STAINED GLASS SUGAR COOKIES

stained glass sugar cookies
STAINED GLASS SUGAR COOKIES

2 3/4 cups plain flour
1 teaspoon baking soda
1/2 teaspoon baking powder
1 cup butter, softened
1 1/2 cups white sugar
1 egg
1 teaspoon vanilla extract
method
Preheat oven to 375 degrees F (190 degrees C). In a small bowl, stir together flour, baking soda, and baking powder. Set aside.
In a large bowl, cream together the butter and sugar until smooth. Beat in egg and vanilla. Gradually blend in the dry ingredients. Roll rounded teaspoonfuls of dough into balls, and place onto ungreased cookie sheets.
Bake 8 to 10 minutes in the preheated oven, or until golden. Let stand on cookie sheet two minutes before removing to cool on wire racks.

Stain Glass Instructions:
Make Sugar cookie (recipe above) Cut out the cookies with a large cookie cutter. Use a spatula to transfer the shapes to the baking sheet. Remove the centers of the cookies with a smaller cookie cutter. Place 2 hard boiled lollies you can crush them up to make cool colors or gummy bears (like using 2 different colors) in the center of each heart (or whatever shape you made) and bake according to your recipe’s instructions. Let the cookies cool on the baking sheet for 5 minutes, then transfer them to wire racks to
cool completely. To prevent sticking, place waxed paper between layers of cookies.
Nota:  Ek het net nie die middel uitgehaal nie, eerder plat gedruk, want dit het aan die wax paper vasgesmelt, en ek het ook die papier met botter gesmeer. My huismaat het voorgestel dat ek volgende keer net die jelly babies opsit vir die laaste 5 min, dan behoort dit nie oor te smelt nie.
Foto en resep: Cathy MacIntosh



VERNEUK KONFYTTERTJIES

verneuk konfyttertjiestested
VERNEUK KONFYTTERTJIES
Gekoopte blaardeeg.
Konfyt – ek het Driebessie gebruik.
Gebruik wafelpan. Spuit en maak lekker warm.
Gebruik gekoopte blaardeeg (ek het die gebruik wat reeds in blokke gesny is)
Moenie verder uitrol nie.
Moenie te veel konfyt op smeer nie – dit bak uit!
Vou die kante lekker stewig om, sodat konfyt nie uitloop nie.
Druk die wafelpan stewig toe sodat deeg kan rek
Bak so 5 min – kyk maar tot dit mooi bruin is.
Laat koud word en sny die kantjies netjies.
Bron: Corrie du PLessis




RICE KRISPY TOFFEE HORINKIES

RICE KRISPY TOFFEE HORINKIES
100 ml botter
200 ml suiker
25 ml stroop
1 blik kondensmelk
5 ml vanilla
550 ml rice krispies
24 klein roomys horingkies
Smelt boter en suiker saam, voeg stroop en kondensmelk by, bring tot kookpunt terwyl heel tyd geroer word. Roer vir 30min haal van warmte bron af en roer vanilla en rice krispies by.
Werk vinnig en skep met lepel in horingkies en versier met spikels.
Resep:  Nathalie Jessica Koekemoer- Groot



HOMEMADE TEA CAKES

SOETKOEKIEStested
HOMEMADE TEA CAKES
3 cups cake flour
½ teaspoon baking soda
½ teaspoon baking powder
1 teaspoon lemon or vanilla extract
1 cup butter
2 eggs
1 cup sugar


In bowl, sift flour, baking soda and baking powder. Cut in butter until resembles cornmeal. In another bowl beat eggs, sugar and flavoring. Add to flour mixture.
Chill dough. Roll 1/8 inch thick. Cut with cookie cutter and sprinkle with sugar.
Bake at 375ºF/190ºC. for 6 to 8 minutes. Makes 6 dozen.
Recipe and photo:  Johan Bridget VdPoll Joubert



LEMOENKOEKIES

GOOD FOOD 2
LEMOENKOEKIES

Hier is vir jou ‘n lemoenkoekie wat jy kan uitrol en in verskillende vorms uidruk. Jy kan ook ‘n loop versiesuiker aanmaak en bo-op koekie smeer en laat droog word.
1 koppie margarien
1 koppie suiker
1 eier geklits
4 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
4 eetlepels lemoensap
1 teelepel gerasperde lemoenskil
Room margarien en suiker. Voeg geklitste eier by. Sif droë bestandele saam en voeg by.
Voeg die lemoensap en skil by en maak aan tot ‘n rolbare deeg. Rol uit druk af in vorms.
Plaas op gesmeerde bakplaat. Bak by 200 ºC tot goudbruin.
Ongeveer 10 min
Resep geplaas deur Tim En Elsie Slabbert



