MAKETAANSTUKKE

2015-10-06-maketaantested
MAKETAANSTUKKE

(Ek kook net 1 kg op n slag) Sny een groot maketaan in skywe van 5 cm en verwyder die groen skil en die binneste sagte gedeelte met die pitte. Prik dan die heel waatlemoenskywe met ’n vurk en sny dit daarna in stukke of gebruik n prikker.
Plaas in ’n kalkoplossing (25 ml gebluste kalk per 5 liter water) en week vir een dag. Roer gereeld terwyl die stukke daarin week. Spoel die stukke deeglik af. Verhit water in ’n groot kastrol tot by kookpunt en gooi ’n bietjie sout by.
Plaas die stukke een vir een in die kokende water en maak seker dat die water nie ophou kook nie, anders word die stukke pap. Kook die stukke vir 10 minute.

STROOP
Weeg die vrugte en vir elke 1 kg waatlemoenstukke gebruik jy 2,5 liter water en 1,5 kg suiker wat daarin opgelos is. Verhit die water en gooi die suiker stadig by terwyl jy aanhoudend roer totdat al die suiker opgelos is.
Dit is belangrik dat die water nie moet kook voordat al die suiker opgelos is nie. Gooi 25 ml suurlemoensap en 4 stukke vars gemmer by die stroop en kook 10 minute lank. Plaas die waatlemoenstukke geleidelik daarin en kook totdat die stroop begin dik en die stukke deurskynend word.
Pak die konfytstukke in skoon flesse, gooi die warm stroop oor en verseël dadelik. Afgesien van die vrugtekoeke waarin ek van dié lekkernye gebruik, is dit ook ongelooflik lekker as jy hulle in klapper rol en net so eet as ’n soetigheid……….
2de FOTO
Maketaankonfyt: Vir die klein blokkie konfyt … Gebruik die binneste gedeelte van die maketaan … Sny in klein blokkies … 3 kg blokkies, 2.5 kg suiker en 4 groterige stukke vars gemmer… Meng goed tot dit n dik stroop vorm … Kook op hoog tot die blokkies deurskynend en jellierig is. 3 tot 4 skeute suurlemoensap, kook nog 5 tot 10 minute… Om en by n uur tot 1 1/4 se kook … Bottel warm ..

BRON/FOTO: Petré Van Jaarsveld

Vandag het ek 2,680 kg waartlemoen se wit vleis verwerk en die resepte gebruik. Agter is die stukke en voor is die konfyt. Slegs 680 g gebruik vir die konfyt en die resep aangepas deut 1,5 liter water en 1 kg suiker te gebruik.
Ek het koeksoda gebruik in die plek van gebluste kalk dit werk net so goed
Foto: Meisie van der Colff




TAMATIEKONFYT VIR DIABETE


TAMATIEKONFYT VIR DIABETE
500 g ryp tamaties, ontvel en gekap
15 ml suurlemoensap
10 ml gelatienpoeier
75 ml koue water
10 ml vloeibare versoeter
Skil tamaties en kap fyn en voeg suurlemoensap by.
Plaas in 2,5 liter glasbak en mikrogolf 10-12 minute by 100% krag.
Roer elke 2 minute. Mikrogolf nog 5-8 minute by 100% krag. Laat 5 minute afkoel.
Week gelatien in die koue water.
Verhelder die gelatien oor kookwater of mikrogolf 20-30 sekonde teen 100% krag.
Roer gelatien en versoeter by gaar tamatiepasta.
Skep in gesteriliseerde flesse.

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.




HEEL AARBEIKONFYT

HEEL AARBEIKONFYTtested
HEEL AARBEIKONFYT
1 kg aarbeie
1 kg suiker
bietjie suurlemoenzest en sap van suurlemoen

Laat oornag of paar ure staan met suiker in. Verhit stadig tot suiker opgelos is. Kook so half uur. Onthou daars baie stropies. Sal nie dik stroop maak as die aarbeie heel gekook word nie. Smaak heerlik.
BRON – Elba Groenewald




RED ONION AND PINK PEPPERCORN MARMALADE

RED ONION AND PINK PEPPERORN MARMALADEtested
RED ONION AND PINK PEPPERCORN MARMALADE
Hiers my resep.

