TRADISIONELE SKOTSE BROSBROOD

2015-11-03-tradisioneleskotsebrosbroodtestedskotse brosbrood lacy
TRADISIONELE SKOTSE BROSBROOD
(± 48 vingers)
500 g botter (kamertemperatuur)
200 ml strooisuiker
560 g (4 koppies) koekmeel
60 ml (¼ koppie) mielieblom (Maizena)
3 ml sout
Gewone witsuiker om bo-oor te strooi.

Voorverhit oond tot 150ºC. Room die botter en strooisuiker saam. Sif die meel, mielieblom en sout saam en meng dit in by die bottermengsel. Dit is nie nodig om die oondpan te smeer nie. Druk die deeg in die pan en indien verkies kan jy ‘n mooi randjie rondom vorm. Onthou om vingers af te merk, en die deeg te prik.
Bak ongeveer 1 uur. Laat ekstra 10 tot 15 minute baktyd toe, indien nodig. Sny versigtig in vingers en plaas op ‘n draadrakkie om af te koel. Strooi suiker oor terwyl dit nog warm is.
Foto: Amanda Struwig
Nota en 2de Foto
Lacy Grey:  ek het vandag die resep gemaak en in plaas van een pan te gebruik het ek my koekie masjientjie gebruik. Ek het die koekies gebak op 180 ºC vir 7 minute, toe die pan gedraai en vir nog 3 minute verder gebak. Dankie vir die deel van die resep.




BOBAAS GEMMERKOEKIES

2015-11-02-bobaasgemmerkoekiestested
BOBAAS GEMMERKOEKIES
Foto: Amanda Struwig en Carolina Fourie Bruwer
FOOD LOVERS RECIPES
Hierdie is maklik die heerlikste gemmerkoekies wat ek nog ooit geëet of gebak het!! Lekker bros, nie te veel gemmer, sommer net heeeerlik. Met krakies en al 🙂
LEWER 300 KOEKIES ONGEVEER
3 pakke (500 g elk) bruismeel
30 ml (2 eetlepels) kremetart
30 ml (2 eetlepels) koeksoda
30 ml (2 eetlepels) fyn gemmer
5 ml (1 teelepel) sout
500 g botter of margarien
500 g gouestroop
1 kg sagte bruinsuiker
6 eiers, geklits

Lewer ongeveer 300 koekies.
Voorverhit die oond tot 180°C en bespuit ‘n aantal bakplate met kleefwerende kossproei of smeer liggies met botter.
Sif die droë bestanddele saam en vryf die botter in die meelmengsel in. Verhit die gouestroop tot loperig en roer die bruinsuiker in. Roer tot effens opgelos en laat effens afkoel. Klits die eiers by en voeg by die droë bestanddele. Meng baie goed en vorm okkerneutgrootte bolletjies. Plaas op die bakplate en druk effens plat met die vingers. (‘n Garetolletjie werk ook baie goed.)
Bak ongeveer 12 – 15 minute tot goudbruin. Laat effens op die bakplate afkoel, verwyder en laat verder op ‘n draadrakkie afkoel tot koud. Voer koekblikke met waspapier uit en bêre koekies daarin. Maak dig toe en bêre op ‘n koel plek.
Nota:  Lorinda Cloete  – Druk nie met vurk plat. Maak bolletjies en druk effens tussen hande. Maak oond ook paar maal tydens bak oop, dit vermeeder die barsies.

Volgende foto: Gideon Louw die resep is verdubbel vir die koekies op die foto. 🙂

Foto en Nota: Landi Hartzenberg Ferreira
Goeie môre aan almal hier vanuit ‘n nat New Zealand. Ek het vandag vir die eerste keer gemmerkoekies gebak. Die resep is op FLR se blog, ek het dit net halveer. Dit is dieselfde resep wat my oorlede Ouma gebak het en dit is regtig heerlik!! Ek vermoed, omdat ons meel hier ‘n bietjie anders is as daar in SA, kon ek glad nie dadelik balletjies rol nadat ek die stroopmengsel by die meel gegooi het nie. Dalkies het ek nog aangejaag iewers, maar ek het die stroop mengsel op ‘n baie lae hitte gehad en effens laat afkoel voordat ek die geklitste eiers bygevoeg het. Ek het nr. 8 eiers (wat groter as SA X-Large/Jumbo eiers is) gebruik en dit kan ook dalk die rede wees dat die deeg bietjie te klam was. Ek het die deeg vir so ‘n uur laat rus en toe was die deeg lekker hanteerbaar. My eerste baksel was ‘n flop en het ek besef dat ek glad nie die balletjies moet plat druk, maar net so in balletjievorm moet los, aangesien die deeg vanself uitsprei. As ek dit baie liggies plat druk, het ek so dun ou gemmerkoekie, maar nog steeds baie lekker. Ek wou maar net my ondervinding hier deel, ingeval hier dalk nog iemand is wat dieselfde ondervind het daar by julle of selfs hier. Dalk moet ek volgende keer net 2 eiers gebruik en nie 3. Tuisgebakte koekies is nou maar net lekkerder as winkelkoekies. Groete




