy dit bottel.

Indien jy die pitte en skilletjies net wil afskep is dit ook reg.
Indien daar n paar pitte en skilletjies in die konfyt is, maak dit nie saak nie, dit gee karakter aan die konfyt.
Plaas in gesteriliseerde bottels.

Baie mense verkies ook die skilletjies maar skep net die pitte af.
Indien druiwe te suur is gebruik dan 1kg suiker
Ek neem n plastiese melkbottel of enige ander plastiese bottel, sny die onderste gedeelte af en gebruik die boonste deel en giet my konfyt daardeur in die bottels in. Dit werk wonderlik

FOTO: Alida Nortje
BRON: Ouma Sannie Jonck se resep




LEMOENSTUKKONFYT

1240005_565824236818534_350549866_n
LEMOENSTUKKONFYT

Rasper die oranje buiteskil van die lemoene baie dun af, die lemoene moet nog oranjekleurig wees, vryf dit met bietjie growwe sout in.
Sit dit vir 20 min opsy.
Spoel die lemoene in ‘n vergiettes onder lopende koue water af. Bedek dit met sterk warm water (Nie kokend) in ‘n emaljehouer met ‘n bord of enige gewig daarop.
Laat die lemoene oornag of totdat dit afgekoel het in die water week. Dreineer en halveer die lemoene en weeg die halwes af.
Bedek dit met vars water en kook dit totdat dit so sag is dat ‘n vuurhoutjie maklik deur die skil gesteek kan word.
Skep die lemoenhalwes versigtig met ‘n dreineerspaan uit en gebruik die water waarin die lemoene gekook het vir die stroop.
Om die stroop te kook, gebruik vir elke 1kg lemoenhalwes, 2.5liter water (waaarin die lemoene gekook het) 1.25kg wit suiker en 20ml suurlemoensap.
Verhit die water en suiker stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin tot die suiker opgelos is.
Syg die stroop deur, voeg die suurlemoensap by en verhit dit tot kookpunt.
Plaas die lemoenhalwes met verdrag daarin sodat die stroop nie ophou kook nie en kook dit matig vinnig totdat die stroop dik en die lemoenhalwes deurgekonfyt is.
(Of kook die lemoenhalwes ‘n kwartier lank matige vinnig.
Haal die kastrol van die stoof af en laat die lemoenhalwes oornag in die stroop masereer.
Skep die lemoenhalwes die volgende oggend versigtig met ‘n dreinerspaan uit, syg die stroop weer deur en verhit dit tot kokpunt. Plaas die lemoenhalwes daarin en kook dit totdat die stroop dik en die lemoenhalwes deur gekonfyt is)
Skuim die konfyt af en bottel soos volg:
Pak ‘n laag lemoenhalwes lossies met die snykante na buite in die voorbereide konfytfles en bedek die laag met stroop.
Herhaal totdat die fles gevul is, daar moenie ‘n gedeelte van die konfyt bokant die stroop uitsteek nie. Verseël die flesse dadelik.

Foto:  Floraine Wasserman Venter

 




UIE KONFYT

UIE KONFYT
Heerlik saam met alle vleissoorte.
450 g uie, in ringe gesny
100 g preie, in ringe gesny
50 g grasuie, fyngekap
1 liter water
750 ml suiker
5 ml gemengde speserye
Kook die ui, prei en grasui in ‘n bietjie water tot net sag.
Dreineer goed.
Voeg die water, suiker en speserye by en roer tot die suiker opgelos is.
Bring tot kookpunt en prut tot die mengsel verdik en nie meer waterig is nie. Skep in gesteriliseerde flesse terwyl dit nog warm is.

 




PEPPADEW KONFYT

PEPPADEW KONFYT

PEPPADEW KONFYT
gelyke dele peppadew, uie, suiker,
2 groot rooi soetpepers
20 ml knoffel
10 ml fyn gemmer
Neem bogenoemde, alles grof gekap en kook vir 20 min.
Doen koue piering toets en bottel warm in voorbereide vlesse

Sommer eie resep uit kop.

Resep en foto: Floraine Wasserman Venter




KUMKWATKONFYT

2014-05-06-kumkwartmarmelade
KUMKWATKONFYT
1 kg kumkwats
1 kg suiker
1.5 liter water

Maak klein snit in elke kumkwat en verwyder pitte
Plaas in kastrol, bedek met koue water, bring stadig tot kookpunt en kook tot sag genoeg om ‘n vuurhoutjie in te druk. Kook stroop van suiker en water en koel af.
Dreineer vrugte en plaas in afgekoelde stroop. Bring weer stadig tot kookpunt en kook tot vrugte helder en stroop dik is. Laat oormag so staan en kook weer volgende dag voor dit in warm gesteriliseerde bottles verpak en verseel word.
Foto:  Pop Popi