EASY ONION MARMALADE

onion-marmalade1

EASY ONION MARMALADE
Hierdie resep is in Engels, maar omdat ek dit al met baie sukses gemaak het, deel ek dit graag met julle:
1 kg (2 lbs) onions
2 tablespoons oil
5 tablespoons red wine vinegar
100 g (4o z) sugar (brown is nice)
Variations:
add mustard, tomato puree or Cumberland sauce. Red onions are even better.

Onion Marmalade is a doddle to make, keeps well in the fridge and adds zing to simple meat dishes like sausages and steak sandwiches.
Chop the onions and gently fry in the oil until they a quite soft. Turn the heat up to dry them off and add the red wine vinegar and the sugar. Continue to cook, stirring frequently until a little sticky.

This recipe is from Ben Watson at the Riverford Farm Shops.

Recipe posted by Lidia Theron




KOMKOMMERKONFYT

tested
KOMKOMMERKONFYT
1 ½ pond engelse komkommer, ongeveer (700 g)
½ pond wortels (250 g)
2 pond suiker, ongeveer (1 kg)
3 koppies water
2 blikkies fyn pynappel
knypie sout

Rasper komkommer en geskilde wortels op growwe kant van rasper.
Voeg suiker en water by en laat oornag staan. Kook tot amper reg en voeg dan die crushed pynappel en sout by. Kook tot reg is. Laat koud word en bottel. Indien verkies kan komkommer afgeskil word.

Nota:  ek gebruik die engelse komkommer en dit word met skil en pitte gerasper, dit is werklik baie lekker-as jy weet hoe smaak makatan konfyt-dit smaak presies so! Indien verkies kan die komkommer afgeskil word, skil gee net n mooi kleur aan die konfyt.

Resep:  Anet Grove
Foto:  ‎Marie Grobler‎ –  Smaak lekker en ek het net 1 blikkie chruched pynappel bygesit in plaas van 2.  Baie lekker dit smaak soos waatlemoenkonfyt.




GREEN TOMATO JAM

green tomato

GREEN TOMATO JAM
1 kg green tomatoes
750 g jam sugar
2 lemons, juice only
Wash the green tomatoes. Add to boiling water for 40 seconds, cool slightly and and then peel. Cut into quarters. Mix them with the sugar and lemon in a large casserole and set aside for 12 hours.
The next day, cook the jam on low heat for 30 minutes, stirring often, because the jam will stick to the pot very quickly!
Fill jars (previously boiled in hot water), wipe the edges of the jars and close them tightly.

Recipe and photo: Chanel Pringle




DRIED APRICOT JAM


DRIED APRICOT JAM
500 g whole dried apricots , chopped
juice 3 large lemons
1½ kg jam sugar
MAKES 4 x 300 g jars
Put the apricots in a large pan, add 1.5 litres water, cover and leave overnight to soak.
Next day, place a small plate in the fridge to chill. Put the apricots and water on the hob, then add the lemon juice and bring to the boil. Reduce the heat, then simmer for 30 mins or until the apricots are tender and starting to break up.
Remove from the heat and add the sugar, stirring until it dissolves. Return to the heat and boil rapidly for 20 mins or until setting point is reached. To check this, remove the plate from the fridge, put a spoonful of jam onto the plate and pop it back in the fridge for a few mins – the jam should wrinkle when you push it with your finger.
A sugar thermometer will also give you the setting point of jam, which is 105ºC.
Carefully pour the jam into hot sterilised jars, top with a disc of wax paper or baking parchment, seal with a lid, then leave to cool and set. The jam will last for 6 months unopened in a cool, dark cupboard.




HEERLIKSTE KWEPERJELLIE

kweperjellietested
KWEPERJELLIE
Resep en foto: Natasha Steyn
FOOD LOVERS RECIPES
Sny enige swart kolletjies en kneusplekke van die kwepers af en sny in stukke ongever 3 cm groot.  Los maar die stronke en pitte in.  Die pitte het glo baie pektien in om die jellie jellierig te maak.
Giet genoeg water op om die kwepers net-net te bedek.
Kook saggies vir omtrent ‘n uur.
Dit behoort nou so lig-pienk te wees.
Plaas ‘n sif oor ‘n groot bak, voer die sif met ‘n groot stuk kaasdoek uit en giet die heel vrugtestukke en sap in die kaasdoek.  Bind die doek toe en laat dit net daar sit en drup vir ‘n paar ure, verkieslik oornag. Moenie die doek druk nie.
(Die vrugtepulp wat oorbly kan apart met suiker opgekook word om lpmfyt te maak.)
Meet hoeveel liter die sap is en voeg 2 koppies suiker en die sap van een suurlemoen vir elke 600 ml kwepersap by.
Kook alles saam vir omtrent 20 – 25 min.  Hou ten alle tye ‘n ogie daarop!
Sit terselfdertyd ‘n pot met koue water op die stoof met jou bottels en deksels.  Teen die tyd wat dit tot kookpunt gekom het en 10 minute lank gekook het (om dit te steriliseer) sal jou jellie omtrent gereed wees.
As die mengsel so begin opbruis, laat dit nog net 2 minute kook en haal dan van die hitte af.  As jy dit te lank kook is dit meer ‘n soort dik konfyt en nie meer ‘n mooi helder jellie nie.
Skep die skuim van die jellie af.
Haal die bottels en deksels uit die kookwater en giet die vuurwarm kweperstroop in elke bottel tot dit propvol is.  Draai die deksel op terwyl jy jou hande met ‘n handdoek beskerm teen die hitte.
Draai die bottels onmiddellik onderstebo en los hulle so tot hulle afgekoel het.
Laat die jellie staan vir ‘n paar weke om die geur te laat ontwikkel.  Hulle sê die jellie raak ook bietjie dikker as jy dit laat staan.
Ek het een halwe botteltjie gehad, so toe eet ek sommer dadelik daarvan.  Ek het nog nooit so iets lekker op toast geëet nie!




