KUMKWAT KONFYT

kumkwart konfyttested
KUMKWAT KONFYT

1 kg Kumkwatte
1 kg Suiker
1.5 liter water

Maak klein snit in elke kumkwat en verwyder pitte.
Plaas in kastrol, bedek met koue water bring stadig tot kookpunt en kook sag genoeg
om vuurhoutjie in te druk.
Kook stroop van suiker en water en koel af.
Dreineer vrugte en plaas in afgekoelde stroop.
Bring weer stadig tot kookpunt en kook tot vrugte helder en stroop dik is.
Laat oornag so staan en kook weer volgende dag voor dit in warm gesteliseerde bottels verpak en verseël word.
Foto:  Madeleine Walters Bester




LOQUAT JAM (LUKWART)

2014-08-15-1loquat

LOQUAT JAM (LUKWART)
1.5 kg loquats – fully ripe or even over ripe
¾ cup water
1 box commercial pectin
4½ cups sugar

Wash and pit loquats, but do not peel.
Place in saucepan and add water.
Cover and cook until tender, about 15 minutes.
Then press through colander or sieve.
Measure 3½ cups of fruit into saucepan, place over high heat and add pectin.
Stir until mixture comes to a hard boil.
Stir in sugar at once and bring to full rolling boil, let boil hard one minute, stirring constantly.
Remove from heat, skim and ladle into sterilized jars
Post by Sandra Saayman




TAMATIEKONFYT

 

2014-08-09-johannestested

Vars gemmer gee aan dié konfyt die heerlikste smaak. Dis nie net lekker op roosterbrood nie, maar gee wonderlike geur aan souse, bredies en kerriegeregte
1,2 kg ryp tamaties
Kookwater
Sap van 1 suurlemoen
4 x 250 ml suiker
Stuk vars gemmer van 6 cm, geskil en in stukke van 1 cm gesny
2 ml growwe sout
Bedek die tamaties met kookwater en laat staan vir drie minute. Spoel af met koue water en trek die skille af. Kap fyn. Sit die gekapte tamaties en die suiker in ’n swaarboompot en voeg die suurlemoensap by. Roer tot die suiker opgelos is. Voeg die gemmer en sout by en verhit tot kookpunt. Kook vinnig, terwyl gereeld geroer word, tot die konfyt setpunt bereik. Skep in gesteriliseerde flesse en verseël dadelik. Lewer 800 ml konfyt.
Resep geplaas deur Elize Grobbelaar
Foto: Johannes Gerhardus Röntgen.




BACON KONFYT

2014-07-16-nellatested

BACON KONFYT
Resep en foto: Nella Kootstra
FOOD OVERS RECIPES
200 g stukkies bacon (spek)
2 uie
1 eetlepel bruinsuiker
1 eetlepel stroop

Smoor uie en bacon saam.
Wanneer gaar, voeg suiker en stroop by.
Kook deur.
Kan gebruik word as sous vir hamburger plattie, hotdogs ens.




RYP TAMATIE KONFYT

2015-08-02-ryptamatiekonfyttested

RYP TAMATIE KONFYT
2 kg ryp tamataies kookwater
7,5 koppies wit suiker
37,5 ml suurlemoensap
gekneusde groen gemmerstukke

Steriliseer flesse.

Bedek tamaties met kookwater, laat staan 1 – 2 minute lank, trek skille af en weeg. Kap tamaties in blokkies. Pak die tamaties , gemmer en suiker in lae in swaarboomkastrol, voeg die suurlemoensap by en verhit dit baie stadig oor lae hitte totdat die suiker gesmelt het, of laat staan dit oornag.

Verhoog hitte sodra suiker opgelos het en kook tot die konfyt stolpunt bereik het. Roer nou en dan sodat die konfyt nie aanbrand nie. Skep konfyt in flesse, bedek met botterpapiersirkels wat in brandewyn gedoop is en verseël die flesse.

Foto en aanpassings:  Carol Visser
Hierdie konfyt was baie maklik om te maak. Used home grown chillies and christilized ginger. So tangy with the lemon undertone. Flippin lekker!




MARMELADE VAN 4 VRUGTES

marmeladetested

MARMELADE VAN 4 VRUGTES
Ek kook die 4 vrugte marmelade maar het lemoene ook so gekook. was my vrugte goed af snipper dan meet ek die vrugte af vir elke koppie gooi ek twee koppies water by laat staan oornag.
Volgende oggend kook ek vrugte sag en laat staan weer oornag
Volgende dag – vir elke koppie pulp , 2 koppies suiker,  kook vinnig  –
Suurlemoen vorm eintlik die jellie en is jou pektien.

ek gebruik 1 pomelo, 1 tot 2 lemoene, as dit grotige nartjies is 2 tot 3 en dan so 2 grotige lemmetjies en dan volg jy maar die metode soos hier bo. Konfyt moet vinnig gekook word. Ek vries ook my vrugte as ek dit klaar gesnipper het sit net hoeveel koppies op pakkie en wanneer ek tyd het kook ek dit

Foto en eerste resep:  Rina Carstens

Marinda Ferreira
MARMALADE MET 4 VRUGTE
1 lemoen
1 suurlemoen
1 pomelo
1 tangelo of nartjie
Was die vrugte goed en snipper in dun repies.
Meet vrugte met koppie af en voeg 3 koppies water vir elke
koppie vrugte by.
Kook in mikrogolfoond vir 30 min op hoog.
Meet weer met koppie af en voeg nou 2 koppies suiker vir elke koppie vrugte by.
Kook op stoof vir ongeveer 1 uur.
Skep die skuim wat vorm gereeld af.
Bottel die marmalade warm.




