MAKLIKE SUURLEMOENMARMELADE

2013-09-08-suurlemoenmarmelade
MAKLIKE SUURLEMOENMARMELADE
Was 5 groot suurlemoene goed af
Snipper met skil en al in dun repies.
Gooi 5 liter water daaroor en laat staan vir 24 uur.
Kook dan die mengsel totdat die skilletjies mooi sag is – ongeveer 20 minute.
Laat staan dan weer vir 24 uur.
Gooi die water af.
Weeg dan af en neem 500 g suiker vir elke 500 g moes.
Sny 2 groot appels middeldeur.
Voeg by vrugte (‘n baie hoe pektien).
Roer baie goed deur, laat eers stadig kook tot jou suiker heeltemal opgelos is.
Kook vir 1 uur met toe deksel en laat rus vir 6 ure.
Haal deksel af en kook vinnig totdat ‘n jellie gevorm word.
Bottel dadelik, laat heeltemal afkoel voor jy proppe opsit, of bottel warm en sit deksels dadelik op.

My notas:
Jy kan minder suiker gebruik.
Gebruik groen appels, die pektien is hoër. Pektien help met die jellie-word proses.
Foto- Cecilia Woest Hunwick




MARMELADE KONFYT

2013-09-01-marmeladekonfytmarierheedertroskie

MARMELADE KONFYT
Sny suurlemoene in kwarte, haal die pitte uit, en die sny die wit gedeelte uit wat in die middel van die suurlemoene is, saam met die pitte’
Ek het ‘n paar lemoene ook bygesit.
Snipper alles in fyn repies.
Laat staan oornag, bedek die snippers met water.
Kook die fyngesnyde snippers tot sag, ek sommer gou in die stoompot gekook.
Gooi die water af sodra sag.
Vir elke koppie pulp wat ek gebruik het het ek ‘n koppie suiker gevat.
Kook tot lekker konfyt, toets ‘n bietjie op piering of dit smeerbaar is en skep warm in bottels.

BRON- Marie Rheeder Troskie




TAMATIEKONFYT

2013-09-01-tamatiekonfytmarierheedertroskietested

TAMATIEKONFYT
Weeg 2 kg tamaties af.
Giet kookwater oor die tamaties en trek die skilletjies af, sny in klein blokkies.
Voeg 2 kg suiker daarby, roer deur, kook stadig tot die suiker opgelos is, draai die hitte op en kook.
Voeg ongeveer 3 eetlepels suurloemoensap daarby. (ek net n suurlemoen se sap uitgedruk en by gevoeg)

Kook en skep net kort kort die skuim wat die tamaties maak af. Kook tot dit soos konfyt lyk.
Ek het ‘n bietjie in ‘n bordtjie uitgeskep om te sien kan ek dit op die brood smeer, die suurlemoensap maak dat dit nie sandsuiker word nie, dit werk so as jy 1 kg tamaties het gebruik jy 1 kg suiker,

Resep:  Marie Rheeder Troskie

Elba Groenewald
Ek het die tamaties net in voedselverwerker fyn gemaak, sout gegooi en die sap gedreineer deur ‘n sif.
Neem 1 koppie suiker vir elke koppie tamaties,  meng goed deur, kook stadig tot suiker opgelos is, en kook dan vinniger.  Voeg 1 teelepel gemmepoeier by. Die tamatiewater het ek wostershiresous by ge voeg en bedien as ‘n drankie. Heerlik
tamatie konfyt elba




STRAWBERRY JAM IN THE MICROWAVE

straw jamtested
STRAWBERRY JAM IN THE MICROWAVE
2 punnets (4 cups sliced)
 ½ cup lemon juice (I used fresh from my garden)
4 cups sugar
Wash, hull cut strawberries. Place in large microwaveproof bowl with juice.
Cover with glad wrap cook on high for 4 minutes.
Add sugar mix well and cook a further 30 min on high. Stir occasionally during cooking. Cook till jam jells when tested on cold saucer.

Bottle!

Photo: Brunhilda Venter




MARMELADE – MICROWAVE

marmelade marie
MARMELADE – MICROWAVE

3 large lemons (or mixture of citrus fruit
1 ½ cups water
2 cups sugar (cut down from 3 cups)

Squeeze lemons and discard pips.
Chop lemons shells with juice in blender or processor.
Place in deep heat proof dish.
Add water and sugar and cook on HIGH for 15 – 18 min.
Test for setting, cook longer if necessary. Pour in hot jars.

