SJOKOLADEHOPIES


SJOKOLADEHOPIES
2 koppie suiker
4 eetlepels kakao
125 ml melk
6 eetlepels botter
knypie sout
5 ml vanielje
3 koppie hawermout

Voeg suiker en kakao en melk in groot kastrol.
Verhit oor lae hitte.
Sodra verhit het voeg die botter en sout by.
Roer tot kookpunt bereik.
Prut 2 min.
Verwyder van hitte en voeg vanielje en hawermout by.
Skep in kolwyntjiepapiertjies.
Plaas in yskas 2-3 uur.
Foto: Frieda Greyling




OUMA EN ERYN SE KONDENSMELK KOEKIES


OUMA EN ERYN SE KONDENSMELK KOEKIES
250 g sagte botter (margerien)
180 g suiker
5 ml vanilla
1 blikkie kondensmelk
4 x 250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier

Room botter en suiker (ek meng sommer met mes).
Meng vanilla en kondensmelk by.
Voeg meel en bakpoeier by en meng tot ferm deeg vorm.
Rol balletjies en druk plat met vurk.
Bak vir 12 min, tot goudbruin, of soos jy daarvan hou, by 160ºC in waaier-ooond of 180ºC in gewone oond.Vanoggend alles net met mes gemeng en sommer met vinger effens platgedruk. 😉

Opsioneel: 1 koppie van enige van die volgende:
choc chips
kersies
pekan neute
grondboontjies
klapper
rosyne
vrugtekoekmengsel

Reseppie is baie veelsydig, het al kakao ook bygevoeg.
Dip in tjoklit, as jy wil. 😊
Foto en resep:  Mariette Heydenrych-Kotze




MAKLIK EN LEKKERSTE GEMMERKOEKIES


MAKLIK EN LEKKERSTE GEMMERKOEKIES
Resep geplaas deur Mariette Heydenrych-Kotze
Foto: Mariette Heydenrych-Kotze
FOOD LOVERS RECIPES
6 koppies koekmeel
2 teelepels koeksoda
4 teelepels gemmer
2 eiers
2 koppies suiker (ek het 3 koppies bruinsuiker gebruik)
250 g botter (margarien)
1 koppie gouestroop
knippie sout

Room botter en suiker.
Klits eiers 1 vir 1 by.
Voeg stroop by en meng goed. (indien nodig kan nog bietjie stroop bygesit word tot die deeg bind)
Voeg droë bestanddele by en meng goed.
Skep teelepels vol op bakplaat. (nie nodig vir uitrol of plat druk nie)
Bak vir ± 15 min by 160°C met waaier-oond of 180°C gewone oond.
Lekker bros koekies! 😜
Ek en my kleindogter het gebak, hierdie is regtig lekker koekies.




TWEE GEVREETJIES


TWEE GEVREETJIES
Doppies:
500 gram botter (kamertemperatuur)
1 koppie strooisuiker
1 eetlepel vanieljegeursel
1 eier
4 koppies bruismeel

Vulsel:
2 ½ koppies fyn klapper
1 koppie suiker
1 koppie water
2 stokke kaneel
vanieljegeursel

Versiering bo op:
2 koppies versiersuiker
± 4 eetlepels melk
1 druppel pienk voedselkleursel
1 teelepel vanieljegeursel
2 eetlepels kakaopoeier

Klappervulsel:
Maak eerste jou klappervulsel aan, in ‘n klein pot of kastrol, voeg die klapper, suiker, water en kaneel by en kook op medium hitte vir ongeveer tien minute of totdat al die suiker en water opgelos is. Voeg vanieljegeursel by, roer, en sit eenkant om te laat afkoel.

