MARALIZE SE LEMMETJIE EN TAMATIE KONFYT


MARALIZE SE LEMMETJIE EN TAMATIE KONFYT
1 kg tamaties ( warm water oor gegooi skil af getrek)
Lemmetjie gesny met skil aan.
Meng die tamatie en lemmetjie in ‘n versapper en voeg +- 2 en n half koppies suiker by.
Kook in pot oor lae hitte tot die verlangde dikte.
Hou maar dop roer af en toe.
Bottol warm en bere.
Geniet dus heerlik op rooster koek saam n braai.

Bron en foto: Maralize van Winzen




PERSKE PULP KONFYT

PERSKE PULP KONFYT

Ek het 600gram verpulpte perskes gemeng met 600 gram suiker en vir 25 tot 30 minute oor lae hitte gekook tot stolpunt bereik is. En gebottel. So so maklik.

Bron en Foto: Santie Carelse




INA SE HEEL VYE KONFYT VAN GEVRIESDE VYE

INA SE HEEL VYE KONFYT VAN GEVRIESDE VYE
Dis die resep waarmee ek groot geword het.
1 kg vrugte
1 kg suiker
1 koppie water
10 ml suurlemoensap

Ek ontdooi die vye,  dis nog koud maar nie gevries wanneer hulle in pot gaan.
Skil dit nie prik net die skille oral sodat die stroop lekker kan deur kook
Dan gooi ek klaar suiker, water en suurlemoen sap by en verhit stadig tot kookpunt.
Reguleer jou hitte sodat jy nie oorkook nie.
Roer gereeld ook om oorkook en aanbrand te voorkom.

Ek gebruik nie kalk nie, alhoewel ek weet dat sommige mense wel kalk gebruik maar dit kompliseer dinge net vir my en myne smaak en hou goed sonder al die tierlantyntjies.
Wanneer ek sê afkoel beteken dit net dit, afkoel (nie kokend warm meer nie) anders gaan die kerswas nie stol sodat jy die bottel dig kan toedraai nie. Die kerswas is net om ‘n lagie te vorm sodat daar konfyn nie blootgestel is aan suurstof wat die vrugte kan laat sleg word en gis nie.
Ek het die basiese resep gegee so sou jy dan nou bv 3 kg vrugte het sal jy dan nou die 1 kg resep net 3 x vermeerder. Dws ek het 15 kg vye gehad so ek het dit 15 x vermeerder.

Die 15 kg het ongeveer 4 en half ure gekook. Kook stadige en roer gereeld dat dit nie aanbrand nie. Jy skep maar kort kort klein bietjies in n piering en laat afkoel. Wanneer die stroop dikkerig word wanneer afgekoel,  is dit reg. Ek laat afkoel voor dit in bottels geskep word en verseel met n lagie kerswas, soos die ou mense gedoen het, voor ek dig toeskroef. Dit hou lank op die rak.

Resep en foto:  Ina Pretorius




WIT PERSKE KONFYT

WIT PERSKE KONFYT

7 kg gesniperde wit perskes
7 kilogram suiker
3 teelepels wynsteensuur

Plaas perskes en suiker laag vir laag in groot pot. Laat stadig warm word roer kort kort sodat vrugte en suiker goed kan meng. Hou aan met roer tot al die suiker gesmelt het.halfpad deur kookproses sit wynsteensuur in en meng goed deur.
Draai hitte nou op en laat kook tot vrugte sag en stroop dik is. Bottel in gesteriliseerde bottels terwyl nog warm
Bron en Foto: Nelsie Fritz




MARMALADE MET 4 VRUGTE

MARMALADE MET 4 VRUGTE

1 Lemoen
1 Suurlemoen
1 Pomelo
1 Tangelo of naartjie

METODE:
Was die vrugte goed af en snipper in repies.
Meet vrugte met koppie af en voeg 3 koppie water
vir elke koppie vrugte by.
Kook in mikrogolf vir 30 min op hoog.
Meet weer met koppie af en voeg nou 2 koppie suiker
vir elke koppie vrugte by.
Kook op stoof vir ongeveer 1 uur.
Skep die skuim wat vorm gereeld af.
Bottel warm.
Bron en Foto: MarindaFerreira




WILMA SE DIABETIESE VYEKONFYT


WILMA SE DIABETIESE VYEKONFYT
2 kg Ryp vye, geskil en opgesny
750 ml Xylitol
15 ml suurlemoensap
5 ml suurlemoenskil
Knippie sout

Smeer die kante van jou kastrol met botter/margarine
Sit al die bestandele daarin en kook tot meeste vrugtesap geabsorbeer het.
Bottel warm in skoon gesteriliseerde bottels.
Foto: Wilma Josey Venter
Resep: Wilma Josey Venter

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.




