HEEL GROENTAMATIE KONFYT

heel groentamatie konfyttested

HEEL GROENTAMATIE KONFYT
(Ek kook 2 kg per kooksel)
groen tamaties geprik
gemmer
suiker
sout
water
suurlemoensap
gebluste kalk

Plaas in ’n kalkoplossing (25 ml gebluste kalk per 5 liter water) en week vir een dag. Roer gereeld terwyl die tamaties daarin week. Spoel die tamaties deeglik af.
Verhit water in ’n groot kastrol tot by kookpunt en voeg ’n bietjie sout by. Plaas die tamaties een vir een in die kokende water en maak seker dat die water nie ophou kook nie, anders word die stukke pap. Kook die stukke vir 10 minute.
STROOP:
Weeg die vrugte: vir elke 1 kg groen tamaties gebruik jy 2,5 liter water en 1,5 kg suiker wat daarin opgelos is. Verhit die water en voeg die suiker stadig by terwyl jy aanhoudend roer totdat al die suiker opgelos is.
Dit is belangrik dat die water nie moet kook voordat al die suiker opgelos is nie. Voeg 25 ml suurlemoensap en 6 stukke vars gemmer by die stroop en kook 10 minute lank. Plaas die tamaties geleidelik daarin en kook totdat die stroop begin dik raak, en die tamaties deurskynend word.
Laat staan die tamaties oornag in die stroop.
Skep dit die volgende oggend uit.
Verhit die stroop tot kookpunt.
Plaas tamaties in stroop en kook net vinnig deur.
Pak die konfytstukke in skoon flesse, giet die warm stroop oor en verseël dadelik.
Bron en Foto: Petré Van Jaarsveld




KOOK EN GENIET RYP VYEKONFYT

RYP VYEKONFYT ELNAtested

KOOK EN GENIET RYP VYEKONFYT
1.1 Kies vye net ryp maar nog styf is en skil hulle dun af. Laat hulle ‘n tydjie lank in die son staan om die nerf hard te maak, en weeg die vrugte.
1.2 Prik die vye goed met ‘n stopnaald.
1.3 Gebruik 500 g suiker vir elke 500 g vrugte en 100-125 ml water vir elke 250 ml suiker. Die maak van stroop (Punt 2) en kook die vye in die kokende stroop. Voeg 37 – 50 ml suurlemoensap by vir elke 3kg vrugte. Kook dit vinnig tot die vrugte helder en deurskynend is. Voeg naeltjies of ‘n paar stukkies gekneusde gemmer by vir geur, indien verkies, en verwyder dit weer voordat die vrugte gebottel word.
1.4 Bottel en verseël terwyl dit warm is (Punt 3)
1.5 L.W. Indien die stroop te dun is, laat dit oornag in die kastrol afkoel en verhit dit weer tot dit kook. Laat dit 10 minunte lank kook en bottel.

2. DIE MAAK VAN DIE STROOP
2.1 Gebruik 375 g suiker vir 500 g soet vrugte.
2.2 Gebruik 500 g suiker vir 500 g suur vrugte.
2.3 Die hoeveelheid water wat gebruik word, hang van die soort vrugte wat gebruik word af. Vir vrugte wat lank moet kook, gebruik 750 ml tot 1 liter water vir 500 g suiker en vir ander vrugte 500 ml water vir 500 g suiker.
2.4 Die water waaarin die vrugte sag gekook het, kan vir die stroop gebruik word.
2.5 Meet die nodige suiker af en voeg die water by. Roer tot al die suiker opgelos is en laat die stroop dan ‘n minuut lank kook. Gooi dit deur ‘n klam deursygdoek en laat dit weer kook.
2.6 Gebruik ‘n goeie, swaar konfytkastrol. (Ek het my AMC Classic kastrol gebruik)
2.7 Sit die saggekookte vrugte bietjie vir bietjie in die kokende stroop sodat die stroop nie ophou kook nie.
2.8 Die stroop moet dun wees as die vrugte daarin begin kook, anders sal die vrugte nie mooi uitdy nie, maar krimp.

