LEMOENSTROOPKOEK MET DADELS


LEMOENSTROOPKOEK MET DADELS
Foto: Riki van der Walt
1 koppie botter
¾ koppie suurmelk
2 eiers
2 eetlepels versuikerde lemoenskil
½ koppie gekapte neute
knypie sout
1 koppie kookwater
1 koppie suiker
1 teelepel koeksoda in melk
1 koppie gesnyde dadels
2 koppies koekmeel

Giet die kookwater oor die dadels. Room botter en suiker en voeg eiers een een by.
Voeg dadels, lemoenskil en neute by. Meng laastens meel en melk om die beurt by.
Bak in gesmeerde panne by 180ºC vir 25 – 30 min.
Haal uit oond en giet koue stroop oor.

STROOP:
Meng saam:
sap van 2 lemoene
2 teelepels gerasperde skil
1 koppie suiker

Smelt op lae hitte, verkoel en giet oor warm koek.
Ander resep sê mens kan stroop warm oorgooi.
Nota: Riki van der Walt –  Ongelooflike lekkerte deurdrenk van stroop – ideaal vir nagereg met dun, stomende vla vir die winter!




BASIESE VANILLA KOEK BESLAG MET 4 VARIASIES

harry se sjok koek
BASIESE VANILLA KOEK BESLAG MET 4 VARIASIES
120 g (130 ml) botter
110 g (185 ml) strooisuiker
7 ml vanilla geursel
2 groot eiers
240 g (440 ml) koekmeel
10 ml bakpoeier
125 ml melk
Voorverhit die oond tot 180°C. Klop die botter tot lig, voeg die strooisuiker bietjie-bietjie by en klop goed. Voeg die vanilla by en daarna die eiers een- een, klop goed na elke byvoeging. Sif die meel, bakpoeier en ‘n knippie sout saam. Vou dit om die beurt met die melk by die bottermengsel. Skep in gesmeerde en gevoerde ronde koekpan van 22cm. (ring pan werk ook baie goed en versier pragtig) Bak vir 45min of tot die toetspen skoon uitkom. Laat vir 10min in die pan afkoel. Keer uit en laat verder afkoel op ‘n draadrakkie. Versier met botterversiersel of soos verlang.

VARIASIES
SJOKOLADEKOEK
Verminder die hoeveelheid koekmeel met 50 ml, verhit die melk en voeg 50 ml kakaopoeier en 10 ml suiker by. Roer tot opgelos en laat afkoel, volg resep soos bo.

LEMOENKOEK
Verminder die hoeveelheid melk tot 65 ml en voeg 60 ml vars lemoensap by. Voeg 5 ml gerasperde lemoenskil by. Volg resep soos bo.

SUURLEMOEN OF LEMMETJIEKOEK
Verminder die hoeveelheid melk tot 100ml en gebruik 25 ml suurlemoen- of lemmetjie sap. Voeg 7 ml gerasperde suurlemoen- of lemmetjie skil by. Volg resep soos bo.

KLAPPERKOEK
Voeg 100 ml droë klapper by en verminder die hoeveelheid koekmeel met 50 ml. Volg resep soos bo.

BOTTERVERSIERSEL.
Klop 225 g (245 ml) sagte botter en 460 g (885 ml) gesifte versiersuiker saam. Voeg 50-60 ml melk bietjie-bietjie by tot die mengsel glad en smeerbaar is. Geur met 10ml vanilla geursel of 5 ml gerasperde skil om te pas by die koek, of gebruik 400 g  versiersuiker en 60 g (190 ml) kakaopoeier vir sjokoladeversiersel.

 

 




SECRETS CARROT CAKE

wortelkoek

SECRETS CARROT CAKE
Recipe and photo: Glynn Bell
Beautiful and moist cake.
FOODLOVERS RECIPES
2 cups sugar
1 ½ cups sunflower oil
2 cups cake flour
2 teaspoons bicarb of soda
2 cups grated carrots (I prefer to peel them)
¾ cup coconut
2 pink lady apples, peeled and grated
1 cup sultanas (yellow raisins)
4 eggs
2 teaspoons cinnamon
1 teaspoon salt
1 cup peacan nuts (chopped)
Preheat oven to 180ºC.
In a large bowl, mix carrots, apple, coconut, nuts and raisins. Sieve together in a separate bowl all the dry ingredients. In electric mixer beat sugar, eggs and oil ‘till smooth and light in colour.
Slowly add the dry ingredients, spoon by spoon and while mixer is running at low speed.
Pour the mix into the fruit and nut mix and mix well with a wooden spoon until well incorporated.
Grease a large Bundt pan and pour the mixture into pan.
Bake for 1 hour. Test if ready by putting a knife in and if it comes out clean the cake is done, if not, bake for another 20 min at 150ºC.
Leave the cake in the pan to cool before turning it out on wire rack.
Frost with cream cheese frosting. Enjoy.