TUISGEMAAKTE TENNISBESKUITJIES

TUISGEMAAKTE TENNISBESKUITJIES
5 koppies koekmeel
2 teelepels kremetart
1 koppie suiker
1 ½ koppies klapper
knippie sout
3 eetlepels botter
2 teelepels koeksoda
kwart koppie melk
5 eetlepels stroop
3 eiers geklits
1 teelepel vanilla
Voorverhit die oond tot 190ºC. Sif die meel en kremetart saam en voeg die suiker, klapper en sout by.
Vryf die botter met jou vingerpunte in die meelmengsel.
Maak die koeksoda aan met die melk.
Voeg die stroop by die geklitste eier en roer deur, meng die koeksodamengsel by die eiermengsel, voeg die vanilla by en meng goed deur.
Voeg die vloeistof by die droë bestanddele en meng deeglik.
Rol die deeg dun uit op ‘n oppervlak en druk eweredige vierkante uit met ‘n koekiedrukker. Plaas die vierkante op ‘n voorbereide bakplaat en prik elke koekie met ‘n tandestokkie of ‘n vurk.
Bak die koekies in die voorverhitte oond vir ongeveer 10 minute tot goudbruin.
Resep: Joey Kruger




CAROL SE GEMMERKOEKIES


CAROL SE GEMMERKOEKIES
Resep geplaas deur Carol Elliott Claassen
FOOD LOVERS RECIPES
(+- 10 Dosyn)
8 koppies koekmeel
250 g botter
1 koppie suiker
1 eier
500 g gouestroop
4 teelepel fyn gemmer
¾ eetlepel koeksoda
½ koppie melk
½ teelepel sout
Klop die botter en suiker saam tot dit goed gemeng is. Voeg die eier by en meng deeglik. Voeg die gouestroop by. Sif die meel, koeksoda en gemmer saam. Voeg dit om die beurt met die melk by die bottermengsel. Meng alles goed saam en knie tot dit ‘n gladde stywe deeg vorm. Vorm balletjies so groot soos okkerneute en druk hulle met die duim effens plat op ‘n gesmeerde bakplaat.
Bak 8 tot 10 minute in ‘n matige oond 180º C.

 




KLAPPER EN DADELKOEKIES

diabetic coconut and date

KLAPPER EN DADELKOEKIES
Kyk ons diabete kan ook lekker eet.
Lewer 30 koekies
Porsiegrootte 1 koekie
250 ml koekmeel (120 g)
250 ml hawermout (90 g )
10 ml bakpoeier
75 ml fruktose
75 ml sagte of “lite” margarien (70 g )
100 g dadels, fyngesny
1 groot eier geklits
5 ml vanieljegeursel
125 ml droë fyn klapper (40 g)

Meng koekmeel, hawermout, bakpoeier en frutose Vryf die margarien in die droë bestanddele in totdat dit soos klam broodkrummels lyk. Roer die dadelstukkies by
Voeg die eiers en geursel by die meelmengsel en meng tot ‘n klewerige deeg. Laat die deeg ongeveer 15 minute staan sodat dit effens stywer word.
Rol die deeg in okkerneutgrootte balletjies en rol daarna in die klapper. (Die deeg moet effens klewerig wees, anders val die klapper af) Plaas die balletjies op ‘n gesmeerde bakplaat en druk effens platter met ‘n vurk
Bak vir 25 tot 30 minute teen 160ºC in ‘n voorverhitte oond tot goudkleurig en gaar. Laat die koekies op die bakplaat afkoel
RESEP EN FOTO: Joey Badenhorst Lotter

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.




OUTYDSE SOETKOEKIES

soetkoekies
OUTYDSE SOETKOEKIES
4 koppies suiker
500 g margarien
6 eiers
10 koppies meel
10 teelepels bakpoeier
knippie sout
½ koppie lou water, indien nodig

Klits die botter en suiker in ‘n mengbak vir ongeveer 10 minute tot room en voeg die eiers een vir een by, klits goed. Sif die res van die droë bestanddele saam en voeg dit by die suikermengsel, meng tot ‘n deeg. Indien die deeg ‘n bietjie styf is, voeg ‘n ¼ tot ‘n ½ koppie lou water by en meng deur. Laat die deeg vir ongeveer 1 uur staan. Rol dit uit op ‘n meelbestrooide oppervlak en druk koekies uit met ‘n drukker. Pak in gesmeerde bakplate. Bak teen 180°C vir 10 minute of tot ligbruin.
Resep: Pamela van Wyk




HONGAARSE TERT – FRUMMELKONFYT TERTJIES

frummelkonfyt tertjies
HONGAARSE TERT – FRUMMELKONFYT TERTJIES
100 gram margarien
75 ml suiker
50 ml kookolie
1 eier
500 ml koekmeel
8 ml bakpoeier
1 ml sout
Appelkooskonfyt om oor te smeer

Room margarine en suiker. Voeg olie by en klits goed. Voeg eier by en klits tot gemeng. Voeg gesifte, droë bestanddele by en werk goed deur. Verdeel deeg in twee en druk en deel in gesmeerde rolkoekpan. Plaas tweede deel van deeg in koelkas. Smeer konfyt oor deeg en rasper die koue deeg bo-oor. Bak by 200°C vir 15 – 20 minute
Foto:  Floraine Wasserman Venter