SJOKOLADE- OF WIT-BIERBOKSKOEK

bierboks koek Maytestedchristine se verjaarsdagkoek
SJOKOLADE- OF WIT-BIERBOKSKOEK
Voeg by mekaar en meng, hou eenkant:
2 koppies kookwater
160 ml kookolie
10 ml vanilla geursel
Klits die volgende saam tot donssig, hou eenkant:
8 eiers
3 koppies strooisuiker

Sif saam:
4 koppies koekmeel
30 ml bakpoeier
30 ml maizena
knippie sout
Optioneel:
125 – 150 ml kakao vir sjokolade koek

Voeg droë- en nat bestanddele om die beurt by die eier en suikermengsel. Meng net tot alles gemeng is, moenie oormeng nie.
As jy te lank meng maak dit gate in die koek.
Skep in voorbereide bierboks of groot pan.
Bak vir 45-60 min teen 180°C.

Resep:Melinda Jooste Baker
Foto:  May van der Merwe

Marieta James
IPV in bierboks het ek dit in ronde panne gebak. Net korter en dit is heerlik klam.
Hierdie koek van die blad met botterversiersel, room en Nutella saam geklits. “Its to die for”
bierboks koek marieta

Christine Valentine
Ek het hierdie resep gebruik 1 mengsel per nommer.
christine se verjaarsdagkoek

Foto: Mariette Heydenrych-Kotze
Ek het resep 2 keer aangemaak en in vierkantige pan gebak, 4 lae.
Beslag weeg amper 2 kg, het in helfte gedeel vir bak in vierkantige pan. Versier met roomkaas, wit wooden spoon en versiersuiker gemeng. Karamel sjokolade gesmelt in warm vars room wat ek bo-op gesmeer en teen kante laat afloop het. Tussen die lae het ek, genoemde versiering gemeng met blikkie Karamel, gesmeer




WORTEL PIESANG KOEK

2014-01-11-wortelkoekpiesangkoektested
WORTEL PIESANG KOEK
2 koppies meel
2 koppies suiker
2 teelepels kaneel
2 teelepels koeksoda
1 teelepels sout
4 eiers
3 koppies gerasperde wortels
1 koppies piesangmoes
1 1/2 koppies olie

Sif alle droë bestanddele saam en hou een kant.
Klits eiers en suiker goed saam
Voeg olie gelydelik by terwyl jy klits
Voeg die droë bestanddele by en roer goed deur
Voeg die wortels en piesang by en roer goed deur.
Gooi in 2 or 3 koekpanne of in ringpan.
Bake teen 180º C vir so 50 mins.

Versiersel
168 g Stork Bake lekker sag geklits moet lyk soos room
Daarby 3 koppies Versiersuiker saam 1 eetlepel Suurlemoensap en  3 eetlepels  Smooth Cream Cheese goed geklits….
Resep en foto – Diane Roode Hancox
2de foto:  Meisie van der Colff

Diane Roode Hancox – Out of each batch I got 28 small cakes. For small cakes bake 25-30 mins. Large cake 40-50 mins.
Ek het 500 g botter en 11 koppies versiersuiker met 3 eetlepels Suurlemoensap en bietjie melk as versiesel gebruik.




RONEL SE STAATMAKER SJOKOLADEKOEK

RONEL SE STAATMAKER SJOKOLADEKOEK
Sjokolade koek wat ek toe gebak gekry het.
1½ koppie water
4 eetlepels kakao
½ koppie kookolie
Kook bogenoemde saam en laat afkoel.
Klits 4 eiers en 1½ koppies suiker baie goed.
Voeg die volgende by eiermengsel:
2 koppies koekmeel
4 teelepels bakpoeier
Meng alles saam en laaste ‘n knippie sout.
Bak by 180ºC omtrent ½ uur of toets met toets pennetjie
en daars hy !! Ek het ‘n ring koekpan gebruik.
Foto: Roneel J V Vuuren Lambrechts




WORTELKOEK VIR TROUKOEKE

1525210_10202639849575779_599335578_n
WORTELKOEK  VIR TROUKOEKE
Klits die volgende saam:
2 koppies suiker
1 koppie olie
3 eiers
1 blik crushed pynappel
2 koppies gerasperde wortels
2 koppies sultanas gebleik
1 teelepel vanilla geursel
Sif die volgende saam en voeg by natmengsel,  roer tot net gemeng.
3 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier 
5 ml sout
5 ml kaneel
5 ml koeksoda

