AARBEI JELLIE

aarbei-jellie-benhettested
AARBEI JELLIE

Sny 750 g pas ryp aarbeie fyn op.
Voeg 25 ml water by en laat dit 20 minute stadig kook.
Syg die sap deur ‘n klam moeselien of kaasdoek (of skoon katoen vadoek) of gebruik ‘n jelliesak. MOENIE dit druk of roer nie – anders sal die jellie nie helder wees nie, maar troebel.
Verhit die aarbeifiltraat, 325 g wit suiker en 25 ml suurlemoensap tot kookpunt en kook dit 10 minute lank vinnig. Voeg die appelpektien by en kook die mengsel vinnig tot die jelliestadium (105 C) Skuim dit af, indien nodig. Bottel en verseel.
FOTO-  Benhet Nieuwenhuis




HEEL AARBEI KONFYT

 

2014-09-30-beeld
HEEL AARBEI KONFYT

Gebruik net ferm, helder rooi aarbeie vir hierdie konfyt uit.
Weeg die aarbeie af en gebruik vir elke 500 g aarbeie 350 g wit suiker en 15 ml suurlemoensap. Sny vir elke 500 g aarbeie ‘n geskilde gerasperde geskilde suur appel by – dit help vir die stol, maar jy proe dit nie. Plaas die vrugte en suiker in afwisselende lae in ‘n kastrol en sprinkel die suurlemoensap oor die suikerlae – moenie enige water byvoeg nie. Laat dit oornag stroop vorm.
Verhit dit die volgende dag baie stadit oor lae hitte tot kookpunt en roer dit versigtig aan die begin om nie die aarbeie te breek nie, maar seker te maak al die suiker is opgelos. Kook die konfyt oor matige hitte totdat die stroop effens jellierig is.
Toets of die konfyt dik genoeg is op ‘n gevriesde lepel – dit moet rimpels op die oppervlak vorm. Bottel in gesteriliseerde warm bottels. Vee bottels se bekke af en verseel.
Ek gooi party keer ‘n klomp mint blare in om die smaak effens af te wissel. Haal die blare uit voor die mengsel gestol het.

 




WENKE VIR SUUR PYNAPPEL

pynappel
WENKE VIR SUUR PYNAPPEL

Marietjie Nel:
Wie van jul slim fl’s kan help – ek het die pynappel – hy het so mooi gelyk – so lekker geruik en mooi kleur gehad maar toe ek hom oopsny vanaand toe is hy so suur!! Wat kan ek nou met hom doen???? Net nie pynappelbier nie, want ons gaan dit nie drink nie – enige voorstelle laat dit beter kan smaak in enige gereg? Dankie julle!

Nicolize Valsangiacomo:
Gebruik dit in iets soos sweet ‘n sour pork of ‘n lekker hawaiin stir fry.
Elzanne Huisamen:
Gooi bietjie sout op suur pynappel, dit bring die soetheid van die pynappel uit.
Beatrice Bellingan:
Sny in blokkies, vries en gebruik op pizza.
Iana le Roux:
Kook konfyt of blatjang. Gebruik in smoothie. Kook in stroop (water en suiker volgens suurheid) en gebruik soos geblikte pynappel.
Annelie van der Merwe-Kruger:
Pynappel chutney?
Adelia Voges:
Pynappels met gladde blare is vir konfyt of kook doeleindes.

Hermanus Kriel:
Sny in dun skywe, pak in lae met suiker tussen in. Vries vir later. Jy sal dink dit is geblikte pynappel.
Adri Kleynhans:
Sny in repies of skywe en strooi kerrie poeier oor dis lekker. Altyd gemaak.
Hester Maritz:
Skil, sny skywe, pak in pan met vark tjops bo-op, bak in oond.
Natalie Nadia Cona:
Jy kan poeding maak.
Janine Waldeck:
Seker nie nou van toepassing nie, maar pynappelringe op skaaptjops vir ‘n paar minute indien die vleis bietjie taai is, maak dit lekker sag en sappig.
Hermanus Kriel:
Sny in dun skywe, pak in lae met suiker tussen in. Vries vir later. Jy sal dink dit is geblikte pynappel.

