SJOKOLADE KOEK MET BAKLAVA GEVULDE PANNEKOEK

sjok-koek-met-gevulde-pannekoek-meyertested
SJOKOLADE KOEK MET BAKLAVA GEVULDE PANNEKOEK
Koop baklava en sny/druk dit fyn.
Koop pannekoeke met kaneelsuiker in.
Voeg ekstra gemmer, kaneel en naeltjies na smaak by die baklava, meng goed, vul die pannekoek daarmee en rol weer toe (ek het 7 pannekoeke uitgekry met vulsel in).
Maak “Die Klamste sjokoladekoek ooit” vanaf die blog, se beslag aan.
Opsioneel – ek het hierby ‘n ¼ teelepel elk van gemmer, kaneel en naeltjies ook bygesif en helfte van die botter met olyfolie vervang. Ek het ook ‘n ¼ teelepel anys in warm koffie van die resep laat week en later bygevoeg.
Skakel na die koekresep:
http://www.foodloversrecipes.com/2015/03/klamste-sjokolade-koffiekoek-ooit/
Spuit ‘n ringpan met kleefwerende kossproei.
Giet helfte van die beslag in die pan, rangskik die gevulde pannekoeke soos jy verkies, en giet res van die beslag oor die pannekoek. Verseker die pannekoek is deeglik onder beslag ingedruk.
Bak die koek eers teen 180ºC vir 35 min, daarna moet jy dit maar oppiep en dophou en grade verstel totdat ‘n toetspen skoon uitkom, sonder om te brand. My weergawe het bykans 1.5 uur gebak.
Laat die koek redelik afkoel in die pan voordat jy dit uitkeer op ‘n bord.
Smelt 2 x “Milky Bar” slabs,  ‘n klontjie botter en 50 ml room saam en bedruip die koek met dit.
Smelt 1 x donker sjokolade, klontjie botter en bietjie room en bedruip oor die wit sjokolade (ek het myne te veel geroer en dit het begin skei, toe plak ek dit gou-gou op die wit sjokolade, hehehe) -volgende keer sal ek eerder net die Bar-One sous maak en dit oor druip.
Nooi jou beste vriende, sny in reuse skywe en verslind gulsig saam met jou gunsteling warm drankie en goeie geselskap.
Nota – Mens kan maklik meer pannekoek insit, want dit sak af tydens die gaar word proses, omdat die beslag so loperig is. Ek was egter bang dit rys te veel uit en mors dan in my oond.
Mens kan bietjie meer anys by die koffie voeg, want ek het dit bykans nie geproe nie. Sal volgende keer ‘n ½ teelepel in die warm koffie laat trek en dan byvoeg.
Resep en foto: Meyer Combrinck




COCA COLA KOEK ALA RONEL

coke-koek-roneltested

COCA COLA KOEK ALA RONEL

Voeg die volgende in ‘n pot en smelt saam:
1½ koppie marshmallows
½ koppie olie
½ koppie margarien
3 eetl kakoa
1 koppie Coke
As jy dit saam gesmelt het voeg 1 teelepel koeksoda by.
Meng die volgende saam:
2 eiers
1¼ kop suiker
1 teelepel vanilla essense
½ koppie karringmelk
2 koppie bruismeel
Voeg nou Coke mengsel by meel mengsel en meng goed. Bak op 160°C vir 1 uur.
Moenie skrik as koek sag is nie , dit moet so wees.
Ek het ½ koppie vla bo-oor geskep met bietjie klapper bo-op vla.

Foto:  Ronel Muller Thoma




COLLEEN’S CARROT CAKE WITH CREAM CHEESE FROSTING

wortelkoektested

COLLEEN’S CARROT CAKE WITH CREAM CHEESE FROSTING

Ingredients:
2 cups cake flour
2 teaspoon fine cinnamon
2 teaspoons bicarb
Pinch salt
2 cups sugar
1 1/4 cups oil
4 eggs
3 cups grated carrots
1/2 cup milk
Method
Sieve together flour,cinnamon,bicarb & salt, keep aside.
Beat eggs,oil & sugar together then fold in the sifted ingredients with the carrots & milk.
Mix and pours into a round ring tin.

Bake @180deg for 60mins.

CREAMY VANILLA TOPPING
Soft margarine
Icing sugar
Mix until u have the desired thickness & it is creamy.
Cover cake and decorates with grated orange rind.

OR
FROSTING
2 cups icing sugar.
60ml Butter
125ml Cream Cheese
Drop of Vanilla Essence
Method
Mix until Smooth.

