KOOK EN GENIET AARBEI KONFYT

14572129_1231233843611586_6755623931745071588_ntested

KOOK EN GENIET AARBEI KONFYT
2 kg aarbeie
2 kg suiker
2 eetlepels suurlemoen sap

Vorige aand sny stingeltjie uit en halflveer aarbeie.
Pak lae suiker en aarbeie oornag in yskas.
Kook volgende dag en voeg  suurlemoensap by.
Kook skep skuim af, kook tot stroop dik is.
Bottel in warm flessies. (ek steriliseer myne nog in oond)

Foto: Alta Gunter van Dyk  en Elna Erasmus




ALTA SE KWEPERJELLIE

alta se kweper jellietested
ALTA SE KWEPERJELLIE
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk
FOOD LOVERS RECIPES
Omdat ons in vrugte area is, vries ek my vrugte en kook deur die jaar my konfyte. Kwepers kook ek met die skille en pitte in ‘n bedekte kastrol met water, vir 1 uur, Gebruik ‘n melk doek oor ‘n emmer en giet die sap deur die doek. Moenie druk nie, laat deurnag deur loop.
Ek vries dan die sap in 2 liter bottels en ontvries oornag.
Vir die jellie gebruik ek 2 liter kweper sap en 3 koppies suiker.
Kook stadig tot suiker op gelos is en moenie roer terwyl jellie kook nie.
Skep die skuim af. Toets die jellie na ‘n uur se kook deur klein bietjie brandspritus in bakkie te skep in ‘n lepel stroop van kwepers.
As dit ‘n solide klont maak is jou jellie reg vir bottel.
Ek steriliseer my botteltjes in die oond en skep warm in en maak toe.

 




PETRE SE KOEMKWATKONFYT

koemkwart konfyt petretested

PETRE SE KOEMKWATKONFYT
Dit het ek gekook soos wat ek gedink het dat ek dit wil hê….
1 ½ kg koemkwatte met n naald geprik
1 ½ kg suiker
3 goeie spuite suurlemoensap

Plaas koemwatte in ‘n kastrol.
Bedek met water en kook om en by 1 uur.
Giet die water af en voeg 1 ½ kg suiker by, asook die suurlemoensap.
Roer goed deur en begin ook oor stadige hitte totdat die suiker opgelos is.
Draai hitte hoër en kook tot stroop begin verdik en die koemkwate deurskynend is.
Bottel warm.

Resep en foto: Petré Van Jaarsveld




STRAWBERRY JAM IN BREADMAKER

arbei_ntested

STRAWBERRY JAM IN BREADMAKER
Russell Hobbs breadmaker
Aarbeikonfyt in broodmasjien. Dit is 2 keer se kook. Gebruik maar net 400gr aarbeie. Die resep lees gebruik “jam sugar” dit is suiker wat pektien by het. Die eerste keer het ek net gewone suiker gebruik en dit werk ook goed. Het mooi gestol. Vandag het ek halwe teelepel pektienpoeier bygesit. Het ook mooi gestol.
400 g strawberries trimmed
310 g jam sugar
1 ½ tablespoon lemon juice

Chop fruit (large or smaller pieces).
Place in breadmaking machine pan with other ingredients.
Select jam option. Start machine.
Resultaat wonderlik. Laat weet asb hoe julle dit ervaar.

Nota:
Jam suiker kan vervang word met gewone suiker plus 1 teelepel pektienpoeier.
Moenie probeer om hoeveelheid te vermeerder.
Skep ook maar skuim af voor bottel.

Foto: Annette Greef




BETS SE TAMATIEKONFYT IN DIE MIKROGOLF

BETS SE TAMATIEKONFYT IN DIE MIKROGOLFtested

BETS SE TAMATIEKONFYT IN DIE MIKROGOLF
1 kg tamaties
1  kg suiker
1 eetlepel suurlemoensap

Gooi kookwater oor tamaties.
Laat rukkie lê en trek dan skille af.
Maak tamaties fyn in versapper.
Gooi in groot mikrogolf bak en gooi suiker en suurlemoensap by.
Kook op 100% krag vir 10 minute en roer elke 2 minute.
Kook vir ‘n verdere 30 – 40 minute, (afhangend van hoeveel sap die tamaties het), 10 minute op ‘n slag en roer sodra jy sien dit wil oorkook.
Toets op piering om te sien of dit styf genoeg is.
Indien jy nie seker is nie, laat heeltemal koud word en kyk dan.
Indien dit dik genoeg gekook het, sit net terug in mikrogolf om weer op te kook.
Indien dit nog te loperig is, kook dan net vir so 5 minute op ‘n slag totdat dit reg is.
Bottel warm in gesteriliseerde flesse.
Bron en foto: Bets Lourens




