HEERLIKE KLAM WORTELKOEK

heerlike klam wortelkoek gideonklein wortelkoekies marian 2tested

HEERLIKE KLAM WORTELKOEK
500 ml suiker
4 groot eiers
3 ml vanilla geursel
375 ml sonneblomolie
500 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
10 ml koeksoda
10 ml fyn kaneel
5 ml sout
750 ml gerasperde wortels
200 ml fyn klapper
250 ml okkerneute, gekap 
250 ml geblikte fyn pynappel, gedreineer
Versiersel
125 g botter, sag
500 g versiersuiker
250 g roomkaas
5 ml vanilla geursel

Ekstra gekapte neute om bo-oor te sprinkel
Verhit oond tot 180’C. Smeer twee 23cm-koekpanne en voer uit met bakpapier.
Klits eiers,suiker en vanilla saam en voeg olie geleidelik by.
Sif meel, bakpoeier, koeksoda, kaneel en sout saam en meng by eier-mengsel.
Voeg gerasperde wortel, klapper, okkerneute en pynappel by beslag. Gooi in voorbereide panne en bak ongeveer 1uur. Laat dit afkoel in die panne.

Vir die versiersel:   HEERLIKE KLAM WORTELKOEK

Room botter en voeg helfte vd versiersuiker geleidelik by. Klop tot lig en romerig. Voeg roomkaas by en meng op lae spoed. Voeg laastens res vd versiersuiker en vanilla by. Meng tot als goed deurgemeng is, anders raak die versiersel loperig. Keer koeke uit panne uit en verwyder bakpapier. Smeer een koek met die helfte vd versiersel. Plaas die ander koek bo-op en smeer oorblywende versiersel. Sprinkel neute bo-oor.
Foto:  Lucille Davids, Gideon Louw en Marian van Deventer, Meisie van der Colff




BETS SE SJOKOLADE/VANILLA OLIE KOEK

Bets se koektested
BETS SE SJOKOLADE/VANILLA OLIE KOEK
Vir die vanillakoek laat die kakao weg en gebruik maizena.
1¾  koppie koekmeel
4 eetlepels kakao/maizena
knippie sout
½ koppie kookolie
1 koppie kookwater
1½ koppies suiker
3 teelepels bakpoeier
5 eiers, geskei
1 teelepel vanilla geursel

Voorverhit oond tot 180°C.
Verroom suiker en eiergele.
Voeg olie by.
Sif meel, kakao/maizena en sout saam en voeg by eiergeelmengsel.
Meng goed.
Voeg kookwater en geursel by en klits deeglik tot glad.
Vou die bakpoeier laaste in.
Klits eierwitte styf en vou in.
Bak vir 30 – 40 minute tot gaar by 180 ºC.
Bak in twee gesmeerde panne.
Geniet!!
Resep: Bets Lourens

Meisie Van Der Colff se versiersel vir hierdie koek
Sjokolade versiersel.
Room 125 g (140 ml) botter / margarien en 250 g ( 2 koppies) gesifte versiersuiker saam.
Voeg 25 ml (2 eetlepels) gesifte kakao en 5 ml (1 teelepel) vanilla geursel by en meng tot romerig.




EASY PEASY SJOKOLADE KOEK

1510593_845504958798732_2047846837_ntested

EASY PEASY SJOKOLADE KOEK
Droë bestanddele:
3 koppies koekmeel
1/3 koppie kakao
1 koppie suiker
1 eetlepel bakpoeier
1 teelepel koeksoda
Nat bestanddele:
2 koppies kook water
1 koppie kookolie
10 teelepels druiweasyn
1 teelepel vanilla geursel
(2 groot gaar beet fyn  gerasper)

Voorverhit die oond tot 180 ºC.
Smeer ronde koekpanne 21 by 6 cm goed. Bestuif met meel.
Droë bestanddele – Sif alles saam in mengbak.
Klits al die nat bestanddele saam in ‘n groot maatbeker en voeg dit by die droë bestanddele. Moenie die mengsel te veel klits nie. Vou dit net in met hout lepel.
Giet mengsel in koekpanne en bak 25 tot 30 minute tot gaar.
EK WIL NET NOEM: EK HET DIE RESEP VERDUBBEL – EN NET TWEE PANNE KOEKE GEMAAK. DIE BEET HET EK BYGEVOEG AS ‘N TOETS OM DIT LEKKER VOGTIG TE MAAK.
VERSIERSUIKER NA SMAAK!

OH MY GLORIE – DIT IS DIE MAKLIKSTE LEKKERSTE KOEK!

