KOOKMELK KOEKIES


KOOKMELK KOEKIES
6 x 250 ml ongesif afgemeet koekmeel
1 ml sout
500 g margarien
125 ml melk
500 ml suiker
10 ml koeksoda

Meng koekmeel en sout. Vryf margarien met vingers daarin tot goed gemeng.
Verhit suiker, melk en koeksoda saam oor matige hitte in ‘n groot kastrol tot kookpunt.
Roer af en toe en pasop vir oorkook, want mengsel begin skuim wanneer dit begin kook.
Gooi warm kookmelkmengsel oor meelmengsel en meng goed.
Plaas in ‘n houer met ‘n deksel. Maak toe en verkoel oornag.
Maak koekies en plaas ‘n entjie uitmekaar op ‘n bakplaat.
As die deeg in balletjies gerol word, druk hulle met ‘n vurk platter.
Bak in ‘n voorverhitte oond by 200ºC vir 10 – 12 minute.
Laat effens afkoel en plaas dan op ‘n draadrak om heeltemal koud te word.
Hierdie deeg kan ook deur ‘n vleismeul koekiemaker gedruk word met verskillende vorms.
Lewer sowat 12 dosyn koekies

Resep: Carol Elliott Claassen
Foto:  Marie Grobler
VERSIERSEL
500 ml versiersuiker
2 teelepels suurlemoensap
2 eierwitte
1 teelepel vanilla geursel

Gooi alles saam en klits. Dit moet nie meer so erg blink wees nie, so 5 min se klits of langer.
As jy dit klaar geklits het dan verdeel ek dit in verskillende bakkies en voeg dan elkeen se kleursel by, ek smeer dit sommer met ‘n mes op wat ek in ‘n bietjie water doop en ek maak dus my versiersel nie so slap aan nie. Maar klits dit baie goed anders word dit nie hard nie.




HERTZOGGIES

hertzoggies - leza
HERTZOGGIES

Ek het die resep en die kolwyntjie panne by my ma “gesteel”
500 gram margarine
6 koppies meel
2 koppies suiker
4 eiers
4 teeleplels bakpoeier
Vryf margarien in meel tot dit lyk soos mieliepap. Voeg suiker, bakpoeier en knippie sout by.
Voeg eiers by en meng tot stywe deeg. (Voeg melk by indien nodig).
Rol dun uit. Druk sirkels met ‘n glas so groot soos kolwyntjie panne.
Voer kolwyntjie panne uit.
Plaas 1 teelepel konfyt met vulsel bo- oor.
Vulsel:
8 eetlepels marg.
4 koppies suiker
11 eiers
8 koppies klapper
Room die margarien en suiker. Voeg eers die eiers by en dan die klapper. Meng goed en plaas genoeg bo-op die konfyt om die konfyt toe te maak.
Bak by 180°C.

Foto en resep: Leza Du Toit Mienie




EASY 2 INGREDIENT COOKIES

banana and oats cookies
EASY 2 INGREDIENT COOKIES
This is especially for those who is lactose, gluten and glucose intolerant.
2 x medium ripe bananas
1 x cup of oats
anything else you want to add example: raisins, nuts etc No too much as the cookie dough might get too dry

chop bananas and mix well with oats
Using a table spoon, place cookie dough on a parchment-lined baking sheet
Bake in 180C oven for about 15 min
Simple, easy, healthy and really tasty.

BRON- NICOLI LARA DU TOIT




VLA EN APPELBALLETJIES

Vla en appelbolletjie - Rina
VLA EN APPELBALLETJIES
vars appels
suiker
kaneel
sout
vlapoeier/ suiker en melk
steranys en vars gemmerwortel
puff pastry

Skil die appels af en rol balletjies uit die appels uit.
Sit genoeg suiker en kaneel in ‘n pan met ‘n bietjie water (baie min) en ‘n bietjie sout.
Kook ‘n stroop, sodra die suiker opgelos is gooi die appelballetjies in en kook stadig tot die begin sag word, maar nie pap nie.
Skep uit die balletjies en kook die stroop verder tot dit bietjie dikker is.
Plaas die appelballetjies terug en laat staan eenkant.
Maak ‘n lekker dik vla:
Kook die melk met die steranys en stukkie vars gemmer, haal die anys en gemmer uit.
Maak die vlapoeier en suiker aan met bietjie water en meng in die melk in, laat deurkook tot lekker dik.
Sny die deeg in vierkante (2 per tertjie) druk nou ‘n sirkel uit een van die vierkante.
Smeer die onderste een met melk en sit die een met die gat bo-op. Verf met melk.
Pak op ‘n bakplaat, sit sommer die sirkel wat uitgedruk is ook op die plaat.
Bak vir ongeveer 12 – 15 min by 200°C tot net mooi bruin en uitgepof.
Wanneer bietjie afgekoel, skep van die vla in die gatjie, druk maar so bietjie af.
Sit dan een van die appelballetjies bo-op die vla en skep so bietjie van die karamelstroop oor.
Laat staan om heeltemal af te koel en versier met steranys.
Skep so bietjie vla en ekstra appelballetjies op die bord indien jy dit as nagereg bedien.

