FYN MAKATAANKONFYT MET PYNAPPEL

2015-06-06-fynmakataankonfytmetpynappeltested

FYN MAKATAANKONFYT MET PYNAPPEL
500 gr makataan
250 gr pynappel
375 gr suiker
1/4 koppie water

Verwerk vrugte in voedselverwerker tot grof, gooi suiker en vrugte in lae in pot en gooi water oor, laat staan vir so 1 uur,  verhit stadig tot suiker gesmelt  het en kook dan vinnig vir 30min.
Vir chillie het ek so 15 min voor gaar 3 chillies opgekap by 750 gr konfyt in aparte pot gesit en gekook. Die water moet maar uitgewerk word die resep sê 2 koppies op 5 kg makataan.
Foto: Lina Victor




ROOI UIE EN PIENK PEPERKORREL MARMELADE

2015-06-01-rooiuiepienkpeperkorrelmarmeladetested

ROOI UIE EN PIENK PEPERKORREL MARMELADE
1 kg rooi uie (in helfte gesny en dan in halwe ringetjies gesny
200 g marmelade (ek het ‘n bottel lemoen & rooibostee marmelade in die yskas gehad)
300 ml rooiwyn (as dit nie goed genoeg is om te drink nie is dit nie goed genoeg vir die kos nie)
100 ml rooiwyn asyn (ek het net druiwe asyn gehad en dit werk)
3 teelepels heel korrel mosterd (of net die korreltjies soos ek gebruik)
30 ml bruin suiker
half koppie sultanas of cranberries (opsioneel)
25 ml olyf olie vir braai.
Jy kan enigiets soos lekker groot knippie gedroogde rissie vlokkies (of vars), peperkorrels ens bysit na smaak.

Braai die uie in die olyf olie tot deurskynend, voeg die sultanas, cranberries, peperkorrels, suiker, rissies, mosterd by en prut stadig totdat die suiker opgelos het (so 10min). Voeg die wyn & asyn mengsel by en prut totdat die uie sag en die sultanas/cranberries uitgeswel is. Skep alles uit met ‘n gaatjie lepel en los die vloeistof in die pot. Voeg die marmelade by en prut totdat die sous lekker dik is. Laat afkoel en skep die rooi uie mengsel terug in die pot. Meng goed en skep in gesteriliseerde glas bottels en seel. Sit in yskas en probeer om nie oop te maak vir ten minste ‘n week sodat die geure & smake goed kan kombineer. Heerlik saam met rooi vleis en veral op toebroodjies met pastrami & ham, lekker skerp kaas en roket. Genoeg vir so 2 x half liter botteltjies.
RESEP EN FOTO: Elsabie Templeton




SOET MARMELADE

Soet marmeladetested

SOET MARMELADE
4 pitlose lemoene
1 lemmetjie
2 (500 ml) koppies water
5 koppies suiker

Skil met n mes die lemoene en lemmetjie so dun as moontlik af. Sit dit eenkant.
Haal die vlies van die lemoene en lemmetjie skyfies uit (dis die klein selletjies wat die sap bevat) en sny in blokkies ± 1cm groot. Moet nie velletjies op he nie. Ek sny gewoonlik die lemoen dwars in die helfte en skep dit dan met n teelepel uit. Sorg ook dat daar nie pitte by dit in beland nie.
Skraap nou die skil aan die binnekant skoon. Die wit moet amper alles af wees. Neem n skertjie en sny die skil in dun repies.
Plaas die skil, suurlemoen en lemoen stukkies in n 4 L pot. Voeg 2 koppies water by en kook vir 30 min op hoe hitte tot water amper alles weg gekook is.
Voeg nou die suiker by en kook vir 1 1/2 uur totdat die skilletjies n geglasierde voorkoms het. Doen piering toets. ( Skep ‘n halwe teelepel vol op ‘n glas piering, laat bietjie afkoel. As dit so dik is soos koue stroop is dit reg)
Steriliseer glas flessies met kookwater en laat droog. Skep warm marmelade in flessies tot dit amper oorloop en draai prop op. Draai fles om en spoel met warm water af.
Laat afkoel en plaas dan in yskas.
BRON – Mickayla Swart




GROEN TAMATIEKONFYT

groen-tamatie-konfyt2015-05-15-groentamatiekonfyttested

GROEN TAMATIEKONFYT

Soek tamaties sonder letsels op die skille uit. Prik die skille met n stopnaald en laat oornag in n soutoplossing week.
1 eetl.sout op 2,5 l water.
Spoel tamaties goed af. Maak n stroop van
500 g suiker vir elke 500g tamaties en
1 koppie water vir elke 2 kop. Suiker.
N paar stukke gekneusde gemmer kan by stroop gevoeg word vir smaak.
Voeg tamaties by kokende stroop. Sit die deksel op en laat kook vir n uur. Haal van hitte af en hou eenkant vir 6 ure. Haal deksel af en laat vinnig kook tot stroop dik is. Gooi n eetlepel suurlemoensap in om te keer dat sandsuiker vorm. Bottel en verseel.
Foto:  Paula Oosthuizen en Carina D Van Aardt




KEI APPLE JAM AND JELLY

appeltjies 2appeltjies 4
KEI APPLE JAM AND JELLY

1kg kei apples [include some unripe ones]
1/2 cup water
1kg white sugar
Wash fruit and put in a large saucepan with the water.
Bring slowly to the boil, stirring occasionally.
Add sugar and keep stirring.