1 kg red onions (halved and then thinly sliced).
200 g marmalade (I had a bottle of Rose’s Sweet Orange & Rooibos which nobody liked so used it).
300 ml red wine (I used a good dry red, if it’s not good enough to drink it’s not good enough for the food) *a Merlot with soft tannins are perfect.
100 ml red wine vinegar (I had brown grape vinegar in the house and used that)
15 ml wholegrain mustard (I used mustard seeds which are also perfect as they give the flavour and the crunch)
30 ml brown sugar
125 ml dried cranberries (or golden sultanas/raisins)
10 ml pink peppercorns (or more to taste, they are quite mild in flavour, not at all like black or white peppercorns)
Pinch of dried chilli flakes if you want a bit more bite (optional)
25 ml olive oil

Method:

Slice onions lengthwise and then slice into half rings (thin slices)
Fry in olive oil until becoming transparent.
Add sugar, cranberries/raisins/sultanas, peppercorns and chilli flakes if used.
Gently fry until it starts caramelising.
Add the wine & vinegar and cook until the onions are soft and the cranberries/raisins/sultanas are plump and juicy.
Scoop the onions out, leaving all the juices behind and add the marmalade to this liquid.
Gently cook and stir until the sauce thickens up a bit.
Add the onions to the pot again, stir well to combine and scoop into sterilised warm glass jars and seal with screw lids.
Once complete cool store in fridge.
Give the marmalade about a week for the flavours to develop and infuse before you start using it.
Depending on the size of the onions this yields approximately 2 small (400ml) bottles.
BRON – Elsabie Templeton




WENKE VIR DIE MAAK VAN JELLIE

2015-08-04-maakvanjellies

WENKE VIR DIE MAAK VAN JELLIE (KONFYT)

Vrugte soos kersies, perskes, aarbeie en frambose bevat min pektien, daarom word vrugte wat baie pektien bevat, soos appels, sitrus of aalbessies, in resepte bygevoeg.

Om goeie jellie te maak, is ‘n tydsame proses wat nie aangejaag kan word nie. Moet byvoorbeeld nie aan die versoeking toegee om die jelliedoek te druk, skud of roer sodat die vloeistof vinniger kan deurloop nie; dit gaan ‘n dowwe eindproduk lewer. Sommige jellieresepte beveel aan dat die jellie deur die nag gelaat moet word om deur die doek te drup. dit is egter nie nodig nie, want dit duur net ‘n paar ure. Baie mense sien nie kans vir die lang proses nie en gebruik dan vrugtesap om jellie te kook; dit is natuurlik nie die ware Jakob nie.

Jellie kan gebruik word as ‘n smeer op brood, muffins of skons of as ‘n bykomstigheid by vleis, veral vark- of wildsvleis.

Om Jellie Van Vrugte Te Kook

Gebruik gesonde, effens onderryp vrugte wat nie pap is nie. Was die vrugte, droog dit af en verwyder alle stingels, blare en gekneusde dele. Berei elke soort vrug voor soos in die resep aangedui.

Dit is nie nodig om appelkerns te verwyder as jy die appels met die hand kap nie, maar as dit in ‘n verwerker gekap word, is dit beter om die kern eers te vrwyder, aangesien die verwerker die pitte kan stukkend kap en dit sal dan ‘n bitter smaak aan die jelllie gee. Onthou om altyd die kerns saam met die vrugte te kook, aangesien dit ‘n groot hoeveelheid pektien bevat.

Prut die vrugte en water in ‘n groot kastrol vir 20 – 30 minute of tot die vrugte baie sag en pap is.

Steriliseer ‘n moeseliendoek deur kookwater daardeur te gied. Hang die moeseliendoek (jelliesak) aan ‘n staander of aan ‘n stoel wat onderstebo staan, se vier pote. Plaas nou ‘n bak daaronder om die jellie/sap wat deurdrup, op te vang.

