ELZETNA SE AMARENO CHERRY KOEK


ELZETNA SE AMARENO CHERRY KOEK

2 kop bruismeel
2 eiers
1 teelepel koeksoda ( bicarb)
1 kop suiker
1 bottel 420g mareno kersies H ek het kersies in kwarte gesny)
Indien jy vind dat die mengsel te stof is kan jy aanleng met melk, ik het omtrent 125ml extra gebruik.

* meng alles saam
* bak vir +-30 min tot gaar op 180 grade voorverhit oond

Maak sous:
3 eetlepels botter
1/2 kop idealmelk
1 teelepel vanilla
1 kop suiker

* kook alles saam en gooi oor warm koek
** prik gaatjies in koek voor jy sous oorgooi

Laat afkoel. Meng 250g mascarpone met koppie versiersuiker. Roer met lepel moenie klits nie.( mengsel is nie styf nie maar ook nie loperig soos water nie) Kleur met rooi voedselkleursel. Gooi oor koek, dat dit egaal oorloop. Versier met kersies.

RESEP EN FOTO: Elzetna De Bruin




DIANE’S MAYONNAISE CHOCOLATE CAKE

DIANE’S MAYONNAISE CHOCOLATE CAKE
500 ml (2 cups) cake flour
3 eggs
125 ml (1/2 cup) cocoa
400 ml sugar
250 ml (1 cup) Cross & Blackwell mayonnaise
10 ml (2 teaspoon) baking powder
10 ml (2 teaspoon) bi-Carb of soda
5 ml (1 teaspoon) vanilla essence
330 ml luke warm water

Sift all dry ingredients together
Beat eggs, sugar and vanilla essence until creamy.
Add mayonnaise and mix
Add dry ingredients, gradually adding water, mix well, devide between 2 prepared tins.
Bake for 40 mins at 180 degree C

Icing:
170 g butter/margarine
3 cups sifted icing Ssugar
187 ml sifted cocoa (I used 80 ml)
2-3 teaspoons vanilla
1-2 tablespoon milk (I sometimes use Full Fat Cream Cheese)

Cream butter very well
Add all other ingredients and beat well.
Source and Photo: Diane Roode Hancox
2nd photo: Lelane Van Der Walt

Photo:  Zelda Ellis – Cake I baked for my husbands 60th birthday….Chocolate cake topped with grated chocolate, chocolate biscuits, and praline chocolates – I then drizzled white chocolate over the top.




DECADENT CHOCOLATE SPONGE CAKE

DECADENT CHOCOLATE SPONGE CAKE
Decadent Chocolate Sponge Cake
115 g semisweet chocolate
250 ml milk
300 ml cake flour
2 ml salt
12 ml baking powder
2 ml baking soda
4 large egg yolks, beaten
500 ml icing sugar, sifted
7 ml vanilla essence
4 large egg whites

Preheat oven to 175oC…
Grease and flour 2 x 22cm round baking pans…
In a small saucepan, heat chocolate and milk over low heat until chocolate melts. Remove from heat…
In a medium bowl, sift together flour, salt, baking powder and baking soda…
In a large bowl, beat egg yolks, icing sugar and vanilla with an electric mixer until light and fluffy…
Add chocolate to icing sugar mixture…
Stir in flour mixture…
In a clean, medium bowl, beat egg whites until stiff…
Gently fold in beaten egg whites into chocolate mixture in thirds…
Spoon batter into prepared baking pans…
Bake for 45-50 minutes, until a wooden pick inserted into centre of cake comes out clean…
Cool cake for 5 minutes in pans…
Invert onto a wire rack and cool…
Bron: A Treasury of Cookbook Classics

Vir die versiersel het ek die Versiersel op die stoof gebruik
http://www.foodloversrecipes.com/2014/09/heerlike-versiersel-op-die-stoof/
en die sjokolade teels is soos volg gemaak
Ek het waspapier op die blad gesit… Spray n Cook gespuit…. sjokolade in die mikrogolfoond gesmelt… oor die waspapier gesmeer.. donkerder sjokolade gesmelt en oor die onderstes gedrup.. dit laat afkoel en in blokke gesny..
Foto: Petré Van Jaarsveld




