GERASPERDE GEELPERSKE KONFYT VIR DIABETE

GERASPERDE GEELPERSKE KONFYT VIR DIABETE
2 kg geelperskes, gerasper
250 g Xylitol
250 g Fruktose
15 ml suurlemoensap
5 ml fyn gerasperde suurlemoenskil
3 ml fyn gemmer

Plaas al die bestanddele behalwe die gemmer in’ ‘n swaarboom kastrol en kook vinnig vir 45 min. Die konfyt sal sulke lang druppels trek as dit van die lepel afval. Voeg die gemmer by en kook weer vir op vinnige hitte vir 5 minute.
Haal af van die stoof en bottel warm in skoon gesteriliseerde bottels.
Bron en foto: Wilma Josey Venter

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.




DIABETIESE BLOUBESSIEKONFYT

DIABETIESE BLOUBESSIEKONFYT
375 g (3 koppies) vars bloubessies
250 ml Xylitol
5 ml fyn gerasperde suurlemoenskil
50 ml suurlemoensap

Druk die bessies bietjie papper met ‘n vurk in ‘n pot
Voeg die res van die bestandele by en kook oor baie lae hitte vir omtrent 30-45min. Skep die skuim gereeld af.
Skep in skoon gesteriliseerde flesse.
Bron en Foto: Wilma Josey Venter

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.




PRUT-POT BACON EN UIE KONFYT

PRUT-POT BACON EN UIE KONFYT
(Ook bekend as “Boy bait”)
500 g Streep spek (Streaky bacon) gesny in 2×2 cm stukkies
2 groot uie in klein blokkies gesny
3 knoffel huisies, fyn gedruk
1/2 koppie (125 ml) wit wyn- of appel asyn
1/2 koppie (125 ml) donker bruin suiker
1/4 koppie (65 ml) suiwer Maple stroop
3/4 koppie (200 ml) goeie kwaliteit koffie

Braai die spek in n pan tot lig bruin en effens bros.
Plaas gebraaide spek op kombuis papier om te dreineer.
Braai die uie in dieselfde pan tot deurskeinend, voeg die knoffel by en braai vir ‘n verdere minuut. Dreineer op kombuis papier.
Gooi die vet van die pan af (bewaar vir latere gebruik), maar moenie die pan skoon maak nie.
Plaas die res van die bestanddele (asyn, suiker, stroop en koffie) in die pan en bring tot kookpunt. Maak seker al die lekker stukkies spek kom los (deglaze).
Roer die spek, uie en knoffel by en plaas in ‘n prut pot (Slow cooker). Moenie die deksel op sit nie. Kook op hoog vir 3 tot 4 ure totdat die vloeistof dik en stroperig is.
In ‘n voedselverwerker, verwerk tot grof.
Bottel warm.
Plaas in die yskas as dit oopgemaak is.
Bron: Albert Buitenhuis




MAKATAAN KONFYT – WAATLEMOENKONFYT

FB_IMG_1479913188436tested

MAKATAAN KONFYT — WAATLEMOENKONFYT
Sny een groot makataan in skywe van 5 cm en verwyder die groen skil en die binneste sagte gedeelte met die pitte.
Prik dan die heel waatlemoenskywe met ’n vurk en sny dit daarna in stukke.
Plaas in ’n kalkoplossing (25 ml gebluste kalk per 5 liter water) en week vir twee dae. Roer gereeld terwyl die stukke daarin week.
Spoel ná twee dae die stukke deeglik af en week vir 2 uur in skoon water voordat jy dit begin kook.
Verhit water in ’n groot kastrol tot by kookpunt en gooi ’n bietjie sout by.

Plaas die stukke een vir een in die kokende water en maak seker dat die water nie ophou kook nie, anders word die stukke pap. Kook tot die stukke helder is en jy maklik ’n tandestokkie in hulle kan steek.

Stroop
Weeg die vrugte en vir elke 1 kg waatlemoenstukke gebruik jy 2,5 liter water en 1,5 kg suiker wat daarin opgelos is.
Verhit die water en gooi die suiker stadig by terwyl jy aanhoudend roer totdat al die suiker opgelos is. Dit is belangrik dat die water nie moet kook voordat al die suiker opgelos is nie.
Gooi 25 ml suurlemoensap en 4 stukke gedroogde gemmer by die stroop en kook 10 minute lank
Plaas die waatlemoenstukke geleidelik daarin en kook totdat die stroop begin dik en die stukke deurskynend word.
Pak die konfytstukke in skoon flesse, gooi die warm stroop oor en verseël dadelik.
Bron en Foto : Johan Du Preez Snr




