MAKATAAN-STUKKE

petretested
MAKATAAN-STUKKE

Stroop:
1 kg suiker vir 1 kg skil en 2 liter water vir leke kg suiker.
Voeg 50 – 60 ml suurlemoensap, ‘n knippie sout en ‘n paar stukkies gekneusde gemmer by op elke 3 kg skil

Skil die makataan af, sny die groen van die skil af en ook die vleis dat mens net met die binne-skil sit.
Sny in lang repe en prik al die kante met ‘n vurk. Sny in blokke. Weeg
Laat 2 dae in die kalk water lê – 25ml gebluste kalk of 45 ml koeksoda op 5 liter water.
Spoel baie deeglik af en laat die stukke vir 2 ure in skoon water le. Dreineer goed.

Sit ‘n groot kastrol op die stoof met water, en wanneer dit goed kook, plaas die stukke geleidelik in die kookwater, sodat die water die hele tyd kook.
Kook die stukke tot sag maar nie pap nie (mens moet ‘n stomp vuurhoudjie maklik in die kan indruk) dit neem ‘n goeie paar ure.
Kook jou stroop intussen en sodra jou stukke sag is pak hulle in die warm stroop en kook matig vinnig totdat dit helder is en die stroop dik.

Skep in warm droë flesse en verseël onmiddelik terwyl dit nog warm is.

Nota: Agurkies, pampoen, groen papaja en spanspek kan dieselfde gekook word.

Resep uit: Voedselpersevering – Eerste gemetriseerde Uitgawe 1978 – VLV boekie
Foto:  Petre van Jaarsveld




ENA SE BRAAMKONFYT

brame-betsietested
ENA SE BRAAMKONFYT
2,5 kg Brame
2 kg suiker
500 ml water (±)
knippie sout
skeutjie vars suurlemoensap
Was brame baie goed onder koue lopende water, om van stof, ensovoorts ontslae te raak.
Plaas in emmer koue water met bietjie sout, spoel WEER af en dreineer al die water af.
Plaas brame in konfytkastrol, voeg 500 ml water by en kook teen medium hitte, sodat brame kan warm word en effens kan begin sag word.
Voeg die suiker by, verhoog hitte en sodra suiker smelt, draai hitte dan weer laer.
Roer voortdurend!
Vpeg ‘n skeutjie suurlemoensap en knippie sout by. (Ek doen dit met al my konfyte.)
Wanneer konfyt begin ‘taaier’ word, verwyder van hitte en verpulp so driekwart van die kooksel. Ek gebruik sommer die hand-versapper (stick) binne in die kastrol.
Plaas terug op stoof en kook verder teen matig-tot-stadige hitte.
Roer kort-kort.
Bottel warm in gedistilleerde flesse.

*Indien jy dit as sous oor roomys of terte wil gebruik, versap dit net fyner.
**Ek kook moerbei-konfyt op dieselfde manier.

Resep: Ena Bester Posthumus.
Foto:  Betsie Ferreira




FYN RYP KERSIETAMATIE-KONFYT

2014-05-10-fynrypkersietamatie-konfyttested

FYN RYP KERSIETAMATIE-KONFYT
tamaties
suiker
gemmerwortel
skyfies suurlemoen
suurlemoensap of  kremetart
sout

1. Gooi kookwater oor die tamaties, trek die skilletjies af en weeg. Sny ’n paar van die tamaties stukkend en sit die tamaties in die konfytkastrol.
2. Gebruik 500 g suiker vir elke 500 g tamaties en skep in lae in die kastrol en voeg ’n paar stukkies gekneusde gemmerwortel by. Laat ’n paar uur lank staan.
3. Om sandsuiker te voorkom, voeg vir elke 3 kg tamaties 3 skyfies suurlemoen en die sap van 1 suurlemoen of 5 ml kremetart en ¼ teelepel sout by. Roer net genoeg om te verhoed dat die fyn konfyt aanbrand.
4. Toets op ’n stukkie kombuispapier of die druppel wegtrek of nie. Sodra die druppel soos ’n oliedruppel op die papier bly is die konfyt gereed om gebottel te word.
5. Bottel warm en draai styf toe.
BRON- Rhona Richards Peens‎




KERSIETAMATIEKONFYT

 

2014-05-10-cherrietamatiekonfyt
KERSIETAMATIEKONFYT

Die konfyt is maar 1 kg tamaties op 1 kg suiker, en ek het ‘n klontjie gemmer ingeroer.
Giet die suiker oor die tamaties, laat staan om stroop te trek en kook  tot regte dikte
Resep en foto: Heidi Rowe




KEIAPPEL VERWERKING

kei apple verwerkingtested
KEIAPPEL VERWERKING

Spoel appeltjies af. Ontpit (sny appel vleis van stronkies af – vleis word in konfyt verwerk, stronkies in pektien) – en kook apart in baie water – genoeg om die vrugte vry te laat dryf

Vir fynkonfyt :
Kook oor matige hitte tot vleis stukkend gedruk kan word (soos wanneer aartappels gaar is).
Gebruik ‘n groot kastrol soos met alle konfyt moet die inhoud verkieslik nie te diep wees nie. Weeg appelmoes af en voeg 1.25 kg wit suiker vir elke 1 kg keiappelmoes by. Verhit oor matige hitte en roer tot die suiker opgelos is. Kook tot dit begin jel, skep die skuim af aan die einde en bottel in droë warm gesteriliseerde inmaakflesse.

