LEMOEN, SUURLEMOEN EN PIENK POMELO MARMELADE

3 fruit marmaladetested

LEMOEN, SUURLEMOEN EN PIENK POMELO MARMELADE
Gelyke hoeveelhede van lemoen, suurlemoen en pomelo, gooi in voedselverwerker tot fyn.
Meet een deel pulp en 3 dele water en kook 15 min.
Dan gelyke dele gekookte pulp en suiker.
Roer tot suiker opgelos is – dit word so deurskynend en kook op medium hitte tot fyn borreltjies vorm.
Onthou om skuim af te skep. Gooi in gesterilliseerde bottels en laat koud word voor verseëling. Easy peasy

Resep en foto: Elba Groenewald




PAPAYA JAM

2013-12-10-papayajam
PAPAYA JAM

1.5 kg ripe papaya, peeled, seeded and chopped
1 cup 220 g firmly packed brown sugar
2 cinnamon sticks
2 whole star anise
rind of 1 orange

Combine the papaya, sugar, cinnamon, star anise and orange rind with one cup (250 ml) in a large heavy based saucepan. Cook over medium heat stir every now and then until sugar is dissolves. Reduce heat to low and simmer uncovered for 50 minutes or until the mixture reduces and has a syrupy consistency. Spoon the jam into sterilised jars and seal while hot. Set aside to cool.
This is a Weight Watchers Receipt and you can eat 2 tablespoons and it is only 1 point.
I used half of this mixture and add a bit of chilly flakes to make it spicy and boiled it a bit further to eat with cold meats and it is very nice. So there you have two low calories goodies!! It is really very nice and I enjoyed it so much I am still eating it with cold meat!!

Recipe and photo: Marianne Jacoby




HEERLIKE LEMOENMARMELADE

 

2015-08-06-francinaselemoenmarmeladetested

HEERLIKE LEMOENMARMELADE

Gebruik lemoene aan die begin van die seisoen vir hoë pektiengehalte
Sny 8 lemoene in baie dun snippers sonder om te skil
Haal die pitte uit.
Meet nou 3 koppies water vir 1 koppie snippers.
Laat oornag staan.
Kook die volgende dag baie goed tot papsag.
Laat weer oornag staan.
Weeg nou af 500g suiker vir 500g pulp.
Voeg die sap van 3 suurlemoene by.
Kook vinnig en roer baie.
As die marmalade soos lawa begin kook is dit reg.
Laat die mengsel bietjie afkoel voordat dit in gesteriliseerde bottles gegooi word, anders styg die snippers op in die fles.

Foto:  Francina de Flamingh

Bron: Rina Kleinhans




APPELKOOSKONFYT IN DIE MIKROGOLFOOND

tested
APPELKOOSKONFYT IN DIE MIKROGOLFOOND
(WERK SOOS ‘N DROOM!)
My beproefde mikrogolf appelkooskonfyt resep:

1 kg appelkose, gesnipper of net die pit verwyder
1 eetlepel botter
1 kg suiker
1 suurlemoen se sap

Plaas die appelkose in ‘n diep glasbak. Voeg botter  en suurlemoensap by. Mikrogolf op hoog vir 13 minute. Haal uit, maak fyn met masher indien verkies, of los net so, roer net deur. Voeg suiker by en roer goed tot suiker opgelos is. Mikrogollf weer op hoog vir 13 minute. Haal uit en roer weer goed deur. Mikrogolf weer vir 13 minute op hoog.

Baie mense gebruik ‘n roomysbak om dit in te kook in die mikro, want dis dan maklik om die konfyt in die potjies te “skink”, want die bak buig lekker. Ek gebruik egter ‘n glasbak, want ek hou nie van die idee van plastiek in die mikro nie, maar dis net persoonlike smaak.

Die kooktye is perfek vir 1 kg appelkose.