TOMATO CHILI JAM

tomato chili jamtested
TOMATO CHILI JAM
1.2 kg ripe tomatoes
juice of 5 lemons
1 teaspoon crushed, dried chilies
650 g granulated sugar

Put the tomatoes in a heatproof bowl, cover with boiling water and leave to stand until the skins split. Drain and plunge into cold water. Drain and peel away the skins.
Roughly chop the tomatoes and put in a large saucepan with the lemon juice and dried chilies . Bring to the boil, cover and cook for 15 minutes until the tomatoes are soft and pulpy.
Stir in the sugar. Heat gently uncover, until the sugar dissolves, then bring to the boil for about 15 to 20 minutes, stirring frequently, until setting point is reach. To test, chill 1 teaspoon of jam on a saucer for 2 minutes; the mixture should wrinkle slightly when pushed with your finger.
Transfer to sterilized jars, cool then cover with waxed discs and jam-pot covers.

Photo: Petro van Genderen




MALINDA SE KUMKWAT KONFYT

malinda se kumkwat konfyttested
MALINDA SE KUMKWAT KONFYT
Week die vrugte oornag in water. volgende dag sit in ‘n pot en bedek met water en kook tot die skilletjie sag is.
Laat afkoel sny in die helfte, verwyder die pitte en maak ‘n pit sakkie.
Kook 250 ml suiker, 250 ml water en die pitsakkie saam tot suiker opgelos is.
Sit in 250 g vrugte, kook met deksel op vir 20 min. Haal deksel af, verwyder die pitsakkie en kook op vinnige hitte totdat jy tevrede is met die dikte.
Bottel warm.
Bron en foto: Melinda Marjee Walker




OUMA HANNA SE APPELKOOSKONFYT

appelkoos
OUMA HANNA SE APPELKOOSKONFYT

18 koppies Appelkose, pitte verwyder en opgesnipper
8 koppies Witsuiker
1teelepel Fyn Gemmer
1/2 koppie suurlemoensap
15 pit kerns (vir pektien)
Kook die vrugte, suiker, pektien en suurlemoensap saam tot die vrugte pap gekook is. Voeg die gemmer by. Kook verder tot die konfyt “taai” is.
Skep in skoon gesteriliseerde flesse,
(Ouma het bietjie op die agterkant van ‘n piering gegooi en met die lepel se steeltjie ‘n streep daardeur getrek. As die streep bly is die konfyt reg)

Bron: Ouma Hanna (Wilma Josey Venter)
Foto: Wilma Josey Venter




NEKTARIEN (KAALPERSKE) KONFYT

wilmanektarienkonfyttested
NEKTARIEN (KAALPERSKE) KONFYT

6 koppies nektarien perskes, opgesny
3 koppies suiker
4 eetlepels suurlemoensap
1 teelepel speserye van jou keuse (gemmer, all spice, kaneel, 1 teelepel brandewyn ekstrak)

Kook alles stadig saam vir 30 min.
Skep die skuim af.
Skep in skoon gesteriliseerde flesse

Foto en resep verskaf: Wilma Josey Venter




TUISGEMAAKTE MOERBEIKONFYT

moerby-konfyttested

TUISGEMAAKTE MOERBEIKONFYT
Lekker tuisgemaakte moerbeikonfyt van onse eie boom af😆
2 ½ koppies berries
1 ½ koppie suiker
3 eetlepels water

Was moerbeie goed af met koue water en plaas saam met suiker en water op stoofplaat.
Bring stadig tot kookpunt en sodra suiker opgelos is, verhoog hitte.
Kook ongeveer 30-40 min afhangende van die dikte van die stroop wat jy verlang.
Bottel warm.

Foto en resep:  Martie Coetzee




WAATLEMOEN KONFYT (MAKATAAN)

makataan-stukke-regtested

WAATLEMOEN KONFYT (MAKATAAN)
2 kg waatlemoenskil – groen en rooi mooi afgesny
STROOP
2 kg suiker
4 liter water
2 stukke droë gemmer
2 stukke pypkaneel
20 ml suurlemoensap

KALK OPLOSSING
5 liter water
30 ml gebluste kalk
5 ml koeksoda.

Prik die waatlemoenstukke alkant en sny in blokkies. Laat dit oornag in kalk oplossing, dreineer en was goed af. (belangrik)
Gooi net vrugte toe met water en kook vir een uur, dreineer dit en kook verder in stroop
Meng suiker, speserye en water en laat dit kook.
Voeg waatlemoenstukke by en kook omtrent 2 ure of tot dit mooi bruin en blink is.
Pak in gesteriliseerde flesse en gooi stroop oor.
Resep en foto verskaf: Johanna Basson