Photo:  Marie Dumas Jennings



APPELLIEFIE KONFYT

appelliefie konfyt gideon
APPELLIEFIE KONFYT
1 kg appelliefies
750 g suiker
125 ml water
20 ml suurlemoensap
Trek die doppies en stingeltjies van die appelliefies af. Spoel vrugte af. Plaas suiker, appelliefies, water en suurlemoensap in ‘n groot genoeg kastrol.
Kook vrugte oor lae hitte totdat dit soos konfyt begin lyk. Roer af en toe om suiker op te los. Skep oortollige skuim wat gedurende die kooktyd gevorm het, af. Toets die konfyt om te sien of dit styf genoeg is. Skep in warm gesteriliseerde flesse en verseël dit onmiddellik terwyl dit nog warm is

Foto:  Carin Ras Wilson




GRANADILLA, PAPAJA EN GEEL PRUIM KONFYT

grenedella,spanspek ne pruim konfyttested
GRANADILLA, PAPAJA EN GEEL PRUIM KONFYT
3 vars granadillas
3 groot geel pruime
‘n halwe papaja
Sny die vrugte in stukke en haal die granadilla vleis uit hulle doppe.
Weeg jou vrugte af en strooi dieselfde hoeveelheid suiker oor en laat staan dat dit stroop trek.
Wanneer daar nie meer suiker is nie, roer lekker deur en voeg so 15 ml suurlemoensap by,  kook in die mikrogolf,  5 min op ‘n keer vir ongeveer 15-20 min dit hang af van hoeveel vrugte jy gebruik het.
Doen die koue piering toets en bottel in warm voorbereide bottels wanneer jou stroop reg is.

Resep en foto: Rina Kleinhans




WAATLEMOENKONFYT

waatlemoenstukke Johantested
WAATLEMOENKONFYT

Skil en sny waatlemoenskil in mooi stukke.   Verwyder al die groen, en hou net die lekker ferm wit deel van die skil. Prik met n vurk en laat oornag in n mengsel van gebluste kalk en water le. Plaas n piering bo-op om die skille onder te hou.[ 25 ml gebluste kalk op 5 lt.water]
Dreineer die volgende dag en spoel mooi skoon af.
Kook n groot kastrol met water en plaas jou stukke daarin en kook tot sag maar nie pap nie !!Dreineer goed en maak droog kook jou stroop.
Stroop
1 kg waatlemoen blokkies
2.5 liter water
1.5 kg suiker
20 ml suurlemoensap
Paar stukke gedroogde gemmer
Kook jou stroop en roer tot al die suiker opgelos is en helder is.=5min.
Plaas jou blokkies versigtig in die kokende stroop en kook tot die stroop dik is en die stukkies mooi deurskynendis Pak in bottels , gooi sous bo-oor en verseel.

Foto:  Johan Röntgen  –  ek net 5 ml alein bygesit want ek hou van hom bros




WAATLEMOEN EN PYNAPPEL KONSERF

waatlemoen en pynappel konfyttested

WAATLEMOEN EN PYNAPPEL KONSERF
Sny ‘n ferm waatlemoen in skywe op. Skil die groen buiteskil dun af en sny die vleis met pitte uit. Maal die binneskil en oorblywende vleis fyn. Weeg die hoevelheid gemaalde waatlemoen.
Voeg 125 ml water by elke 1 kg gemaalde waatlemoen en kook dit tot sag.
Dreineer dit goed.
Gebruik vir elke 1 kg gemaalde waatlemoen 1 kg suiker,
500 g gerasperde, geskilde pynappel en 60 ml suurlemoensap.
‘n knoets gekneusde gedroogde gemmerwortel wat in kaasdoek toegebind is
en ‘n knippie sout.
Verhit die suiker tot louwarm in die oond. Voeg dit saam met die pynappel, suurlemoensap, gemmer en sout by die waatlemoen. Verhit die mengsel stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin tot die suiker opgelos is. Kook dit matig vinnig tot dik en helder en roer af en toe. Skuim die konserf af, indien nodig. Verwyder die gemmersakkie, bottel die konserf warm en verseel dadelik.

*Lekker vir later*
Foto:  Ellen Minnie




DRIE VRUGTE MARMELADE

lemoen

DRIE VRUGTE MARMELADE
Mikrogolf
1 suurlemoen
1 pomelo
1 lemoen
Water
Suiker
Kerf die vrugte met pitte en al. Voeg 500 ml water by elke 250 ml vrugte. Laat vrugte oornag in koue water week. Verdeel vrugte en water tussen 3 bekers met ‘n inhoudsmaat van 1.5 liter en mikrogolf al drie saam 40 min op hoog of tot vrugte sag is. (Die vrugte kook vinniger sag in bekers as in ‘n wye bak.) Giet alles terug in diep plastiek bak en laat effens afkoel. Voeg suiker by: 250 ml by elke 250 ml vrugtemengsel. Roer tot suiker heeltemal ogelos is. As die suiker nie wil oplos nie, mikrogolf dit 10-20 min op hoog, roer af en toe tot dit opgelos is. Mikrogolf marmelade nog 15 min na gelang van hoe dik jy dit verkies. Moenie marmelade roer terwyl dit kook nie, anders sal dit nie helder wees nie. Toets gereedheid. Skep skuim af wat gedurende gaarmaktyd bo-op vorm en toets dikte van marmalade. Wanneer gereed, skep in warm gesteriliseerde bottles, skroef deksels op en sit bottles onderstebo neer. Lewer 8 x 400 ml bottles.
GEREEDHEIDS TOETS: Skep 5-10 ml marmelade in ‘n yskoue piering en laat dit afkoel. Druk met jou vinger daarop om vat te stel of dit gestol het, dit moet rimpels maak. Mikrogolf vir nog ‘n paar min as jy dit dikker wil hê.