LEMON LOAF

LEMON LOAF
125 g butter/margerine
180 g castor sugar
2 large eggs
240 g flour
1 teaspoon baking powder
pinch of salt
grated rind of 1 large lemon
150 ml milk at room temperature

Cream the butter and sugar. Add the eggs and lemon rind. Beat untill creamy (about 2 minutes). Fold in the dry ingredients. Lastly add the milk.
Bake at 180°C for 50 to 60 minutes.
For the topping: mix the juice of 2 lemons with 120 grams castor sugar.
Spread over cake while still hot.
Photo: Surine Joubert
2 nd photo:  Chantell Scheepers Mustoe




PETRE SE “DOEN NIKS” KAASKOEK KOEK

PETRE SE “DOEN NIKS” KAASKOEK KOEK
2 koppies suiker
1 1/2 koppies koekmeel
1 1/2 koppies bruismeel
2 eiers
2 teelepels koeksoda
1 teelepel vanieljegeursel
2 x 432 g blikke fyn pynappel met stroop
1 koppie klapper

Meng al die bestanddele goed saam met ‘n lepel.
Spuit 2 x 23 cm koekpanne.
Smelt 60 g botter in die een pan ‘n sprinkel bruinsuiker oor.
Pak ‘n laag pynappelstukke met kersies tussen in. ( ek het ‘n blikkie vrugtekelkie goed gedreineer en die boom van die pan daarmee uitgevoer)
Deel die koek beslag tussen die 2 panne.
Bak teen 180 grade C vir om en by 45 minute of tot toetspen skoon uitkom.
Steek koeke vol gaatjies met ‘n sosatiestok en gooi die warm stroop oor.
Laat afkoel in die panne.

Stroop
1⁄2 koppie margarien
1 koppie suiker
3⁄4 koppie ideal melk
1 teelepel vanieljegeursel
Bring bestanddele tot kookpunt en kook vir 5 minute. Gooi oor warm koek.

Kaaskoekvulsel
2 x 250 g roomkaas
1 koppie suiker
2 eiers
1 teelepel vanieljegeursel
3/4 koppie suurlemoensap
skil van een suurlemoen, fyn gerasper

Klits al die bestanddele saam tot goed gemeng.
Skep die kaaskoekmengsel bo op die koek wat sonder die vrugte is.
Bak vir 1 uur teen 160 grade C of tot gestol. Laat afkoel, plaas in yskas tot koud en plaas dan die ander laag van die koek met die vrugte na die bo kant bo op die kaaskoek.

Nota:  In die een pan, smelt 60 g botter in die koekpan, strooi bruinsuiker oor en pak die vrugte in die koekpan, deel die koek beslag in die 2 panne. Maw  die een pan se koek is eintlik n onderstebo koek. Die 2 koeke word eerste gebak, wanneer gaar, steek koek vol gaatjies en gooi die stroop oor terwyl dit nog in die panne is. Maak die Kaaskoekbeslag aan en skep oor die een koek wat nogsteeds in die pan is, (die een wat nie die vrugte onder in het nie) (ek wou eintlik pynappelringe gebruik het sodat dit soos ‘n onderstebo pynappelkoek moes lyk, maar die winkeltjies naby my het net fruit cocktail gehad). Laat afkoel in die pan. Die ander koek met die vrugte onder in die pan, keer uit op afkoelrak en plaas bo-op die gedeelte met die kaaskoek, wat nogsteeds in die koekpan is, sit in yskas oonag. Wat ek gewoonlik doen, is om ‘n karton te sny wat dieselfde as die een koekpan is, en oor te trek met foelie wat ek dan bo op die skyf sit.
Resep en foto: Petré Van Jaarsveld

NOG ‘N VARIASIE:
Weer ‘n verwerking met die Do Nothing koek gedoen… Twee lae met ‘n kaaskoek vulsel. Die fyn pynappel het ek met ‘n blik 765 g tertappels vervang wat ek fyn gemaak het. Vir die bo laag het ek n blik 440 g pynappelringe gebruik.. Die stroop van die pynappelringe het ek by die beslag gevoeg omdat die tertappels nie stroop in het nie..