Giet die mengsel in die jelliesak en laat dit stadig deurdrup. Dit duur ongeveer 2 – 3 ure.
Meet die sap en weeg die suiker af : 500 g suiker vir elke 500 ml sap (ek gebruik minder, maar dit moet minstens 3/4 suiker tot 1 deel sap wees).
Verhit die vrugtesap en suiker saam met die suurlemoen sap oor lae hitte en roer tot die suiker opgelos is.
Verhoog nou die hitte en kook vinnig tot stolpunt bereik is of tot die mengsel 105 C bereik.
Baie skuim vorm as gevolg van onsuiwerhede wat loskom en boontoe beweeg sodra die produk begin kook. Maak seker dat jy alle skuim verwyder om so ‘n helder produk te verseker.
Giet die jellie gesteriliseerde warm bottels en verseël.

Die rakleefteyd van jellie is 2 jaar.

Bydrae deur:  Petro Borchard

 




NARTJIE JELLIE

 

NARTJIE JELLIE

NARTJIE JELLIE
Lewer 1.25 kg
1.5 kg nartjies grof gekap, met skil
125 suurlemoensap
2 l water
500 g suiker vir elke 500 ml gedreineerde sap

Verhit die nartjies, suurlemoensap en water in ‘n swaarboom kastrol en kook dit ‘n uur lank, of tot die skil baie sag is.
Giet die mengsel in ‘n jelliesak (kaasdoek) en laat dit stadig deurdrup – ongeveer 2 – 3 ure of totdat dit ophou drup. Moenie die sak druk nie, dit maak dat die jellie nie helder is nie.
Meet die sap en weeg die suiker af (500 g vir elke 500 ml sap). Roer die suiker by. Verhit stadig terwyl jy die mengsel roer. Dit MOET opgelos wees voor die mengsel begin kook. Verhoog die hitte en kook vinnig verder tot stolpunt bereik is (105 C). Min of meer 30 minute. Hoe groter die oppervlak van die kastrol is, hoe vinniger damp die mengsel in. Verwyder alle skuim wat bo-op gevorm het om ‘n helder produk te verseker. Giet in gesteriliseerde warm bottels. Verseël met deksel.




PETRO SE SUURLEMOEN MARMELADE (LEMOEN)

 

RAAD VIR MARMELADEtested

PETRO SE  SUURLEMOEN MARMELADE
– my verwerking van die resep uit BOTTEL EN GEBRUIK

Per gewig – 1 deel sitrus tot 1 deel suiker (bv 1 kg suurlemoene + 1 kg suiker). Ek toets die smaak ek gebruik meestal 2/3 tot 3/4 maksimum suiker. Moenie minder as die helfte suiker gebruik nie.

Genoeg water om die skille net net te bedek om in sag te kook)

Druk sap uit, hou pitte eenkant. Gooi omtrent 2 kop water om dit in te laat week, verkieslik oornag. Jou pektien word uit die pitte verkry.
Bind die pitte in ‘n moeselien doekie toe.

Verwyder die vliese uit die doppe, prut die doppe in kookwater tot sag genoeg om vuurhoutjie se agterkant maklik deur te druk. Verwyder uit water, laat afkoel. Sny met ‘n baie skerp mes in dun repies.

Voeg die sap, water waarin die skille gekook het en die water waarin die pitte geweek het, asook die suiker en die gesnipperde skil in ‘n groot kastrol en verhit. Roer tot suiker opgelos is voor die mengsel tot kookpunt kom, anders sandsuiker dit. Na suiker opgelos is, verhoog hitte en laat vinnig kook. Roer af en toe die bodem sodat dit nie vasbrand nie. Kook tot stolpunt (of 105 C) bereik is. Skep skuim af en laat 10 minute staan voor bottel – dit
verhoed dat die skil afsak in die bottels. Skep in warm gesteriliseerde bottels en vee bek skoon, draai deksels op.

Konfyt moet nooit dieper as 5 cm in die kastrol wees nie, anders vat dit te lank om stolpunt te bereik.