Deeg vir die doppies:
Met ‘n elektriese menger, klits die botter en suiker vir ongeveer 3 minute totdat dit lig en romerig is, voeg die eier en vanieljegeursel by en klits vir ‘n verdere 2 minute. Voeg nou al die meel by en meng dit in met jou hand tot ‘n deeg vorm. Moenie in die versoeking kom om meer meel by te voeg nie, dit is ‘n baie sagte deeg. Bedek met kleefplastiek en verkoel in die yskas vir ‘n uur. Op ‘n meelbestrooide oppervlak rol die deeg uit tot ‘n 1 cm dikte, sny met deeg koekiedrukker of ronde koekiedrukker, maak seker dat jy die koekiedrukker met bietjie meel bedek om te verhoed dat die deeg vasklou daaraan. Smeer jou pan met botter, dit moet die hertzoggie pan of dop pan wees.
Volgende: Gooi genoeg klappervulsel op die deegdoppies en druk dit plat sodat jy ten minste 2 teelepels per doppie kan inkry.
Bak nou in ‘n voorverhitte oond op ‘n 180 ºC vir 10-12 minute. Haal uit en laat afkoel. Jy kan so min of meer 50 koekies uit hierdie resep kry. Nadat dit bietjie afgekoel het, haal dit uit die pan met ‘n bottermes.

Vir die versiersel, meng die versiersuiker, vanieljegeursel en melk totdat jy ‘n byna stywe versierselmengsel kry. Verdeel die versiersel in twee klein bakkies. In die een voeg jy die pienk voedselkleursel by en roer goed. In die ander bak voeg die kakao poeier en 1 eetlepel melk en roer tot goed gekombineer. Soos gesien op die foto, skep ‘n halwe teelepel van elke kleur (helfte/helfte) bo-op die koekies. Laat dit staan om te set.

WENK: Toets eers die digtheid van jou versiersel deur eers een koekie te doen en te kyk of dit te loperig is, as dit is gooi net nog klien bietjie versiersuiker by en roer goed. Die versiersel moenie oor die koekie se rante gaan en drup nie.
Resep geplaas deur Chani Macauley
Foto geplaas deur  Lynette Von Wielligh Groenewald




BIG SOFT GINGER COOKIES


BIG SOFT GINGER COOKIES
2¼ cup flour
2 teaspoons baking soda
2 teaspoons ground ginger
¾ teaspoon ground cinnamon
½ teaspoon ground cloves
¼ teaspoon salt
¾ cup soft margarine
1 cup white sugar
1 egg
1 teaspoon water
¼ cup molasses
2 tablespoon white sugar

Preheat oven to 175°C. Sift together the flour, ginger, baking soda, cinnamon, cloves and salt. Set aside.
In a larger bowl, cream together the margarine and sugar until light and fluffy. Beat in the egg then stir in the molasses and water. Gradually stir in the sifted ingredients into the molasses mixture.
Shape dough into walnut size balls and roll in the remaining sugar. Place the cookies 2 inches apart onto an un-greased cookie sheet and flatten slightly.
Bake for 8-10 minutes in a preheated oven. Allow cookies to cool on baking sheet for 5 minutes before removing to a wire rack to cool completely.
Recipe and photo: Nicolette Papas




CRACKERS


CRACKERS
50 g (120 ml) plain flour
1 teaspoon rosemary leaves, finely chopped, plus extra for sprinkling
1 pinch of salt
1 pinch of sugar
1 teaspoon olive oil, plus a little extra for brushing
60 ml of water
sea salt
freshly ground black and course salt for sprinkle

Place the flour, rosemary leaves, salt and sugar in a bowl, then add the oil and water and stir together until it forms a dough.
Tip out onto a floured work surface, knead briefly until smooth, then cover and leave to rest for 10 minutes.Roll out the dough to about 1-2 mm thick then cut out the crackers using a 5cm circular cutter.
Carefully transfer the crackers to a baking tray lined with grease-proof paper.
Brush each cracker with oil and sprinkle with salt, pepper and rosemary leaves.
Bake for 4–5 minutes at 220ºC until crisp, then set aside to cool.
Yield: 40 crackers
Recipe: Amanda Conradie
Photo: Elize de Kock