Sit in 2 voorbereide panne van 23 cm elk.
Bak in voorverhitte oond 180 ºC. vir 1 uur.
Los in pan vir 20 min. Keer uit en laat heeltemal afkoel.
Versiering van jou keuse.
Resep en foto:  Alletta Strydom




BASIESE SPONSKOEK VIR TROUKOEKE

troukoek en cupcakestested

BASIESE SPONSKOEK VIR TROUKOEKE
My basiese sponskoek resep vir die al die koeke op die blad.
8 groot eiers
630 g strooisuiker
500 ml kookwater
150 ml lookolie
5 ml vanilla gerusel
480 g koekmeel
30 ml bakpoeier
knippie sout

Klits eiers en suiker tot lig, voeg kookwater by, klits, voeg olie by klits, voeg vanilla by klits.
Sif die droë bestanddele bymekaar en roer geklitse mengsel by.
Skep in 2 x 23cm gevoerde of gesmeerde panne. Kan in ‘n bierboks gebak word.
Bak in voorverhitte oond 180ºC vir 35- 40 min.
Dit is ‘n baie klam koek.
VARIASIES.
SJOKOLADE KOEK; verminder bogenoemde resep se koekmeel met 60 g en voeg 150 ml kakao by. Die res is dieselfde.
LEMOEN: Voeg 5 ml fyn gerasperde skil by. Vervang die helfde van die water met lemoensap. Vars beter.
HIERDIE RESEP WORD VIR CUPCAKES OOK GEBRUIK BAK 20MIN. JY SAL BAIE KRY.

Versiersuiker:
3 koppies versiersuiker
125 g margarine
Klits tot pasta gevorm is. Klits drups gewys kookwater by vir ‘n fluffy versiersel, sal omtrent 100 ml gebruik. As jy kleur wil hê, voeg kleursel van keuse by.
Resep en foto: Alletta Strydom




MA LIEN SE MIKROGOLF SJOKOLADEKOEK

choc cake

MA LIEN SE MIKROGOLF SJOKOLADEKOEK
1 koppie koekmeel
1 koppie suiker
2½ teelepel bakpoeier
knippie sout
2 eiers
50 ml olie
1 koppie kookwater
3 eetlepels kakao
1 teelepel vanilla

SOUS:
1 koppie suiker
1 koppie water
1 eetlepel kakao
½ koppie brandewyn
Sif droë bestanddele saam. Voeg suiker by. Klits eiers, olie en geursel saam. Meng kakao met kookwater en meng met eiermengsel.
Voeg by droë bestanddele en meng goed. Skep in gesmeerde ringkoekpan en bak 6 minute op 100% krag. Haal uit oond en laat staan vir 5 minute. Keer uit op opdienbord.
SOUS:
Kook suiker, water en kakao saam vir 5 minute. Verwyder van hitte en voeg brandewyn by. Giet oor warm koek. Laat afkoel en versier met geklopte room. GENIET!!
Resep en foto: Bets Lourens




GEVULDE BOTTERKOEK

 

BOTTERKOEKtested
GEVULDE BOTTERKOEK
250 g koekmeel
250 g roomboter
175 g suiker
knippie sout
150 g amandelspijs (amandelpasta)
1 geklitste eier

Knie die meel, botter, suiker, sout en die helfte van die eier tot ‘n soepel deeg. Doen die helfte van die deeg in ‘n boterkoekvorm. Verdeel hieroor die amandelspijs en bedek dit met die res van die deeg. Laat die rus in die yskas. Verhit die oond tot 220 grade C. smeer die deeg met die resvan die eier en bak die boterkoek 15 minute op 220 grade C. Sit die oond af en laat die boterkoek nog 5 minute in die oond staan.

Bestanddele vr amandelpaste
125 g amandels sonder vlies
125 g suiker
1 eier
mespunt sout
Het jy amandels met vlies sit hierdie dan op met koue water en bring hulle aan die kook. Gooi die water af sodra dit kook en spoel die amandels in ‘n sif met koue water. Nou kan jy die vliesjes goed verwyder. gooi die amandels in ‘n skoon doek en spoel hulle goed af.
voorbereiding
Gooi die amandels met suiker, eier en sout in die voedselverwerker en maal hiervan ‘n gladde pasta. (Kan ook in ‘n amandelmolen.) Laat die amandelspijs minstens ‘n week staan voordat jy dit gaan gebruik. Dit is lang tyd houdbaar in die yskas en jy kan dit ook vries.

