1

KOFFIEKOEKIES MET VULSEL IDEES


KOFFIEKOEKIES MET VULSEL IDEES
15 ml Kitskoffie
15 ml Kookwater
500 ml Bruismeel
250 ml Botter/maragrien
125 ml Suiker
2 ml Sout

METODE
Verhit oond tot 180grade C
Los koffiepoeier in die kookwater op en laat afkoel
Meng die koffie met die res van die bestandele
Verkil dit ‘n rukkie indien dit baie sag is
Rol die deeg in albastergrootte bolletjies
Plaas op bakplaat en druk effe plat
Bak koekies 15 min lank
Lewer 70 koekies

Vulsel
30 ml kitskoffie poeier
25 ml kookwater
250 ml witsuiker
100 ml botter/margarine
70 ml melk
1. Maak koffiepoeier met die kookwater aan.
2. Voeg die suiker,smeer en melk by.
3. Verhit dit tot kookpunt en kook 5min lank.
4. Haal dit van die stoof af en klop dit met `n
houtlepel tot styf en goed koud word.
5. Smeer koekies en plak op mekaar vas

Vir die vulsel ‘n paar idees

Ben Rautenbach
Rina ek koop milk sjokolade smelt met bietjie milk of room en smeer dit op!Heerlik !!!

Dunia Van Rensburg McMaster
is it not nutella and peanut butter? or icing sugar and a little cocoa and mixed with coffee and let set

Vulsel
1kg versiersuiker
50g (125ml) kakao
300g margarien
10ml vanieljegeursel
melk om smeerbare vulsel te maak… dalk bietjie koffie bysit

Lynette van Heerden
My koffiekoekie resep se vulsel is…
1 koppie suiker
1/3 koppie melk
1 teelepel vanilla essens
1/2 koppie margarien/botter
1 eetlepel koffie ekstrak

Kook alles saam vir 5 minute en klop dan met houtlepel tot dit dik en koud word…smeer so halwe t tot teelepel vol tussen koekies…baie lekker..gebruik dit altyd op my koffiekoekies…




STAR COOKIES

star cookiestested
STAR COOKIES

INGREDIENTS
125g (125ml) soft butter
105g (120ml) castor sugar
5ml vanilla essence
1 large egg
280g (500 ml) cake flour
30g (50 ml) cornflour (maizena)
5 ml baking powder
METHOD
beat the butter and sugar until light, then beat in the vanilla and egg.
sift the cake flour, cornflour, baking powder and pinch of salt . stir into the butter mixture to form a firm dough. refrigerate for 15 min of until firm. and roll out the dough.
bake for 8-10 min
160 degrees C
BRON: Riana Du Plessis



APPELTERTJIES-KLEIN APPELTJIES

appeltertjies Roneltested

APPELTERTJIES-KLEIN APPELTJIES
4 eiers
180 ml strooisuiker (3/4 koppie)
310 ml koekmeel (1 1/4 koppie)
10 ml bakpoeier (2teelepels)
180 ml margarien gesmelt (3/4 koppie)
1 blik appels(baba)400 g gedreineer

Voor verhit oond tot 180 Grade C
Spuit muffin pan met kossproei
Klits eiers, strooisuiker vinnig met elektriese klitser tot liggeel.
Sif die meel en bakpoeier saam en vou in.
Giet die gesmelte margarien by en klits tot gemeng.
Vul elke muffinholte halfvol met die beslag en plaas baba appeltjies in die middel van elk.
Bak vir 8 – 12 min..
Laat afkoel!
Plasing: Ronel Snyman




MEESTERLIKE HERTZOGGIES

hertzoggies eietested

MEESTERLIKE HERTZOGGIES
Hier maak selfgemaakte konfyt regtig ‘n verskil, en ek kan dit beaam
Kors
450 ml koekmeel
37 ml strooisuiker
10 ml bakpoeier
1 ml sout
125 g botter of margarien by kamertemperatuur
3 ekstra groot eiergele
15 ml koue water