Kaaskoekvulsel
2 x 250 g roomkaas
1 koppie suiker
2 eiers
1 teelepel vanieljegeursel
3/4 koppie suurlemoensap
Skil van een suurlemoen fyn gerasper

Klits al die bestanddele saam tot goed gemeng…
Skep die kaaskoekmengsel bo op die koek wat sonder die vrugte is.
Bak vir 1 uur @ 160 oC of tot gestol. Laat afkoel .. plaas in yskas tot koud en plaas dan die ander laag van die koek met die vrugte na die bo kant bo op die kaaskoek.
Foto: Petré van Jaarsveld


Foto:  Erica Cosijn – het die suiker in die kaaskoek laag met kondensmelk vervang en dit was heerlik. Ek het ‘n blik pynappelstukke en ‘n pakkie glanskersies vir die vugtelaag gebruik. Die versiersel is net styfgeklopte room.




NEW ZEALAND LOLLY KOEK

NEW ZEALAND LOLLY KOEK
(Dit is eintlik glad nie koek nie- meer blokkies)
½ koppie botter/margarien
180 g mini malvalekker
½ koppie kondensmelk
250 g Marie beskuitjies, fyngemaak

(Ek maak resep gewoonlik dubbeld dan pas hy baie lekker in pyrex bak in)
Smelt botter.
Meng kondensmelk by tot alles gemeng en warm.
Haal van hitte af.
Voeg marshmallows by en dan koekies.Ek meng dit dan- die marhmallows smelt gewoonlik so klein bietjie (om mengsel lekker te bind) as dit nie doen nie maak ek weer bietjie warm.
Dan gooi en klein lagie klapper in pyrex bak se bodem.
Marshmallow mengsel word dan oor dit uitgeskep.
Dan weer dun lagie klapper.
Plaas in yskas.
Sny in blokke.
Die oorspronklike resep sê mens moet ‘n log maak en in wiele sny.
Resep geplaas deur Maranda Van Dam
Foto: Maranda Van Dam
2de foto:  Nicole Jordan
Het nou die New Zealand lolly cake probeer wat Maranda Van Dam gister geplaas het! Het net gewone marshmallows gebruik en geknip en klein bietjie suurlemoensap bygesit om die erg soet te breek. Dit het so lekker uitgekom! Jul kan dit gerus probeer. WARNING: slegs vir die soet tand!




OONDPAN SJOKOLADE PLAATKOEK

OONDPAN SJOKOLADE PLAATKOEK
6 koppies meel
2 teelepels koeksoda
8 teelepels bakpoeier
3 koppies suiker
160 ml kakao
1 teelepel sout
2 koppies kookolie
100 ml asyn
4 koppies kookwater
4 teelepels vanieljegeurgsel

Sif die koekmeel, koeksoda, bakpoeier, suiker, kakao en sout saam in ‘n mengbak. Meng die kookolie, asyn, kookwater en vanielje geursel saam en klop dit geleidelik by meelmengsel in met ‘n vurk. Giet in ‘n gesmeerde en meelbestrooide oondbak.
Bak vir 30 min by 180°C of tot toetspen skoon uitkom.

Sous:
1 ½ koppies suiker
2 ½ eetlepels meel
2½ eetlepels kakao
1½ koppies melk
½ koppie water
Meng die suiker, meel en kakao in ‘n groot pot en voeg die water by. Meng goed. Voeg die melk by en kook op ‘n lae hitte tot dit verdik.
Wanneer koek uit oond kom prik gaatjies in koek en gooi die warm sous oor die koek.
Foto: Louise Smit




VANILLA PLAATKOEK MET MINT SJOKOLADE

VANILLA PLAATKOEK MET MINT SJOKOLADE SOUS
Resep en foto: Louise Smit
FOOD LOVERS RECIPES
500 g suiker
6 eiers
1 teelepel vanilla geursel
350 ml water
200 ml olie
500 g koekmeel
6 teelepels bakpoeier
knippie sout