Resep: Annet Geelhoed




ROOIBOSTEE SJOKOLADEKOEK

rooibostee koektested

ROOIBOSTEE SJOKOLADEKOEK
250 ml warm rooibostee
125 ml kakao
4 eiers, geskei
375 ml suiker
125 ml olie
5 ml vanilla
450 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
2 ml sout

Meng rooibos en kakao tot glad en laat afkoel.
Klits eiergele en suiker goed saam. Roer dit by kakaomengsel in.
Roer olie en vanilla ook by kakaomengsel in.
Sif meel, bakpoeier en sout saam en meng by kakaomengsel.
Klits eierwitte styf en voeg by, meng goed.
Verdeel in 2 panne.
Bak 30 min by 180 ºC.
Dis ‘n groot koek.
VERSIERSEL:
halwe pakkie sjokoladekitspoeding.
1 blik karamelkondensmelk.
250 ml room.
Klits saam en laat n ruk in yskas. Smeer tussen lae en bo-op koek. Sif bietjie kakao oor .
Hou die koek in die yskas.

Resep: Frieda Greyling
Foto: Tanya Smith




MAKLIKE ROLKOEK – SWISS ROLL

maklike swiss rolltested

MAKLIKE ROLKOEK – SWISS ROLL
Leza Du Toit Mienie sê “Ek kan nie bak om my lewe te red nie… Maar swiss roll kan ek maak. Hierdie is ‘n baie maklike resep”
1 koppie koekmeel
 ½ teelepel sout
6 eiers (geskei)
1 koppie strooisuiker
2 eetlepels suurlemoensap
1 teelepel vanilla geursel
konfyt
Klits eiergeel en suiker saam tot liggeel en romerig.
Voeg droë bestanddele by.
Klits eierwit styf (maak seker klitser is skoon en droog).
Vou eierwitte in die mengsel in.
Skep in ‘n gesmeerde pan (ek gebruik sommer ‘n klein koekie bakplaat wat met bakpapier uit gevoer is).
Bak teen 200 ºC vir 10 tot 15 minute.
Toets pen moet skoon uit die middel kom.
Keer uit op ‘n klam vadoek wat met strooisuiker gestrooi is.
Trek versigtig die bakpapier af .
Maak konfyt effens warm in mikrogolf oond.
Smeer oor die koek. Kan ook gekookte kondensmelk gebruik.
Vat die vadoek aan die punte naaste aan jou lyf en rol versigtig op.
Sny die punte versigtig af en eet dit vinnig, anders wil die kinders dit he…

Resep: Leza Du Toit Mienie
Foto:  Cindy Dowling




EASIEST PINEAPPLE CAKE

easy pineapple tarttestedpynappelkoek louise

EASIEST PINEAPPLE CAKE
Recipe: Cassie Long
1 ste foto:  Elize de Kock
2de Foto:  Louise Groenewald
FOOD LOVERS RECIPES
2 Variations
I love one bowl recipes, and this one is no exception. You spread the cream cheese frosting over it while it’s still hot, so the frosting melts and seeps into the cake, making it a little gooey and dense.
Cook time: 40 Min Prep time: 5 Min Serves: 15
THERE IS NO BUTTER OR OIL IN THE CAKE
2 cups all purpose flour
2 cups sugar
2 eggs
1 teaspoon baking soda
1 teaspoon vanilla essence
pinch salt
1 – 20 oz can of crushed pineapple ( undrained )
1 cup chopped nuts, optional

CREAM CHEESE FROSTING
125 g butter
230 – 250 g cream cheese, softened
1 teaspoon vanilla
1 ½ cup confectioners’ sugar

Preheat oven to 180ºC. Mix everything in a bowl with a fork. Pour into a greased 9×13 inch pan and bake for 35 – 40 minutes (until top is golden brown).
Frosting:
Beat butter, cream cheese and vanilla together until creamy. Gradually mix in powdered sugar.
Frost cake with cream cheese frosting while still warm. Sprinkle with chopped nuts if desired.

Die Easy Pineapple Tart het verander in halwe resepte. Een met pynappel en die ander helfte, fyn gesnyde ryp vye uit my tuin. Die vye is vir my die beter een, altwee baie lekker. Dit laat my dink aan die appeltert resep waar die ideal melk en suiker oor gegooi word.
Nota: Louise Groenewald
Dis baie lekker, maak hom gerus. Ek het die resep 1 ½ keer gemaak vir ‘n oondpan grootte. My versiering bo-op was ‘n pakkie “padkos” met gemengde neute, sade, ens.