Resep en foto: Carol Visser

 

 




DUBBEL SJOKOLADEKOEK

dubbel sjokoladekoektested

DUBBEL SJOKOLADEKOEK
Die resep kan ook as poeding gebruik word
As jy nie ’n kitskoek wil bak nie, is dié ’n staatmakerresep. Dit is so ryk en lekker dat jy amper nie versiersel nodig het nie. Tog is dit heerlik met karamel tussen-in die lae en bo-oor gesmeer.

3 groot eiers
100 g goeie gehalte melksjokolade, in blokkies gebreek
375 ml warm, sterk koffie
5 ml vanieljegeursel
375 ml karringmelk
750 ml strooisuiker
625 ml meel
375 ml kakao
10 ml koeksoda
3 ml bakpoeier
5 ml sout
180 ml olie

Só maak ’n mens:
Voorverhit die oond tot 150°C en voer drie koekpanne van 20cm in deursnee met bakpapier uit. Spuit ook sommer deeglik met kleefwerende sproei om te voorkom dat die koek vassit.
Klits die eiers in ’n elektriese menger vir 5 tot 10 minute tot lig en donsig.
Giet die warm koffie bo-oor die sjokolade en roer elke nou en dan tot die sjokolade gesmelt het.
Voeg die vanieljegeursel by die karringmelk en meng.
Sif die suiker, meel, kakao, koeksoda, bakpoeier en sout saam.
Stel die menger op sy laagste spoed en voeg die olie in ’n dun straaltjie by om ’n emulsie te vorm.
Voeg die karringmelk en vanieljegeursel by en dan die sjokolade-en-koffiemengsel.
Skep die droë bestanddele by die beslag en roer totdat deeglik gemeng is.
Verdeel die beslag tussen die koekpanne en bak sowat 30 minute tot gaar.
Laat heeltemal in die panne afkoel en keer dan uit op ’n draadrak. Die koek kan vir tot drie maande gevries word. Versier met versiersel van jou keuse, of gebruik twee blikke karamel om die koek op te tert.

Vulsel deur Ilona Turner
Ek het die dubbel laag sjokolade koek resep gevat en hom in ‘n plat pan gebak en die volgende verander aan die resep, i.p.v 375 ml sterk swart koffie het ek 200 ml espresso gebruik en 175 ml kalua, die vulsel en bo laag is gemaak van die volgende:

500 ml room
2 bakkies mascarpone
175 ml strooisuiker
175 ml kalua of enige goeie koffie liqueur
30 ml kakaopoeier
1-2 teelepels kits espresso
5 ml vanilla

Klop alles saam tot lekker styf en sit in die middel en bo-oor die koek. Ek het dit opgedien as ‘n poeding saam met tuisgemaakte arbei en cherry konfyt en vla.
Foto en resep:  Ilona Turner




CAKE POPS IDEE

2014-03-25-cakepopstested
CAKE POPS IDEE

Ek het ‘n struik wat Cake Pops groei gemaak vir my kleindogter se skool koekverkoping.
Ek het hulle in die elektriese CP-masjientjie gemaak, hulle stokkies ingedruk, toe kliphard gevries, uit die vrieskas gehaal en dadelik in gesmelte wit sjokolade gedoop en suikerkonfetti en 100&1000’s oorgestrooi!
Ek het sommer bloemiste-oase oorgetrek met eers clingwrap en toe foelie om die stokkies in te druk vir die struik-effek
Voila!!

BRON- Sansha Meyer




MAKLIKE KOEK MET GRANADILLA

Maklike Koektested
MAKLIKE KOEK MET GRANADILLA
6 eiers
6 eetlepels koekmeel
6 eetlepels castor sugar
1 teelepel bakpoeier
knippie sout
1 teelepel vanilla geursel

Klits die eiers tot lig van kleur, sif die droe bestanddele saam en voeg stadig by die eier mengsel terwyl jy dit nog steeds meng. Laastens voeg die vanilla essens by. Gooi in ‘n gesmeerde ring koekpan en bak in ‘n vooraf verhitte oond (180 grade C) vir 25 min of tot gaar as jy ‘n toetspen indruk en dit kom skoon uit. Sif versiersuiker oor die koek sodra die koek afgekoel het.

Ek het in hierdie koekmengsel granadillamoes gegooi en van dit gemeng met versiersuiker en oor die koek gegooi. Hierdie koek is GLADNIE te soet nie so, iemand wat nie van soetgoed hou nie, kan dit gerus prober.

