RIANA SE WENNER SJOKOLADEKOEK

sjokolade koek rianatested

RIANA SE WENNER SJOKOLADEKOEK
4 eiers
1 kop suiker
2 eetlepels kakao
4 eetlepels kookwater
1 koppie koekmeel
Knippie sout
250 g margarine /botter gesmelt
1 teelepel vanilla of karamel geursel
2 teelepels bakpoeier


Klits eiers baie goed, voeg suiker by en klits tot romerig.
Los kakao op in kookwater.
Voeg meel en sout by eiermengsel, klits.
Voeg dan kakaomengsel, botter en geursel by.
HEEL LAASTE BAKPOEIER
Bak in 2 laagpanne vir 20-25 min by 180ºC.
Versier soos verkies.
Resep en foto: Riana du Plessis



MIKROGOLF SJOKOLADEKOEK – IN ROOMYS BAK

roomys bak koekroomysbak-vla-variasietested

MIKROGOLF SJOKOLADEKOEK – IN ROOMYS BAK
375 ml strooisuiker
500 ml koekmeel
125 ml kakao
‘n knippie sout
15 ml bakpoeier
4 ekstra groot eiers (geskei en wit styf geklits)
125 ml sonneblomolie
5ml vanilla of karamel geursel
250 ml warm water

Sif meel, strooisuiker, kakao, sout en bakpoeier goed saam.
Meng die eiergeel, olie en geursel en voeg 250 ml warm water by.
Voeg die meelmengsel bietjie vir bietjie by die vloeistof.
Klop dit met ‘n klitser op sy laagste spoed, vou dan die eierwit by.
VERDEEL DIE MENGSEL TUSSEN TWEE ROOMYSBAKKE WAT BAIE GOED MET OLIE GESMEER IS EN SIT DIT IN DIE MIKROGOLF VIR 12 TOT 14 MIN TEEN 70% KRAG.
Versier soos verkies!!!

Foto:  Linda Venter – beslag verdubbel

2de foto en variasie:  Elize Venter
Ek het vandag die sjokolade koek wat op die blad is wat in 2 liter roomys bak gebak word, so bietjie verander na ‘n vlakoek toe. Ek het net die kakao vervang met vla en toe koek koud is, middeldeur gesny en ‘n vlavulsel ingesit met klapper oor, dit smaak heerlik.

 




DADEL-KOFFIEKOEK IN DIE MIKROGOLF MET ‘N KOFFIESOUS

DADEL-KOFFIEKOEK IN DIE MIKROGOLF MET ‘N KOFFIESOUS

*Lees asb nota onderaan.
Beslag:
125 g dadels
1 ½ koppie koekmeel
¼ koppie suiker
1 teelepel bakpoeier
3 ml sout
15 ml koffiepoeier
115 ml water
120 ml olie
2 eiers
2 eetlepels appelkooskonfyt
Stroop:
¼ koppie suiker
½ koppie kookwater
20 ml koffiepoeier
Ontpit en kap die dadels op of gebruik saamgpersde dadels en plaas in ‘n bak of beker.
Giet ‘n ½ koppie kookwater oor die dadels en mikroglf vir 3 min, dit sal so “mushi” lyk, plaas eenkant.
Meng die stroopbestanddele saam en mikrogolf vir 3 min, roer deur en plaas eenkant.
In ‘n mengbak, voeg die meel, suiker, bakpoeier en sout saam, roer deur en plaas eenkant.
Meng die koffie, kookwater, olie en eiers saam.
Voeg dit by die meelmengsel en meng tot goed gemeng.
Roer die dadelmengsel laastens by.
Neem ‘n mikrogolfbak en skep die konfyt op die bodem, smeer dit eweredig oor die bodem.
Skep die deegbeslag op die konfyt.
Plaas die bak op ‘n onderstebo bord in die mikrogolf en mikrogolf vir 10 min op hoog.
As dit nog rou is in die middel, plaas dit vir nog 5 min in.
Verwyder die bak uit die mikrogolf en paas weer die stroop in die mikrogolf vir 2 min.
Druk gate in die koek met ‘n stokkie of ‘n vurk en giet die sous oor die koek.
Skud die koekpan en dop die koek op ‘n bord uit sodat die sous oor die koek loop.
Whala, jyt ‘n heerlike dadelkoek. Ja dis ‘n lang proses, maar dit is die moeite werd, geniet.
*Foto en nota: Marlene Potgieter:
Ek het hierdie resep oor die naweek probeer, 125 g saamgepersde dadels gebruik, en dit vir 12 minute in die mikrogolf op hoog gaargemaak (700W oond). Die tekstuur is soos koek en nie soos poeding nie, indien jy dit dalk meer soos ‘n poeding verkies, stel ek voor, verdubbel die sousbestanddele en gebruik 250 g dadels. Dis nie baie soet nie en baie lekker saam met vla.
Resep: Washielah Adams




