MICHELLE SE KRAKERIGE KOEKSISTERS


MICHELLE SE KRAKERIGE KOEKSISTERS
18 koppies koekmeel
18 teelepels bakpoeier
125 g botter
2 eiers
1 koppie water
1 ¼ eetlepel sout
Knie deeg vir 25 minute en laat rus vir 1 uur met klam vadoek bo-op.
Stroop:
20 koppies suiker
10 koppies water
2 eetlepels goue stroop
Roer tot begin kook voeg dan stroop by en kook dan vir 7 minute oor lae hitte.
Laat staan stroop oornag laat dit koud kan wees.
Wenke
Ek hou my deeg te alle tye koud as dit klaar gevleg is, sit dit op ‘n skinkbord wat met olie gesmeer is en dan met ‘n klam vadoek bo-op. As die olie warm is, sit ‘n stukkie deeg in en as die deeg binne 6 tellings opkom, is die olie reg vir bak.
Direk van die olie in die stroop en hou dit onder met daai draad houer waarmee mens chips bak, dit werk soos ‘n bom. Sodra my koeksisters afgekoel is, verpak ek dit dadelik in sakkies met rekkies om en sit dit in die vrieskas.
So 15 minute voor mens wil eet, haal dit uit. Hul sal nogsteeds sappig en krakerig wees.
Moet ook nie te veel die deeg hanteer nie ten minste 3 keer uitrol daarna gooi weg of maak balletjies, anders val koeksisters gate in, dit is nie te erg as mens hom uitrol 3 keer nie, mens moet maar net nie te veel in mens se hande hou, sulke tipe goed want dan gaan die deeg warm word.
Resep en foto: Michelle De Koker













