KOFFIE SJOKOLADE MOUSSE KOEK

2014-04-26-koffiechocolatemoosekoektested

KOFFIE SJOKOLADE MOUSSE KOEK
Dit is my sjokolade bydrae. Vir nagereg het ons vandag koffie chocolate mousse koek gemaak. Sommer uit my kop, geen resep gevolg nie, maar dit het wonders geproe!
Ek het 4 eiers saam met koppie olie geklits tot donserig,
1 ½ koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel koeksoda
¾ koppie suiker
1 teelepel vanilla geursel
3 teelepel kakao
knippie sout
3 teelepel koffie en rosyne gemeng en daarby gevoeg.

Skep die beslag in voorbereide koekpan/ panne. Bak tot gaar teen 180ºC.
Meng 1 koppie suiker met bietjie botter en kookwater en bring tot kookpunt.
Giet oor die gaar koek wanneer uit die oond kom.
Laat heeltemal afkoel.
Die sjokolade moose het ek sommer Carta ‘Dor sin gevat en met room aangemaak en nie met melk nie, en versier soos verkies.

Resep en foto: Elizabeth Haupt




ALLERLEKKERSTE SWARTWOUDKOEK MET SOUS

2014-04-25-allerlekkersteswartwoudkoektested
ALLERLEKKERSTE SWARTWOUDKOEK MET SOUS
Dit bly ‘n gunsteling in Ons huis.
Bestanddele vir koek gedeelte:
250 ml koekmeel
250 ml suiker
2 ml sout
10 ml bakpoeier
60 ml kakao
125 ml kookwater
125 ml olie
4 eiers geskei (Klits eierwitte styf)
Meng droë bestanddele en maak holte. Meng ander bestanddele en meng alles saam.
Klits eierwitte styf en vou in mengsel in.
Gooi beslag in reghoekige glas tertbak wat gesmeer is.
Bak by 180ºC vir 35 min.

Bestanddele vir sous oor koek:
1 x blikkie ingedampte melk
250 ml suiker
Kook saam ¾ blikkie ingedampte melk en 250ml suiker.
Skep oor koek sodra uit die oond kom.
OPSIONEEL:
Kersie likeur kan oor koek gesprinkel word voordat jy die sjokolade oor smeer!

Bestanddele vir sjokolade laag oor koek:
200 g blok sjokolade (heel neute maak dit nog interessanter)
Res van ingedampte melk
Smelt blok sjokolade met res van ingedampte melk en smeer oor koek as afkoel.

Bestanddele om koek af te rond!
1 x blik ontpitte Swart kersies {gedreineer}
1 houertjie room styfgeklits
neute om oor te sprinkel
1 x Flake sjokolade
Maraschino kersies
Sjokolade vir bo-op
Versprei swart kersies oor koek. Smeer styfgeklopte room daaroor. Sprinkel neute, sjokolade oor room.
HEERLIK!!
Resep en foto:  Louise Venter‎




POUND CAKE – LOW CARB

2014-04-24-poundcake
POUND CAKE – LOW CARB
½ cup butter
½ cup cream cheese
sweetener to taste
5 eggs
1 teaspoon lemon extract
1 teaspoon vanilla essence
1¾ cups almond flour
1 teaspoon baking powder
Mix together with a whisk.
Do not over mix.
Bake at 180ºC for an hour.
Recipe: Karin Van Coller Minnaar




VRIENDSKAPS KOEK –(Herman broodjie)

herman broodjietested
VRIENDSKAPS KOEK –(Herman broodjie)
PLANTJIE
125 ml koekmeel
125 ml sterk lou melk of water (of  ‘n mengsel van die twee)
2 ml aktiewe droë suurdeeg of ¼ koekie vars, saamgeperste suurdeeg
2 ml suiker

Meng al die bestanddele goed saam en laat 2-3 ure op ‘n warm plek staan tot skuimerig. Roer dit af en gooi dit in ‘n glasbottel met ‘n skroefdeksel of in ‘n mengbak wat met waspapier of kleefplastiek bedek is.
1 ste dag
Voeg by die 250 ml plantjie:
250 ml melk
250 ml koekmeel
125 ml suikerRoer tot gemeng, bedek en plaas in koelkas.

