VARIASIE APPELKOOSKONFYT EN -BLATJANG RESEPTE

VARIASIE APPELKOOSKONFYT EN -BLATJANG RESEPTE
FOOD LOVERS RECIPES
TRADISIONELE APPELKOOSKONFYT
1 kg ryp appelkose, gehalveer en pit uitgehaal
1 kg witsuiker
250 ml water
1 eetlepel suurlemoensap

Verhit water en suiker tot opgelos.
Voeg appelkose by, met die velkant bo.
Prut stadig vir ±45 minute tot dik en glansend.
Voeg suurlemoensap in die laaste paar minute by.
Skep warm in gesteriliseerde flesse en seël dadelik.

APPELKOOSKONFYT MET GEMMER
1 kg appelkose
1 kg suiker
1 koppie water
2–3 teelepels fyngerasperde vars gemmer

Verhit water en suiker tot opgelos.
Kook die appelkose in die suikerstroop tot sag.
Voeg die gemmer halfpad deur die kookproses by.
Prut tot stroop reg toets.
Bottel warm.

APPELKOOFKONFYT MET NEUTE
1 kg appelkose
1 kg suiker
1 koppie water
½ koppie grof gekapte okkerneute of pekanneute

Kook soos gewone appelkooskonfyt.
Roer die neute by sodra die konfyt begin verdik.
Bottel dadelik.

SUUR APPELKOOSKONFYT (MINDER SOET)
1 kg appelkose
750 g suiker
½ koppie water
2 eetlepels suurlemoensap

Plaas alles in ‘n groot pot.
Prut stadig tot dik en helder van kleur. Perfek vir brood en roosterbrood.

APPELKOOS BLATJANG RESEPTE
FOOD LOVERS RECIPES
MAKLIKE APPELKOOSBLATJANG
500 g gedroogde appelkose, grof gekap
1 koppie bruinsuiker
1 koppie asyn
1 koppie water
1 ui, fyn gekap
1 teelepel gemmer
1 teelepel kerriepoeier
½ teelepel sout

Meng alles in ’n pot.
Prut vir 35–40 minute tot dik en glansend.
Laat afkoel en bottel.

APPELKOOS- EN ROSYNTJIE BLATJANG
500 g gedroogde appelkose, gekap
½ koppie rosyne
1 ui, gekap
1 koppie suiker
1 koppie appelasyn
1 teelepel mosterdsaad
1 teelepel kerriepoeier
1 knippie rooipeper

Kook alles saam oor lae hitte.
Roer af en toe tot dit dik is en reg toets.
Skep warm in flesse en seël dadelik.

APPELKOOS BLATJANG MET KERRIE
(Soet  en perfek vir hoender)
1 kg gedroogde appelkose, gekap
2 uie, in blokkies
2 koppies suiker
2 koppies wit of bruin asyn
1 eetlepel kerrie
1 teelepel gemmersous of vars gemmer
1 teelepel knoffel
1 teelepel mosterdpoeier
1 teelepel sout
1 koppie water

Kook uie tot sag.
Voeg alles by en laat stadig prut vir ±1 uur.
Bottel warm in gesteriliseerde flesse.

APPELKOOS- EN RISSIEBLATJANG
600 g gedroogde appelkose
2 rooi chili’s, fyn gekap
1 ui, gekap
1 koppie wit asyn
¾ koppie suiker
1 teelepel sout
1 teelepel gemmer
1 koppie water

Prut alles vir ±40 minute tot ‘n lekker dik blatjang vorm. Bottel warm.

APPELKOOS- EN MANGOBLATJANG
300 g gedroogde appelkose
1 groot mango, in blokkies
1 ui, gekap
1 koppie suiker
1 koppie wit asyn
½ koppie water
1 teelepel kerrie
½ teelepel knoffel
Knippie sout

Laat alles saam prut tot dik. Soet, suur en geurig -baie lekker!

VINNIGE APPELKOOSBLATJANG (15 MIN)
1 pakkie gedroogde appelkose (250 g), grof gekap
½ koppie warm water
½ koppie suiker
½ koppie asyn
1 teelepel kerrie
Knippie sout

Week appelkose 5 minute in warm water.
Meng met ander bestanddele.
Kook 10 minute gebruik dadelik.