WIAN SE ROOI FLUWEEL EN BLOUBESSIE GAATJIE POEDING

WIAN SE ROOI FLUWEEL EN BLOUBESSIE GAATJIE POEDING
Recipe posted by Wian Swart
Photo: Wian Swart
FOOD LOVERS RECIPES
Ek het die naweek so bietjie ‘n variasie van die Piesang gaatjie poeding (op die FLR blog) gemaak. Rooi fluweel koek met blou bessie kaaskoek kits poeding en gekrummelde Oreo koekies.
Ek gaan net die koek resep plaas, die res van die resep is dieselfde as die piesang gaatjie poeding (ek het net die room uitgelos)
http://www.foodloversrecipes.com/2017/01/piesang-gaatjie-poeding-koek/
Red velvet cake (natural)
Makes two 9-inch cakes or 24 cupcakes
2½ cups cake flour (260 g)
3 tablespoons NATURAL cocoa powder (not dutch processed or dark)
1 teaspoon salt
2 teaspoon baking powder
1 teaspoon cream of tartar
1 cup butter (225 g)
1 tablespoon vanilla extract
2½ cups white sugar (500 g)
4 eggs
½ cup buttermilk (125 ml)
½ cup plain yoghurt (125 g)
½ cup to 1 cup beet puree (from raw beetroot) (100 to 200 g)
½ cup raspberry juice (from frozen or fresh raspberries) (125 mL)
2 tablespoons white vinegar
2 tablespoons lemon juice

Preheat oven to 350ºF (175 ºC.) Grease two 9-inch cake pans and line the bottom with parchment paper OR line cupcake tins with paper liners.
Prepare beet puree and raspberry juice beforehand. Grate raw beet and then puree it in food processor to as fine a texture as possible (adding water if necessary.) You don’t want any chunks, otherwise you might get a mouthful of beet while eating the cake. The colour of the cake will also be best with the finest texture of beet puree.
For the raspberry juice, heat up raspberries in microwave until they become mushy. Strain to remove seeds.
Sift together dry ingredients and set aside.
Cream together butter, vanilla, and sugar.
Beat in eggs, one at a time.
In a separate bowl, mix together the buttermilk and yoghurt. Whisk in the beet puree and the raspberry juice. Stir in the vinegar and lemon juice.
Alternate adding the dry and wet ingredients to the butter/egg mixture, mixing until combined.
Pour batter into the prepared tins. Bake cakes for 25-35 min (18-22 for cupcakes) or until toothpick comes out clean.
Allow to cool 10 minutes in the pan, and then completely on a wire rack.




LEKKERSTE KOEK- TERT OF NAGEREG ALLES IN EEN

LEKKERSTE KOEK OF NAGEREG

Koek:
3 groot eiers
100 g sjokolade, gebreek (ek het Lindt gebruik)
375 ml sterk swart koffie (Instant Espresso)
5 ml vanilla
375 ml karringmelk
750 ml strooisuiker
625 ml koekmeel
375 ml kakao
10 ml koeksoda
3 ml bakpoeier
5 ml sout
180 ml olie
Klits die eiers en strooisuiker tot lig en donsig 5-10 min. Skink die warm koffie oor die sjokolade in ‘n bakkie en roer tot gesmelt. Gooi by die eiermengsel saam met die karingmelk en vanilla. Sif die droë bestanddele saam en voeg by, terwyl geklits word. Giet die olie in ‘n dun straaltjie by terwyl geklits word. Gooi deeg in 2 panne of ‘n groot oondpan bak 1 uur teen 150º. Laat die koek in die pan afkoel.

Bolaag:
500 ml room
1 bakkie marscapone
125 ml suiker
¼ koppie Kalua, of bietjie meer
5 ml instant Espresso poeier
5 ml vanilla
2 eetlepel kakao
Klop alles saam tot styf. Smeer oor koek, As jy nie lus is om koek te bak nie, breek ‘n pak choc chip koekies grof, gooi ‘n laag in ‘n bak en bedek met ‘n laag van die room mengsel. Herhaal  lae en laat verkieslik oornag staan.  Bedien as ‘n lekker yskastert.

Hierdie bo-laag is ook ‘n heerlike versiersel en vulsel vir groot koeke.