2e – 4e dag:
Roer elke dag een keer om, bedek en plaas terug in koelkas.
5e dag:
Voeg weer by:
250 ml melk
250 ml koekmeel
125 ml suiker
Roer tot gemeng, bedek en plaas terug in koelkas.
6e – 9e dag:
Roer elke dag een keer om, bedek en plaas terug in koelkas.
10e dag:
Gee 250ml van die mengsel aan ‘n vriendin, hou 250 ml vir jouself vir die volgende koekmengsel en gebruik die oorblywende plantjie mengsel om jou vriendskapkoek mee te bak.
Nota:  Ek het die helfte met piesang en sjokolade gemeng en ander helfde met vrugte en neute.
Foto: Marian van Deventer




PAAS VLAKOEK

Paas Vlakoektested
PAAS VLAKOEK
250 ml gesifte koekmeelblom
75 ml mielieblom
5 ml bakpoeier
1 ml sout
5 eiers geskei
250 ml strooisuiker
100 ml yswater

Stel oond op 180 ºC en smeer twee laagkoekpanne. Sif meel, mielieblom, bakpoeier en sout Saam. Kiits eiergele en suiker saam tot romerig. Klits yswater geleidelik by. Vou droë bestanddele met n slaplemmes in eiermengsel in. Klits eierwitte tot styf en vou in. Gooi in panne en bak 25 -30 min in middel van oond.
Versiersel:
500 ml melk
75 ml vlapoeier
1 ml sout
125 g sagte botter
250 ml strooisuiker
5 ml vanieljegeursel
Verhit 400 ml van die melk en los vlapoeier in oorblywende 100 ml op.
Roer vlamengsel in warm melk met draadklitser en kook tot dik.
Laat afkoel
Klop botter en suiker tot lug en donsig. Roer geursel by en klits koue vla Dan gelydelik by
FOTO: Magda Joubert




DIET CAKE

2014-04-14-dietcaketested
DIET CAKE

Source Unknown – just two ingredients!!!

1 Packet bought Cake Mix / Muffin Mix (any flavour of your choice, only the dry mix, NO eggs, oil or water) – I used Vanilla Muffin Mix
1 Can / 330ml Diet Cooldrink – I used 7-Up Free

Pre-heat oven to 180°C
Mix the cake mix and diet cooldrink until well mixed.
Spray 23cm dish with Spray and Cook and throw mixture in
Bake for 25 minutes

Allow to cool and “ice” with your choice of topping:-

(1) One packet of instant pudding with 1 cup of milk and 1 tub of cream, stiffly beaten and folded in; or
(2) While the cake is still hot, smeer with Chocolate Spread or Caramel Treat; or
(3) Mix 3 tablespoons low fat margarine, 3 tablespoons Cocoa (sifted), 1 cup granulated sweetener and 1 teaspoon of vanilla essence with 1 cup of diet cooldrink of choice. Stir and heat till just before boiling, and pour over hot cake.

Submitted by: Theresa Eloise Prince Partridge




MAKLIKE DESPERATE SWARTWOUD KOEK

swartwoud koek
MAKLIKE DESPERATE SWARTWOUD KOEK
1 pakkie “chocolate muffin mix”, maak aan soos pakkie se, maar met 3 groot eiers.
Verdeel in 2 panne uitgelê op bodem met bakpapier en spuit goed.
Bak by 120ºC 10 min. Laat afkoel.
Klop 2 houertjie room styf saam met 2 eetlepels strooisuiker en 1 proppie Van Der Ham liqueur.
Bere mengsel in yskas tot nodig
Sous:
1 blik Black cherries 425g
4 eetlepels strooisuiker
1 teelepel maizena
2 propies Van Der Hum liqueur

Dreineer die kersies en kook stroop met sous, gebruik suiker en Maizena net tot effens dik.
Roer liqueur in. Skep die ½ van die sous by die kersies en meng. (Hou kersies uit vir garneering.) Smeer oorblywende sous op boonste laag koek.
Pak lae met kersies en room in die middel en eindig met room.
Rasper donker sjokolade bo op.
Bron en foto: Tina De Beer Gouws




AVOKADO-EN PRUIMSTRUDEL

 

avo en pruim studeltested

AVOKADO-EN PRUIMSTRUDEL
2 avokado’s
2 ml sout
75-90 ml warm water
150g vars broodkrummels
450g Switserse pruime Of gemengde droe vrugte
5 ml kaneel
Versiersuiker
250g meelblom
1 eier
45 ml kookolie
60g botter
90 g suiker
60 g botter