PETRE SE 5 VRUGTE MARMELADE

konfyt 4 vrugte_ntested

PETRE SE 5 VRUGTE MARMELADE
Ek het 5 vrugtes gebruik vir hierdie marmelade….. het ook die skille en vrugte apart gekook. Wit van skille uit geskraap en die skille gesnipper. Die vrugte het ek sag gekook en in die versapper gegooi.. ek het dan verder soos die resep te werk gegaan….
MARMELADE VAN 4 VRUGTES
Ek kook die 4 vrugte marmelade maar het lemoene ook so gekook. was my vrugte goed af snipper dan meet ek die vrugte af vir elke koppie gooi ek twee koppies water by laat staan oornag.
Volgende oggend kook ek vrugte sag en laat staan weer oornag
Volgende dag – vir elke koppie pulp , 2 koppies suiker, kook vinnig –
Suurlemoen vorm eintlik die jellie en is jou pektien.
ek gebruik 1 pomelo, 1 tot 2 lemoene, as dit grotige nartjies is 2 tot 3 en dan so 2 grotige lemmetjies en dan volg jy maar die metode soos hier bo. Konfyt moet vinnig gekook word. Ek vries ook my vrugte as ek dit klaar gesnipper het sit net hoeveel koppies op pakkie en wanneer ek tyd het kook ek dit
Bron:Rina Carstens
Foto: Petré Van Jaarsveld en Elna Erasmus




FYN MAKETAANKONFYT MET GRANADILLA

fyn maketaan met granadillatested

FYN MAKETAANKONFYT MET GRANADILLA
Resep en foto:  Petré Van Jaarsveld
FOOD LOVERS RECIPES
3 kg maketaan (sagte deel) in klein blokkies gesny
2.5 kg suiker
½ teelepel sout
5 groterige stukke gemmer
4 houertjies granadillamoes

Meng tot ‘n dik stroop vorm.
Kook op hoog vir om en by 45 minute tot 1 uur.
Voeg die granadillamoes by, asook 3 goeie spuite suurlemoensap. Kook tot konfyt begin skuim. Dit is dan reg. Bottel warm..

 




ELSJE SE KUMKWAT MARMELADE

kumkwat marmeladetested

ELSJE SE KUMKWAT MARMELADE
1 kg kumkwatte, ronde wielitjies gesny, ontpit
Gooi pitte in sakkie om saam te kook
1.5 liter water
1 kg suiker

Kook kumkwatte en pitte tot sag, nie pap, in die 1.5 liter water.
Toets kort kort wanneer sag. Haal pitte uit
Gooi nou suiker by, en kook vinnig vir omtrent 40 min, roer kort kort.
Gooi eetlepel vol marmelade in koue piering, marmelade moet plomp val, indien loperig kook nog 10 minute tot dikker.
Foto: Elsje Stander en Cobie Gagiano




BETTIE SE WAATLEMOEN KONFYT

konfyt_ntested

BETTIE SE WAATLEMOEN KONFYT
ek het die hele waartlemoen fyn gemaak
500 gram vrug
375gr suiker
1 koppie water
kook eers vrug sag voeg suiker by en kook tot stroop dik is vir elke 500gr vrug gebruik jy 375 gr suiker by kan n stukkie gemmer saam kook
Bottel warm
Bron: Bettie Venter




JOEY SE KWEPERHEUNING KONFYT

tested

JOEY SE KWEPERHEUNING KONFYT
Resep:  Joey Kotze
FOOD LOVERS RECIPES
10 koppies suiker
5 koppies water
10 kwepers
1 pynappel

Maak stroop van suiker en water –  Laat kook.
Rasper die kwepers wat afgeskil is.
Rasper een vir een, en sit dit dadelik in die stroop.
Rasper een pynappel.  Voeg by die kwepers.
Kook vinnig  – Roer gedurig.
Kook goed tot water min is –  Dit kook baie vinnig.
Toets die stroop op ‘n koue piering en bottel in gesteriliseerde bottels.
Nota:
Dit is baie lekker omdat niks gemors word nie, want die skille en pitte kan gebruik word vir die kweperjellie.