Bron en foto: Ilona Turner




FANIE SE VANILLA OF LEMOENKOEK

FANIE SE VANILLA OF LEMOENKOEK
2 koppies koekmeel
100 ml sonneblomolie
1 koppie water of lemoensap
knippie sout
1.5 koppies suiker
2.5 ml bakpoeier
2.5 ml vanilla essense of lemoenessense
4 eiers

Verroom eiergele, vanilla essense en suiker.
Voeg by water, olie, sout en klits goed.
Voeg meel by en klits.
Vou eenkant geklitste eierwitte in saam met bakpoeier.
Verdeel in 2 standaard koekpanne en bak op 170°C vir 25 min. Toets met toetspen want oonde bak nie almal dieselfde nie.
Bron en Foto: Fanie Smit
2de Foto: Charleen Nieuwenhuizen




OONDPAN KOEK OF KOLWYNTJIES

OONDPAN KOEK OF KOLWYNTJIES
Sif saam en sit eenkant:
3 koppies koekmeel
6 teelepels bakpoeier
knippie sout
3 eetlepels kakao
Klits die volgende saam vir 5 minute:
3 koppies suiker
6 eiers

Meng die meelmengsel en eiermengsel.
Smelt 375 ml melk en 3 teelepels margarien in mikrogolf.
Voeg gesmelte melk margarienmengsel by meelmengsel.
Voeg  7 ml vanilla geursel by en roer deur.
Skep in ‘n voobereide oondpan.
Bak by 180ºC vir 35-40 minute.

Vir cupcakes skep in papiervorms ¾ vol.
Versiering:
Net carameltreat en sjokolade stukkies opgestrooi.
Jy kan ook carameltreat opsit, dan styfgeklopte orleywhip.
Dan gerasperde peppermint sjokolade.
Resep en foto: Sandra Schreurder-de Klerk




VIER LAAG SJOKOLADE KOEK MET MERINGUE

VIER LAAG SJOKOLADE KOEK MET MERINGUE

Sjokolade MAYONNAISE KOEK
2 koppies koekmeel
½ koppie kakao
1 ½ teelepels koeksoda
¼ teelepel sout
1 koppie suiker
¾ koppie mayonnaise
1 koppie water
1 teelepel vanilla geursel

Sif die meel, kakao, koeksoda en sout. Room die suiker, mayonnaise, water en vanilla. Voeg droë bestanddele by die geroomdemengsel; roer tot goed gemeng. Skep beslag in gesmeerde en meelbestrooide laag koek panne (of ‘n 9- x 13 duim pan). Bak teen 180 ° C. vir ongeveer 25 minute.
Gebruik 2 panne en sny dan elke laag middeldeur om 4 lae te kry.
BRON- Annelie van der Merwe-Kruger
http://www.foodloversrecipes.com/2014/03/chocolate-mayonnaise-cake/

NELLA SE SKUIMPIES (MERINGUES)
Hierdie een is n TREFFER…Ek maak dit gereeld.
Ek gee enkel beslag…jy kan (vermeerder soos nodig) maar glo my….hy maak heelwat…
1 groot eierwit
1 koppie strooisuiker
30 ml kookwater
15 ml asyn
2 ml bakpoeier
Plaas alles (behalwe bakpoeier) in mengbak. Klits totdat stywe punte vorm. onthou hy lyk taai, vou bakpoeier en kleursel met metaal lepel in. Gebruik versierspuit om vorms te maak. onthou dit rys omtrent 2 x die grootte.  Bak 1 en half uur op 100 ºC.
Maak hierdie resep 2 keer  en bak 3 ringe meringue vir die koek
BRON: Nella Rossouw
http://www.foodloversrecipes.com/2016/05/nella-se-skuimpies-meringues/

SUPER MAKLIKE GANACHE
250 ml vars room
250 g sjokolade
Meng room en sjokolade saam. Plaas in ‘n bak en mikrogolf vir + – 30 sekondes. Roer en voortgaan totdat sjokolade gesmelt. Verkoel vir minstens 2 uur voor gebruik, oornag is beter. Vir ‘n meer dikker consistancy gebruik 200 ml room plaas.
BRON: Jeanne-Mari van Wyk
http://www.foodloversrecipes.com/2015/07/super-easy-ganache/

Samevoeging van koek
Ek het tussen elke laag karamel gesmeer om die lae bymekaar te hou. Daar is vier lae Sjokolade koeke en drie Meringue. So jy eindig met Sjokolade koek. Dan het ek die ganache oor gegiet.
In die toekoms sal ek eerder roomkaas gebruik om die soet van die koek te breek tussen die lae ipv karamel.