Source & Photo: Colleen June O’connor Heugh




ZALDHA SE POKE CAKE

Zaldha se Poke Cake
ZALDHA SE POKE CAKE

Ek het die maklike vanilla koek resep op die blog gebruik.
Toe koek uit die oond kom het ek dadelik gatjies in gedruk met agter kant van n hout lepel.
Dan het ek caramel sous en chocolate stroop oor gegooi.
Maak n pakkie chocolate pudding soos instruksies se, wag dat dit effens styf raak en smeer bo op.
Ek het sommer choc chip cookies en coconut as garnish gebruik

FOTO: Zaldha Hennessy
RESEP: http://www.foodloversrecipes.com/category/koeke/?s=maklike+vanilla




MICHELLE SE RAPUNZEL-KOEK

michelle-se-rapunzel-koektested
MICHELLE SE RAPUNZEL-KOEK
Vanilla Sponskoek:
4 ekstra groot eiers
450ml suiker
125ml water
125ml melk
10ml Vanilla essence
100ml sonneblom olie
500ml koekmeel
10ml bakpoeier
Klits die eiers goed saam. Voeg die suiker bietjies bietjies by en hou aan met klits tot dit dik en liggeel is (duur ongeveer 10min).
Voeg die water, melk, olie en vanilla saam in ‘n kastrol en verhit oor lae hitte. Laat staan een kant om af te koel.
Sif nou die meel en bakpoeier saam en vou dit by die eier mengsel in, Roer nou die melk mengsel in.
Bak teen 180 grade celsius vir 35 minute of tot toetspen skoon uit kom.
Beslag maak 2 ronde koeke van 20cm of 24 groot kolwyntjies.
FOTO: Michelle Joubert




KOFFIE-CHIFFONKOEK

chiffon-koffiekoek1tested
KOFFIE-CHIFFONKOEK
125 ml mielieblom
375 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
7 eiers, geskei
90 ml sterk swart aangemaakte koffie
250 ml strooisuiker
205 ml olie
5 ml vanilla essense
90 ml strooisuiker (ekstra)

VERSIERSEL
60 ml botter
60 ml water
2,5 ml droë koffiekorrels
90 g witsjokolade, in blokkies gebreek
250 ml versiersuiker, gesif

Stel oond op 180°C.
Sif mielieblom, koekmeel, bakpoeier en sout saam.
Klits eiergele, aangemaakte koffie en strooisuiker met elektriese klitser tot donserig.
Voeg olie en vanilla essens by en klits tot goed gemeng.
Roer gesifte meelmengsel by eiermengsel.
Klits eierwitte tot stywepuntstadium. Voeg 90ml strooisuiker by en klits tot glad.
Vou eierwitte by beslag in.
Spuit 2 ringkoekpanne van 22 cm met kleefvrye sproei en sprinkel met koekmeel ( ek voer panne uit met waspapier en sprinkel dan met meel, anders sit die koek vas onder).
Verdeel deeg tussen 2 panne en bak vir 40 minute of tot toetspen skoon uitkom.
Laat bietjie afkoel en keer dan op afkoelrak uit.
chiffon-koffiekoek3 chiffon-koffiekoek2

* ek kry 2 koeke uit hierdie beslag. Ek sny hul dan in middel deur en smeer met sjokolade botterversiersel in middel en dan bo-op baie dun voor ek die versiersel oorgooi)

VERSIERSEL:
Plaas botter, water, koffie en sjokolade in kastrol. Verhit oor matige hitte en roer af en toe tot glad.
Verwyder van hitte en roer versiersuiker by tot glad. Skep bo-oor die koek.
Ek kap ‘n pakkie maltballetjies en strooi dit bo-oor.
Berg in lugdigte houers.
* by gebrek aan ringkoekpanne, sit ek n glas wat gespuit en in meel gedruk is, in die middel

Foto: Marietjie du Toit




PAWPAW CAKE- PAPAJA KOEK

paw pawtested
PAWPAW CAKE- PAPAJA KOEK
Recipe: Tannie Poppie Coetzer
Photo:  Liezel Van der Merwe
FOOD LOVERS RECIPES
500 ml koekmeel
2 jumbo eiers
125 ml margarien
5 ml bakpoeier
125 ml gekapte neute
375 ml melk
325 ml suiker
5 ml vanilla geursel
250 ml fyn Papaja
2 ml sout

Sif droë bestanddele saam.
Meng margarien tot baie sag.
Voeg gesifte droë bestanddele saam.
Voeg nou Papaja en 175 ml melk by sodat mengsel klam is.
Meng vinnig met houtlepel.
Voeg eiers, geursel en res van melk by asook neute.
Skep in ringpan wat GOED gesmeer is met BOTTER.
Bak vir 35-45 minute op 180ºC.
Terwyl koek bak maak die sous:
Kook die volgende saam tot stroop:
250 ml water
250 ml suiker
250 ml papaja pulp
25 ml botter
Skep die sous warm oor die warm koek wat uit oond kom en laat goed afkoel. Keer dan uit en strooi versiersuiker oor.