TINKIES

tested

TINKIES
(Delectovals Mini Cakes)
Ek het hierdie resep saam met my wilton pan gekry. Werk baie lekker.
½ cup sifted cake flour
½ teaspoon baking powder
1/8 teaspoon salt
3 eggs, separated
¼ teaspoon cream of tartar
½ teaspoon vanilla extract
3 tablespoons granulated sugar

Preheat oven to 375°F.
Prepare mini cake pan with vegetable pan spray.
In small bowl, sift together flour, baking powder and salt.
In large bowl, whip egg whites with electric mixer until foamy.
Add cream of tartar and whip until stiff but not dry.
In clean bowl, whip egg yolks 1 minute; add vanilla and gradually add sugar, whipping until mixture is pale yellow and doubled in volume.
With rubber spatula, fold 1/3 of egg whites into yolks to loosen; fold in remaining whites until nearly combined.
Add flour and fold until no streaks remain.
Fill cavities about ¾ full with batter; smooth the tops.
Bake 6-8 minutes or until top is lightly browned and center springs back when touched.
Cool in pan on cooling grid 5 minutes.
Run a 9 in. spatula around edges of cakes to loosen.
Remove from pan; cool completely.

FILLING:
4 tablespoons butter, softened
1 cup confectioners’ sugar
½ teaspoon vanilla extract
2-3 teaspoons milk

In large bowl, beat butter and sugar until well combined, scraping down bottom and sides of bowl as necessary.
Add vanilla and milk and beat until light and fluffy.
Pipe filling into the bottom of cake in 3 spots.
Posted by Mari-lese Reinecke




EIERLOSE GEMMERKOEKIES

tested

EIERLOSE GEMMERKOEKIES
Geplaas deur Frieda Greyling
FOOD LOVERS RECIPES
750 ml koekmeel
375 ml suiker
25 ml fyn gemmer
2 ml sout
250 g stork bake (sag)
10 ml koeksoda
50 ml gouestroop
125 ml warm water

Meng meel, suiker, gemmer en sout.
Vryf stork in -mengsel moet soos broodkrummels lyk.
Los koeksoda, stroop in water op.
Meng goed tot sagte deeg.
Bedek en laat rukkie staan.
Rol okkerneut grote en plaas op voorbereide bakplaat.
Druk plat met vurk.
Bak 8 min in oondjie tot goudbruin.
Bak 12 – 15 min in gewone oond.
Laat afkoel – lekker bros!




BONTEBOKKE-SJOKOLADE FUDGEKOEKIES

BONTEBOKKE-SJOKOLADE FUDGEKOEKIES
GEPLAAS DEUR Inge Pieterse
Hi, die tannie het toe uitgevind wat die ‘bontebok-gereg’ is, dis eintlik sjokolade fudgekoekies wat hulle in pakkies gaan opmaak as ‘n geskenkie vir by die ontbyt. Dit staan in die volksmond bekend as ‘bontebokke’.
1 pakkie Maries, gebreek in stukkies
500 g versiersuiker
6 eetlepels kakao
2 eiers
250 g Holsum

Smelt Holsum, voeg eiers, versiersuiker, kakao en koekies by.
Meng alles goed saam.
Sit mengsel in ‘n plat bak en sit in yskas om koud te word.




BENHET SE VLAKOEKIES

 

BENHET SE VLAKOEKIEStested

BENHET SE VLAKOEKIES
BRON – Wenresepte 3
FOTO – Benhet Nieuwenhuis
340 g botter
100 g versiersuiker
5 ml vanieljegeursel
325 g ongesifte koekmeel – 625ml koekmeel
175 g vla poeier
20 ml bakpoeier
knippie sout

Voorverhit oond op 180°C.
Verroom botter. Voeg versiersuiker by en meng. Voeg geursel by en meng goed.
Sif meel, vlaploeier, bakpoeier en sout saam. Voeg by botter mengsel en knie tot deeg vorm.
Vorm koekies. Plaas uitmekaar op bakplaat en bak 10 – 12 min.
Baie lekker! !!
Dis ‘n sagte deeg. Werk met ‘n koekie drukker of maak balletjies. Hy kan nie gerol word nie!!
Flash maak kleur bietjie donkerder as wat dit is!!
Ekt 61 koekies van ongeveer 18g uit gekry.

