APPELKOOSKONFYT (mikrogolf)

appelkoos konfyt

APPELKOOSKONFYT (mikrogolf)
1 kg appelkose (gewas en in kwarte gesny)
1 teelepel sout
2 eetlepels suurlemoensap
800 ml witsuiker

Gooi die sout en suurlemoensap oor die appelkoos kwarte (in ‘n mikrogolfbak) en mikrogolf vir 10 min.
Haal uit, roer, gooi suiker oor, roer en mikrogolf weer vir 10 min.
Roer en mikrogolf laaste 10min.(totaal van 30 minute mikrogolf)
Bottel dadelik in warm voorbereide bottels.

Resep: Nadia du Toit




KERSIEKONFYT

KERSIEKONFYT
Gebruik mooi groot stewige geel konfytkersies en ontpit dit totdat 1.6 kg verkry is. Bind die pite in ‘n stukkie kaasdoek toe. Week die kersies ‘n rukkie in ‘n oplossing van 1.7 liter water en 15 ml sout.
Verhit 1.7 liter water, 5 ml sout en die sakkie pitte tot kookpunt.
Skep ‘n klompie van die kersies met ‘n gleuflepel in die kokende water, moenie dat die water ophou kook nie. Sodra die kersies dryf, voeg die volgende skep kersies by. Dreineer dit wanneer al die kersies dryf. Gooi die pitte weg.
Kook ‘n stroop van
1.2 kg wit suiker
750 ml water
15 ml suurlemoensap
2 ml rooi voedselkleursel

Skep die kersies met ‘n gleuflepel in die stroop. Kook die kersies ongeveer 45 min lank taamlik vinnig. Die konfyt is gereed vir bottel wanneer die stroop die dikte van gliserien het as ‘n bietjie op ‘n koue piering getoets word. Bottel die konfyt warm en verseël dit wanneer koud.




VYE KONFYT


VYE KONFYT
2.5 kg vye
3 knoetse gedroogde gemmerwortel
2.5 kg wit suiker
1 liter water
500 ml druiwe asyn

Sny die vye in stukkies op. Kneus die gemmer en bind in ‘n stukke moeselien of kaasdoek toe. Verhit die suiker, water en asyn tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is. Kook dit 10 minute lank. Voeg die vye en gemmersakkie by die stroop en prut die mengsel ongeveer 4 uur lank totdat dit dik is. Verwyder die gemmersakkie en gooi dit weg. Skuim die konfyt af indien nodig, en laat dit ‘n paar minute afkoel. Roer die konfyt goed deur, bottel dit warm en verseël dit dadelik.




FYN VYEKONFYT

fig jam
FYN VYEKONFYT
Was en skil die ryp vye dun af en weeg dit. 
Gebruik 375 g suiker vir elke 500 g vrugte en 
125 ml water vir elke 500 g suiker.

Sit die vye en die suiker in lae in ‘n kastrol en voeg die water by.

Verhit stadig en roer af en toe tot die suiker opgelos is. 
Voeg ‘n stuk gekneusde gemmerwortel en 15 ml suurlemoensap vir elke 500 g vrugte by. 
Kook verder, omtrent ‘n uur  of tot dit reg toets op ‘n koue piering, en bottel dit warm.




KWEPERKONFYT EN WENKE

KWEPERKONFYT EN WENKE
Foto: Brunhilda Venter
FOOD LOVERS RECIPES
3 kg kwepers
2½ kg suiker
15 ml sout
5 liter water

Was die kwepers. Skil en ontpit en hou die pitte en skille eenkant. Los die sout in die water op. Snipper die kwepers en laat lê in die soutoplossing om verkleuring te voorkom. Bedek die skille en pitte met genoeg water, sodat jy twee liter vloeistof daaruit kan kry en kook tot lymerig. Syg deur ‘n sif. Voeg die snippers by 2 liter van die water en kook tot sag.

Voeg die suiker by en roer tot op gelos. Laat Kook vinnig vir 45 minute; roer gereeld. Wanneer die konfyt pienk van kleur is, toets of dit jellie-agtig of semi-gestol is.
Om te toets: Haal die konfyt van die stoofplaat af. Skep 5 ml tot 10 ml in ‘n koue piering. Op hierdie manier sal jy gou sien of dit die regte tekstuur het.
Sodra die konfyt reg is, kan dit in gesteriliseerde flessies geskep word. Laat afkoel, bedek met ronde stukkies waspapier wat in brandewyn gedoop is, en verseël.

Wenke:
Konfyt flesse kan ook met aluminiumfoelie of ‘n lagie was verseël word.
Bêre die res van die vloeistof waarin vrugte soos perskes, appels, appelkose en kwepers gekook is, in die yskas. Gebruik dit as bedruipsous saam met braaigeregte.
Die sukses van ingelegde vrugte of konfyt lê in die gebruik van vars en gesonde vrugte.
Pak die vrugte netjies dog stewig in die bottels en sorg dat die bottels goed verseël is.