Foto en resep: Louise Groenewald

 




MAROELA KONFYT


MAROELA KONFYT

Krap die pulp uit die doppe, weeg en gebruik 1kg suiker vir elke kg pulp.
Verhit stadig tot kookpunt en suiker opgelos het.
Kook dan stadig oor lae hitte tot dik.
Roer gedurig.
Bottel warm.

Resep: Carol Elliott Claasen




APPEL- EN DRUIWEKONFYT

unnamedtested
APPEL- EN DRUIWEKONFYT
2 liter suiwer druiwesap
2 kg appels geskil, ontkern en in kwarte gesny
800 g (4 x 250ml) suiker

In ‘n kastrol meng die druiwesap en appel kwarte, prut dit liggies omtrent 20 minute, skep appels uit met ‘n gleuflepel, hou eenkant, voeg suiker by sap in kastrol kook oor medium hitte (skep skuim gereeld af) tot sous afgekook het in ‘n dik stroop, skep appels terug in kastrol roer tot appels ‘n pulp is en konfyt dik is sowat 25 minute.
Bottel en seël.
Maak omtrent 4 bottels

Foto en resep:  Sandra Visagie




FRAMBOOSKONFYT

FRAMBOOSKONFYT

Gebruik droë bessies wat amper ryp is, want dan is die pektieninhoud goed.

Die geheim is om die konfyt nie te lank te kook nie sodat die geur en mooi kleur behou bly.

Dis die ideale konfyt om op rolkoek of suikerbrood te smeer. Weeg gelyke hoeveelhede frambose en wit suiker of strooisuiker af. Verhit die suiker in ‘n koel oond tot lou.

Plaas die frambose in ‘n dikboomkastrol en kneus dit met ‘n houtlepel of aartappelfynmaker terwyl dit stadig verhit word totdat die sap begin borrel. Haal die kastrol van die stoof af en roer die suiker bietjie-bietjie by.

Plaas die kastrol terug op die stoof wanneer al die suiker opgelos het.

Verhit die mengsel tot kookpunt en kook dit daarna 5-7 min lank vinnig totdat dit jel as ‘n klein bietjie op ‘n piering getoets word.

Roer die konfyt gereeld en skuim dit af indien nodig.

Laat die konfyt ‘n paar minute lank afkoel.

Roer dit voordat dit gebottel en verseël word.




GRANADILLA FYNKONFYT


GRANADILLA FYNKONFYT
Meet 125 ml water en 7 ml suurlemoensap af vir elke granadilla waarvan daar konfyt gekook gaan word. (Die hoeveelheid water en suurlemoensap is vir groot granadilla, gebruik bietjie minder as die granadilla klein is.)
Halveer die granadilla en skep die vleis ui.
Plaas die doppe in ‘n groot kastrol en voeg die water en suurlemoensap by.
Sit die deksel op en kook die doppe oor matige hitte todat die binneskil donkerrooi en sag genoeg is om maklik met ‘n teelepel uitgekrap te kan word.
Giet die vloeistof af en hou dit eenkant.
Krap die binneskil uit en kap dit fyn op indien nodig.
Gooi die doppe weg.
Meet die hoeveelheid binneskil af.
Meet vir elke 250 ml binneskil 150 g tot 200 g wit suiker af en voeg die behoue vloeistof by, gebruik ‘n kastrol waarin die binneskil, suiker en vloeistof sleg 5 cm diep le.
Verhit die mengsel stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin deurtentyd totdat die suiker opgelos is.
Kook dit ongeveer 40 min taamlik vinnig sonder ‘n deksel en sonder om dit te roer totdat dit begin verdik. (Toets deur op ‘n koue piering te skep en vinnig te verkoel)
Roer die granadillavleis by die kokende konfyt en laat dit 10 min lank staan. Bottel die konfyt warm en verseël dit wanneer koud.