Vulsel
60-75 ml fyn appelkooskonfyt of soveel nodig

Bolaag
3 ekstra groot eierwitte
300 ml witsuiker
500 ml klapper

Berei die holtes van 2 kolwyntjie panne voor.
Klits die droe bestandele vinnig in ‘n voedselverwerker en voeg die botter by.
Klits tot krummelrig. Klits die eiergele en die water saam en voeg by.
Klits tot klam krummels vorm wat begin bind en ‘n bol wil maak.
Voeg ‘n paar druppels yswater by indien dit te styf is.
Druk die deeg bymekaar in ‘n bol, maak toe in kleefplastiek en bere in die yskas vir tenminste 1 uur.
Voorverhit die oond tot 180°C.
Rol die deeg lekker dun uit op ‘n meelbestrooide oppervlak en druk groot genoeg sirkels uit om die pannetjie se holte vol te maak (ongeveer 8cm)
Plaas die deegsirkels in die pannetjieholtes. Skep ‘n teelepel vol konfyt in die doppie en sit die panne in die yskas terwyl jy die bolaag meng.
Klits die eierwitte tot stywe punte vorm en voeg die suiker lepel vir lepel by terwyl jy die heeltyd klits.
Haal uit die menger, vou die klapper met ‘n lepel in die eierwitte ni en skep mengsel bo-op die doppies, lekker hoog vol.
Maak seker die bolaag bedek die konfyt anders kook die konfyt uit.
Bak 15min tot die bo laag lekker goudbruin is. Laat op ‘n draadrak afkoel tot kamer temperatuur en bere in ‘n lugdigte houer.
Die geheim hier is om jou deeg die hele tyd koud te hou dan is die tertjies perfek
Lewer 24 Hertzoggies
Resep geplaas en foto deur Rina Kleinhans
2de foto: Debbie Edwards




SKURWEJANTJIES

SKURWEJANTJIEStested

SKURWEJANTJIES
230 g botter/margarien(250 ml)
50 ml heuning of stroop
10 ml koeksoda
400 g suiker (500 ml)
275 g koekmeel (500 ml ongesif)
250 g hawermout(750 ml)
150 g klapper(500 ml)
100 g gekapte neute (250 ml)
50 g semels (250 ml)
2 eiers geklits

Stel oond op 160ºC
Smeer bakplaat 40 x 27 x 2 cm of grotter. Smelt botter en heuning oor matige hitte saam.
Voeg koeksoda by en roer (mengsel skuim)
Laat effens afkoel. Meng droë bestanddele in mengbak voeg eiers en bottermengsel by.
Meng vinnig en liggies tot stywe krummelrige deeg. Plaas in pan en druk plat en gelyk met eierspan.
Bak vir 30-35 min. (Ek het nie neute en semels gehad nie, maar het toe wheatbix in gebreek).
Plasing: Sophia Pohl




HOLIDAY BISCUITS

holiday biscuitstested
HOLIDAY BISCUITS (VARIATY)
500 g margerine
625 ml sugar
3 eggs
75 ml cream
15 ml vanilla essense
6 cups flour
37,5 ml baking powder
10 ml salt

Cream margarine and sugar until light and fluffy.
Beat in eggs, cream and vanilla. Stir dry ingredients into creamed mixture, form into a dough Devide dough into 6 portions and flavour as given below. Bake at 190º C for 10-12 minutes.
Variation
PLAIN:
Flatten with a fork, then sprinkle with coloured sugar or finely chopped nuts
ORANGE-NUT:
Add 12,5 ml grated orange rind and 125 ml finely chopped nuts to dough.
Drop spoonfuls on baking tray and flatten slighty.
CHOCOLATE NUT:
Melt 30 g chocolate, and cool and add to dough with 125 ml finely chopped nuts.
Proceed as before
MINCEMEAT:
Add 125 ml fruit mincemeat to dough
COCONUT:
Add 125 ml coconut to dough. Brush tops with egg white, then sprinkle with coconut
FRUIT:
Add 60 g chopped candied peel, chopped sultanas or raisins.
COFFEE:
Add 5 ml mixed spice to dry ingredients and substitude 15 ml strong coffee for vanilla
MAKES ABOUT 6 DOZEN BISCUITS
TO FREEZE DOUGH:
Form into a 50 mm cylinder, wrap in plastic film. then tinfoil.
Seal, date and label.
After thawing, cut into 6 mm thick rounds and bake as above.
PHOTO: Riana Du Plessis