GRANADILLA EN PIESANG KOEK

piesang grenadella koektested

GRANADILLA EN PIESANG KOEK
Vir die koek:
250 g sagte botter of margarine
500 ml strooisuiker (400 g)
2 groot eiers
4 fyngedrukte piesangs (500 ml)
2 x 175 g bakkies granadilla joghurt
4 x 250 ml sasko bruismeel (500 g)


Smeer ‘n 25 cm koek pan (Ring)
Room die botter en suiker in ‘n bak met ‘n houtlepel of elektriese klitser tot lig en “fluffy”
Voeg die eiers by en klits goed
Voeg die piesang, Joghurt en gesifte meel by
Skep in die voorbereide pan en bak by 180°C vir 50-60 min of tot toetspen skoon uitkom
Keer die koek uit en laat afkoel op draadrakkie

Vir die Versiering
750 ml versiersuiker gesif (400 gr)
80 ml granadilla pulp

Sif die versiersuiker in ‘n bakkie
Voeg die granadilla pulp by
Meng tot dit glad is
Smeer egalig oor die verkoelde koek
Foto: Maria Liebenberg




HEERLIKE CUPCAKES-VANILLA

tested

HEERLIKE CUPCAKES-VANILLA
Dit kan gebruik word vir ‘n gewone koek asook vir cupcakes.
Vir die stroop:
100 g strooisuiker
100 ml water
5 ml vanilla
Kook tot suiker opgelos is en laat vir so 2 minute prut. Laat afkoel. Die stroop smeer jy met ‘n pastry kwassie oor die warm koek.

Vanilla Koek:
200 g sagte margarien of botter
200 g strooisuiker
10 ml vanilla
4 eiers, liggies geklits
200 g bruismeel (gesif)

Klits margarien tot lig en donsig (die geheim is om dit baaaaie goed te klits).
Voeg vanilla by.
Voeg die eiers een derde op ‘n slag by en klits baie goed.
Voeg nou die meel by een derde op ‘n slag, moet glad nie dit te lank meng nie want dan raak die koekdeeg taai.
Gooi res van eiers en meel om die beurt by en meng, sodra die deeg bymekaar kom, skep in cupcake houetjies wat in ‘n muffin pan geplaas is.
Voorverhit oond tot 180ºC.
Bak 35 minute of tot gaar, smeer die stroop oor die warm cupcake sodra dit uit die oond kom.
Hierdie resep maak 1 x 15 cm ronde koekpan of om en by 13 cupcakes.
Cupcakes baktyd is vir my so 25 minute.

VERSIERSEL:
450 gesifte versiersuiker
200 g sagte botter
5 ml vanilla
Klits botter vir omtrent 5 minute. Dit moet spierwit wees.
Nou voeg jy die versiersuiker een derde op ‘n slag by en na elke byvoeging klits jy dit ook vir so 2 – 3 minute.
Gooi die vanilla by en klits.
Gebruik gel kleursel. Die vloeistof een maak die versiersel baie sag.
Vir die manier hoe om die versiering te doen moet Piet maar vinnig Oppie koppie toe gaan.

O ja en onthou hierdie stroop kan jy op enige koek smeer. Dit hou die koek heerlik klam.
Plasing: Sylvia Pretorius Ferreira
Foto: Mareli Coetzee

 




PORTUGUESE CHOCOLATE MICROWAVE CAKE

portuguese chocolate cake flrtestedmw
PORTUGUESE CHOCOLATE MICROWAVE CAKE
Recipe tested and photos: Wanda van der Merwe and Denise Kaltenbrunn
Beat in a blender:
3 eggs
1 tin of condensed milk
1 can cream
1 tablespoon coffee or vanilla extract
1 tablespoon unsalted butter or margarine
½ cup cocoa powder

Place in a greased microwave bowl (plastic or glass form suitable for microwave) for 8 (*see note) minutes at full power.
Let cool for 5 minutes, unmold and garnish with chocolate sprinkles or grated chocolate
For 1650 w microwave oven 6 minutes only or ’till the sides come loose.
*Note from ADMIN: 8 minutes might be too long – we suggest you try 6 min depending on your microwave

 




VLA LAAGKOEK


VLA LAAGKOEK
Die koek moet in die yskas gehou word as dit nie dieselfde dag wat dit gebak is, opgeëet word nie.
Sponskoek:
4 groot eiers
300 ml strooisuiker
500 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
250 ml volroom melk
100 g botter
5 ml vanielje geursel

Vla vulsel:
6 eiergele
¾ koppie strooisuiker
70 ml Maizena

500 ml melk
5 ml vanielje essense

Voorverhit die oond tot 180°C.
Klits eiers en strooisuiker tot lekker dik en romerig.
Sif die meel en bakpoeier saam en vou in die eier mengsel in.
Verhit die melk en botter maar moenie kook nie (smelt sommer in mikrogolf die botter).
Voeg vanilla geursel by en voeg dan by die meel en eiermengsel.
Verdeel deeg in 2 x 20 cm panne.
Bak vir 25-30 minute en haal uit die oond (tandestokkie kom skoon uit as hy gaar is).
Terwyl die koek nog warm is, vat garing draad en sny elke koek in 2 (dus is daar nou 4 lae).
Laat afkoel op rakkie.

Intussen maak solank jou vla vulsel:
Klits eiers en strooisuiker saam tot lig en skuimerig.
Sif die Maizena en vou in die eiermengsel in.
Verhit melk in ‘n pot oor lae hitte tot dit net begin kook.
Voeg dan jou eiermengsel met ‘n dun straaltjie in die melk en roer aanhoudend.
Laat dit kook oor ‘n lae hitte tot die mengsel verdik.
Haal van die stoof af en voeg die vanilla essens by.
Laat heeltemal afkoel.
Verdeel die mengsel in 4 in die pot.
Wanneer die koek afgekoel is sit een koeklaag, vla vulsels weer koek laag en eindig met vla vulsel.
Jy kan kaneel oorstrooi of ek het versoete klapper effe gebak in die oond en oorgestrooi!
Geniet baie.
NOTA: Ek hou van meer vulsel so jy kan die vla vulsel meer maak! Maar dis ‘n heerlike klam koek so dis nie nodig nie!
Foto: Lelane Van Der Walt




ANGEL FOOD CAKE


ANGEL FOOD CAKE
Carefully seperate egg whites and take care that there is no trace of yoke
12 egg whites 
¼ teaspoon salt
1 teaspoon vanilla
1 ½ teaspoon cream of tarter
½ teaspoon vanilla extract
2 ¼ cups caster sugar
1 cup cakeflour
Decoration:
fresh cream,
walnuts halves
pineapple

Sif together 3 times 1 cup cakeflour an 1 ½ cups sugar
Beat eggs whites with  ¾ cup sugar (2 tablespoons at a time)
and continue to beat with rotary beater till meringue stand up in stiff peaks.
When mixture is really stiff then carefully mixed in a third at a time of flour and sugar mixture.
Carefully fold in the flour mixture into meringue batter. Folding it in with a knife or wire whip. Bake at bottom self of oven 180ºC for 40 min or till done. When cool carefully remove from pan.
Cake must be handled gently.
Beat the cream till stiff peaks.
Decorate top and sides of cake with fresh cream, Walnuts halves and pineapple.

Recipe: Tim En Elsie Slabbert