Marie Rheeder Troskie:
skil mooi af sny in ring haal die binneste stronkies uit kook 1 deel suiker met twee dele water en sit pynappelring daarin en kook vir 40 minute bottel warm.
Rolene Van Loggerenberg:
Sny die sagte vrug van die stronk af. Versap dit en sit in sakkies – so 3 gelyke dele gedeel, vries dit en gebruik ontvries by kamer temp as marinade vir taai vleis.
Marietjie van der Merwe:
Hahahahaha dis ‘n stekelrige kwessie. Ek ruik aan die pynappel, as dit na niks ruik nie, los ek dit. Was nog min kere verkeerd.
Petro Borchard:
Ja, die geheim is glo dat die blare maklik moet los kom as jy daaraan trek. Ek dink egter die meeste wat ons hier bo in Gauteng kry, is so groen gepluk dat dit nie heeltemal dieselfde reageer nie, al is die vrug al pap ryp.

Doreen Loots:
Tel hom op aan die blaar as blaar afbreek is hy lekker ryp.
Rolene Van Loggerenberg:
Sny die sagte vrug van die stronk af. Versap dit en sit in sakkies, so 3 gelyke dele gedeel, vries dit en gebruik ontvries by kamer temp as marinade vir taai vleis.
Valencia Deysel:
My ma het altyd ‘n pynappel en wortelslaai gemaak, rasper ‘n paar wortels en snipper die pynappel, gooi net ‘n titsel sout en gooi suiker na smaak by.
Petro Borchard:
Ek maak ‘n soet suur piekel met gedroogte cranberries wat ek eers in lemoensap week tot dit sag is. Sny die pynappel in skywe en dan blokkies, meng met die geweekte cranberries + oorblywende lemoensap waarin dit geweek is en kook dan met dieselfde soet-suur piekel sous hieronder tot die vloeistof effens ingedamp is. Bottel. Dit is heerlik saam met braaivleis, kouevleis of sommer net so uit die bottel.

Wendy Jagers Jagers:
Rasper pynappel,voeg water en suiker by en kook tot sag. Voeg bietjie Maizena in water opgelos by om te stol. Laat afkoel en skep in tertkors. Geklitste vars room op pynappel en jy’t die lekkerste pynappel tert. (het nie hoevellhede nie en voeg ma suiker na smaak by.)
Ria Van Der Merwe:
Sny stukkies, kerf piesang by, roer 1 eetlepel appelkooskonfyt, 1 teelepel kerrie poeier in 1 koppie mayo, roer deur walla leka pynappelslaai.
Zuri Roos Wenk:
1) ‘n pynappel met ‘n kleinerige spul blare is soeter as een met ‘n bos blare, en 2) as jy die Cayenne-pynappel kan kry, koop dit eerder as die Queen. Cayenne lyk groenerig, veral aan die onderkant, maar is sappig en soet.




AARBEIKONFYT

 