NEKTARIEN KONFYT


NEKTARIEN KONFYT
Baie beslis kan jy konfyt kook van nektariens.
1 kg nektariens
2 koppies suiker
vanilla geursel
suurlemoensap

Kies vrugte wat nog stewig is, maar nie groen nie. Sny van die pit af en in blokkies, nie nodig om af te skil nie.
Bedek die nektarienblokkies met suiker en plaas vir 3 dae in die yskas. Dit maak die vloeistof wat nodig is vir die konfyt.
Na drie dae, plaas die vrugte in ‘n kastrol, voeg die vanilla en suurlemoensap by. Verhit tot kookpunt. Verlaag dan die hitte en kook vrugte vir om en by twintig minute totdat die vrugte deursigtig en stroop die regte dikte is. Toets op ‘n klein bordjie. Bottel warm in skoon glasflesse.

Resep geplaas deur Ansie Smit




WORTELKOEKKONFYT


WORTELKOEKKONFYT
1.5 kg wortels geskil en gerasper
1.5 kg pere geskil en blokkies gesny
2 groot pynappels geskil en fyn gemaal
½ teelepel sout
125 ml suurlemoensap
1 eetlepel vanilla
½ teelepel neutmuskaat
¼ teelepel kaneel
8 koppies witsuiker
4 koppies bruinsuiker
Voeg 1ste 8 bestanddele saam in ‘n groot pot op die stoof en kook tot sag.
Voeg die witsuiker en bruinsuiker by en kook verder tot verlangde tekstuur.
Bottel warm in gesteriliseerde flesse en verseël.
Indien die pere te hard is, kook dit eers 10 min voor die ander bestanddele bygevoeg word.
Resep getoets en foto: Ben Rautenbach




MOSSIE SE APPELKOOSKONFYT


MOSSIE SE APPELKOOSKONFYT
2 kg appelkose gehalveer (of kwarte)
1.5 kg suiker
Paar appelkoospitte
Pak appelkooskwarte en suiker in lae. Sit appelkoospitte by. Ek laat so uur staan voor ek begin kook of oornag is ook reg. Dit vorm dan stroop.
Smeer die kante van kastrol met margarine wat verhoed dat konfyt oorkook. Roer deur dit kneus appelkose en vorm nog stroop.
Laat suiker oor stadige hitte smelt en as suiker alles gesmelt het, kook op vinnige hitte. Roer gedurig om te voorkom dat konfyt aanbrand.
Doen die pieringtoets. Myne het ek net 20 minute gekook, maar appelkose was redelik ryp met genoeg pektien om reg uit te kom. Pitte word verwyder.
Ek laat my appelkooskonfyt koud word voor ek dit seël. (Deksels opsit).
Resep geplaas deur SB Mossie Mossie
Foto: SB Mossie Mossie




MURGPAMPOENTJIE-EN-GEMMERKONFYT


MURGPAMPOENTJIE-EN-GEMMERKONFYT
1,15 kg murgpampoentjies, in klein stukkies
sap van 2 suurlemoene
4 groot eetlepels gemmer, in klein stukkies gesny/gekap
500 g suiker
Sit alles in ‘n gesmeerde pot en kook vir een minuut. Maak alles fyn met ‘n elektriese handmenger en kook dan nog sowat 30 minute totdat murgpampoentjiesap reduseer. Sit die konfyt in gesteriliseerde flesse, draai die deksels styf vas. En plaas dit 10 minute lank onderstebo en bêre.
Resep en foto: Annet Geelhoed.




KOEMKWAT KONFYT


KOEMKWAT KONFYT
1 kg koemkwatte, gehalveer en die meeste pitte uitgehaal
1 kg suiker, op die vruggies gegooi en oornag laat staan

Verhit alles stadig in ‘n kastrol tot die suiker opgelos is.
Bring die mengsel tot kookpunt en kook stadig vir 20 minute.
Skep in gesteriliseerde potjies.