3. DIE BOTTEL EN VERSEëL VAN DIE KONFYT
3.1 Konfyt kan kokend warm in die bottles gegooi word en in gevalle van konfyt wat ‘n baie dik stroop het en nie maklik sandsuiker nie, kan dit eers afkoel en dan gebottel word.
3.2 Pak die warm konfytstukke in skoon, droë gesteriliseerde bottels en vul die bottles met die kokende warm stroop sodat die vrugte heeltemal bedek is. Bedek die konfyt met ‘n ronde stukkie botterpapier wat in brandewyn gedoop is, en verseël die bottels onmiddelik.
Foto:  Elna Erasmus




LEKKERSTE PRUIMKONFYT OOIT

pruimkonfyt marionpruimkonfyt marion 2tested

LEKKERSTE PRUIMKONFYT OOIT
Dié resep maak ongeveer 750 ml konfyt.
2 kg pruime, ontpit en in kwarte gesny (behou skil)
500 ml (2 koppies) water
2 kg suiker
knypie vars gemmer
knypie fyn kaneel
Knypie suurlemoen zest
10 ml (2 teelepels) suurlemoensap
Sit pruime en pitte in kastrol en voeg water daarby.
Kook oor lae hitte tot skille sag is, ongeveer 20 minute.
Skep pitte uit. Roer suiker by. Kook ongeveer 15 minute totdat suiker opgelos is. Roer gereeld sodat suiker kan oplos.
Roer gemmer, kaneel en suurlemoensap by. Kook nog 60 minute oor lae hitte.
Drup van konfyt op koue piering of op metaalgedeelte van wasbak. Sodra konfyt ‘n balletjie vorm, is dit reg.
Skep skuim wat op konfyt gevorm het met gaatjieslepel af.
Skep in skoon, gesteriliseerde glasbottels.

FOTO:  Marion Barnard Mussmann
3de foto en resep:  Lelane Van Der Walt




SHIRLEY SE CHILLI TAMATIEKONFYT

chilli tamatie konfyttested

SHIRLEY SE CHILLI TAMATIEKONFYT

1 kg tamaties
1 kg suiker
4 eetlepels suurlemoen sap
knippie sout
3 – 5 rissies haal pitte uit as jy die nie warm soek nie
Gooi kookwater oor tamaties laat dit paar minute staan trek velletjies af,sny tamaties in blokkies,op n lae hitte plaat sit tamaties rissies suiker in pot laat die suiker smelt,roer nou en dan dat suiker nie aandbrand nie.

As die suiker gesmelt is, sit plaat redelik vinnig, as dit begin kook haal die skuim wat tamatie maak af, ek het dit so amper ‘n uur laat kook. Ek het eers die stroop getoets, jy skep bietjie stroop in ‘n piering en laat vinnig koud word, as dit nie loop nie is dit reg, as dit nog nie is nie, sit plaat op sy laagste laat dit so prut tot stroop reg is. Bottel en bobs your uncle.  VREK lekker op toast.

Nota:  die resep maak 2 groot bottels en twee kleintjies soos purity bottels

BRON:  Shirley Jr Schlebusch




PETRO SE FYN PERSKEKONFYT

2016-01-04-petrosefynperskekonfyt
PETRO SE FYN PERSKEKONFYT
1 Kg perske vleis – fyngemaal of stukke
650 g suiker (of meer na smaak – ek hou nie van baie soet konfyt nie)
Gooi suurlemoensap by om smaak te balanseer en ook pektien aan te vul indien die perskes baie ryp is.
Roer tot die suiker opgelos is.
Kook tot die mengsel die regte stadium bereik het.
Bottel in warm gesteriliseerde bottels.
Bron en foto:  Petro Borchard




PETRO SE APPELKOOSKONFYT

2016-01-04-petroseappelkooskonfyttested
PETRO SE APPELKOOSKONFYT
1 Kg appelkose – ontpit
650 g suiker (of meer na smaak – ek hou nie van baie soet konfyt nie)
Gooi suurlemoensap by om smaak te balanseer en ook pektien aan te vul indien die appelkose baie ryp is.

Roer tot die suiker opgelos is.
Kook tot die mengsel die regte stadium bereik het.