aarbeikonfyt

OORNAG HEEL AARBEIKONFYT
Soek net die ferm helderrooi aarbeie uit vir hierdie konfyt.
Weeg die aarbeie af en gebruik vir elke 500g aarbeie 350g wit suiker en 15ml suurlemoensap. Plaas die aarbeie en suiker in afwisselende lae in ‘n kastrol en sprinkel die suurlemoensap oor die suikerlae. Moenie water byvoeg nie. Laat oornag stroop vorm.Verhit die volgende dag baie stadig oor lae hitte tot kookpunt en roer dit versigtig aan die begin om nie die aarbeie te breek nie, maar seker te maak al die suiker is opgelos. Kook die konfyt oor matige hitte totdat die stroop effens jellierig is. Toets of die konfyt dik genoeg is deur ‘n bietjie van die stroop op ‘n ysblokie of yskoue piering afte koel en dit met die vinger te stoot. Daar moet rimpels op die oppervlak vorm. As die stroop nie wil jel nie, voeg ‘n gerasperde vars suurappel by elke 500g aarbeie wat gebruik is, laat dit ‘n rukkie kook en toets weer. Skuim die konfyt af, indien nodig voordat dit gebottel en verseel word. Om seker te maak dat die aarbeie nie bo in die bottel dryf nie laat die konfyt eers 10 – 15 min afkoel voordat dit gebottel en verseel word..
VINNIGE AARBEIKONFYT
Weeg ‘n mengsel van ryp en halfryp aarbeie af en gebruik vir elke 2kg aarbeie 1.8kg wit suiker en die sap van 3 middelslag suurlemoene. Verpulp die helfte van die aarbeie in ‘n kastrol, gebruik die groter aarbeie hiervoor. Voeg die res van die aarbeie by en kneus dit met ‘n houtlepel teen de wand van die kastrol. Sit die deksel op en kook dit ‘n kwartier lank stadig. Voeg die suiker en suurlemoensap by die aarbeie en roer die mengsel net genoeg om die suiker te laat oplos. Kook die konfyt ongeveer 20 min lank oor matige hitte sonder ‘n deksel en skuim af, indien nodig. Roer dit af en toe met ‘n houtleper net op die boom van die kastrol met ‘n syfer 8 beweging om te verhoed dat dit aanbrand. Toets of die konfyt reg is deur ‘n bietjie stroop op ‘n ysblokkie of yskoue piering afte koel, met die vinger te stoot , dit moet rimpels op die oppervlak vorm. Laat die konfyt 10min lank afkoel voordat dit gebottel en verseel word.

 

EEN-TWEE-DRIE HEEL AARBEIKONFYT
Gebruik 400g wit suiker vir elke 750ml aarbeie. Verhit een derde van die aarbeie en die helfte van die suiker baie stadig oor lae hitte tot kookpunt en roer dit een of twee keer versigtig om nie die aarbeie te breek nie, maar seker te maak al die suiker is opgelos. Kook dit 6-7min lank oop.
Voeg die helfte van die oorblywende aarbeie en die res van die suiker by die kokende mengsel en kook dit 6-7min verder. Voeg die res van die aarbeie by en kook die konfyt nog 6-7min lank, skuim af indien nodig. Om die aarbeie nie te laat styf nie, laat die konfyt eers 10-15min lank afkoel voordat dit gebottel en verseel word.




DRUKKOKER MARMELADE

2013-09-08-suurlemoenmarmelade
DRUKKOKER MARMELADE
500 g Lemoene
120 ml suurlemoensap
300 ml water
1 kg suiker
Was vrugte en skil. Skraap witskil van skil en lemoene af en plaas saam met pitte in n moeseliendoek. Sny skille in dun repies. Kap vrugte in stukkies en plaas in drukkoker saam met skille, suurlemoensap en moeseliendoek. Voeg 300 ml water by. Sit deksel op en kook vir 10 min. lank. Verlaag jou druk en haal die moeseliendoek uit en laat afkoel. Druk al jou sap uit die doek. Voeg jou suiker by en roer tot opgelos. Kook nou oop tot dit stolpunt bereik het. Plaas in jou flesse..
N.s Dit klink vr my baie lekker vinnig veral in ons “elektriese drukkokers”