SJOKOLADEKOEK SONDER EIERS EN MELK

SJOKOLADEKOEK SONDER EIERS EN MELK
650 ml koekmeel
90 ml kakaopoeier
10 ml bakpoeier
10 ml koeksoda
3 ml sout
325 ml strooisuiker
160 ml olie
30 ml asyn
5 ml vanilla
500 ml water

Sif die meel, kakao, bakpoeier, koeksoda, sout en strooisuiker saam. Meng die olie, asyn, geursel en water. Voeg geleidelik by die droë bestanddele terwyl voortdurend geklop word. Giet beslag in 2 gesmeerde koekpanne. Bak 35-40 min by 180°C of totdat die toetspen skoon uitkom. (Enkel laag bak 50-55min)
Laat die koeke 5 min in die panne afkoel voordat dit op ‘n draadrak uitgekeer word. Versier soos verkies.
NOTA en Foto: Gerda Erasmus Pretorius
Belangrik: Wat ek gedoen het, ek het die resep 2x apart vir elke koekpan aangemaak.




PIESANG EN WORTELKOEK

wortelkoek

PIESANG EN WORTELKOEK
(GESKIK VIR DIABETE)
MAAK 18 PORSIES 1 PORSIE = 427KJ = 1 STYSEL + 1 VRUGTE RUIL
2 eiers
50 ml sonneblomolie
330 ml volgraan meel
10 ml bakpoeier
200 g gersaperde wortel
1 piesang fyn gemaak
150 ml lemoensap
25 g okkerneute fyn gekap
Gerasperde skil van ½ lemoen
5 ml kaneel
2 ml neutmuskaat

VERSIERING
1 piesang fyn gemaak
50 g vetvrye maaskaas
5 ml vanielje
Kaneel

Meng al die bestanddele vir die koek saam. Gooi in voorbereide pan
Bak by 180°C vir 60 min. of tot gaar Laat goed afkoel
Versiering: Klop piesang by maaskaas en voeg vanielje by. Smeer oor koek en strooi kaneel oor.

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.




CLASSIC ANGEL FOOD CAKE

ANGLE CAKE
CLASSIC ANGEL FOOD CAKE
Jammer dis in Engels maar my vriendin, Alett van Zyl het hierdie koek gebak vir moedersdag en ek moes opsluit die resep kry om met almal hier te deel.
1 cup sifted confectioners’ sugar
1 cup sifted all-purpose flour
¼ teaspoon salt
12 large egg whites
1 ½ teaspoons cream of tartar
1 cup granulated sugar
1 ½ teaspoons pure vanilla extract
1 ½ teaspoons fresh lemon juice (optional)
½ teaspoon pure almond extract (optional)
Preheat the oven to 350ºF.
Sift the flour and confectioners’ sugar before measuring. Then sift them both together again with the salt.
Using the whisk attachment on a stand mixer, beat the eggs and cream of tartar together on medium speed until foamy. Increase the speed to medium-high and add the vanilla and lemon juice and almond extract if desired. Gradually add the granulated sugar and beat until stiff peaks form, meaning that when a beater is lifted from the mixture, the peak stands straight up without curling over.
Sift a ¼ cup of the flour mixture over the whipped egg whites and gently fold in. Repeat with the remaining flour mixture ¼ cup at a time.
Pour the mixture into an angel food cake pan, and gently tap the pan on the counter several times to release any large air bubbles.
Bake the cake on the lowest rack of the preheated oven for approximately 40 – 45 minutes. Immediately turn the cake over to cool after removing it from the oven and cool thoroughly before serving.
Serves 12
Posted: Wilma Josey Venter
Photo: Alett van Zyl

 