Klits suiker, eiers en vanilla saam vir 10 min, gooi water en olie by en meng vinnig deur.
Voeg meel en sout by en meng goed. Sit jou bakpoeier laaste in.
Bak vir 40 min op 180°C.
Sous:
1 ½ koppie suiker
2 ½ eetlepels koekmeel
2 ½ sjokolade mint kitspoeding
1 ½ koppies melk
½ koppie water
1 slap mint sjokolade, gerasper

Meng suiker, meel en sjokolade kitspoeding in ‘n groot bak en voeg water by en meng goed.
Voeg melk by en kook op lae hitte tot dik.
Wanneer sous klaar is, voeg die gerasperde mint sjokolade in sous en meng goed.
As koek uit die oond kom, skep die warm sous oor en laat sous intrek. Sny en geniet.




KARAMEL-ROOIBOSTEE TERT

KARAMEL-ROOIBOSTEE TERT
KOEK:
4 XL eiers
250 ml suiker
125 ml sterk, koue rooibostee
5 ml karamel- of vanilla geursel
400 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
30 ml gesmelte margarien

Voorverhit oond tot 180ºC.
Klits eiers en suiker baie goed saam tot lig en romerig.
Voeg rooibostee en geursel by.
Sif droë bestanddele saam en vou in.
Roer gesmelte margarien in en skep in groot gesmeerde bak.
Bak vir 35-40 minute of tot gaar.

Maak intussen die STROOP:
650 ml kookwater
2 rooibostee sakkies
310 ml suiker
100 ml brandewyn
10 ml karamel- of vanilla geursel
Verhit die water, suiker en teesakkies tot suiker opgelos is.
Bring tot kookpunt en prut vir 5 minute.
Verwyder van hitte, haal teesakkies uit en voeg brandewyn en geursel by.
Prik die koek goed met ‘n skerp mes of ‘n groot vurk sodra dit uit die oond kom.
Gooi nou die warm stroop oor die warm koek.
Laat heeltemal koud word en smeer dan BO-LAAG oor:

1 blik Caramel Treat
250 ml vars room
Klits room tot styf.
Vou Caramel Treat in en smeer oor tert.
Plaas in yskas tot benodig.
Foto: Bets Lourens
Resep geplaas deur Bets Lourens




JOHNSEN’S SPECIAL CAKE

JOHNSEN’S SPECIAL
4 large eggs
500 ml castor sugar
250 ml sunflower oil
10 ml vanilla essence
625 ml cake flour
15 ml baking powder
250 ml milk

Coating:
500 ml icing sugar
60 ml cocoa powder
60 ml soft butter
200 ml hot water
200 ml coconut

Beat eggs and castor sugar until sugar has dissolved. Add oil and vanilla essence and mix well. Add sifted flour and baking powder and stir to combine. Stir in milk to make a smooth dropping consistency. Spoon into a greased and lined deep 40 by 30 cm baking tin and bake at 180 degrees C for 30 minutes. Allow to cool in tin for 10 min, turn out on wire rack to cool. Cut into small squares and set aside.

Coating
Mix icing sugar, cocoa and butter to a paste, adding enough water to make a thin coating sauce.
Using a slotted spoon, dip each cake square in the sauce, then roll in coconut..Allow to set
Photo:Jacquiline Jones




SJOKOLADEKOEK MET NEUTE “MERINGUE” LAAG

SJOKOLADEKOEK MET NEUTE “MERINGUE” LAAG
Middagtee: Sjokoladekoek met ‘n neute meringue vir die middelste laag
Ek het elke week ‘n klomp meringue oor. Maak dan meringues met neute in ‘n koekpan, of skuimpies of nessies. Die meringues in die koekpan gebruik ek vir ‘n middellaag saam met koeke.
Vir die versiering het ek die versiersel op die stoof gebruik. en die meringue se link onderaan.