MAKATAAN KONFYT

WAATLEMOENSTUKKE
MAKATAAN KONFYT

1. Sny een groot makataan in skywe van 5 cm en verwyder die groen skil en die binneste sagte gedeelte met die pitte.
2. Prik dan die heel waatlemoenskywe met ’n vurk (as jy nou nie Pa se makataanprikker het nie) en sny dit daarna in stukke.
3. Plaas in ’n kalkoplossing (25 ml gebluste kalk per 5 liter water) en week vir twee dae. Roer gereeld terwyl die stukke daarin week.
4. Spoel ná twee dae die stukke deeglik af en week vir 2 uur in skoon water voordat jy dit begin kook.
5. Verhit water in ’n groot kastrol tot by kookpunt en gooi ’n bietjie sout by.
6. Plaas die stukke een vir een in die kokende water en maak seker dat die water nie ophou kook nie, anders word die stukke pap. Kook tot die stukke helder is en jy maklik ’n tandestokkie in hulle kan steek.
Stroop
1. Weeg die vrugte en vir elke 1 kg waatlemoenstukke gebruik jy 2,5 liter water en 1,5 kg suiker wat daarin opgelos is.
2. Verhit die water en gooi die suiker stadig by terwyl jy aanhoudend roer totdat al die suiker opgelos is. Dit is belangrik dat die water nie moet kook voordat al die suiker opgelos is nie.
3. Gooi 25 ml suurlemoensap en 4 stukke gedroogde gemmer by die stroop en kook 10 minute lank.
4. Plaas die waatlemoenstukke geleidelik daarin en kook totdat die stroop begin dik en die stukke deurskynend word.
5. Pak die konfytstukke in skoon flesse, gooi die warm stroop oor en verseël dadelik.
Afgesien van die vrugtekoeke waarin ek van dié lekkernye gebruik, is dit ook ongelooflik lekker as jy hulle in klapper rol en net so eet as ’n soetigheid. Die meer moderne manier om dit te eet, is om ’n soutkoekie te vat, dun snytjies makataanstukke daarop te sit met ’n flentertjie bloukaas bo-op en ’n gerookte mossel om dit mee af te rond. Die kombinasie klink dalk vreemd, maar probeer dit gerus. Dit is lékker! En iets wat jy vinnig kan maak as jy onverwags gaste kry (Ade Le)




WENKE VIR DIE KOOK VAN MARMELADE KONFYT

2014-09-10-marmelade

WENKE VIR DIE KOOK VAN MARMELADE KONFYT
Rika Du Plessis
Al julle oulike mense hier met jul heerlike resepte kan my dalk op my vraag wat volg kan antwoord. Hou in gedagte ek is glad nie ‘n ekspert waar dit by kook en bak kom nie.Marmelade. Die resepte wat ek het sê jy sny jou snippers, laat lê dit deurnag in water – volgende dag kook jy tot skil gaar en laat lê weer deur die nag en die volgende dag kook jy gaar. Waarom is die oorlê van die twee nagte nodig? Ek het dit gedoen en dit het goed gekom, MAAR uit pure nuuskierigheid het ek ook met ‘n bietjie eksperimenteer en al daai funksies in een dag gedoen, en my marmelade het net so lekker gekom. Ek het gewonder of iemand hier dalk die antwoord op my vraag weet?

Rina Carstens Rika dit is glo om vrugte te ontvars ek dink dit is maar te doen met pektien van die vrugte om everedig te ontwikkel Ek kook die formule en gebruik 4vrugte nl. lemoen, nartjie, pomelo, en suurlemoen. Rede hoekom jy weer moet oornag na dit saggekook is is dat vrugte moet koud wees wanneer suiker bygevoeg word. Ek kook partymaal my vrugte sag baie vroeg in die oggend en dan laat in die middag kook ek die laaste stap dit werk net so goed maar vrugte moet net koud wees.

Rika Du Plessis Baie dankie vir jou info Rina Carstens. Enige verklaring oor hoekom my toetslopie om alles direk agtermekaar te doen toe net so lekker gekom het? Of was ek maar net “lucky”?

Rina Carstens Rika soos ek se ek het die kookproses ook al alles in n dag gedoen met enige vrugte se hulle suiker moet opgelos wees voor jy dit vinnig laat kook ek dink dit het te doen met kleur van vrugte op die einde iemand het ook gese dat dit nie moet versuiker nie ek weet nie. Maar n mens kan dit in eendag kook ek is bly joune het goed gekom.

Jenny Schneigansz Ek snipper bedek met koue water bere in yskas oornag. Kook volg dag tot skille sag is, toets met tandestokkie, voeg suiker by warm mengsel, kook tot jellie word op koue piering. Ekt al sakke en sakke so gedoen, konnie voorbly met bestellings laas jaar. NS. Di groot geheim vr enige lekker konfyt is Goue Bruin suiker.

