PEANUTBOTTER CHOC CHIP KOEKIES

2013-08-30-peanutbottersjokchipkoekies
PEANUTBOTTER CHOC CHIP KOEKIES
250 g margarine
250 g peanutbotter /grondboontjiebotter
2 eiers.
250 ml witsuiker
250 ml bruinsuiker
750 ml koemeel
10 ml bakp
10 ml koeksoda
4 ml sout
125 ml choc chips
1 k gekapte grondbone
Room margarine, grondboontjiebotter, eiers en suiker saam. Voeg droë bestanddele by en meng tot ‘n deeg. Voeg nou die choc chips by en werk deur.  Rol 5 ml balletjies deeg en rol dan in gekapte grondboontjies. Bak vir 15 min in oond van 190°C. Lewer ±65 koekies.

BRON- Elsa van der Westhuizen




HOLLANDSE KOEKIES

FLR BB Yummieee!!
HOLLANDSE KOEKIES
300 mℓ botter
300 mℓ suiker
420 mℓ meel
1 eier, geklits
5 mℓ bakpoeier
5 mℓ vanilla geursel
1 eierwit, net effens geklits
suiker

Verroom die botter en suiker saam.
Roer die vanilla by.
Sif die meel en bakpoeier by die mengsel.
Meng die geklitste eier by en knie.
Rol die deeg in klein slangetjies en rol elke slangetjie op om ’n plat, ronde koekie te vorm.
Doop die koekie in die eierwit en dan in suiker.
Pak uit op ’n bakplaat en bak by 180ºC tot gaar.





ELSA SE KITSPOEDING KOEKIES

KITSPOEDING KOEKIEStested

ELSA SE KITSPOEDING KOEKIES
1 pakkie kitspoeding (enige geur).
2 koppies koekmeel.
250 ml margarien
2 teel bakpoeier
2 eiers.
Knippie sout.
Verhit oond tot 180 grade C. Smeer bakplaat of spay met cook-bake.
Room marg en kitspoeding tot romerig. Klits eiers in. Voeg meel ,bakpoeier en sout by. Vorm n deeg. Die deeg kan in n koekiemaker gebruik word of rol uit. 8mm. Sit koekies effens uit mekaar op bakplaat ,want koekies rys nogal baie. Bak vir 15 min. Laat effens afkoel in pan. (Daar kom geen suiker in nie -kitspoeding klaar soet ).

Lewer 54 koekies.

Elsa Van der Westhuizen




KITSPOEDING KOEKIES


KITSPOEDING KOEKIES
400 g/500ml suiker
250 g botter of margarien
2 ekstra groot eiers
500 g bruismeel
1 pakkie (90 g) kitspoeding (enige geur)
Verhit die oond 180ºC. Smeer bakplate. Verroom die suiker en botter of margarien saam en klop daarna die eiers een-een daarby in. Sif die meel en poedingpoeier saam oor die eiermengsel en meng dit tot deeg. Rol die deeg bolletjies van sowat 5ml deeg elk en plaas hulle uitmekaar op die bakplate.
Bak die koekies 15 minute lank of totdat hulle begin verbruin.
Geplaas deur Carin Ras Wilson
Foto:  Elrika Lesch




DADELBLOKKIES

dadelblokkies
DADELBLOKKIES
250 g margarien.
1 kg dadels.
1 k suiker.
2 eiers.
3 pakkies mariekoekies 200g pakkies).
Klapper.
Sny dadels stukkend. Smelt marg,suiker en dadels saam op lae hitte tot sag. En haal van stoof af. Klits eiers goed en voeg by dadelmengsel. Voeg nou mariekoekies wat stukkend gebreek is by en meng goed. Skep uit in oondpan wat gesmeer is en maak gelyk. Sny in blokkies en strooi klapper oor. Sit in yskas

Resep en foto:  Elsa Van der Westhuizen



SKOTSE BROSBROOD

skotse brosbrood
SKOTSE BROSBROOD
500 g baie sagte margarien, nie gesmelt nie
500 g koekmeel
500 ml mielieblom
500 ml versiesuiker
5 ml vanilla geursel
20 – 30 ml melk

Stel oond op 150 ºC.
Plaas margarien in ‘n groot mengbak en roer goed deur.
Sif droë bestanddele saam en roer dit geleidelik by maragien.
Voeg vanila en melk by laaste bietjie meel wat deur geroer moet word.
Druk vas in pan en bak.
BRON: Elsa Van der Westhuizen




PORTUGUESE MELKTERTJIES

portuguese melktertjiestested
PORTUGUESE MELKTERTJIES

1 rol skilferkorsdeeg

Vulsel:
½ liter room
200g wit suiker
½ koppie melk
heel skil van 2 suurlemoene (nie gerasper nie)
1 eetlepel vanieljegeursel
1½ eetlepel brandewyn
1 eetlepel Maizena
1 eetlepel koekmeel
9 eiergele

Rol die deeg uit sodat dit dunner is.
Rol dit op totdat dit ‘n lang “potlood” vorm.
Sny 24 wielietjies daaruit.
Smeer die muffinbakkies en druk elke wieletjie uit in die bakkies.
Plaas in yskas vir 10 minute.
Sit die vulsel in ‘n kastrol en laat dit stadig prut tot dit ‘n dikker mengsel vorm.
Haal die suurlemoenskille uit en laat die mengsel afkoel.
Skep dit in die tertvorms –  nie te veel nie, want dit moet rys.
Bak dit teen 200 grade vir 12 minute.
Dit word bruin en lyk soos creme bruleé
FOTO:  Stompie Thessner




TROEPIEKOEKIES

troepiekoekies
TROEPIEKOEKIES
625 ml koekmeel
500 ml hawermout
500 ml klapper
10 ml bakpoeier
7 ml koeksoda
5 ml sout
250 g margarien
500 ml suiker
2 eiers
5 ml vanilla
500 ml Rice Krispies
Voorverhit oond tot 180 ºC. Room margarien, suiker en eiers. Voeg vanilla by. Voeg droë bestanddele by en meng deeglik. Rol in balletjies en pak op gesmeerde bakplaat. Druk die balletjies bietjie plat en bak vir 10-12 minute tot goudbruin.

Resep en foto: Ade le




GREEK BISCUITS

greek-cookies
GREEK BISCUIT
500 g butter
100 g chopped almonds
2 teaspoons baking powder
Icing sugar
2 egg yolks
½ cup caster sugar
5-6 cups cake flour
½ cup brandy or cognac
Cream butter an sugar well.
Add egg yolks, then flour and baking powder.
Add brandy, and lastly chopped almonds.
Roll into lenghts or balls.
Bake in 180° C oven for 20-30 minutes.
DO NOT BROWN.
While still hot roll in icing sugar.

Source My own:  Sharon Gien-Cambier




RICE KRISPIE-KOEKIES

RICE KRISPIE-KOEKIES
MAAK + 200 koekies
500 g margarien
4 koppies suiker
2 teelepels vanilla
4 koppies klapper
4 koppies rice crispies
4 koppies hawermout
5 koppies meelblom
2 teelepels sout
3 teelepels bakpoeier
3 teelepels koeksoda gemeng met bietjie melk
4 eiers, voeg sodamelk by

Room margarien en suiker.
Voeg vanilla en eiers by, en dan ander bestanddele in volgorde.
Meng goed. Maak balletjies en druk plat met vurk.
Bak by 180°C vir sowat 12 min.