PAWPAW CAKE
(PAPAJA KOEK)
Turn oven on to 190 ºC.
500 ml cake flour
2 jumbo eggs
125 ml margarine
5 ml baking powder
125 ml chopped nuts
375 ml milk
325 ml sugar
5 ml vanilla essence
250 ml fine pawpaw
2 ml salt
Syrup:
250 ml water
250 ml sugar
250 ml pawpaw pulp
25 ml butter
Sift dry ingredients together.
Mix Margarine until very soft.
Add sifted dry ingredients.
Now add the Pawpaw and 175 ml of the Milk to wet the mixture.
Mix briskly with a wooden spoon.
Add Eggs, Essence, the rest of the milk and the nuts.
Mix for 1 minute.
Pour into a well-greased ring pan.
Turn down oven to 180 ºC and Bake for 35-40 minutes at 180 ºC.
While the cake is in the oven, put all the ingredients for the syrup into a saucepan and boil together.
Pour hot over the warm cake when it comes out of the oven.
Allow to cool.
Turn over pan and remove cake.
Decorate with icing sugar.

 




PANNEKOEK TROUKOEK

testedpannekoek troukoek

PANNEKOEK TROUKOEK
1,25 kg koekmeel
3 teelepels sout
6 teelepels bakpoeier
6 eiers
62,5 ml asyn
250 ml olie
2,5 liter water

Meng  laat ‘n rukkie staan en bak soos pannekoek in ‘n warm pan.
Die resep bo het ek 4 x aangemaak vir die ±130 pannekoeke (en heelwat flops tussenin). Daar is geen vulsel tussen die pannekoeke nie, want die bruid wil hê dat dit as poeding bedien word met verskillende koue vulsels soos bessies en room ens. Dus word die pannekoeke nie warm gehou of warm gemaak nie. Ek het ook vooraf getoets – die pannekoek het ‘n dag oop gestaan sonder om uit te droog. Ek het egter eers 2 ure voor die troue die stapel gepak.

Niks tussen in gewees. Hulle het ‘n foto geneem waar hulle gemaak het asof hulle die “koek” sny en toe het die caterers dit kombuis toe geneem en van daar vir die gaste as poeding bedien. Dis opgerol met verskillende koue vulsels soos bessies en piesangs en roomys of room daarby.

Bron en Foto: Irma Van Ellewee Swart
2de Foto:  Ylonda Kilian




NITA’S COCONUT CAKE

coconut caketested
NITA’S COCONUT CAKE
Hi almal. Ek het hierdie heerlike koek gemaak vir springday. Dit is ideal vir iemand wat nie te veel van n soettand het nie.Dis my eie konkoksie.
Coconut cake
Preheat oven to 175 ºC. Grease and line (wax paper) a 25 cm springform cake tin.
2 cups white sugar
1 cup softened butter
5 eggs (room temperature)
1 tablespoon vanilla extract
1 cup canned coconut milk
Juice from one lemon
2 cups cake flour
1 tablespoon baking powder
1 teaspoon salt
1 cup flaked coconut
Sift together flour, baking powder and salt.
In a separate bowl cream the butter and sugar until light and fluffy using an electric beater.
Add eggs one at a time beating well after adding each one
Mix in lemon juice and vanilla extract.
Add flour mixture alternately with coconut milk, mixing well with each addition.
Fold in coconut.
Pour batter into prepared pan.
Bake 175 ºC for approximately 45 to 55 min or until a knife inserted into the cake comes out clean / Let cool for 10 minutes and release cake ring of springform and remove paper. Transfer cake to a cooling rack and let it cool completely before frosting.
I cut the cake and ice in the middle and the entire cake use a double batch of cooked icing .

Decorate with toasted coconut and long strips of lemon peel.
Recipe and photo: Nita Spies‎




ROLKOEK MET VARIASIE

rolkoektested

ROLKOEK MET VARIASIE
4 eiers, geskei
50 ml koue water
250 ml strooisuiker
250 ml ongesifte koekmeel
5 ml bakpoeier
knypie sout
5 ml vanielje
150 ml fyn konfyt
Smeer ‘n rolkoekpan van 30 x 45 cm, voer dit met waspapier uit en smeer papier ook. Bestuif met ‘n bietjie koekmeelblom en skud oortollige meel van papier af. Stel oond op 200°C en plaas oondrak in middel van oond.
Klits eiergele, water en strooisuiker baie goed saam tot dit bleekgeel en sponsagtig dik is. Sif meel en bakpoeier saam en vou dit bietjies-gewys met ‘n metaallepel in eiergeelmengsel in. Klits eierwitte en sout saam net tot stywe punte vorm. Roer ‘n bietjie van die eierwit by eiergeelmengsel in en vou res van eierwit en vanielje dan liggies in. Skep deeg in pan en smeer gelyk . Bak 10 minute. Keer uit op ‘n klam doek wat met suiker bestrooi is. Trek papier versigtig af en sny kort sye met ‘n skerp mes netjies. Verhit konfyt en smeer oor koek. Rol koek versigtig met behulp van die doek op. Sny kante netjies en laat minstens 30 minute op ‘n draadrak afkoel.
Die geheim van rolkoek is om dit nie lank te bak nie en baie vinnig daarmee te werk na dit uit die oond gehaal is.

Vir die sjokolade rolkoek variasie:
Vervang die koue water deur dieselfde hoeveelheid sterk, swart koue koffie en koekmeelblom deur 120 g (250 ml gesifte) koekmeelblom en 20 g (50 ml) kakao.
Foto: Petro van Genderen