Bottel in warm gesteriliseerde bottels.
Bron en foto:  Petro Borchard




UIENJAM-UIE KONFYT

 

uie jamtested

UIENJAM-UIE KONFYT
‘UIENJAM”
1 kg uien, gepeld, in dunne halve ringen
olijfolie
1 kg suiker
75 g mosterdzaad
300 ml zoete chilisaus
400 ml rode wijnazijn
bak de uien in een klein beetje olijf olie in 20-30 minuten glazig
voeg de suiker toe en meng dit tot het opgelost is
roer het mosterdzaad de azijn en chilisaus erdoor
laat de jam 30 minuten inkoken
schenk de jam in schonen potten. en sluit de potten goed af

foto en resep:  Annet Geelhoed




APPLE JELLY SPREAD OR ANY OTHER FRUIT JUICE JELLY

apple jelly spread Lacytested

APPLE JELLY SPREAD OR ANY OTHER FRUIT JUICE JELLY
Good day to you all. Today I made apple jelly spread. It came out so lovely that I thought I would share this easy recipe with everyone. Normally I will give you the source, but I watched so many videos on youtube about making jelly and to be honest almost everyone I watched were using the exact same method, so how do you credit only one person? I hope you guys enjoy and will use this very easy way of making a lovely spread for your scones/sandwiches.
Here is the recipe: Apple jelly / any other juice jelly (This recipe makes 10 cups = 10 ½ pint jars)
6 cups 100% fruit juice with no added sugar
12 Tbsp regular pectin
7 cups of sugar
Pour your juice into a pot. Mix your pectin with a quarter cup of your sugar and pour into the juice and mix well. Place on the stove and bring to a boil. Add your sugar 1 tsp butter and mix well until the sugar has dissolved. Bring to a rolling boil, set your timer for 1 minute but do not stop stirring. Turn off the heat. If there is foam remove the foam, but usually the knob of butter takes care of the problem. If for any reason you leave your station for two seconds a skin can form and this could potentially leave you with unclear jelly, so please keep stirring gently while the jelly is cooking. Pour into warm sterilised jars. Place in a water bath for 15 minutes.
Note: Through this entire process you need to keep stirring, please make sure you have no distractions when you do this.

Recipe and photo:  Lacy Grey




PETRE SE APPELKOOSKONFYT

appelkooskonfyt petreappelkooskonfyt petre 2tested

PETRE SE APPELKOOSKONFYT
3kg appelkose geskil …
2.5 kg suiker …
Botter/margarien om die pot se rand te smeer …
Knippie sout …
3 of 4 appelkoospitte (opsioneel) ….
Suurlemoensap …
Meng appelkose en suiker tot stroop vorm … Voeg knippie sout by, asook appelkoospitte …. Bring tot kookpunt en kook dan vir 25 tot 30 minute vinnig … Spuit om en by 3 spuite suurlemoensap by voor die laaste 5 minute se kook … Bottel warm …

FOTO EN RESEP:  Petré Van Jaarsveld
3DE FOTO : Elna Erasmus




PETRE SE GROENVYE KONFYT

2015-10-06-petrésegroenvyekonfyttested
PETRE SE GROENVYE KONFYT
(Ek kook net 1kg op n slag)

Sny klein kruisies aan die onderkant van die vye, en plaas in ’n kalkoplossing (25 ml gebluste kalk per 5 liter water) en week vir 24 uur.
Roer gereeld terwyl die vye daarin week.
Spoel die vye deeglik af.
Verhit water in ’n groot kastrol tot by kookpunt en gooi ’n bietjie sout by.
Plaas die vye een vir een in die kokende water en maak seker dat die water nie ophou kook nie, anders word die vye pap.
Kook die vye vir 10 minute.

STROOP
Weeg die vrugte en vir elke 1 kg vye gebruik jy 2,5 liter water en 1,5 kg suiker wat daarin opgelos is.
Verhit die water en gooi die suiker stadig by terwyl jy aanhoudend roer totdat al die suiker opgelos is.
Dit is belangrik dat die water nie moet kook voordat al die suiker opgelos is nie.
Gooi 25 ml suurlemoensap en 4 groterige stukke vars gemmer, 3 stukkies kaneelstokke en 8 heel naeltjies by die stroop en kook 10 minute lank.
Plaas die vye geleidelik daarin en kook totdat die stroop begin dik en die vye deurskynend word. 2 tot 2 1/2 ure ..
Pak die vye in skoon flesse, gooi die warm stroop oor en verseël dadelik.
Maak ekstra stroop … Die vye suig redelik baie stroop op …

Wenk:  Petré van Jaarsveld