KATBOTTER SJOKOLADEKOEK

katbotter koektested

KATBOTTER SJOKOLADEKOEK
Die resep kan met gemak verdubbel word vir ‘n oondpan grootte koek.
4 eiers
1½ koppies suiker
2 eetlepels botter/margarien
1 koppie melk
½ koppie katbotter (grondboontjie botter)
¼ koppie sonneblomolie
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
¼ teelepel sout
2 eetlepels kakao
1 teelepel vanilla geursel

Voorverhit oond teen 180 °C.
Klits die eiers goed en voeg suiker geleidelik by tot die mengsel liggeel en lig is.
Smelt botter en melk saam, sommer in mikrogolf.
Sif droë bestanddele saam.
Meng die melkmengsel en droë bestanddele om die beurt by die eiermengsel.
Voeg nou die olie en katbotter by en meng deeglik.
Giet beslag in gesmeerde bak en bak vir 30-45 minute of tot toetspen skoon uitkom.

Vir die versiersel het ek gebruik:
Sjokolade ganache
Plaas die volgende in ‘n bubbel koker.
1 x Cadbury slab
¼ koppie room
Laat die sjokolade smelt terwyl jy roer. Skep die ganache oor die koek  terwyl koek nog louwarm is.
Ek druk met rou macaroni gaatjies in die koek sodat die ganache insypel.
Versier verder met 2 pakkies grondboon Tumbles en 2 pakkies grondboon M ‘n Ms wat fyngekap en oorgestrooi is.

Foto en resep geplaas deur Hanta Henning




LEKKER KOFFIEKOEKIES

2014-05-15-lekkerkoffiekoekiestested

LEKKER KOFFIEKOEKIES

Ek het ‘n koffie koek uit die koekies resep gemaak. Ek het die koffie, botter en stroop en suiker. Sout en vanieljegeursel. Soda en melk saam gemeng. Toe vat ek dit en gooi dit saam by die bak met die meelblom ensovoorts. Ek het ‘n bietjie meer melk by die hoeveelheid wat hulle se n mens moet gebruik gegooi. Die deeg was loperig gewees… Ek het kits room gebruik vir die ‘Topping’. Ek het ‘n driekwart teelepel koffie by gegooi. Ek het nie die Koffieroomvulsel gemaak nie..
As ek die Koekies bak sal ek kits room of vars room wat geklits is gebruik..

6 koppies koekmeel
3/4 koppie botter of margarien
3/4 koppie suiker
1/2 koppie gouestroop
1 teelepel koeksoda
100 ml melk
1 eetlepe koffie – kits koffie
1 teelepel Vanilla
1/2 teelepel sout

Klits die botter en suiker goed saam.
Voeg die stroop by en klits dit weer goed. Voeg ook die soda wat in die melk opgelos is by en meng dit weer goed.
Voeg die koffie- kits koffie, en sout en die vanieljegeursel by.
Voeg die meel alles tegelyk by en knie dit baie goed. Dit moet ‘n stywe deeg wees.
Rol dit dun uit en sny met n pasteiwieletjie of n mens in langs vingertjies.
Bak dit 5 tot 8 minute lank op n gesmeerde bakplaat in n matige ood by 180 ºC.

Koffie roomvulsel.
1 koppie suiker
1/2 koppie botter of margarien
100 ml melk
1 eelepel koffie- kits koffie
1 teelepel Vanilla

Kook die bestanddele alles saam vir 5 minute lank in n karstrol
Klop dit met ‘n houtlepel nadat dit van die stoof of vuur verwyder is tot dit koud en dik is.
Die resep lewer so 60 dosyn koekies as dit voldoende is..

