SUZIE SE KOEKIES

 

suzie se koekiestested

dit is ‘n koekie resep van my ma baie maklik:
8 koppies meel,
500 gram botter of margarien,
4 eiers,
1 koppie appelkooskonfyt,
1 pakkie koeksoda (12gram)
3½ koppies suiker,
Meng goed. laat staan oornag by kamer temperatuur. rol in balletjies druk effens plat bak by 180ºC vir ± 15 minute.

Lewer ± 220 koekies

Stompie Theron Borman Moet net nie meer koeksoda ingooi as wat dit vra nie my dogter het eenkeer te veel ingegooi toe was daai koekies darem vir jou taai gewees

Stompie Theron Borman



RUM BALLS (NAMIBWOESTYN WHISKEY BALLE)

 

rum balls

RUM BALLS (NAMIBWOESTYN WHISKEY BALLE)
Hierdie is nou “rum balls to die for”.  My goeie vriendin Jo se resep en dit is absoluut ‘n treffer, kannie ophou eet nie. Nee kyk, ekke is doenig hier in my kombuis in die Namibwoestyn, bak en brou dat dit klap.
8 eetlepels versiersuiker
10 eetlepels melkpoeier
4 eetlepels cocoa
112 g sagte botter
2 eetlepels melk of room
4 eetlepels whiskey
Meng die bestanddele saam en plaas in yskas tot ferm genoeg om balletjies te rol. Rol die mengsel in balletjies, dan in klapper en bere in yskas tot benodig.
Resep en foto: Jessie Maritz-Vermeulen




GRAANVLOKKIE SJOKOLADE KOEKIES

graanvlokkie koekies jessie

GRAANVLOKKIE SJOKOLADE KOEKIES
Nou die koekies gebak…..is sondig lekker en maklik. Nie seker waar ek die resep gekry het nie, dalk nog op die blog, moet seker meer fokus waar ek die lekker resep gekry het……probeer gerus is yum verby !!

Lewer 4 dosyn koekies.

Maklik om te maak, maar jy sal nie kan ophou eet aan dié heerlike koekies nie.

250 g botter
125 ml strooisuiker
5 ml vanielje geursel
375 ml koekmeel
10 ml kakao
625 ml graanvlokkies – effens fyner gedruk
100 g donker sjokolade
30 ml room
ekstra graanvlokkies – om af te rond

Voorverhit die oond tot 180 ° C en smeer ‘n paar bakplate.
Verroom die botter en suiker tot lig en romerig.
Voeg die geursel by en klits goed.
Sif die koekmeel en kakao oor en roer by die bottermengsel in.
Roer die graanvlokkies by.
Skep lepelsvol op die bakplate en bak vir 15-20 minute tot gaar.
Laat op die panne afkoel en plaas dan op afkoelrakke.
Smelt die sjokolade en room saam tot glad en skep oor die koekies.
Sprinkel die ekstra graanvlokkies oor terwyl die sjokolade nog nat is.
Laat hard word en bêre in ‘n lugdigte houer.

Jessie Maritz-Vermeulen



MALIE SE LEBKUCHEN

 

lebkuchen malietested

MALIE SE LEBKUCHEN
250gr Butter
250gr Honey
500gr Brown Sugar
1 1/2 pckts Bicarb of soda (in a little water) About 50ml
1 Kg Cake flour
6 Eggs (wisk)
1 tsp Grd Cloves
2 tsp Grd cinnamon

Mix all ingredients together. Roll out and cut with cookie cutter. Bake at 180 degr for +- 15 to 20 minutes.

Malie Louw




SOETKOEKIES

 

soetkoekies kersfeestested
SOETKOEKIES

 hier is hy… dis heerlik en maklik
3 k meel
1 k suiker
250 g botter (sag maar nie gesmelt)
halwe t vanilje geursel
halwe t bakpoeier
halwe t creme of tartar (Kremetart)
2 eiers
meng alle droe bestandele
sit stukkie vir stukkie botter in en vryf in met vingers tot broodkrummel effek
moet ook nie die eier en vanilje saam klits nie, voeg dit ook bietjie bietjie by en
vryf in met vingers
die deeg sal baie droog lyk, ek wou ook ietsie byvoeg maar as jy met dit in jou hand speel is dit heerlik om uit te rol en uit te druk GENIET !!!