Foto: Gideon Louw




HETTIE SE RISSIE TAMATIEKONFYT


HETTIE SE RISSIE TAMATIEKONFYT
2.5 kg klein tamatietjies, gehalveer of
2 kg groot ryp tamaties
2 Grannysmith appels, fyn gerasper sonder skil (vir pektien)
ongeveer 7 rooi rissies, op gekerf, gooi pitte ook in vir meer brand
1.5 kg suiker
½ stuk vars gemmer, in stukkies gesny of
2 teelepels fyn gemmer
½ teelepel sout
sap van een suurlemoen

Halveer tamatietjies met skil of gooi groot tamaties in warm water om skil af te trek – sny op in klein blokkies.
Meng alles saam en laat staan vir so ½ uur sodat suiker kan smelt.
Kook oor lae hitte vir ongeveer 1 ½ tot 2 ure of tot konfyt stol stadium bereik. Roer gereeld sodat dit nie brand nie. (Ek skep nie die skuim af)
Bottel warm in gesterliseerde botteltjies.
Maak ongeveer 5 heuning botteltjie vol.
Resep geplaas deur Hettie Gouws Stoltz
Foto: Hettie Gouws Stoltz




VYEKONFYT IN DIE MIKROGOLF


VYEKONFYT IN DIE MIKROGOLF
1 kg vye, fyngesny
175 ml water
60 ml suurlemoensap
750 g witsuiker (ek het 500 g gewone witsuiker en 250 g strooisugar) gebruik
1 eetlepel gerasperde gemmerwortel

Plaas vye in groot mikrogolf bak, voeg water, suurlemoensap en gemmer by.
Bedek die inhoud met kleefplastiek steek paar gaatjies met vurk en en mikrogolf op 100% vir 12 minute.Roer tussen in. Gooi suiker en 1 teelepel botter of margarien in en roer totdat alle suiker opgelos het.
Roer die eerste 6 minute dikwels tot alle suiker opgelos het en nie weer daarna nie.
Kook vir verdere 6 minute nog steeds op 100% krag, toets nou op koue piering ‘n bietjie, as stroop lekker dik is, is konfyt reg.
Indien nie, kook nog so vir 5 minute.
Roer goed deur en laat rukkie staan.
Bottel warm.
Resep en foto: Annatjie Kotze




GEBOTTELDE PERSKES


GEBOTTELDE PERSKES
Ek het bietjie perskes verwerk na daai amazing winskopie nou die dag. Geelperskes is iets wat skaars en duur is hier. Ek het nie resepte gebruik nie, net gemaak soos my ma my geleer het.

Ek het die perskes geskil en in water laat lê tot ek die laaste gedoen het. Toe vat ek daai lekker perskewater en witsuiker en maak stroop 1:1, en kook die perskehelftes vir so 10-15 minute in die res van die perskewater.

Toe sit ek dit in die strooppot en skep van daar af in warm gesteriliseerde bottels met stroop. Toe in waterbad (kokende pot) gekook vir 15 minute vir elke pot met bottels. Toe vat ek die stroop wat oor is, kook dit tot baie dik en los eenkant, en kook die konfyt perskes in suiker (750g suiker vir elke 1 kg vrugte) en WAS AF die suikerkorrels op die kante van die pot (verhoed dat dit sandsuiker word). Toe dit amper sag was, het ek die stroop wat oor was bygesit met ‘n sakkie pektien, deurgekook en gebottel in gesteriliseerde flesse.
Resep en foto: Kiti Citi




CHILLI JAM


CHILLI JAM
150 g chilli’s
150 g red pepper
1 kg sugar
600 ml vinegar
2 large granny smith apples

Chop the chillies and pepper fine.
Peel and grate the apples.
Combine all ingredients in a pot and cook over moderate heat till the jam is ready.
Bottle and seal hot.
Recipe and photo: Nicolette Papas
Note: Steven Macdonald
This is the recipe I started with from Nicolette. However I have used a mix of chilli fruit depending on whatever I have on hand. So cayenne, jalapeño and Serano. Any ratio doesn’t matter. I have also found that I can up the ratio of fruit significantly. For this sugar / vinegar quantity I put in 900 grams of finely chopped fruit.
The other thing worth mentioning is that there is no discernible difference in taste between brown grape vinegar or the much cheaper brown spirit vinegar.
Pictures to follow.