PATATKOEK

2015-11-01-patatkoektested

PATATKOEK
Resep getoets en foto: Jeanette Martins
Hierdie koek is vir my amper lekkerder as n wortelkoek. Patats is nou volop, probeer dit gerus.
FOOD LOVERS RECIPES
Koek:
375 ml olie
1 ½ koppie strooisuiker
4 eetlepel kookwater
4 eiers, geskei
375 ml patat, geskil en grof gerasper
100 g pekanneute, gekap
5 ml vanilla geursel
2 koppie koekmeel
1 eetlepel bakpoeier
1 teelepel fyn kaneel
knypie fyn neutmuskaat
knypie sout
Versiersel:
60 ml sagte botter
2 koppies versiersuiker, gesif
125 g geroomde maaskaas
50 g pekanneute, gekap
bietjie fyn kaneel
Stel oond op 180ºC. Klits olie en strooisuiker saam. Voeg kookwater en eiergele by en klits vir 5 min. Roer patat, neute en vanielje by en meng goed. Sif meel, bakpoeier, kaneel, neut en sout en roer by eiermengsel. Klits eierwitte styf en vou by mengsel in.Skep deeg in twee gesmeerde panne en bak vir ongeveer 30min of tot toetspen skoon uitkom. Laat koeke effens afkoel.
Versiersel: Room botter en versiersuiker tot liggeel. Voeg bietjie maaskaas by indien te styf en klits tot glad. Roer maaskaas met lepel by. Nie te veel roer nie. Smeer versiersuiker op koeke en rond af met neute en kaneel.




THE EASY CHOCOLATE CAKE/ WIT KOEK

CHOCOLATE CAKE

THE EASY CHOCOLATE CAKE/ WIT KOEK
750 ml cake flour
4 teaspoons baking powder
1 teaspoon bicarbonate of soda
2 cups sugar
80 ml cacao
2 cups boiling water
1 cup cooking oil
50 ml vinegar(white)
2 teaspoons vanilla essence
pinch of salt

Just place all of the ingredient in 1 bowl and mix even in the pan you want tobake it in. Bake for +- 20 minutes.
Its not a dry cake you will never use other ingredients again.

VIR DIE WITKOEK VARIASIE
3 koppies koekmeel
20 ml bakpoeier
2 koppies suiker
5 ml koeksoda
2 koppies kook water
1 koppie olie
10 ml vanilla geursel
50 ml asyn
Knippie sout
Metode soos bo.

Resep geplaas deur:  Natascha Du Toit

 




VANILLA KOEK-CUPCAKES

VANILLA CUPCAKEStested

VANILLA KOEK-CUPCAKES
Goed hier gaan ons vir die koek resep. Dit kan gebruik word vir ‘n gewone koek asook vir cupcakes
Vir die stroop:
100 g strooisuiker
100 ml water
5 ml vanilla geursel
Kook tot suiker opgelos is en laat vir so 2 minute prut. Laat afkoel. Die stroop smeer jy met ‘n pastry kwassie oor die warm koek
Vanillakoek:
200 g sagte margarine of botter
200 g strooisuiker
10 ml vanilla geursel

4 eiers liggies geklits
200 g bruismeel (gesif)
Klits margarine tot lig en donsig (die geheim is om dit baaaaie goed te klits)
Voeg vanilla by.
Voeg die eiers een derde op ‘n slag by en klits baie goed.
Voeg nou die meel by een deerde op ‘n slag. moet glad nie dit te lank meng nie, want dan raak die koekdeeg taai.
Oond 180 ºC vir 35 minute of tot gaar.
15 cm ronde koekpan of om en by 13 cupcakes.
Cupcakes baktyd is vir my so 25 minute.
Onthou om die stroop oor die warm cupcakes te smeer.

Versiersel
450 g  gesifte versiersuiker
200 g sagte botter
5 ml vanilla geursel
Klits botter vir omtrent 5 minute. Dit moet spier wit wees.
Nou voeg jy die icing sugar een derde op ‘n slag by en na elke byvoeging klits jy dit ook vir so 2 – 3 minute.
Voeg die vanilla by en klits.
Gebruik gel kleursel. Die vloeistof een maak die icing baie sag. Vir die manier hoe om die versiering te doen moet Piet maar vinnig Oppie koppie toe gaan .
O ja en onthou hierdie stroop kan jy op enige koek smeer. Dit hou die koek heerlik klam.
Resep en foto: Diane Roode Hancox

 




ROLKOEK – JAM ROLL

tested

ROLKOEK-JAM ROLL
Hierdie is my ma s’n, en glo my ek was altyd die jam roll queen met hom!
1 koppies koekmeel
1 koppie strooisuiker
2 teelepels bakpoeier
4 eiers
Klits eiers en suiker baieeeee goed, voeg bakpoeier en meel by! Skep on goed voorbereide rolkoepan.
Bak vir 7-10 min by 190º C – as jy hom uithaal gooi hom op ‘n klam vadoek wat met bietjie suiker bestrooi is uit.  Rol op met die hulp van die vadoek, rol hom weer af, smeer jou konfyt lekker dik op en rol dan weer op sonder die vadoek.
Geniet hierdie rolkoek.. dis ‘n wenner
Resep en foto: Riana Du Plessis