Bron en Foto: Amanda Verster Vd Merwe 




ALLERLEKKERSTE SJOKOLADEKOEK

allerlekkerste sjokolade koektested

ALLERLEKKERSTE SJOKOLADEKOEK
STROOP
250 ml suiker
250 ml water
Verhit die suiker en water tot kookpunt. Roer totdat die suiker opgelos is.
Laat die stroop heeltemal afkoel. Hou eenkant.
BESLAG
250 ml ongesifte koekmeel
30 ml bakpoeier
knippie sout
250 g botter
100 g suiker
1 blok donker sjokolade
5 eiers
30 ml brandewyn

Voorverhit die oond tot 180°C.
Smeer die koekpan van 25 cm in deursnit en 11 cm diep of spuit met kleefwerende middel.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam (hou eenkant).
Smelt die botter, suiker en donker sjokolade saam oor kookwater.
Giet die mengsel in ‘n mengbak en klits die eiers een-vir-een by. Klits goed na elke byvoeging.
Voeg die brandewyn by. Klits weer goed.
Vou die gesifte droë bestanddele bietjiesgewys by die eiermengsel. (Die deeg is slap).
Skep die deeg in die koekpan en bak vir 40 tot 45 minute tot gaar.
Giet die koue stroop stadig oor die warm koek sodra dit uit die oond kom. Laat dit in die pan afkoel.
VERSIERSEL
1 Groot blok heelneutsjokolade en 30 ml melk.
Smelt die heelneutsjokolade en melk saam oor lae hitte
Keer die koek versigtig uit op ‘n dienbord. Giet die versiersel bo-oor.
Resep en foto: Melanie Basson Poodhun




CHOCOLATE MAYONNAISE CAKE

mayo caketested
CHOCOLATE MAYONNAISE CAKE
2 cups flour
1/2 cup cocoa
1 1/2 teaspoons baking soda
1/4 teaspoon salt
1 cup sugar
3/4 cup mayonnaise
1 cup water
1 teaspoon vanilla


Sift together the flour, cocoa, soda and salt. Cream together the sugar, mayonnaise, water and vanilla. Add dry ingredients to the creamed mixture; stir until well blended. Pour batter into greased and floured layer cake pans (or a 9- x 13-inch pan). Bake at 180°C. for about 25 minutes.

BRON- Annelie van der Merwe-Kruger




FLORAINE SE SJOKOLADE PANKOEK

tested

FLORAINE SE SJOKOLADE PANKOEK
6 eiers geskei
1 koppie bruismeel
1 koppie suiker
10 ml bakpoeier
125 g regte botter gesmelt
10 ml vanilla
45 ml kakao bygesit
Skei eiers, gooi 1/2 koppie suiker by wit en 1/2 koppie suiker by geel.
Klits wit van eiers baie goed, (amper tot styf) en klits dan geel en botter baie goed.
Sit die twee mengsels bymekaar.
Meng kakao en koekmeel en  voeg meelmengsel bietjies gewys by die eiermengsel.
Voeg vanilla by, meng goed.
Skep in vierkantinge koekpan wat gespuit is, indien verkies, of in twee koek panne.
Bak in oond by 180 º C vir 30 min. of tot toetspen skoon uitkom.
Versiersel:
Meng gekookte kondensmelk met 30 ml kakao poeier en 1 fyn flake, en versier wanneer koek heeltamal koud is.
Nota:
Die geheim van hierdie koek is dat dit baie baie goed geklits moet word, klits die eierwitte baie goed styf

Resep en foto: Floraine Wasserman Venter




DEVIL’S FOOD CHOCOLATE CAKE WITH GANACHE

Wian se sjokolade koektested
DEVIL’S FOOD CHOCOLATE CAKE WITH GANACHE
300 g cake flour
50 g cocoa
2 teaspoon bicarbonate of soda
1 teaspoon salt
Sift the above ingredients together and put aside.
Whisk the following until light and fluffy
300 g light brown sugar
120 g softened butter
2 teaspoon vanilla essence
Extra:
30 g chocolate melted
3 eggs
175 ml Soured cream or butter milk
1 teaspoon vinegar
1 cup boiling water
Add chocolate to the sugar mixture.
Add eggs one at a time mixing well after each egg.
Add dry ingredients and soured cream/butter milk in 3 batches
Add vinegar and slowly whisk in the boiling water
Bake at 190ºC for 40 – 45 min if using a ring.
Bake at 190ºC for 25 – 30.min if using 22cm cake tins

Decorate with Ganache (click on link for recipe)

Recipe and photo”  Wian Swart