Letty Schoombie:
Ok, hier is die res van die geheim, gebruik sagte droëkoekie vulsel op die volgende bladsy 190.
250 g botter/margarien
500 g versiersuiker gesif
1 eiergeel. goed geklits
5 ml gliserien
knypie sout

Verroom die smeer.
Klop versiersuiker bietjiegewys by en dan die eiergeel, gliserien en sout.
Klop mengsel baie goed. Vul koekies taamlik dik hiermee.
Dis nou regtig vlakoekies wat smelt in die mond.
Ek gebruik die helfte van die vulsel resep vir ‘n baksel koekies.




OUTYDSE SOETKOEKIES–MET BESKUIT DRUKKER

OUTYDSE SOETKOEKIES – MET BESKUIT DRUKKERtestedsoetkoekies benhet

OUTYDSE SOETKOEKIES – MET BESKUIT DRUKKER
250 g botter
600 g suiker
5 groot eiers
800 g ongesifte koekmeel
30 ml bakpoeier
10 ml neutmuskaat
2 ml sout

Verroom botter, Suiker en eiers! Sif koekmeel , bakpoeier, neutmuskaat en sout saam! Meng droe bestanddele met eier mengsel tot sagte deeg! Bedek en laat 30min rus. Voorverhit die oond tot 200c (ekt op 180 gewerk anders word my koekies donker onder)
Rol die deeg dun uit (dun)
En druk vorms (eks soma my beskuit pan se drukker gebruik) Strooi ekstra suiker bo oor! Bak 8-12 min.
Ekt 145 koekies uit gekry
Michael wou meultjie koekies gehad het maar die is nou by die see so toe werk die beskuit drukker sommer ) baie lekker

FOTO – Benhet Nieuwenhuis




KLAPPERMELK TERTHAPPIES

2015-10-15-klappermelkterthappiestested

KLAPPERMELK TERTHAPPIES
Lewer 20 tot 24 happies.
MELKPAP:
150 ml koekmeel
50 ml mielieblom
50 ml vlapoeier
200 ml suiker
1 liter volroommelk
2 stukke pypkaneel
2 ekstra groot eiergele
5 ml vanielje-of amandelgeursel
geroosterde klapper
appelliefies en bloubessies, vir voorsit

Smeer of spuit ‘n oondbak goed.
MELKPAP.
(Meng die meel, mielieblom, vlapoeier en die helfte van die suiker.
Roer 125 ml melk by.
Verhit die res van die melk saam met die pypkaneel tot net onder kookpunt, voeg sowat 125 ml van die kookmelk by die meelpasta en meng goed en roer die gladde pasta stadig by die kookmelk mengsel. Klits dat geen klonte vorm nie. Verhit tot mengsel kook en verdik.
Roer gedurig.
Verwyder die kaneel stokkie.

Klits die eiergele en die res van die suiker goed saam, voeg ‘n bietjie van die warm pap by die eiergele en meng.
Voeg eiermengsel by die res van die melkpap in die kastrol en meng goed.
Verhit oor lae hitte en laat kook; roer gedurig.
Roer die geursel by.
Giet in die oondbak en laat afkoel tot yskoud.
Keer op ‘n plank en sny in blokkies.
Rol die blokkies in die klapper.
Sit voor saam met appelliefies en bloubessies.
HEERLIK VERBY
Foto en resep geplaas deur: Ronel Muller Thoma




EAT SOM MORE-NANIE

eat som more Carmaritested

EAT SOM MORE-NANIE
500 g butter
1+1/2 cup mazeina
1 cup icing sugar
3 cups flour
Handful of fine cut almonds
Beat butter and sugar till soft and fluffy.
Sift mazeina and flour. Add almonds. Make a soft dough with the butter/sugar mixture.
Separate into 3.
Roll each like into a swissroll. Leave them in the fridge until hard.
Slice and bake in a preheated oven on 180 degrees C for 20 minutes or until done.
Nassimah Ameen to Grey Street Casbah Recipes (Durban)

2nd Photo by Carmari Fourie Strobos




PIENK SKUIMPIES

 

pink skuimpies Nadinetestedpink skuimpies nadine 2

PIENK SKUIMPIES

4 eierwitte geklop tot romerig en punterig.
Voeg 200g castor sugar by en klop tot glad tussen jou vingers.
sit so teelepel punt kleursel in en so twee teelepels vanilla essence in net na die suiker opgelos is en meng dit net in
Pyp hulle met versiersuiker sak op oondpan met baking parchment op.
Voorverhit oond op 150 grade celsius en wanneer jy hulle insit plaas op 100 grade vir 30-40 min totdat jy hul kan maklik oplig.

hier is die eindproduk. Omdat ek myne hoog gemaak het, het ek dit 50 min gebak.

Foto en resep: Nadine Nortier