Foto en resep geplaas deur Sheree Van Riet‎




HEERLIK VERBY EIERVRUG KOEK

 

tested

HEERLIK VERBY EIERVRUG KOEK

125 ml botter
sout
125 ml suiker
5 ml bakpoeier
125 ml heuning
5 ml kaneel
2 eiers geklits
2,5 ml neutmuskaat
500 ml gerasperde eiervrug, met skil
2.5 ml fyn naeltjies
250 ml koekmeel
250 ml grofgekapte neute
125 ml volkoring meel
Room botter, suiker, sout en heuning
Klits eiers, meng eiervrug in, dan res vd bestandele.
Gooi in gesmeerde tuitpan,
Bak by 180 c vir +- 1 uur
Laat afkoel, keer uit
Versiering
1 bakkie roomkaas
250 ml versiersuiker
Meng saam, gooi oor koek
Strooi fyn neutmuskaat oor
Versier met neute, kersies en angeliue

Resep geplaas deur Floraine Wasserman Venter




MARIE SE ECLAIR-TERT

2014-05-11-img-20140511-01918tested
MARIE SE ECLAIR-TERT
2 pakkies Tennisbeskuitjies
2 pakkies kits vanilla poeding
3 ½ koppie melk
250 ml orley whip (hier het ek room gebruik)

VIR SJOKOLADE VERSIERSEL:
3 eetlepels kakao
1 ½ koppie versiersuiker
3 eetlepels warm melk

Meng poeding en melk in mengbak.
Klits so 2 min. Klits orley whip in aparte bak. Vou in by poeding mengsel.
Smeer vierkantige bak en pak laag tennis beskuitjies. sit van die vulsel op en maak gelyk.
Bedek met nog laag beskuitjies. Maak lae tot vulsel op is. Laaste laag beskuitjies. Vir die versiersel meng bestandele tot glad. Sprei eweredig oor koek.
Verkoel vir paar uur of verkieslik oornag. Ek het net die hefte aangemaak. Die resep se Graham koekies en cool whip ek het tennis en vars room gebruik.
Foto en resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie




MIELIEBLOM KOEK

2014-05-11-mielieblomkoektested

MIELIEBLOM KOEK
Bou die koek sonder fieterjasies!
175 ml mielieblom (maizena)
2 ml bakpoeier
5 ml kremetart
knippie sout
4 ekstra groot eiers, geskei
125 ml suiker
fyn appelkooskonfyt of aarbeikonfyt
*versiersuiker

Smeer pannetjies en besprinkel met bietjie mielieblom.
Sif eerste 4 bestanddele saam.
Klits eiergele en suiker tot romerig.
Roer droë bestanddele by die eiergeelmengsel.
Klits eierwitte styf en vou met metaallepel in. Verdeel beslag in voorbereide 2 groot panne (of in 4 klein pannetjies x 2 )
Bak 7 min in konveksieoond of 15-20 min in gewone oond by 160 °C.
Verdeel groot koek se lae in 2 , smeer konfyt tussen lae, sprinkel versiersuiker oor.
Sit saam met styf geklopte room voor indien verkies.

Foto en resep geplaas deur Frieda Greyling




MADEIRAKOEK MET FLAIR

1544449_700036796719861_354297545013865401_ntested

MADEIRAKOEK MET FLAIR
My weergawe

250 g margarien
250 g strooisuiker
5 ekstra groot eiers
500 ml koekmeel
1 ml sout
Bietjie melk (so 15 ml)
1 eetlepel opgehoop citrus peel (sommer die in die bakkies)
1/2 koppies kersies in die helfte gesny

Voorverhit oond tot 160 °C. Spuit ‘n ringkoekpan so ongeveer 20 cm breed goed met kossproei.

Verroom die botter en voeg strooisuiker geleidelik by en klits tot die mengsel amper wit en romerig is.
Voeg nou die eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging.
Voeg nou die skil by en meng goed.
Die suiker moet heeltemal opgelos wees.

Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
Meng dit nou geleidelik by die botter, suiker en eiermengsel.

Dit is ‘n redelike stywe deeg.
Indien deeg te styf is, voeg so 5 ml melk op ‘n slag by tot die mengsel werkbaar is.
Voeg nou die kersies by en meng stadig deur

Skep in pan, maak gelyk en bak so ongeveer 50 minute of tot toetspen skoon uitkom.
Keer uit en laat afkoel.

Vir versiering: Sif so bietjie versuiker oor koek.

