HESTELLE SE HEERLIKE KOEKSISTERS


HESTELLE SE HEERLIKE KOEKSISTERS
Ek het Johanna se resep bietjie aangepas. Die geheim van ‘n lekker koeksister, le in die stroop. As dit te soet is, eet almal net een. Omdat ek my stroop nie so soet maak nie, hou hulle nie op met eet nie!
DEEG:
4 koppies koekmeel
4 teelepel bakpoeier
2 eiers
125 ml margarien
4 ml sout
+- 300 ml melk
Sif droë bestanddele saam en vryf margarien in .
Klits eiers goed, klits in melk en maak beslag daarmee aan.
Knie goed deur en bedek met klam doek vir 30-40 min.
Rol uit. Maak stroop vorige dag aan en sit in ys (of vries-) kas.
STROOP:
7 koppies suiker
4 koppies water
1 eetlepel goue stroop
2.5 ml wynsteensuur, (of 30 ml suurlemoensap)
1 desertlepel vanilla geursel (12.5 ml)
Jy kan 2.5ml kremetart ook by die koue stroop gooi.
Los suiker in koue water op. Kook ongeveer 8 min.
Voeg ander bestanddele by en laat koud word. Sit in bak sonder deksel in yskas en toe bak in vrieskas.
Dit vries baie goed. Mens moet die eerste keer eintlik die stroop dubbeld aanmaak, anders is dit te min.
Resep: Hestelle Engelbrecht