Salomi-Sharon Johnson




INSTANT CHOCOLATE DOUGHNUTS

1477970_181136588758288_2052898117_n

INSTANT CHOCOLATE DOUGHNUTS
½ bag shop bought bread dough
2-3 packets of Rolo’s (TM)
1 cup white sugar
Ground cinnamon
Sunflower oil for deep frying

In a medium size mixing bowel, mix together the sugar and cinnamon. Add cinnamon to taste. Set aside. Pinch off little balls of bread dough and wrap each Rolo (TM) in the dough. Roll it between the palms of your hands to create a perfect round ball. Be cautious not to use too much dough for each rolo. In a small pot, heat the oil then drop the rollo-dough balls in the oil and fry till light golden. Remove doughnuts from oil using a slotted spoon and roll the warm doughnut in the cinnamon sugar. Serve warm.
Photos and text by Freddie Kritzinger – The Bald Chef




SJOKOLADE BLOKKIES

sjokolade blokkies
SJOKOLADE BLOKKIES
250 g botter / margarien
500 g versiersuiker
100 ml kakao
2 eiers
2 Pakkies Marie / Tennis Beskuitjies

Mikrogolf botter op 100% krag vir 1 min / tot gesmelt.
Sif versiersuiker en kakao saam en voeg by botter.
Klits eiers en voeg by mengsel.
Mikrogolf mengsel op 100% krag vir 2 – 21/2 min
Breek beskuitjies in mengsel en roer deurmekaar.
Skep in bak.
Laat afkoel en bere in yskas

Resep en foto:  Elize de Kock en Andri du Toit




EASY CHOCOLATE PEANUT BUTTER BALLS

 peanut butter balls
EASY CHOCOLATE PEANUT BUTTER BALLS
A FAMILY FAVORITE that is requested by Everyone!!
500 g peanut butter
¼ cup butter
2 cups powdered sugar
½ teaspoon Vanilla extract
340 g bag of Nestle’s Semi- Sweet Morsels
Mix the peanut butter, butter, vanilla extract and powdered sugar in a bowl. Stir until combined.
Shape into approximately 1-inch balls and place on baking pan. Put in freezer for about 20 minutes.
Melt Nestle’s Semi- Sweet Morsels according to packet ( I Microwaved )
Dip peanut butter balls into chocolate with a toothpick letting the excess coating drip off. return the chocolate coated peanut butter balls back pan until chocolate is firm.
Store in a Ziploc bag in the refrigerator.
ENJOY!!
Recipe and photo:  Glenda Labuschagne

 




KLEIN KOEKIES – MEULETJIE

tested

KLEIN KOEKIES-MEULETJIES
9 koppies koekmeel
9 teelepels bakpoeier
3 koppies suiker
500 gram margarien
4 groot eiers
¼ teelepel soutStel oond op 180ºC, bespuit panne goed.
Meng margarien en suiker baie goed saam.
Voeg die eiers 1 vir 1 by en meng goed.
Voeg die res van die bestanddele by en meng goed en maak n stywe deeg.
Druk koekies met die meuletjies of koekiedrukker of jy kan in balletjies rol en plat druk met die vurk.
Kan koekstrooisel oorgooi voor jy bak.
Bak koekies in oond vir 10-12 minute of tot ligbruin van kleur.
Kan opmekaar plak met kondensmelk of vulsel van jou keuse.

Resep: Antoinette Welman
Foto: Jan Pool Snr
AANPASSING VIR DIE KOEKIEDRUKKER
Belinda Minnie
Ek het 5 eiers en ‘n ½ koppie melk gebruik, die deeg was te styf vir die koekiedrukker
koekiedrukker
Frances Smith
Het weer gespeel toe ek die onderstaande resep gesien het.
My stok oud koekiedrukker uitgehaal en 45 ml melk by stywe deeg gevoeg. Was nogsteeds styf, maar het gewerk totdat ek bored geraak het … toe rol ek deeg uit en druk maar vormpies uit.
Het oor die 200 koekies gekry.



LEBKUCHEN

duitse koekies alida
LEBKUCHEN
Foto: Alida Siebert en bron is Maltrap du Toit
750 g meel
23 g bakpoeier
500 g suiker
5 eiers
4 eetlepels melk
150 g melk
150 g botter, gesmelt
250 g amandel meel
175 g versuikerde lemoenskil
3 teelepels kaneel
1 teelepel naeltjies
½  teelepel neutmuskaat
1 teelepel gemmer

Meng baie goed en rol dik uit.
Bak teen 180°C vir ongeveer 15 min of tot randjies goudbruin is.
Doop in gesmelte sjokolade indien verkies.