Foto: Petro Borchards

Petro Borchard
Rina dis maar dieselfde as die suurlemoen marmelade se resep, behalwe vir ‘n gesonde klompie whiskey wat ek aan die end bygegooi het.
petro se marmelade
Petro Borchard
Ek het die naweek die heel lekkerste lemoen marmelade gemaak. Ek kan nie regtig ‘n resep gee anders as wat reeds op blog is nie.
Wat ek wel anders as normaalweg gedoen het, is die volgende :
Ek het ‘n klomp skil in genoeg water om dit te bedek in die stoompot gekook dat dit sag is. Toe dit hanteerbaar was, het ek dit in dun repies gesny.
Ek het die skyfies uitgesny soos wat jy maak as jy pomelos eet. Die water waarin die skil gekook is het ek by die ‘vleis’ gevoeg en ook ‘n liter gekonsentreerde lemoensap (soos Minute Maid) by gegooi. Ek het dit toe gekook soos normaal en so halfpad deur die repies skil bygevoeg.
Dit het ‘n baie intense lemoensmaak, seker agv die konsentraat wat ek bygevoeg het.

petro se lemoenmarmalade met verskil




GOEIE RAAD VIR DIE KOOK VAN MARMELADE

RAAD VIR MARMELADEtested

GOEIE RAAD VIR DIE KOOK VAN MARMELADE
Ek het juis nou onlangs ‘n groot klomp growwe skil suurlemoene in marmelade omskep, so hier is wat ek doen:
Sny vrug middeldeur, druk sap uit, behou al die pitte – dis hoofsaaklik waar die pektien vandaan kom – week dit in koue water. Die water gooi dan ook in die pot gooi wanneer die konfyt self gekook word, terwyl die pitte in ‘n moeselien doekie vasgebind en ook in die jam geggooi word.

Dan krap ek die vliese uit die skil en gooi die heel skille in pot kookwater. Ek laat dit prut tot die skil sag genoeg is om vuurhoutjie se agterkant maklik deur te druk. (Ek behou die kookwater) Laat afkoel en sny dan met ‘n baie skerp messie in dun repies. Jy kan dit ook deur die vleis meule gooi, maar dan is dit brokkies, nie repies nie.

Onthou ook dat die skil sag moet wees voor jy enige suiker betrokke kry, anders word dit nie sag nie. Voorspoed!

Volg dan jou resep.
http://www.foodloversrecipes.com/2015/07/petro-se-suurlemoen-marmelade/

Geplaas deur Petro Borchard




PIESANGKONFYT

2015-07-05-piesangkonfyttested

PIESANGKONFYT
1 kg piesangs (ryp maar geen swart kolle)
1 kg suiker
1 koppie suurlemoensap
Termometer vir konfyt en suiker

Sny piesangs in skywe. Verhit stadig op stoof met suiker en suurlemoensap. Sodra alles gesmelt het, kook vinnig en roer kort kort. Dit kook taamlik fyn maar dis reg so.
Sodra dit 220º bereik, skakel stoof af en bottel dadelik in gesteriliseerde bottels.
Hierdie resep het ek self uitgedink en dis seker die maklikste deliciousness wat ek ooit probeer het.
Heerlik by Kerrie of op skons

BRON/FOTO: Susan Snyman La Grange‎




LEKKER BRANDRISSIE KONFYT

 

chillies verskeidenheidtested

LEKKER BRANDRISSIE KONFYT
Dis heerlik op roosterbrood, vleis en selfs as blatjang oor jou kos. Kan selfs op vark en hoender smeer wanner jy braai.
Hoe om te maak:
Een groot blik appelkooskonfyt
en so 20 klein groen brandrissies fyn gekap of na smaak.
Gooi konfyt en rissies in pot en verhit oor baie stadige hitte tot al die konfyt smelt. Roer gereeld en wanneer al die konfyt heeltemal gesmelt het, laat afkoel en skep in ‘n houer wat kan seel, verkieslik glas. Bêre in yskas.
BRON – Hannes Grobler

Karien Kruger van Zyl – Ek maal uie saam met die rissies. Dis heerlik, soos chutney!. Jy gebruik so 8 mooi uie en as jy van dit sterk hou meer rissies byvoeg.