 




ELSIE SE SWARTWOUDKOEK

elsie se bakdag koek
ELSIE SE SWARTWOUDKOEK
Kook saam:
1½ koppies melk
2 eetlepels margarien
Voeg 2 eetlepels kakao by die warm vloeistof en klits goed.
Sif saam en hou eenkant:
1½ koppies koekmeel
3 teelepels bakpoeier
1 eetlepel kakao (rondvol)
knippie sout
Klits baie goed saam:
4 ekstra groot eiers
1½ koppies suiker

Voeg droë bestanddele by suiker en eiermengsel. Voeg die warm mengsel by en meng goed. Moenie klits nie.  Skep in voorbereide panne.
Bak 30-35 min by 180 ºC.

Stroop:
125 ml suiker
125 ml kersielikeur
die stroop van 1 blik swart kersies aangevul met water tot 250 ml
Verhit die suiker en die water en stroopmengsel oor matige hitte. Roer tot suiker opgelos is.
Kook 5 min en laat afkoel. Wanneer afgekoel voeg die likeur by.

Versiering:
125 g donker sjokolade
Maraschinokersies
sjokolade blaartjies
750 ml room styf geklop met bietjie suiker en ½ teelepele vanilla geursel.
Plaas die een deel van koek op die opdien bord. Prik met vurk en skep die helfte van die stroop oor. Smeer ‘n laag room op. Halveer die kersies en haal pitte uit as nie reeds ontpit. Pak bo-op room.
Sit laag room op kersies. Prik die ander helfte van koek en skep sous oor. Plaas op eerste laag. Versier met res van room maraschinokersies en sjokoladekrulle.
Ek neem groenteskiller en maak vir my sjokolade- krulle.
Resep en foto: Tim En Elsie Slabbert




GRONDBOONTJIEBOTTER EN SJOKOLADEKOEK

GRONDBOONTJIEBOTTER SJOK KOEK

GRONDBOONTJIEBOTTER EN SJOKOLADEKOEK
3 eiers (geskei)
2 koppies bruin suiker
2 koppies koekmeel
3/4 koppie kakao
1 koppie karringmelk
1 koppie sterk swart koffie
1/4 koppie gladde grondboontjiebotter
1/2 koppie olie
15 ml vaniele ekstrak
15 ml bakpoeier
15 ml koeksoda
Versiersel:
1/4 koppie gladde grondboontjiebotter
1/2 koppie botter, kamertemperatuur
1/2 koppie room
2 koppies versiersuiker
3/4 koppie kakao
5 ml vanielje ekstrak

Verhit die oond tot 180*C.
Spuit 2 koekpannevan 22cm deursnee met Spray-‘n-cook en voer uit met bakpapier
Skei die eiers, klits eierwitte styf en hou eenkant
Klits eiergele, suiker en vanielje ekstrak tot lig en romerig
Meng al die droe bestanddele saam.
Meng warm koffie, grondboontjiebotter en olie
Voeg meelmengsel en koffiemengsel om die beurt by eier mengsel.
Meng goed.
Vou nou eierwitte in.
Laastens vou bakpoeier en koeksoda by.
Verdeel beslag tussen die 2 koekpanne en bak 35 tot 40 minute of tot toetspen skoon uitkom.
Haal koeke uit die oond en laat afkoel vir 15 minute voor jy die koeke omkeer.
Laat heeltemal afkoel voor versier.
Versiersel:
Klop botter, grondboontjiebotter en vanielje ekstrak tot lig en romerig in elektiese klitser.
Voeg versiersuiker en kokao om die beurt by en hou aan klits.
Voeg laastens die room by en meng goed.
Versier die koek en geniet!
Foto en resep: Louise Venter




MARIANNE SE KARAMEL-ROOMKOEK

pampoen se karamel koek
MARIANNE SE KARAMEL-ROOMKOEK

Hier is my gewaagde “MARIANNE SE KARAMEL-ROOMKOEK vir “World baking day”
Bak ‘n vierkantige vanilla koek, laat afkoel en sny middeldeurgesny om 2 lae te kry.
Smeer elke laag lekker dik met karamel.
Meng 7.5 ml gelatien poeier met 30 ml water en sit in mikro vir 25 sekondes.
Voeg 150 ml vars room by en klits styf.
Sit in yskas vir 10 minute om lekker te stol en smeer op die onderste laag.
Krummel dan EEN CHOC-CRUNCHIE bo-op,n plak die boonste laag bo-op en plaas in yskas vir 5 min.
Smeer bo-op koek lekker karamel en dan blopse room wat ek sommer so rofweg gesmeer het en dan weer crunchie bo-oor gebreek. Dan gaan hy yskas toe. Walla!!!!!!!!!!!
Marianne Pampoen