 




VUURHOUTJIE KOEKIES


VUURHOUTJIE KOEKIES
Foto: Kokkedoor Tessie Els Kemp
Resep geplaas deur Kokkedoor Tessie Els Kemp
FOOD LOVERS RECIPES
Die resep lewer ongeveer 100 klein vuurhoutjies of 20 tot 30 gewone grootte koekies
Die koekies is heerlik en lyk ook pragtig.
125 g botter of margarien
62.5 g versiersuiker (¼ koppie)
1 koppie (250 ml) koekmeel
¼ teelepel bakpoeier
½ teelepel vanilla geursel
1 x 150 g blok melksjokolade, gesmelt

Klits die botter of margarien en versiersuiker saam tot lig en romerig. Sif die meel en bakpoeier saam en voeg by die bottermengsel. Roer die vanilla geursel by. Skep die deeg mengsel in ‘n spuitsak met ‘n ster punt. (Die grootte van jou koekie gaan bepaal word deur die grootte van jou sterpunt). Spuit ewegroot stafies entjie uitmekaar op ‘n bakplaat wat met bakpapier gevoer is en bak vir 5 tot 7 minute vir die vuurhoutjies en 15 tot 20 minute vir die normale grootte koekies in ‘n voorverhitte oond van 180°C. Laat die koekies heeltemal afkoel. Doop albei punte in die gesmelte sjokolade en laat set.




SJOKOLADE UITROL KOEKIES


SJOKOLADE UITROL KOEKIES
Die koekies is vrek lekker! Ek weet nie of hulle lank genoeg gaan hou om te versier nie…
Sjokolade uitrol-koekies
(lewer 30-36 koekies wat 7.5 cm groot is)

225 g botter (bietjie kouer as kamer temperatuur)
55 g wit margarien
350 ml suiker
2 groot eiers
5 ml vanielje
5 ml sout
3.5 ml bakpoeier
160 ml kakao
825 ml koekmeel

Verhit oond tot 190°C. Voer bakplate uit met bakpapier of Silpat matte.
Verroom botter, margarien en suiker.
Voeg eiers, vanielje, sout en bakpoeier by en meng goed.
Voeg kakao by en meng goed.
Voeg meel by en meng totdat die meel heeltemal ingemeng is.
Sprinkel werksoppervlak liggies met meel.
Rol deeg uit tot 7.5 mm dikte en druk koekies uit.
Bak vir 8 minute.
Sit die bakplaat op ‘n draad rakkie en laat effens afkoel.
Haal die koekies af van die bakplaat en plaas hulle op die draadrakkie om heeltemal af te koel.
Versier met Royal icing.
Resep en foto:  Debbie Edwards




OUTYDSE SOETKOEKIES MET STROOISUIKER


OUTYDSE SOETKOEKIES MET STROOISUIKER
Resep en foto: Tessie Els Kemp
Foto 2:  Charmaine Mostert
FOOD LOVERS RECIPES
Hierdie koekies word ook suikerdoempies genoem en word soms met 100’s en 1000’s bedek voor bak.
250 g margarien
375 ml strooisuiker
2 eiers
700 ml koekmeel
10 ml kremetart
5 ml koeksoda
2 ml sout

Verroom margarien en suiker tot baie goed gemeng. Voeg eiers by en meng deeglik. Voeg dan die meel, kremetart, koeksoda en sout by die eiermengsel. Meng tot ‘n sagte deeg. Maak goed toe en laat staan vir so 2 ure.
Rol klein balletjies of strooi meel en rol deeg uit. Ek rol dit altyd uit met koekroller en druk verskillende patrone. Die deeg is papperig, maar as dit ‘n ruk staan raak dit baie lekker om te hanteer.
Bak teen 190ºC vir ongeveer 10 minute of tot net bruin.
Charmaine Mostert  – Baie lekker, maak veral oor kersfees van die, met royal icing.