Foto en resep geplaas deur Amanda Vallero‎




GEEN BAK ECLAIR KOEK

2014-05-08-geenbakeclairkoektested

GEEN BAK ECLAIR KOEK
2 pakkies Tennisbeskuitjies
2 pakkies kits vanilje poeding
3 ½ koppies melk
250 ml Orley Whip
VIR SJOKOLADE VERSIERSEL:
3 eetlepel kakao
1 ½ koppies versiersuiker
3 eetlepel warm melk

Meng poeding en melk in mengbak. Klits so 2 min. Klits Orley Whip in aparte bak. Vou in by poeding mengsel. Smeer vierkantige bak en pak laag tennis beskuitjies. Sit van die vulsel op en maak gelyk. Bedek met nog laag beskuitjies. Maak lae tot vulsel op is. Laaste laag beskuitjies.
Vir die versiersel meng bestandele tot glad. Sprei eweredig oor koek. Verkoel vir paar uur of verkieslik oornag. Ek het net die hefte aangemaak. Die resep sê Graham koekies en cool whip ek het Tennis en Orley gebruik.

Foto en resep geplaas deur Martie Fourie Moolman




BESONDERSE SJOKOLADEKOEK

sjokolade koek denisetested

BESONDERSE SJOKOLADE KOEK
Klits die volgende vir 5 min saam (rerig nie meer of minder nie!!!)
6 eiers
2 koppies suiker
10 ml vanilla geursel
Verhit die volgende tot gesmelt (Ek gebruik warm water)
3 eetlepel kakao
1½ koppie water
½ koppie kookolie
Sif die volgende saam:
2 koppie koekmeel
2 teelepel bakpoeier
5 ml sout

Meng die kakaomengsel by die eiermengsel, meng die meelmengsel by en meng net tot goed gemeng. Skep in ‘n voorbereide oondpan.
Bak op 180°C vir ± 25 – 30 min of tot die toetspen skoon uitkom.

Versier soos jy verkies, ek het vandag Caramel treat en gesmelte sjokolade opgesit xoxo

Resep geplaas deur  Naomi Beetge
Foto:  Denise Greyling




HUMMINGBIRD CAKE WITH PECAN CREAM FROSTING

rika se hummingbirf koektested

HUMMINGBIRD CAKE WITH PECAN CREAM FROSTING
Photo and recipe posted by Carrina le Roux
FOOD LOVERS RECIPES
3 cups all-purpose flour
2 cups white sugar
1 teaspoon baking soda
1 teaspoon salt
1 teaspoon ground cinnamon
3 eggs- lightly beaten
2 teaspoons vanilla extract
1½ cups oil
1 (8 ounce can) crushed pineapple -do not drain
2 cups bananas, mashed or about 3 – 4 large bananas
1 cups pecans or almonds/ walnuts chopped(it is supposed to be pecans but sometimes I change it up a bit)

Combine the flour, sugar, baking soda, salt, cinnamon.Mix together with whisk. Add eggs, vanilla extract, oil, pineapple, bananas and pecans(or nuts of choice) and mix until all ingredients are moistened. Spray 3 (9 inch) round cake pans or one 9 x 13 inch pan. Cook in preheated 350 degree oven 30 to 35 minutes until cake is done in center. Then Frost with cream cheese frosting or any favorite frosting you may have

Pecan Cream Cheese Frosting:
¼ cup unsalted butter, room temperature
8 ounces cream cheese, room temperature
1 pound box (about 3 2/3 cups) confectioners (powdered or icing) sugar, sifted
1 teaspoon pure vanilla extract
½ cup finely chopped pecans

 




LINDT CHOCOLATE CAKE

lindt chok koektested

LINDT CHOCOLATE CAKE

Here is the choc cake recipe. I didnt use Lindt choc but substituted with Cadburys dark chocolate. Ingredients:
130g chocolate(70% Lindt) chopped
120g softened butter
40g icing sugar
Pinch salt
6 large eggs, seperated
180g sugar
130g flour, sifted.

Preheat oven to 180 °C and line baking tins. Melt chocolate and set aside. Cream butter, icing sugar and salt. Add egg yolks one at a time. Add melted chocolate. Whip egg whites gradually adding sugar and beat until stiff. Carefully fold in 1/3 of the egg whites. Fold in remaining egg whites and sifted flour. Pour into pans and bake approximately 40 mins. Check after 30 mins.

Photo and recipe posted by Shanlin Woo