Dubbel-sjokoladekoek
3 groot eiers
100 g goeie gehalte melksjokolade, in blokkies gebreek
375 ml warm, sterk koffie
5 ml vanieljegeursel
375 ml karringmelk
750 ml strooisuiker
625 ml meel
375 ml kakao
10 ml koeksoda
7.5 ml bakpoeier
5 ml sout
180 ml olie

Voorverhit die oond tot 150°C en voer drie koekpanne van 20 cm in deursnee met bakpapier uit. Spuit ook sommer deeglik met kleefwerende sproei om te voorkom dat die koek vassit.
Klits die eiers in ’n elektriese menger vir 5 tot 10 minute tot lig en donsig.
Giet die warm koffie bo-oor die sjokolade en roer elke nou en dan tot die sjokolade gesmelt het.
Voeg die vanieljegeursel by die karringmelk en meng.
Sif die suiker, meel, kakao, koeksoda, bakpoeier en sout saam.
Stel die menger op sy laagste spoed en voeg die olie in ’n dun straaltjie by om ’n emulsie te vorm.
Voeg die karringmelk en vanieljegeursel by en dan die sjokolade-en-koffiemengsel.
Skep die droë bestanddele by die beslag en roer totdat deeglik gemeng is.
Verdeel die beslag tussen die koekpanne en bak sowat 30 minute tot gaar.
Laat heeltemal in die panne afkoel en keer dan uit op ’n draadrak. Die koek kan vir tot drie maande gevries word. Versier met versiersel van jou keuse, of gebruik twee blikke karamel om die koek op te tert.
http://www.foodloversrecipes.com/2014/09/heerlike-versiersel-op-die-stoof/
http://www.foodloversrecipes.com/2015/10/vinnige-suurlemoen-skuimtert/

Nota:  Die koek moet ‘n paar uur staan voordat dit gesny word. Eers is die meringue laag droog wanneer jy dit opsit, na ‘n tydjie se staan, dan word dit taai, kan dan amper nie gesny word nie, daarna word die meringue sag, en is dan baie lekker.
Foto: Petré van Jaarsveld
Resep geplaas deur Petré van Jaarsveld


Petré Van Jaarsveld
Dubbel Sjokoladekoek …. gebak vir n Coffee Shop…
Ek het nie die neute meringue laag ingsit nie.. Die koek 3 lae gemaak…




SJOKOLADE KOEK

SJOKOLADE KOEK.
1 ½ koppies koekmeel
1 ½ koppies suiker
2 eetlepels kakao
200 ml kookwater
200 ml olie
5 eiers
1 ml sout
3 teelepels bakpoeier

Skei eiers, klits eiergele en suiker goed saam.
Meng kakao, kookwater en olie saam.
Voeg droë bestanddele om die beurt saam met olie in die eiermengsel in.
Meng alles saam.
Klits die eierwitte en sout styf, voeg bakpoeier by styf geklitste eierwitte, en klits deur.
VOU die eierwit by die meelmengsel  in. Roer tot eierwitte in gemeng is, moenie klits nie.
Bak in oond wat op 180°C is vir 25-30 min tot gaar of tot toetspen skoon uitkom.
Ek bak  hom net 27 min dan is hy gaar. Vir wit koek los net die kakao uit.
Resep en foto: Bettie Liebenberg




YASMEEN’S CHOCOLATE SPONGE CAKE

YASMEEN’S CHOCOLATE SPONGE CAKE
Chocolate sponge made by me and decorated by my six year old daughter.
4 eggs
1 cup sugar
1 tsp vanilla essence
1/2 cup of oil
1/2 cup of boiling water
2 Tablespoons of cocoa powder
1 and 1/4 cup flour
3 tsp baking powder


Cream eggs, sugar and vanilla essence
Mix cocoa powder into the boiling water.
Add oil to the water mix
Mix together egg mixture and water mixture
Slowly fold in sifted flour and baking powder.
Bake at 180 degrees C for 30 minutes in a greased baking dish.

Topping
250 ml fresh cream.
2 Tablespoons of cocoa powder
2 Tablespoons of castor sugar
Mix all together and whisk on high speed till stiff.
Decorate as desired.
Photo and recipe: Yasmeen Ibrahim