MA NOOI SE SOETKOEKIES


MA NOOI SE SOETKOEKIES
Resep en Foto:  Landi Hartzenberg Ferreira
FOOD LOVERS RECIPES
Die Gemmerkoekies wat ek gister gebak het, het my so gemotiveer dat ek my skoonma se Soetkoekie resep gaan soek het. Sy het hierdie resep seker amper 20jr gelede vir my gegee en ek het hom bewaar, maar net nooit die resep probeer nie. Wat ‘n fout!! Haar resep is ‘n grootmaat resep en het ek die resep halveer en weer halveer net ingeval dit ‘n flop kom met die NZ meel ens. Ek gee ook die mates wat ek vandag gebruik het. Die “Metode” gedeelte is vreeslik uitgebrei, maar dalk help dit iemand wat soos ek, nog nooit voorheen kleinkoekies gebak het. Skoonma se “Metode” gedeelte was 3 kort sinnetjies lank en moes ek maar improviseer. Ek is geensins ‘n bobaas bakster so die voorslag baksters moet my asb raad gee as hul voel daar is fout met hoe ek te werk gegaan het.

(GROOTMAAT):
16 koppies bruismeel
8 eiers
1 kg Stork margarien
8 koppies suiker
sout na smaak
10 ml vanilla geursel (haar resep gee nie hoeveelheid)

(KLEINMAAT):
4 koppies bruismeel
2 eiers (ek het baie groot eiers gebruik – NZ nr. 8)
250 g botter (nie margarien), kamertemperatuur
2 koppies suiker
5 ml vanilla geursel
2 knippies sout

Metode wat ek gevolg het vir KLEINMAAT koekies:
Voorverhit die oond tot 180 ºC.
Spuit ‘n paar bakplate met Spray & Cook of smeer liggies met botter.
Vryf die botter in die meel en sout in totdat dit soos fyn, sagte broodkrummels lyk (ek het dit sommer in die voedselverwerker gedoen).
In ‘n groot mengbak, klits die suiker en botter tot lig en romerig met elektriese handklitser. Die suiker hoef nie opgelos te wees nie, maar die mengsel moet dik, wit en romerig wees. Voeg die vanilla essence by en klits tot goed gemeng.
Voeg ongeveer ‘n derde van die meelmengsel by die eiermengsel en meng deur met ‘n houtlepel. Voeg nog ‘n derde van die meelmengsel by en meng goed. Hier het ek al begin meng met my hande. Voeg nou die laaste derde van die meelmengsel by en meng en knie liggies met die hande om alles bymekaar te bring. Op hierdie stadium het die deegmengsel vir my bietjie droog gelyk, maar ek het besluit om die deeg ‘n bietjie te laat rus eerder as om nog meel by te gooi; so ongeveer ‘n halfuur.
Sprinkel werksoppervlak goed met meel en rol nou die deeg ongeveer so 3 mm dik uit. Vee sommer so bietjie meel oor die koekroller ook. (Ek het die deeg in sarsies uitgerol en nie alles op een slag. Rol eerder liggies, maar baie as wat jy jy hard rol en die deeg plat druk met die roller). NS – ek het die wenk gekry om nie meel te strooi en die deeg eerder tussen twee lae sterk plastiek (bv sterk plastiese sak) te sit en uit te rol.
Druk nou jou verlangde vormpies uit en pak op ‘n bakplaat en bak op die middelste oondrak vir so 8-10 minute. Ek verstaan dat ‘n soetkoekie nie bruin gebak moet word nie so hy moet blekerig wees (my man sê so).
As jy verglansde kersies (glazed cherries) of 100s & 1000s wil opsit, moet jy dit doen voor jy dit bak.
Laat die koekies so paar minute rus op die bakplaat en pak oor op ‘n afkoelrakkie.
Versier soos verkies (met bv. sjokolade) of laat dit net so.