Foto: Marika Tegmann




GIDEON SE ROOI FLUWEEL VERJAARSDAG KOEK


GIDEON SE ROOI FLUWEEL VERJAARSDAG KOEK
Rina aan jou en al jou admins en die 90 000 lede wat vir Food Lovers Recipes so n suksesvolle blad maak wil ek gelukwens met jul vierde verjaarsdag dit is voorwaar die beste blad in die wereld en ek lief julle aaaalmal baaaie geluk en geniet jul partytjies elkeen op sy besonderse manier ek en vroulief dra die koek aan julle op
Dit is n rooi fluweelkoek en laat my aan juwele dink dit wat julle is
Koek
100 g botter
300 g suiker
30 g kakao
30 ml kookwater
250 g koekmeelblom
2 botteltjies 30 ml rooi voedselkleursel
250 ml karringmelk
5 ml vanielje geursel
5 mlkoeksoda
5 ml witasyn
5 ml sout
2 eiers

Versiersel
250 ml melk
45 g koekmeelblom
220 g suiker
230 g botter
5 ml vanielje geursel

Voorverhit die oond tot 180ºC
Verroom die suiker en botter saam tot lig en romerig
Voeg die eiers een vir een by en klits na elke byvoeging
Meng die kakao kookwater en voedsel kleursel om n stywe pasta te vorm en voeg dit by die botter mengsel en meng goed
Sif die koekneelblom en sout saam meng ook die karringmelk en vinielje geursel saam voeg om die beurtmet die droe bestandele by die botter mengsel
Meng laastens die koeksoda en asyn saam en voeg by die mengsel
Ek gebruik toe n grootplat voorbereide pan en skep die mengsel daarin en smeer gelyk
Bak in die voorverhitte oond vir 30min
En laat afkoel
Haal uit op n broodplank en sny in die vorm van n 4 en gebruik die afgesnyde dele om die letters F L R te bou
Voeg n bietjie van die warm melk by die meelpasta en meng goed voeg by die warm melk en kook oor lae hitte tot dik en gaar roer gedurig
Verroom die botter tot sag en voeg die vinielje geursel by en klits tot dit lyk soos styf geklopte room
Laat afkoel en smeer oor syfer en letters wat vooraf geplaas is op n voorbereide plaat met foelie oor versier met klein gekleurde lekkertjies
Gebruik pienk fizzers en skryf HAPPY BIRTHDAY

RESEP EN FOTO:  Gideon  en Rinie Louw




VEELSYDIGE KLITSKOEK

VEELSYDIGE KLITSKOEK
150 g sagte margarien
3 ekstra groot eiers
200 ml melk
1 teelepel aarbeigeursel
2 koppies koekmeel
2 ½ teelepel bakpoeier
Knippie sout
1 koppie strooisuiker
Voorverhit oo d na 180 ºC. Smeer 2 losboomkoekpanne van 20cm met botter of spuit met kossproei. Voer die boom met bakpapier uit.
Plaas die margarien, eiers, melk en aarbei geursel in ‘n groot mengbak en klits goed. Sif die meel, bakpoeier, sout en strooisuiker oor die margarienmengsel. Klits dan tot goed gemeng.
Verdeel die mengsel tussen die 2 koekpanne. Bak ongeveer 30 minute lank in voorverhitte oond of tot toetspen skoon uit die middel van koeke kom. Keer op ‘n draadraak uit en laat heeltemal afkoel.
Versier volgens keuse.
Ek het my mengsel in vier bakkies verdeel, en gel kleursel bygevoeg. Meng goed deur en gooi dit dan in aparte spuitsakkies. Spuit dit dan in die panne. Jy hoef dit nie in spesifieke patrone te spuit nie. Stamp net die panne op tafelblad sodat mengsel oral kan bykom.
Chocolate ganache
250 g donker of ligte sjokolade ( bakers chocolate )
165 ml room
Verhit room in ‘n pot. Dit moet nie kook nie.
Breek sjokolade in stukkies, sit in mengbak. Gooi warm room bo oor sjokolade en laat staan vir so minuut. Hitte van room sal sjokolade smelt. Roer goed deur en sit in yskas om te verkoel. Gebruik op koeke en cupcakes
Malvalekker versiersel:
1 koppie suiker
1/3 koppie water
¼ teelepel kremetart
2 eier witte
1 teelepel vanilla geursel
In ‘n potjie, roer suiker, water en kremetart. Kook oor medium hitte tot suiker opgelos is en mengsel liggies borrel.
In n mengbak, klop eierwitte en vanilla tot sagte punt stadium. Voel geleidelik die suiker mengsel by terwyl menger dit klop. Meng vir sowat 7 – 10 minute. Gebruik soos nodig op koeke en cupcakes.
Foto: Charleen Nieuwenhuizen