Foto en resep:  Rina Kleinhans




BLAARDEEG HORINKIES

appel horingkies - Carli

BLAARDEEG HORINKIES

Sny die Blaardeeg  in resep en draai om horinkie vormpies. Bak in warm oond tot mooi bruin.
Maak Appel blokkies gaar met suiker.
Maak vla (dikte van ultra mel) en meng saam met gaar appel blokkies.
Sit mengsel in spuitsak en spuit horingkies vol.

Carli de Jager

 




APPEL EN VLA GEBAK

Appel en vla gebak - sharon
APPEL EN VLA GEBAK
1 Puff pastry ( dunner uitgerol )
2 medium appels ( in twister fyn gemaak )
Ultramel vla
30 ml suiker
kaneel

Druk sirkels  uit die puff pastry en sit in gespuite muffin pannetjie, skep Ultramel in die doppie, en dan fyngemaakte appels gemeng met suiker en kaneel bo-op die Ultramel.
Gebak teen 180 ºC vir 45 min. Ek het die hele tertjie laat afkoel en weer bietjie Ultramel bo-op gesit met weer ‘n sprinkel kaneel.
Het een geproe en baie lekker!

Resep: Sharon Viljoen




TOFFIE APPEL VLA TERTJIES

Toffie appel vla tertjies - Barbara Bullock

TOFFIE APPEL VLA TERTJIES
Blaardeeg uitgerol en gebak in muffin pannetjie.
Tuisgemaakte (dik) vla gemaak en laat afkoel.
Smelt suiker in kastrol (karmaliseer), voeg appels in en laat afkoel.
Karmaliseer suiker tot toffie, voeg klein bietjie water by stadium (harde bal).
Plaas op waspapier en laat afkoel.
Plaas vla in blaardeeg doppies.
Plaas appel op vla, garneer met toffie!

Barbara Bullock




APPEL “VET PRET” KOEKIEVORMS

APPEL EN VLA VET PRET TERTJIES - LINDA

Hier is my poging hahaha. Ek het n kombinasie gebruik
van die blik appels en vars appels.
Ek het die deeg in n koekievorm gebak en die blik  appels
fyn gedruk, bietjie kannelsuiker oorgegooi en bo-op elke koekie gesit.
En verder met n vars appel en boksvla versier. En hier is die eindproduk!!!

Linda Venter




APPELTERTJIES MET ‘N ” TWIST”

Appeltertjies - sophia
Ek het drie appels geskil en in blokkies gesny. Opgekook tot sag en deurskynend, met n 1/2 koppie suiker 2 koppies water. 1t kaneel, 1/2 gemmer, 3 naeltjies. Oond gestel op 200 c 6 sirkels uitgedruik uit die deeg. Toe apples afgekoel het, het ek dit op die deeg gesit en toe gevou soos konfyt tertjies.
‘n Bietjie melk met suiker gemeng en oor gesmeer. En gebak vir 15 min. Met die orige melk het ek vla gemaak soos aangedui op die houer van die vlapoeier.

Baie lekker gewees
Sophia Pohl




APPEL EN VLA HORINKIES

appel en vla horingkies - elsie

APPEL EN VLA HORINKIES
(maak 12 )
Horinkies
1/2 pak Puff Pastry Bietjie melk
Rol die deeg oop en sny helfte van deeg af en rol oorblyende. deeg op en bêre vir latere gebruik. Rol die deeg ‘n bietjie dunner en sny in in 12 eweredige repe. Smeer met melk aan die een kant en draai om horinkie. Smeer met melk. Bak by 200 grade C tot goudbruin. Laat koud word
Vulsel
1 blik tertappels 3 E suiker
Druk die appels fyn met ‘n vurk en voeg suiker oor Laat eenkant.
2 K melk 3 groot E vlaepoeier 1/4 K suiker Knippie sout
Meng vlaepoeier met bietjie van die melk. Verhit res van melk saam met suiker en sout Roer aangemaakte vlaepoeir by kook melk en roer tot lekker dik.Skep genoeg van die vlae by die appels om dit te bedek as deurgemeng. Bedek die res van die vlae met kleefplastiek om te voorkom dat vel vorm en laat afkoel tot lou warm. Moenie dat dit heeltemal koud word nie want dan werk dit moeilik. Kkep van die vlae en appel mengsel in die horinkie. Maak die horinkie half vol. Gebruik versierbuis met groot sterpunt en spuit van die vlae voor in die horinkie

Elsie Slabbert