EUGENIA BOSBESSIE KONFYT

 

images (1)Berries on a Brush Cherry (Eugenia myrtifolia), Vallehermoso, Canary Islands, Spain, Europetested

EUGENIA BOSBESSIE KONFYT

1 koppie ontpitte bessies
1 koppie suiker
1 teelepel suurlemoensap
Spoel goed af, gooi in vuurvaste glasbak en mikrogolf tot stroop begin verdik.
Roer elke minuut om te voorkom dat dit oorkook.
Laat staan vir ongeveer 5 minute. Gooi in potjies en verseël.
Mooi kleur en baie lekker!
Bron: Hannalie Kitshoff




TOMATO CHILLI JAM

tomato chilli jam in the oven 2tested

TOMATO CHILLI JAM
1 kg large tomatoes, halved
3 red chillies, roughly chopped
1 onion, wedges
4 garlic cloves, sliced
1 cm ginger, grated
3 tablespoons balsamic vinegar
100 g brown sugar
Olive oil
Preheat oven to 180 ºC.

Place tomatoes on a baking tray and add the onion, chilli, ginger, garlic, vinegar and sugar and then a nice glug of olive oil.
Salt and black pepper and mix well with your hands.
Roast for about 40 mins or until browning and caramelised.
Cool and place in sterilised jars. That’s it, that’s all you have to do to get this yummy jam.
Add more garlic, ginger and chilli to your taste if you like more kick and it also works well without the sugar for a more ‘tarty’ taste.

Resep: Heiner Lange
Foto:  Carol Visser
Carol Visser
Klaar gemaak. Ek sou sê dat dit ‘n redelike sukses is. Meer ‘n blatjang smaak as konfyt. Sal heerlik wees met kaas en brood.




TURKSVYKONFYT

TURKSVYKONFYT
Skil 1 kg ryp turksvye dun af en sny dit in klein stukkies op.
Voeg 625 ml water by.
Verhit dit tot kookpunt en kook dit ‘n kwartier lank met die deksel op.
Haal die kastrol van die stoof af.
Voeg 375 g witsuiker, die sap van ‘n halwe suurlemoen, 1 knoets gekneusde, gedroogde gemmerwortel en ‘n knippie sout by die warm turksvymoes.
Verhit die mengsel stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is.
Kook dit oor matige hitte totdat die konfyt helder en dik is.
Verwyder die gemmer en gooi dit weg.
Skep die skuim af.
Bottel dit warm en verseël dit wanneer afgekoel.

Bron:  Marie Rheeder Troskie

 




EENVOUDIGE APPELKOOSKONFYT

appelkooskonfyt
EENVOUDIGE APPELKOOSKONFYT
(sowat 2 liter)
2 kg appelkose
2 kg suiker
500 ml water

Plaas al die bestanddele in ’n groot kastrol. Bring tot kookpunt oor medium-hitte terwyl jy roer – die suiker moet gesmelt wees vóór die mengsel begin kook. Draai die hitte af wanneer dit begin kook. Staan heeltyd by die kastrol om die skuim wat bo-op dryf, af te skep. Moenie bekommerd wees as jy van die vloeistof saam met die skuim uitskep nie. Dié konfyt kook vir presies 30 minute. Toets dit daarná (sien hieronder) en gooi die warm konfyt in gesteriliseerde bottels.

Hoe toets ek my konfyt?
Plaas ’n piering vir 15 minute in die yskas. Gooi ’n klein bietjie warm konfyt daarin. Laat staan vir 5 minute. Stoot die konfyt met jou vinger – as plooitjies bo-op vorm, is dit reg.

Foto Heidi Rowe
Geplaas deur Heidi Rowe



MIKROGOLF PYNAPPELKONFYT


MIKROGOLF PYNAPPELKONFYT
Vermeng in ‘n diep mikrogolfvaste bak:
500 g gerasperde, geskilde pynappel
500 g wit suiker
5 ml gemmerstroop

Mikrogof die mengsel ongeveer ‘n kwartier lank by 50% krag tot dik.
Roer af en toe. Bottel die konfyt warm, plaas die flesse 5 min in ‘n kastrol met warm water, sodat die lugblasies kan styg. Haal flesse uit en verseël dit dadelik.