LEMOENMARMELADE MET SUURLEMOEN OF LEMMETJIE


LEMOENMARMELADE MET SUURLEMOEN OF LEMMETJIE
3 soetlemoene
1 suurlemoen of lemmetjie (met gladde skil)
water
witsuiker

Was die lemoene en lemmetjie/suurlemoen en sny alle lelike merkies aan die skille af. Snipper die vrugte fyn en verwyder die pitte. Meet die snippers en voeg 750 ml water by elke 250 ml snippers. Laat dit oornag staan.
Verhit die mengsel die volgende dag en kook dit sowat 30 minute tot goed sag. (Dit is sag genoeg wanneer ‘n vuurhoutjie maklik deur ‘n stukkie skil gedruk kan word.)
Meet weer die mengsel (snippers en vloeistof) en voeg 200 g (250 ml) suiker by elke 250 ml snippers. Verhit dit in ‘n groot konfytkastrol tot kookpunt en roer net totdat die suiker gesmelt het.
Kook die marmalade taamlik vinnig sonder ‘n deksel totdat die stroop dik is ~ voeg ‘n klontjie botter by as dit te veel skuim. Skep die skuim gereeld van die marmalade af terwyl dit kook.
Om vas te stel of die stroop dik genoeg is: Skep ‘n bietjie in ‘n piering en verkoel dit vinnig in die vrieskas. Dis dik genoeg wanneer dit plooitjies vorm as jy dit met jou vinger stoot.
Skep die warm marmelade in droë, gesteriliseerde flesse en verseël.
Lewer sowat 3,5 liter marmalade.




TAMATIE EN CHILLI JAM

Tamatie Chilli Jamtested
TAMATIE EN CHILLI JAM
(my eie resep met die hulp van Foodlovers)
2 kg tamaties, skil af en fyn gemaak
2 kg suiker of na smaak
2 teelepels chili, fyngekap of crushed droë chilie, is redelik warm so jy kan minder insit as jy wil

Kook oor lae hitte totdat al die suiker gesmelt is. Sit biki margarien om bo rand van pot dan kook dit nie oor nie en skuim is minder. Roer heel tyd.
Kook dan vinnig tot verlangde dikte bereik word.
Ek sit bietjie jam op piering in yskas en as jy jou vinger deurtrek, moet dit draderig wees.
Bottel dan warm – bottels sit ek in wasbak met baie warm water.
Heerlik saam met sterk kaas op ‘n broodjie. Enjoy!!
Bron en foto: Elize Herholdt




FYN LEMOENKONFYT

lemoenkonfyttested

FYN LEMOENKONFYT
Dit is my resep wat ek al baie jare kook
Was 4 lemoene goed af en maal met skil aan.
Kook dit so 30 min in so 2½ litter water
Meet die gekookte pulp en gebruik 1 koppie suiker vir elke koppie lemoenpulp.
Kook tot regte dikte
Dit stol baie mooi as dit koud is en glad nie bitter soos marmelade nie
2de foto:   Francina de Flamingh  –  Elsie Moller
Foto: Mary Strydom
Kommentaar:
Ek het jou resep vir die 4 lemoene gebruik. Maar ek het 5 lemoene en 2 suurlemoene bygevoeg met dieselfde hoeveelheid suiker soos met 4 lemoene. Lekker uitgekom. Nie te bitter. Dankie vir die resep.




MAKETAAN EN PYNAPPELKONSERF

Image113tested

MAKETAAN EN PYNAPPELKONSERF
Verwyder buite skil en vleis, meet die massa.
500 g gerasperde pynappel vir elke 1 kg gemaalde of gekerfde skil
voeg 100 ml water by vir elke 1.5 kg vrugte.
Kook stadig in toe kastrol tot sag. (dit neem nogal lank)
gebruik 1 kg suiker op 1 kg vrugte, gooi die suiker oor die vrugte en laat stadig kook tot suiker opgelos is.
Kook matig tot klaar, skuim af indien nodig.
Plaas in warm flesse en seel dadelik.

Nota:  Ek het meer water gebruik, want daar was vir my te min vloeistof en stroop, verder baie lekker
Ek het ekstra stroop gekook en bygesit, maar my skil was in die kalk en ek dink daarom het dit meer sous nodig gehad.

Resep uit:  Voedselpersevering – Eerste gemetriseerde Uitgawe 1978 – VLV boekie
Foto:  Rina Kleinhans