Beulah Visser Nou verduidelik dan vir my waarom myne net waterig bly….. smaak heerlik, maar waterig. Het soooo gelag. Dit alles deur ‘n sif gegooi en my man is mal oor die “sap” wat hy met water verdun, maar die marmalade steeds loperig! Suurlemoenmarmelade pragtig en heerlik…. ook volgens resep, maar die ander….. geflop!

Petro Borchard Te min pektien teenoor suur Beulah, of te min gekook…..Dis die 2 redes volgens Bottel en Gebruik (Hannetjie Joubert). Sy sê ook jy kan die volgende doen (dis wat ek gaan doen)
“Vir helder marmelade sonder skilsnippers word die heel repe skil bygevoeg, saam gekook en dan weer uitgelig. Bind die pitte en wit van die skil in ‘n moeseliendoek toe en sny die sagte vrugtehuisies in kleiner stukke. Plaas nou in groot swaarboomkastrol en kook oor matige hitte tot die skil sag is en die helfte van die vloeistof weggekook het. Gebruik ‘n groot, diep kastrol sodat die mengsel vinnig kan kook sonder om oor te kook en dit maklik kan indamp. Dit is noodsaaklik om stolpunt vinnig te bereik. Nadat die suiker bygevoeg is, moet die mengsel nooit dieper as 5 cm in die kastrol wees nie anders kan indamping nie vinnig genoeg plaasvind nie. “Die goue reël is om suiker eers by te voeg wanneer die vrugte sag is, omdat die skil nie sagter gaan kook sodra die suiker bygevoeg is nie”

Linnie Barnard Naude ek snipper die helfde….en versap die ander helfde….laat net een nag oorstaan….en kook in mikrogolf….2kg op ‘n slag….25 min op hoog….roer goed…25 min op hoog…skep skuim en roer goed….15 min op hoog…en voila….almal kom bedel vir my heerlike gouestroop marmelade….Het verlede seisoen 12,5 kg suiker opgekook vir al my vriendinne….was later skoon vies as hulle marmelade kom bedel….maar moet ook se….ek was trotse vrou…..en gooi maar 2 teelepel gemmer ook by….jy eet jou vingers af….van lekkerte….

Foto geleen by Plaas konfyt




LOUISE SE UIE-MARMELADE

tested
LOUISE SE UIE-MARMELADE
Bedien saam met ‘n verskeidenheid kase, op soutbeskuitjies met roomkaas of op hamburgers. Dis besonder lekker saam met koue vleis en ook braaivleis en wors.
1,5 kg uie, dik skywe gesny
50 ml heuning of gouestroop
125 ml bruin asyn
125 ml balsemiekasyn
125 ml water
750 ml bruinsuiker
5 ml inlê speserye
knippie gedroogte rissies
10 ml sout
50 ml Sonneblom- of olyfolie

Plaas al die bestanddele in ‘n swaarboomkastrol.
Bring tot kookpunt, verlaag hitte en plaas deksel op kastrol.
Prut dan baie stadig vir omtrent 2 ure.
Dis belangrik om af en toe te roer.
Haal deksel laaste 20 minute af sodat dit lekker dik kan kook. Bottel terwyl dit nog warm is.

Louise Groenewald: eie resep
Foto en nota: Leon Kotzé
Ek het addisioneel knoffel by gesit en van die bestaande bestanddele vermeeder na smaak.
Volgende keer sal ek Elize van Wyk se voorstel volg en die bruin asyn vervang met nog balsamiekasyn.

Foto: Elize Van Wyk
Nota:  Elize Van Wyk
Het net Balsamic Asyn gebruik ipv helfte bruin en helfte Balsamic! Ek het wit uie gebruik.
Die pickling sprice meng met die uie en stroop, want dit raak lekker dik so nie nodig om onder in te gooi nie.
Hele mengsel is dikkerig as jy dit bottel.




