TROEPEKOEKIES
TROEPEKOEKIES
Chrystell Mollentze
FOOD LOVERS RECIPES
5 x 250 ml koekmeel
4 x 250 ml klapper
750 ml hawermout
250 ml semels
250 ml gekapte neute
5 ml sout
4 x 250 ml suiker
500 g botter
4 eiers
10 ml vanieljegeursel
50 ml heuning of gouestroop
20 ml bakpoeier
15 ml koeksoda
4 x 250 ml rice krispies
Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer die bakplate.
Meng die koekmeel, klapper hawermout, semels, neuter en sout saam in ‘n baie groot mengbak.
Verroom die suiker en botter of margarien saam in ‘n ander mengbak.
Voeg die eiers en vanieljegeursel by en meng. Voeg hierdie mengsel by die meelmengsel en meng goed.
Verhit die heuning of gouestroop effens, verwyder dit van die hitte en roer die bakpoeier en koeksoda by, dit vorm ‘n dik skuim.
Voeg dit by die meelmengsel en meng deeglik, voeg nou die Rice Krispies by en meng vinnig en liggies deur.
Die deeg is styf, rol balletjies en plaas hulle 5 cm uitmekaar op die bakplate (Moenie platdruk nie.)
Bak 18–20 minute of tot effens bruin.
Laat eers op die bakplate afkoel voor dit verwyder word.