NICOLAAS SE FYN TURKSVY KONFYT

NICOLAAS SE FYN TURKSVY KONFYT
500 g afgeskilde turksvye
188 g suiker
360 ml water
suurlemoensap van ¼ suurlemoen
knippie sout
gekneusde gemmer

Skil die turksvye dun met ‘n skiller sodat die vleis gedeelte nog om die pit is.
Kerf nou die vrugte in stukkies
Plaas die water en vrugte in die kastrol en kook 15 minute lank in ‘n toe pot.
Voeg die suiker by en laat stadig smelt, moet nie kook voor die suiker alles gesmelt het nie.
Roer met ‘n houtlepel.
Wanneer gereed voeg die suurlemoensap by asook sout en gekneusde gemmer.
Kook nou tot die vrugte deur gekonfyt is en die vrugte deursigtig is.
Bottel in warm gesteriliseerde bottels en seel wanneer koud.

PRICKLY PEAR JAM
500 g peeled prickly pears
188 g sugar
360 ml water
juice of ¼ lemon
pinch of salt
crushed ginger

Cut the peeled fruit into small pieces.
Place fruit and water into saucepan and cook for 15 minutes in closed saucepan.
Remove from heat and add the sugar gradually.
Add lemon juice, salt and crushed ginger.
Sugar must be dissolved before jam starts to cook again.
Bring to boil again and boil till syrup is thick and fruit pieces are clear.
Bottle while hot using sterilised jars and seal when cold.

Resep : Gewysig vanaf die skakel: http://www.foodloversrecipes.com/2014/02/turksvy-fynkonfyt-stroop/
Foto: Nicolaas Marthinus Swanepoel




GEWONE WAATLEMOENSKIL STUKKE

GEWONE WAATLEMOENSKIL STUKKE
Resep en Foto: Bets Lourens
FOOD LOVERS ERCIPES
Eet eers die waatlemoen op. Gebruik dan net die skil.
3 eetlepels koeksoda
5 liters koue water
1 kg waatlemoenskil
6 koppies water
5 koppies suiker
4 eetlepels suurlemoensap
¼ teelepel sout

Skil die groen gedeelte af en krap al die oorblywende rooi uit.
Prik die wit gedeelte goed aan alle kante en sny in stukke.
Meng koeksoda met die 5 liters water en week die stukke oornag daarin.
Spoel die volgende dag goed af voordat jy dit kook.
Plaas water, suiker, sout en suurlemoensap in ‘n groot kastrol.
Roer totdat al die suiker opgelos het en bring tot kookpunt.
Sit die stukke in en kook vinnig vir ± 2 ure tot al die stukke deurskynend is.
Verwyder van stoof en skep in gesteriliseerde flesse.
Verseël en laat koud word.
NS: Ek het sommer die stroop wat oor was nadat ek al die bottels gevul het nog so ‘n rukkie gekook om goed dik te word, bietjie vanilla geursel by gevoeg en gebruik dit nou as stroop saam met wafels.
Ek het uit die 3½ kg stukke 4 groot en 2 klein bottels gekry.




MARIUS SE MANGO KONFYT

MARIUS SE MANGO KONFYT
500 g mango (geskil en in blokkies gesny)
300 g suiker
2 eetlepels suurlemoensap(verkieslik vars)
½ teelepel gemmer
1 stingel rosemary
mespunt kaneel

Kook al die bestanddele sonder water maar begin met lae hitte en gaan stelselmatig warmer na 40 minute sodat die water in die mango beslag kan uit kook.

Kook altesame vir 90 minute tot die regte dikte verkry is. Onthou die mango stol bietjie as dit in die yskas is so moenie jou konfyt te dik maak nie.

Pars die gekookte mango elke nou en dan met jou “smasher” tot dit sy fyn moontlik is.

As dit klaar gekook is kom die harde werk. Pars die mango deur jou meel sif in ‘n bak. Daar sal ‘n dok haarsel agterlaat oorbly in die sif.

Gooi die steeds warm mango fyn beslag in bottels tot ronding bo vorm en seël.

Pas jou resep aan soos jy dit verkies maar ek gebruik ‘n 2:1 vrugte:suiker verhouding. Vir minder soet vrugte 2:2
FOTO EN RESEP:  Marius Stragen Vd Walt




ELSJE SE VYEKONFYT


ELSJE SE VYEKONFYT
2.5 kg vye( ek sny my vy in 6 stukkies)
7 snye vars gemmerwortel (gekneus)
2.5kg wit suiker
500 ml druiweasyn
1tl sout
Meng alles, wag tot suiker opgelos is.
Kook op hoog vir 1 uur.
Ek pluk my vye daagliks, sny dit op en vries dan in 2kg pakke. Haal uit en laat ontdooi wanneer ek tyd het om konfyt te kook.
FOTO EN RESEP: Elsje Stander
2de foto:  Jean Botha