When all sugar is dissolved and the fruit is very soft, you can push the whole lot through a coarse sieve to remove the pips and skins.|
Boil until a little bit will set when put on a saucer.
Bottle in sterilised jars while still hot.

Kei Apple Jelly
What You Need:
Kei apples
Sugar
Water

How To Cook:
1. Put some kei apples in a saucepan with enough water to float them.
2. Simmer slowly till they are pulpy, and then rub through a sieve.
3. To every pint of pulp add 1 pound sugar and cook slowly, skimming well, until the mixture jells
when tried on a cold plate.
4. Bottle while hot.
5. Serve with game and cold meat.




HEEL KERSIE TAMATIEKONFYT

2015-04-29-heelkersietamatiekonfyttested

HEEL KERSIE TAMATIEKONFYT
800 g suiker vir elke 1 kg tamaties met sap

Gooi kookwater oor tamaties en trek velletjies af.
Druk al die pitte versigtig in ‘n bak uit tussen duim en voorvinger.
Roer die sap deur ‘n sif en gooi dan die sap by tamaties.
Kook tot verlangde dikte,  gooi bietjie suurlemoen sap by terwyl dit kook so 2 eetlepels.
Roer kort kort versigtig.
Doen koue piering toets en bottel warm
Resep en foto:  Johan Coetzee




MAKATAAN KONFYT MET PYNAPPEL

fyn makataan met pynappel konfyttested
MAKATAAN KONFYT MET PYNAPPEL
(Hierdie konfyt is ook in die volksmond onder ‘n ander naam bekend. Maar die landswette verbied my om die konfyt op hulle regte naam te noem.)
500 g makataan
750 g suiker

Vir elke 500 g makataan gebruik jy 750 g suiker. Sny die maketaan in klein stukkies. Gooi suiker daaroor. Laat oornag staan. Nou kan jy ‘n bietjie wynsteensuur, gemmer en kaneel by sit. Kook en roer tot die stroop dik word. bottel warm
Bron:  ( Ade Le)

MAKATAAN KONFYT  MET PYNAPPEL
Bron: (Karien Coetzee)
Foto: Johan du Preez(snr)  Resep met pynappel gemaak
FOOD LOVERS RECIPES
3 kg makataan geskil en in klein blokkies gesny
2 kg suiker vir elke 9 kg makataan
1 groot pynappel

Plaas die maketaan blokkies in ‘n kastrol.
Strooi die suiker oor die makataan en laat smelt stadig.
Skil die pynappel en rasper grof, voeg by die makataanmengsel. Laat kook vinnig tot die stroop redelik dik is (omtrent 1 uur). Bottel arm.




AGURKIEKONFYT

 

gherkins

Moenie die agurkie se lang stingels afsny nie. Sny kruisie onder aan agurkie. Prik ook die agurkies so hier en daar. Maak oplossing van 15ml geblusde kalk per 3.5l water. Laat staan die mengsel tot die kalk afgesak het. Giet kalkwater af. Week agurkies oornag in kalkwater. Spoel agurkies af in varswater. Gebruik vir stroop: 750ml water, 500ml suiker en 25ml suurlemoensap vir elke 500g agurkies. Verhit water, suiker en suurlemoensap tot kookpunt. Roer tot al die suiker opgelos is. Voeg agurkies by en kook tot agurkies deur gekonfyt is. Skuim dit af. Laat agurkies oornag in stroop maseer. Bottel en verseel die volgende oggend. Bere op koel donker plek.

Geplaas deur Irene Marais




MAKATAAN KONFYT

tested
MAKATAAN KONFYT
Kalkoplossing
12.5 ml kalk
3.6 liter water
water om te week
water om in te kook

Stroop:
500 g suiker en 1 liter water vir elke 500 g vrugte
sap van 1 suurlemoen
knypie sout
5 stukke (Robertsons ) gemmerstukke

Verwyder groen skil en sagte binneste van makataan. Sny wit skil in stukke. Prik elke stuk baie goed met vurk en weeg die stukke. Plaas oornag in kalkoplossing. Spoel die volgende dag baie goed af en laat in skoon water week vir ten minste 2 uur. Plaas skoon water in groot kastrol en verhit tot kookpunt. Voeg stukke een vir een by terwyl water voortdurend kook. Indien water ophou kook, sal stukke pap word. Kook tot stukke helder is, en ‘n tande stokkie maklik daardeur gesteek kan word.

Berei stroop van 500 g suiker en 1 liter water vir elke 500 g vrugte en verhit tot kookpunt. Suig deur en plaas terug in kastrol. Verhit weer tot kookpunt en voeg res van bestanddele by. Voeg stukke een vir een by kokende stroop en kook tot stukke helder en deurskynend is. Pak in skoon gesteriliseerde bottels vul met stroop en verseël.
BRON – Hilda Dates Steyn




MAROELAKONFYT

Maroelakonfyttested
MAROELAKONFYT
Ek is verras. Proe baie na aan appelmoes, effe surigheid.
Nadat ek die maroelas uitgekook het vir jellie, het ek pitte uitgehaal.
Die res gepulp en een koppie suiker op 2 koppies pulp gekook.
Hou aan roer, pasop vir brand onder. Seker so ‘n halfuur se kook.

Resep en Foto: Elba Groenewald