Vir Keiappeljellie
Kook stronkies tot die water lymerig is. Moenie roer terwyl dit kook nie, dit sal die jellie vertroebel. Syg deur moeselien doek – moenie dit deurpers nie. Weeg die hoeveelheid filtraat af. Weeg ewe veel wit suiker af per gewig. Voeg by en verhit stadig – roer tot suiker opgelos is en syg weer deur sodra die mengsel kookpunt bereik. Kook dit matig vinnig in oop kastrol totdat dit dik van lepel afdrup.

Foto’s : Petro Borchard en Rina Kleinhans




NASTERGAL KONFYT

tested

NASTERGAL KONFYT
Spoel 2 kg nastergalbessies goed af en dreineer goed.
Plaas die bessies saam met 2kg suiker in n bak oornag om stroop te vorm.
Volgende dag voeg 125ml suurlemoensap en 150ml water by.
Verhit stadig tot kookpunt bereik en roer aan die begin om seker te maak dat al die suiker opgelos is. Kook dan taamlik vinnig tot dik; roer dit gereeld.
Indien nodig, skuim konfyt af voordat dit warm gebottel word.

Corrie Van Rooyen
En hier is die resep wat ek via Christina Stienie Breed gekry het – die resultaat is uitstekend.
Foto: Elize de Kock

 




KWEPERKONFYT MET LEMOENSAP

kweper konfyt driestested

KWEPERKONFYT MET LEMOENSAP
Resep en foto:  Dries van Zyl
FOOD LOVERS RECIPES
‘n Nuwe probeer met kweper en dit het baie goed uitgekom, goeie tekstuur, kleur en smaak baie lekker.
1 kg kwepers, geskil pitte en harde kerns verwyder, in blokkies gesny en plaas in ligte soutwater om kleur te behou tot kooktyd.
Water vir kook, genoeg om vrugte te bedek
400 g suiker
sap van 1 suurlemoen
sap van 1 lemoen
ster anys (1 vir elke kweper)
heel kruie naeltjies (so 6)
1 middelmatige rissie

Kook die vrugte tot sag en dreineer, voeg suiker, suurlemoen- en lemoensap by. Bind ster anys, naeltjies en rissie in melkdoek toe en voeg by die vrugte.
Laat prut 2-3 uur teen baie lae hitte tot kwepers oranje in kleur is en die stroop dik is. Roer gereeld dat die vrugte verpulp. Verwyder melkdoek en inhoud.
Bottel in warm gesteriliseerde bottles.




APPEL EN GRANAATKONFYT

appel en granaat konfyt - driestested

APPEL EN GRANAAT KONFYT
Resep en foto:  Dries van Zyl
FOOD LOVERS RECIPES
Mens kan ook druiwe gebruik.
2 kg appels nadat geskil en die pitte en kern verwyder is en in kwarte gesny (sny kwarte in helfte, help later met verpulping), plaas in effe soutwater tot net voor kookproses, voorkom dat appels verkleur.
2 liter suiwer druiwe/granaat sap
800 gr suiker
1/3 koppie suurlemoen sap, voorkom sandsuiker en breek ergste soet.

Plaas appels en druiwe/granaat sap in pot en prut liggies vir so 25 min. skep appels uit met gleuf lepel.
Voeg suiker by sap en kook op medium hitte, skep skuim gereeld af, tot sous afgekook het tot ‘n dik stroop (dit neem tyd).
Skep appels terug en roer tot appels pulp is en konfyt dik is (med hitte) so ongeveer 25 min (toets vir diktheid)
Bottel in warm gesteriliseerde bottles. Maak ongeveer 5-6 x 500 gr bottles

 




SITER KONFYT

tested

SITER KONFYT
8 groot siters (groter as ‘n pomelo)
(Nota: as dit kleiner as ‘n lemoen is, kan dit nie gebruik word nie want dan is die skil te dun)
2.5kg suiker

Neem fyn kant van die rasper en rasper siters, maar daar moet bietjies skil aanbly.
Sny siter in skywe, dop met duimnael binnekos uit en gooi weg.
Vars die skille uit: Le toe onder water vir 12uur, gooi water af en le weer vir 12uur onder nuwe water, gooi weer water af. Le 8 ure onder water en gooi water af
Gooi kookwater oor kook sag in water (12-15min)
Gooi water af
1 liter kookwater en 2.5 kg suiker
Kook konfyt dikte en bottel warm
Bron: Marie Visser (van der Merwe) Citrusdal
Geplaas deur Maria Liebenberg




DRUIWEKONFYT MET N SKOP WENK

2014-03-22-druiwekonfytmetnskoptested
DRUIWEKONFYT MET N SKOP WENK

Ek het die Druiwekonfyt klaar gekook… en toe op die 2kg druiwe.. so 3/4 koppie Sherry bygeroer. Vriendin van my Elna De Klerk wat al baie kompitisies gewen het met bak en kook, en die wenk gegee….. en dit proe hemels!!! Ek gaan iets more toets met appelkose.. ek het uit vrieskas gehaal om te kook, en wil by n bietjie ook n skop roer.. voel my … iets met n amandelgeur… Amaretto of so iets… sal nog besluit..

BRON- Mariana Cassie Carosini