Sif meelblom
Maak holte in middel, voeg eier, water en olie, saamgeklits by en meng tot n sagte deeg
Klop deeg vir 5-10 min tot glad
Plaas in oliegesmeerde plastieksak
Vou toe in n vadoek en laat 30 min op n warm plek
Braai broodkrummels in botter
Ontpit pruime en sny in kwarte
Halveer avokado, verwyder pit en skil
Sny vlees in blokkies
Meng pruime, avokado, suiker en kaneel
Rol deeg op meelbestrooide doek tot papierdun (moet sommer lekker dun wees)
Bestryk met gesmelte botter
Sprinkel gebraaide broodkrummels oor twee derdes van deeg met n rand van ongeveer 1,5cm aan kant
Plaas avokado en pruimmengsel op deeg, net op eerste derde en vou rande oor vulsel
Rol deeg in n strudel, met behulp van vadoek, rol eers die vrugte deel oor, dan rol jy dit 2de deel oor die krummels en dan die laaste rol en vorm soos n perdeskoen
Bak by 180 grade C vir ongeveer 20-30  min terwyl 2 keer tydens baktyd met gesmelte botter bestryk word
Besprinkel met versiersuiker en bedien

Frieda Greyling
Foto:  Rina Kleinhans

Nota:  ek het my broodkrummels gemeng, 100g broodkrummels en 50g gekapte neute
Ek het ook my pruime gemeng met cranberries en droe perskes en rosyne

Heerlik, maar die deeg is tricky… moet regtig baie dun uitgerol wees

 




RED VELVET KOEK

red velvet koek Hettietested

RED VELVET KOEK
Beslag
115 g botter of margarien
375 ml ( 1 1/2 koppie) strooisuiker
2 ekstra groot eiers
1 botteltjie rooi koekkleursel.
30 ml (2 eetlepels) kakaopoeier.
250 ml ( 1 koppie ) karringmelk
1 teelepel Vanilla ekstrak
625 ml ( 2 1/2 koppies) koekmeel
2 ml sout.
1 1/2 teelepel koeksoda
12 ml( 2 1/2 teelepels) bruin asyn
Voorverhit die oond tot 180 ºC.
Smeer twee 23 cm koekpanne met botter, margarien of kooksproei.
Room die botter en strooisuiker tot lig. Voeg die eiers een vir een by en klop goed na elke toevoeging
Meng die koekkleursel en die kakao poeier baie goed . Voeg die karringmelk en vanilla ekstrak by en meng goed.
Sif die koekmeel en sout en vou by die eiermengsel om die beurt met die karringmelk mengsel.
Meng die koeksoda met die asyn en meng in by die beslag.
Verdeel die beslag tussen die twee koekpanne en maak gelyk bo op.
Bak in die voorverhitte oond vir 30 minute of as ‘n tandestokkie skoon uitkom as dit in die middel ingedruk word. Keer uit op ‘n draadrakkie en laat afkoel. Versier met die volgende versiersel.

Gekookte versiersel
1 koppie melk
75 ml ( 5 eetlepels) koekmeel
230 g botter of margarien.
1 koppie strooisuiker
1 t vanilla geursel.

Meng die botter en die melk. Maak seker daar is geen klonte. Verhit op die stoof en bring tot kookpunt. Roer aanhoudend met n houtlepel. Kook vir 1 minuut. Die mengsel is baie dik. Bly roer . Laat afkoeltot koud. Room die botter en suiker. Voeg die melk mengsel by en ook die vanilla . Klop goed met ‘n elektriese menger.
Smeer op die twee lae en plak opmekaar. Gebruik res en versier die koek bo en aan die kante.

Resep en foto:Hettie Bezuidenhout




“LAZY DAISY” KOEK

 laizy daizy caketested
“LAZY DAISY” KOEK
2 Eiers,
250ml suiker,
5 ml vanielje geursel
250ml koekmeel,
1 ml sout
5 ml bakpoeier,
125ml melk (net tot kookpunt),
12,5ml margarineKlits eiers en suiker baie goed aanhoudend voeg dan vanielje by, sif meel,sout en bakpoeier saam en voeg by eiermengsel voeg dan die margarine by die melk en meng met die koekmengsel :Bak 20-25min op 180 grade in ‘n 230mm pan:
Icing:
62ml margarine,
112,5ml bruinsuiker ,
50 ml vars room ,
125ml klapper!
Meng alles goed saam smeer op warm koek:Sit die oond op Grill en sit koek terug tot die bruin en crispy is!!Bedien met room

Foto en resep:  Ronel Snyman