SPONSKOEK VIR YSTERVARKIES

SPONSKOEK
SPONSKOEK VIR YSTERVARKIES
1 ½ kp koekmeel
1 ½ teelepel bak poeier
1 koppie suiker
3 eiers
¾ koppie melk
3 eetlepels botter

Meng eiers en suiker goed, kook melk en botter. Giet by meel en bak poeier by eier mengsel.
As die melk en botter klaar gemeng is, voeg by die ander mengsel en meng goed, en bak in matige oond, 180°C vir 30 min, toets met stokkie om te sien of dit gestol het.
Ek weet dit werk vir ‘n sponskoek om enige iets by te sit.
Nota: moet asb nie margarine gebruik nie (sponskoek)
Resep: Ninky Bekker




ELSIE SE YSTERVARKIES

lamingtons Caroltested

ELSIE SE YSTERVARKIES

Ek bak die resep al baie jare By my ouma gekry Het nog nooit ‘n mislukking ge had nie. Ek gaan die 25 ste weer bak vir ‘n troue. Ek laat altyd die koek 24 uur staan voor ek hom in die sous doop. Hy is dan nie so bros nie en kom pragtig.
4 koppies meelblom
2 koppies suiker
250 g margarien
4 eiers
4 teelepels bakpoeier
1 1/3 koppies melk
Knippie sout

Room margarien en suiker. Klits eiers 1 vir 1 by. Klits goed. Sif droë bestanddele en voeg om die beurt met die melk by. Deeg moet nie te styf wees nie moet beslag min of meer van ‘n botterkoek hê. Gooi in gesmeerde pan (ek gebruik 2 panne min of meer die grote van ‘n bierbox anders kom die koek te hoog en dan is die ystervarkies te groot) Bak tot goudbruin by 180 ºC.
Keer uit en laat afkoel

Stroop
3 koppies suiker
2 eetlepels kakao
1 1/2 koppies kookwater
1 eetlepel margarien

Meng alles en laat net opkook. Hou stroop warm terwyl jy koek daarin doop. Doop koek in stroop en rol in klapper plaas op afkoel rakkie tot afgekoel.

Resep: Tim En Elsie Slabbert
Foto:  Carol Visser




BAR ONE CHOCOLATE CAKE


BAR ONE CHOCOLATE CAKE
225 g butter
125 ml cocoa
5 ml coffee powder
250 ml water
2 eggs
300 ml sugar
10 ml vanilla essence
450 ml self-raising flour
190 ml cream
Topping:
2 x 58 g Bar One chocolates, cut up
50 g dark chocolate
100 ml cream
5 ml butter

Combine the butter, cocoa, coffee and water in a pot and heat gently until melted. Cool slightly and set aside.
Beat eggs and sugar, adding vanilla until light and fluffy. Add sifted flour and cream and mix well. While beating gradually add the cocoa mixture. Mix well.
Pour into a greased and lined 20cm-deep cake tin and bake at 180°C for 50-60 minutes.
For topping: combine all ingredients in a pot and heat gently until melted and smooth.
Cool until thickened. Pour over cooled cake. Leave to set.

Recipe: CAROL ELLIOTT CLAASEN




PYNAPPEL KAASKOEK

pynappel kaaskoektested

PYNAPPEL KAASKOEK
1 pakkie tennisbeskuitjies, fyngemaak
100 g botter, gesmelt
250 g ongegeurde maaskaas
1 blik (397 g) kondensmelk
1 blik (440 g) fyn pynappel, gedreineer (hou die stroop)
2 eiers
10 ml (2 teelepels) suurlemoen skil
60 ml (1/4 koppie) suurlemoen sap
15 ml (1 eetlepel) vla poeier

Voorverhit die oond tot 150 grade celsius.
Meng die beskuitjie krummels en botter en druk dit vas in die bodem van ‘n kaaskoek pan. Verkoel.
Klits die maaskaas en kondensmelk saam. Voeg die helfte van die pynappel by. Voeg die eiers, suurlemoenskil en -sap by. Meng goed.
Gooi oor die beskuitjie basis en bak vir 30 minute. Skakel die oond af, en laat afkoel in die oond. Verkoel verder in die yskas.
Meng die oorblywende pynappel en die stroop in ‘n klein potjie. Klits die vla poeier by. Kook oor lae hitte tot mengsel verdik.
Verkoel en smeer oor die kaaskoek.
Versier met geklopte room indien verkies