KAMBRO BESPREKING

 

2014-08-24-kambro

KAMBRO BESPREKING

The Kambro (Fockea edulis) is a plant indigenous to the Karoo and Eastern-Cape. It consists of two tiny greyish leaves above the ground that are so inconspicious that it can be easily missed, even if one is carefully looking for it. Under the surface the Kambro plant has a big bulb however, similar to a sweet patatoe. It is edible and makes very nice jam.

Kambro-konfyt

Uit Peter-jasies se resepteboek

Jasper Cloete het soos volg weet:

Kambro is ‘n wilde plant wat ‘n knol onder die grond maak, die knol lyk baie soos ‘n patat (‘n groot patat) en dit kom in die Karoo voor. Dit groei tussen klippe en net klein blaartjies steek bokant die grond uit, jy moet dus weet hoe die plant lyk om daarna te gaan soek, en dan is die knol onder die grond tussen die klippe en met ‘n groot gesukkel kan jy dit uit kry. Ek weet nie wat is die Kambro se botaniese naam nie, maar dalk onthou ek daarvan as ek weer op die plaas kom en vind meer uit oor die plant. As jy iewers die kans kry om van die kambro konfyt in die hande te kry moet jy beslis pro hoe dit smaak, dit laat jou dink aan kafferwaatlemoen konfyt, maar dit het tog ‘n unieke smaak.Deur Jasper Cloete
Hier is die resep van ‘n tannie wat gereeld Kambro-konfyt kook. Sy is nie familie nie, maar ons albei kom van Sutherland. Volgens haar is net die Kambro’s wat in Augustus uitgehaal word geskik vir konfyt kook.

Hier is die resep soos wat sy dit maak:

Skil kambro dun af en week dit vir ‘n ruk in soutwater om melk uit te trek (ek weet nie hoe lank ‘n ruk is nie, dit is maar soos ek die resep gekry het).
Sny die kambro in repe of skywe wat geskik is om te prik.
Prik deeglik van alle kante en sny dan in verlangde groote of vorm.
Weeg die stukke.
Week nou die stukke oornag in kalkwater (1 eetlepel kalk op 3.4 liter water)
Gooi water af en spoel stukke af met skoon water.
Sit nou die stukke een-een in kookwater (water moet nie ophou kook nie) en kook vir 10 minute vinnig tot deursigtig.
Maak stroop van 500 gram suiker vir elke 500 gram vrugte en gebruik drie koppies water vir elke 500 gram suiker.
Laat stroop kook en plaas stukke geleidelik daarin sonder dat stroop ophou kook.

 

 

 

 




KAMBRO KONFYT

FLR BB be the first to give us a photo!!
KAMBRO KONFYT

Uit Peter-jasies se resepteboek

As jy iewers die kans kry om van die kambro konfyt in die hande te kry moet jy beslis proe hoe dit smaak, dit laat jou dink aan kafferwaatlemoen konfyt, maar dit het tog ‘n unieke smaak.

Hier is die resep van ‘n tannie wat gereeld Kambro-konfyt kook.  Volgens haar is net die Kambro’s wat in Augustus uitgehaal word geskik vir konfyt kook.

Hier is die resep soos wat sy dit maak:

Skil kambro dun af en week dit vir ‘n ruk in soutwater om melk uit te trek (ek weet nie hoe lank ‘n ruk is nie, dit is maar soos ek die resep gekry het).
Sny die kambro in repe of skywe wat geskik is om te prik.
Prik deeglik van alle kante en sny dan in verlangde groote of vorm.
Weeg die stukke.
Week nou die stukke oornag in kalkwater (1 eetlepel kalk op 3.4 liter water)
Gooi water af en spoel stukke af met skoon water.
Sit nou die stukke een-een in kookwater (water moet nie ophou kook nie) en kook vir 10 minute vinnig tot deursigtig.
Maak stroop van 500 gram suiker vir elke 500 gram vrugte en gebruik drie koppies water vir elke 500 gram suiker.
Laat stroop kook en plaas stukke geleidelik daarin sonder dat stroop ophou kook.