WORTELKONSERF

WORTELKONSERF
750 g geskilde geelwortels, grof gerasper
1 liter geskilde pynappel, grof gerasper
paar knoetse gedroogde gemmerwortel
paar stokkies pypkaneel
1 liter water
800 g witsuiker

Bedek die wortels en pynappel in aparte bakke met soutwater en laat dit oornag week.
Dreineer die wortels die volgende dag, spoel de soutwater af met skoonwater en stoom dit in baie min water in ‘n kastrol op die stoof tot sag. Dreineer die wortels weer. Dreineer die pynappel goed en spoel die soutwater af met skoon water. Kneus die gemmer en bind dit lossies saam met die pypkaneel in ‘n stukkie moeselien of kaasdoek toe.
Verhit die wortels, pynappel, speseryesakkie, water en suiker stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat die suiker opgelos is. Prut die konserf totdat dit helder en deurskynend is, roer dit af en toe. Verwyder die speserysakkie en gooi dit weg. Skuim die konserf af, indien nodig. Bottel dit warm in gesteriliseerde flesse en verseël dit dadelik.
Nota – Ek het die resep probeer. Dit bietjie aangepas, halveer, ½ teelepel gemengde speserye en ½ teelepel fyn kaneel bygevoeg. Ek het ook die suiker met 100 g op die halwe resep verminder. Dit is volgens persoonlike smaak, indien jy van ‘n soeter weergawe hou, gebruik die aangegewe hoeveelheid suiker. Ek het ook die konserf aan die einde van die kookproses met ‘n staafmenger fyn gemaak tot ‘n pulp, omdat ek dit vir nog resepte wil gebruik waar pulp benodig word.
Resep getoets en foto: Marlene Potgieter




LEMOENSTUK KONFYT

lemoen konfyttested
LEMOENSTUK-KONFYT

Rasper die oranje buiteskil van die lemoene baie dun af – die lemoene moet nog oranjekleurig wees – vryf dit met bietjie growwe sout in.
Sit dit vir 20min opsy.
Spoel die lemoene in ‘n vergiettes onder lopende koue water af. Bedek dit met sterk warm water (Nie kokend) in ‘n emaljehouer met ‘n bord of enige gewig daarop.
Laat die lemoene oornag of totdat dit afgekoel het in die water week. Dreineer en halveer die lemoene en weeg die halwes af.
Bedek dit met vars water en kook dit totdat dit so sag is dat ‘n vuurhoutjie maklik deur die skil gesteek kan word.
Skep die lemoenhalwes versigtig met ‘n dreineerspaan uit en gebruik die water waarin die lemoene gekook het vir die stroop.
Om die stroop te kook, gebruik vir elke 1kg lemoenhalwes, 2.5liter water( waaarin die lemoene gekook het) 1.25kg wit suiker en 20ml suurlemoensap.
Verhit die water en suiker stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin tot die suiker opgelos is.
Syg die stroop deur, voeg die suurlemoensap by en verhit dit tot kookpunt.
Plaas die lemoenhalwes met verdrag daarin sodat die stroop nie ophou kook nie en kook dit matig vinnig totdat die stroop dik en die lemoenhalwes deurgekonfyt is.
(Of kook die lemoenhalwes ‘n kwartier lank matige vinnig.
Haal die kastrol van die stoof af en laat die lemoenhalwes oornag in die stroop masereer.
Skep die lemoenhalwes die volgende oggend versigtig met ‘n dreinerspaan uit, syg die stroop weer deur en verhit dit tot kokpunt. Plaas die lemoenhalwes daarin en kook dit totdat die stroop dik en die lemoenhalwes deur gekonfyt is)
Skuim die konfyt af en bottel soos volg:
Pak ‘n laag lemoenhalwes lossies met die snykante na buite in die voorbereide konfytfles en bedek die laag met stroop.
Herhaal totdat die fles gevul is, daar moenie ‘n gedeelte van die konfyt bokant die stroop uitsteek nie.   Verseël die flesse dadelik.

Foto:  Rina Kleinhans