 




HEEL GROEN VYE KONFYT

2013-10-20-heelgroenvyekonfythildaharvie
HEEL GROEN VYE KONFYT
BRON- HILDA HARVIE
2de foto:  Tanya Rossouw
3de foto:  Retha Collett
FOOD LOVERS RECIPES

3 kg vye
3 kg wit suiker
1 groot suurlemoen, so 8 eetlepels sap
wynsteensuur, omtrent derde van ‘n teelepel

Laat vye oornag in 8 liter koue water en 2 eetlepels kalk of koeksoda staan.
Volgende dag spoel dit goed af en maak stingels skoon met skerp messie en maak kruisie by die blommetjie.
Druk  ook water wat in vy agterbly uit.
Maak stroop met suiker, suurlemoen en wynsteensuur en 4.5 liter water.
Gooi vye in kokende stroop en kook op hoë temperatuur vir omtrent 1 ½ tot stroop dik is.
Bottel en vul bottels met stroop.
Haal lugborrels uit en verseël.
(Gewoonlik waneer skuim opkom in pot en mooi geel kleur het, is dit gereed, toets maar eers die dikte van die stroop voor jy dit afhaal)




MOERBEI KONFYT

moerbeie
MOERBEI KONFYT
500g ryp moerbeie.
Knip die stingeltjies af
Voeg 30ml suurlemoensap by moerbeie. Mikrogolf dit 7min lank oop by 100% krag in ‘n groot, diep glas bak.
Voeg 350g wit suiker, roer totdat die suiker opgelos is.
Mikrogolf vir 20min lank oop by 100% krag, roer af en toe, totdat dit dik genoeg is wanneer op ‘n koue piering getoets word.
Laat effens afkoel. gebottel en versëel

Resep:  Deidre’ Labuschagne




GROENVYEKONFYT

heel vye konfyt

GROENVYEKONFYT

1,25 kg suiker per 1 kg vrugte
1,5 liter water per 1 kg suiker
50-60 ml suurlemoensap per 3 kg vrugte
Gebruik vye wat goed uitgeswel is, maar waarvan die binnekant nog nie hol of verkleur nie.
Krap, rasper of skil vye baie dun af en behou steeltjies. Sny ‘n kruisie aan die onderpunt van elke vy.
Bepaal massa en prik.
Laat vye oornag in kalkwater of koeksodawater / 25 ml gebluste kalk – 45 ml koeksoda per 5 liter water. Haal uit en spoel deeglik af.
Sit vye in en ‘n paar vyeblare in kookwater en kook tot sag maar nie pap nie, ±15 minute. Sit die vye in stadig kokende stroop en kook matig vinnig tot vrugte goed deurgekook is, ± 30 minute.
Laat stroop afkoel en lig vrugte uit die volgende dag.
Kook stroop weer en sit vrugte by kook ± 5 minute of totdat dit reg lyk.
Skep warm in gesteriliseerde flesse en verseël deeglik. Vrugte kan met skille ook gebruik word maar die kooktyd in water moet verleng word.
bydrae: Petro van der Westhuizen




LOQUAT JAM – LUKWAT KONFYT – LUKWART

LoquatFruitCloseUp-1M
LOQUAT JAM – LUKWAT KONFYT – LUKWART
Clean, remove pits, add water to cover just the top.
Bring to boil and then simmer on low.
Using a potato masher, mash every 1-2 hrs.
Add ginger, cinnamon, sugar, clove, to taste.

Should take about 6 hrs on low to thicken.
Then place in jars.

We have found that this jammy mush blends in great over plain cheese cake to make a unique spin on the holidays
(if it last that long)

Also, you can add half a cup to a cup to a scratch carrot cake recipe.
It blends very nicely.

Michelle

 

 




ROOSKONFYT

1236360_534118103330039_927043239_n
ROOSKONFYT
Gebruik vir elke:
500 g roosblare
500 ml water
400 g wit suiker
45 ml suurlemoensap

Voeg water by blare en prut tot sag. Haal kastrol van die stoof af en voeg suiker en suurlemoensap by en roer tot suiker opgelos is.
Plaas kastrol terug op stoof en kook die mengsel vir ongeveer ‘n halfuur lank oor matige hitte.
Proe aan die konfyt, as die geur nie sterk genoeg is nie kan 15 ml rooswater of 2 ml sitroensuur bygevoeg word.
Laat weer vinnig opkook.
Dis reg as dit rimpels maak op koue piering. Skuim af en bottel.
Nota Brunhilda:
Hoe donker jou roosblare hoe donker gaan jou konfyt wees.
Ek haal meeste van die blare of alles uit as dit begin opkook, anders kan die konfyt bitter smaak en ek hou ook meer van die gladde konfyt as stukke blare daarin.
Foto:  Brunhilda Venter